
You’ve served us well old friend, but your time has come.
Your legacy will forever live on in those that follow.
Now rust in pieces and let those pieces be scattered into the oblivion of cyberspace to forever tell that you too once lived here.
P.S. As jy daarna voel, kom kuier vir ons by ons nuwe tuistes:
Jaco – hier
. . . en laat tog slapende honde lê sodat hulle kan rus kry vir hulle siele.
Goeie gebruikte blog, 2 jaar oud vandag. Slegs 400 inskrywings op die mylmeter. Effens verwaarloos want eienaar het sy geveg met die swart hond verloor en het net nie meer lus om aandag te gee nie.
Navrae binne
Die blog

Hierdie sal die laaste inskrywing op Wosonki wees. Dis met seer harte wat ons besluit het om op die heuglike geleentheid van die blog se 2de verjaarsdag en 400ste inskrywing vir Wosonki te laat uitsit. Lyfie se ander 2 blogs (Unpregnantmother en Madcowmania) gaan aan soos gewoonlik. Wosonki sal oop bly vir so lank as wat moontlik is, as monument dat ons ook hier was (en natuurlik indien ons later weer van plan verander).
Dankie vir ‘n onvergeetlike ervaring aan ieder en elk wat ooit julle spoor hier kom laat het, ons hoop om met huidige en moontlike toekomstige kuierplekkies weer van die selfde gatseggies raak te loop.
Dankbaar . . . en nag ou grote.
Jaco en Krista
Nee hierdie is (nog) nie ‘n “comeback” nie!
Elke eggenote is seker maar bietjie bevooroordeeld oor sy lewensmaat se goeie eienskappe en ek is sekerlik nie ‘n uitsondering nie.
Ek ken die girl nou al byna 19 jaar en sy het steeds die slag om my kort-kort stomgeslaan te laat met haar insig oor seker dinge. Net hierdie week het sy dit nie minder nie as 2 keer reggekry, waarvan sy een neergepen het.
Maar moenie slegs op my woord gaan nie, volg hierdie skakel en besluit vir jouself.
J.

Dis Pokkeljonsie hier. Hoe gaan dit nog met jou? Met my gaan dit goed. Ek is net moeg vandag. Die naweek was laaaaaaaaank.
Ons het op Springs gaan kuier die naweek. Ek dink die grootmense is simpel, hoe kan hulle die plek Springs noem en daar is nie een spring in die strati nie? Ek het gekyk en gekyk tot my oge later seer was, maar niks. My mamma het my vertel van warm water wat uit die grond uit loop maar ek het ook geen water in die straat gesien nie.
Oom S is baie snaaks Oom Wosonki. Hy vertel vir die ander ooms van steek en dan is daar nie eers bye naby nie. Ek het baia stil onder die stoel gesit want ek wil nie hê die bye moet my steek nie. Dis baie seer as ‘n by jou steek, Oom Wosonki. Dit brand soos ‘n koolkie wat uit die vuur spring. Baie seer. Oom S het vertel van oom Joos en sy gestekery. Sjaim, hy was seker vol plysters geplak want my mamma plak vir my ‘n plyster op as die by my steek. Oom S sê dis niemant se saak wie hy steek nie. Ek het nie geweet oom S het ok ‘n angil nie Oom Wosonki. Ek het so onder die stoel deurgekyk, maar ek kon nie oom S se angil sien nie. Hy sê as hy iemand wil steek, het dit niks met enigiemand anders te doen nie. Hy sal steek wie hy wil.
Ons het lekkir braaifleis geet en daar was poedieng ook. Die aartapils was die lekkerste van allis. Ek hou baia baia van aartapils oom Wosonki. My mamma sê ek is ‘n aartapilkint. Dit was baia njammies.
Ek gaan nou maar slaap. Ek het my verstirs styv toegimaak sodad die bye nie in my kamir kan inkom nie. My mamma het nie gedink ek was snaaks toe ek haar vra oor oom S se gestekiry nie. Sy sê kindirs mag nie tanni tel by die grootmense nie. Maar ek het nie Oom Wosonki, ek wou net sien waar sit oom S se angil. Hy beri hom sekir in sy sak as hy hom nie gebryk nie.
Lekker lalies Oom Wosonki.
Groeti
Pokkeljonsie
Ons het gister weer by Oom D op Springs gaan kuier. Ja, ja, Spanner City – daar waar so baie myners en Spories bly. En tussen-in, heelwat ordentlike mense, mense van ons volk en familie.
Oom D kry Donderdag komende sy laaste chemo vir hierdie rondte. Daarna moet ons maar sien. Die scary deel: as jy onverwags op/omkyk in oom D se rigting, sien jy vir MaM – geen hare, moesies op die kop, selfde mond, selfde gesig. En jou asem steek in jou keel vas en jy wonder of daar mix in jou koeldrank gegooi is toe jy nie gekyk het nie. Boetie en sussie – selfde gesig, selfde pad. Ai.
Oom D doen goed, pas aan, cope soos hy nog altyd met elke struikelblok gedoen het – jy laat sak jou kop soos ‘n stormram en loop die issues plat. Die lewe gaan aan . . . maak nie saak wat jy daarvan dink nie.
Dis baie lekker om die familie so saam te sien en te beleef. Dis scary om te dink in die normale loop van omstandighede is hulle volgende en dan’s dit jy en joune. Hulle ouers is nie meer daar nie, hulle self word net al hoe ouer . . . tyd staan stil vir niemand nie.
Vandag voel ek broos . . .
Krista

Ons was hierdie pasafgelope naweek hier. Foto geneem vanaf fort Schanskop.

Die bronsbeeld van die vrou en kinders (gegiet in 1939) begroet jou aan die bokant van die trappe.

Afbeeldings van bekende boere hou wag oor die 4 hoeke van die monument.

Fort Schanskop word natuurlik ook bewaak

Al die pad verplaas vananaf die middestad, hervat man en bul hulle jarelange kragmeting in hulle nuwe woning voor die erfenissentrum.

Allerhande juweeltjies soos dié word langs die wandelpaadjies raakgelees.

Praat van juweel. Die uitsig is asemrowend. Soos die kraai vlieg is die Uniegebou 5.6km weg, en ek kon steeds hierdie foto neem op 'n deinserige dag sonder telefoto lens.

Waaroor dit alles gaan. Want ons is nie verwoesters nie, maar bouers. En hierdie gebou staan as stille testament van hierdie feit. Ons vir jou.
W21
WL W: 0.0
WL T: -19.2
From bad . . .
W22
WL W: +1.0
WL T: -18.2
. . .to attrocious. Whoopeeefuckingtwang.
Die afgelope paar maande gebeur dit nogal gereeld dat bekende (mans) persoonlikhede die Sondagkoerant se voorblaaie haal as gevolg van die een of ander seksskandaal. Ongeveer ‘n week of wat later haal die storie dan die koek-en-trane tydskrifte gevolg deur om die beurt opvolg artikels in die koerante en tydskrifte van nog (vroulike) geraamtes wat uit die kas tuimel. Ons almal ken al die modus operandi, niks nuut of snaaks nie. Die volk is verdeeld, tee word geskink, gedrink en gegooi, die Bol(huis) word gepass en die hare waai.
♪ was jy ooit al daar op Loftus,
as dit vol is en dit rof is ♪
‘Skies ek dwaal alweer so bietjie af. Dis ‘n rumoer en ‘n geswets en ‘n gestoei en . . . wel jy kry die prentjie.
Ewenwel, ek het reeds in vorige inskrywings en kommentaar genoem dat ek iemand (man of vrou) wat sy/haar lewensmaat verneuk as moreel korrup beskou. Call me old school, maar dit word nie gedoen nie. Hê ten minste die respek en die cahones om jou huidige huwelik/verhouding te beëindig as dit dan nou werklik nie meer gered kan word nie voordat jy ‘n nuwe verhouding aanknoop.
My standpunt daarop het nog geensins verander nie, en ek sê dit met die uitsluitlike doel om dit duidelik te maak dat ek niemand probeer verdedig of verontskuldig hier nie.
Dit bring my dan by die punt van hierdie hele relaas, die (manlike) persoonlikhede midde in die hele moddergeveg word ernstig uitmekaargetrek met die venote in die oerwoud-owerspel-speletjie natuurlik heel voor en al te gretig om te onthul as die prys reg is.
Ekfokkenskuus????? Hoe bedoel mejuffrou/mevrou dan nou? Toe daar gespijker is en jy was (in jou mening) die enigste ontvanger was jy maar te gewillig om saam te spijker, ten spyte van die feit dat jy weet die man is getroud en dat jy maar net die skelmpie is. Toe jy agterkom jy is nie meer die enigste skelmpie nie, toe hardloop jy koerante toe en verkoop jou storie.
Is dit net ek, of is hier so ‘n effense geurtjie van dubbel standaarde hier? It takes two to tango afterall. Of is dit maar eenvoudig net bewys van die ou gesegde van “a woman scorned”
And that is all I have to say about that, maar dit is lank nog nie al wat oor die onderwerp gepraat sal word nie.
Nou, liewe leser, kom ons spreek ‘n paar werklike issues aan. So gedink, nou kan jy ‘n speld hoor val. En dit, dit is die werklike tragedie hier.
Insallah,
Jaco