“Wat is ‘n wosonki?” hoor ek almal skreeu. Nee, ons praat nie vreemde tale nie, as jy worshondjie vinnig genoeg sê, kom dit uit as wosonki. By the same token, word bulldoggy budoggi.
Die wosonki en die budoggi op die foto’s is ons kinders. Jonty die wosonki is sy pa se kind – die moed van ‘n leeu en die attitude van ‘n rottweiler. Muffin die budoggi is haar ma se kind – tjoklits is haar lewe . . .
Aangename kennis, ons is Jaco en Krista – partners, lovers and best friends. Welkom by ons kombuistafel! Ons kuier graag in die kombuis om die tafel, ons hou eerder die sitkamer vir die dominee. Ons droom van ‘n groot plaaskombuis met ‘n lang, stewige houttafel waarom en waarop alles gebeur.
Hier wil ons ons gedagtes neerpen - drome, visioene, idees – oor alles wat ons raak en sommer life in general. Somtyds mag ons dalk net prut, soms lekker kook en dalk partykeer oorborrel! Ons hoop jy sal die reis saam met ons ervaar – vir botter of wors . . .
Dankie vir die inloer, later meer en voel vry om ‘n ou ietsie in die pot te gooi . . .
Tatta
April 23, 2007 at 7:57 vm |
Welkom in die blogger-wêreld!!!
April 23, 2007 at 8:26 vm |
Ek hoop julle gaan hier nog ‘n STORM los kook!! Sal julle blog op my fav’s save as : “Boeretroos”, want dis wat julle 2′tjies vir my uitbeeld. Een issie beker en die anner een die inhoud… of vice versa ;o) BBx
April 23, 2007 at 9:00 vm |
Hi julle, bly te sien dat julle ook ‘n blog begin het! Mooi so!
Dit is ‘n helse groot job om elke dag iets te pos en ook lesers te kry wat 1. lees (naturlik) en 2. deel neem.
Daar is ter honderde blogs wat raad gee oor die 2 bogenoemde punte, epos my gerus as julle help nodig het.
Groete, Harvey
April 23, 2007 at 9:36 vm |
Julle Rock. Dis lekker hier.
Ek los vir julle twee krewe en sal gereeld kom kyk hoe dit met hulle gaan.
Koeksuster
April 23, 2007 at 9:44 vm |
Nice website!
Sterkte, hoop julle doen sommer baie goed.
Gesigte by die name, nou weet ons met wie het ons te doen!!
Groete
April 23, 2007 at 10:46 vm |
Hallo julle,
Dit lyk glad nie sleg nie, baie geluk! Hoop julle gaan baie gelukkig wees in die blogger wêreld.
Het ook 2 woshonkis, Spike en Roxy. Sal gereeld kom inloer, lekker dag vir julle.
Lovies
Dellie
April 23, 2007 at 11:36 vm |
Nice julle!
Hoop julle kom los gereeld vir ons iets om te lees….moenie lui raak nie ok!!!!!!
Bye bye
April 23, 2007 at 11:36 vm |
mooi julle ek is jaloers. sterkte!!!!
April 23, 2007 at 1:36 nm |
Oulik! Nou kan ek opcheck by wie julle oor ons skinder……Wonder net of julle nog gaan tyd he vir ons Saterdag aande BAIE kos ( en tjoklitsous)?
Sal gereeld kom inloer, miskien byt die gogga my ook.
April 24, 2007 at 9:25 vm |
Nog ‘n splinterblogger … welkom in ons hoogs verslawende wêreld!
Ek glo hierdie blog sal vir julle, soos myne doen, ook elke dag iets nuuts en opwindends bring! Dis ‘n lekker saamkuier plek saam met ou pelle en ‘n lekker plek vir nuwe pelle om die kombuistafel maak!
Alle sterkte en voorspoed vir julle — ek sal gereeld kom kuier, so hou daai koffietjies (en tjoklits) reg!
Liefdegroete uit die Swartland
René xx
April 25, 2007 at 10:34 vm |
As daar ‘n begin is… is daar ‘n Einde..!
Mag God jou ryklik seën.
johannes_11
besoek gerus
ook http://www.familyradio.com en
http://www.timehasanend.org
of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
oor AM 1197khz ….oppi draadloos (skakel net jou rekenaar af…. Interference)
en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)
April 25, 2007 at 11:57 nm |
welkom by wordpress