Borsmelk bank . . .?

Mei 31, 2007

vatditkalm.jpg 

Klink snaaks, ja, maar gaan loer bietjie by www.sabr.org.za

Borsmelk word gepasteuriseer en gevries vir babatjies wie se mammas hulle nie kan voed nie. 

 Bors(melk) bo!

PS: Jaco sê altyd: Borste is spesiale houers met melk vir kleintjies waarmee pappas speel . . .lol!

PPS: Synde dat dit ‘n moeilike week was, het ons ‘n paar aanhalings oor teëspoed gaan soek net om ons die naweek in te neem.

  • When one door of happiness closes another door opens; but often we look so long at the closed door that we do not see the one that has been opened for us. – Hellen Keller
  • Prosperity is a great teacher; adversity is a greater one. Possession pampers the mind; privation trains and strengthens it. – William Hazlitt
  • Never give up. Never, never, never, never give up. – Winston Churchill
  • The measure of a man is the way he bears up under misfortune.- Plutarch
  • Acceptance of what has happened is the first step to overcoming the consequences of any misfortune. – William James
  • Discover someone to help shoulder your misfortunes. Then you will never be alone . . . neither fate, nor the crowd, so readily attacks two.- Baltasar Gracian
  • Difficulty is an excuse history never accepts. – Edward R. Murrow
  • Give advice; if people don’t listen, let adversity teach them.- Ethiopian proverb

K.


. . . hierdie week kon beter gewees het . . .

Mei 31, 2007

pienk.jpg 

Jis, dis ‘n kak week hierdie. Ek het lanklaas so ‘n week vol moeilikheid en stres en dinge beleef. Kom ek gee jou ‘n idee . . .

Oupa is nog steeds in die hospitaal. Hy het nou longontsteking omdat hy nie die vloeistowwe afgesluk kan kry nie en dit op sy longe gaan lê het. Hulle het hom gisteraand geopereer om die voedingsbuis direk in sy maag te laat inloop deur ‘n gaatjie in sy buik te maak (omdat sy neus en keel al rou en vol bloed is agv die voedingsbuis wat daardeur geloop het). Ek het nie gedink hy sou die operasie oorleef nie, hy het toe. Lyk sommer beter. Ons het gisteraand eers tienuur by die huis gekom van die hospitaal af. Die dokter gee hom 3 weke tot 3 maande maksimum om te leef. Ek hoop hy gaan sag in sy slaap.

Frans se ouma is op haar laaste en die familie is laat kom om te groet. Ek het haar nog nooit gesien nie, maar ek voel saam met hom en ek voel sy pyn. My oupa is die enigste grootjie wat my kinders sou hê en my ma is die enigste grootouer wat my kinders sal hê. Ek het haar gesê sy sal moet sorg dat sy uithou en bybly vir die kleinkinders se onthalwe.

Solank as wat ek kan onthou, het my ouma-hulle in Hanny str in Pta Tuine gebly. Solank ek kan onthou, het oom Hendrik en Tannie Ella langs hulle  gebly. Nie baie slim mensies nie, maar goed genoeg om 2 dogters groot te maak. Tannie Ella het al hoe korter geword soos sy ouer geword het – en sy was net ‘n baksteen hoog om mee te begin. Tannie Ella (66) is Maandag-aand oorlede en haar begrafnis is Vrydag-oggend.

Die tannie van die borsmelkreserwe (ander post wat nog kom) se 3 maande oue seuntjie is Maandag oorlede. Toe sy by die huis kom, was sy lyfie al koud. Hulle vermoed wiegiedood. Shit. Ek is jammer, al weet ek net van haar deur Denise.

Ek skryf Maandag en Dinsdag eksamen en het nog net so ‘n bietjie vir die een vak geleer. My kop wil nie stilstaan nie en hol rond soos ‘n afkop-hoender. As ek ‘n pc was, was ek in die volgende toestand: harddrive gecrash, my memory is vol, my screen wil nie werk nie en die muis het ‘n mind van sy eie.

Om alles te kroon, het ek en Jaco gisteraand ‘n fight gehad en ignoreer hy my nou. Ek smeek vir aandag en aanraking en understanding, en al wat ek kry is ‘n koue skouer. Somehow het ek gedink die AAN van aandag en aanraking gee die hint weg dat dit van naby af moet geskied. Silly me . . .

Dis dus my rantings en ravings vir vandag, ek sukkel bietjie om by te bly van gisteraand af. Ten minste is dit amper naweek . . .

K.

PS: So verskoon tog as ek nie nice is nie en nie lus is nie . . . . ;) Deal daarmee!

PPS: Ek sal later as ek gaan blomme kry vir oom Hendrik sommer ‘n ton Lindt kry – miskien stop dit die watervalle . . . .


Skop vir hasie!!!

Mei 29, 2007

Ek is sommer net lus vir skreeu - en raas – en swets – en vir hasie skop…by wyse van spreke. Ek wil niks of niemand seermaak nie, ek wil net rant en rage en storm.  Ek wil soos daai tazmanian devil rondhol en my koppie skud en my voete stamp tot my gô uit is.

Daarin lê my dilemma, as ek so “vent” gee ek nie om op wie ek trap nie, of wat ek sê nie, en iemand voel altyd gekrenk na die tyd…dan voel ek nog slegter as voor ek begin het!

Ek weet ook nie eintlik hoekom nie, ek is net depressed…en as ek deppro is moet die wêreld pak kry. Iemand het eendag vir my gevra of ek piepie en asyn gorrel in die more om my mood reg te kry. Nee ek doen nie, ek staan so op. Op dae soos vandag is ek van nature so bitter, as ek myself moes raakbyt – vrek ek daarvan! Krista het ‘n teorie oor volmaan wat lankal nie meer so vergesog klink nie, veral synde dat dit nou juis weer volmaan is. Come to think about it, my ma het ook altyd iets gemompel van met maan gepla wees as my pa effe af was.

Aangesien ek nie rerig weet hoekom nie, gaan ek nou maar potshots vat na al my issues toe. Wie weet dalk kry ek ‘n gelukhoutjie!

Ek is kwaad omdat ons ten spyte van alles nie kan swanger word nie. Dit is die een ding in die wereld wat ons bo alles begeer. Kom ek stel dit anders, ek is kwaad omdat mense babas weggooi en ons sukkel. Ek is kwaad omdat gesprekke met bekendes altyd begin met “is julle nog nie swanger nie”. Damnit man kan julle nie sien dit maak seer nie!

Ek is kwaad omdat mense gewapen met net ‘n gedeelte van ‘n storie tot ‘n debat toetree, en dan in die totale verkeerde rigting in donder.

Ek is kwaad omdat oumensies in hulle goue jare soos sirkusdiere behandel word, omdat kinders hulle ouers misken in hulle uur van nood. Ek is kwaad omdat ander mense nog ouers het.

Ek is kwaad oor mense sonder maniere, die regering, misdaad, my salaris……..

Ek.is.sommer.net.moerig.

J.


. . . hoeveel verg menslikheid van jou . . .?

Mei 29, 2007

dory-and-nemo.jpg 

In Maandag se Beeld op die hoofblad, die volgende berig: “Gestremde wag in pyn op operasie”.

Ek haal aan: “‘n Verstandelik getremde man lê al van 16 Mei af in erge pyn in die Rob Ferreira-hospitaal  . . . en . . . Johan is glo al hees geskreeu van die pyn omdat die pynstillers nie sterk genoeg is nie . . . en  . . . hy het die verstandelike ouderdom van ‘n 12-jarige . . . en . . . ” lees maar self in Beeld.

My issue is dit: synde dat hy soos ‘n kind is en sy been gebreek het en in moerse pyn is, wat verg ‘n bietjie menslikheid en empatie van die susters/verpleegsters in die hospitaal om net sy bed droog te hou, hom warm te hou, sy hand vas te hou en sy pynmedikasie te vermeerder? Sal hulle nie dieselfde diens verwag as hulle kind in die hospitaal lê nie?

Hulle word tog betaal om hulle werk te doen? Is dit te veel gevra? Om bietjie menslikheid te wys teenoor siek pasiënte?

My oupa lê ook in die hospitaal op sy laaste (vermoed ons) na ‘n reeks beroertes. Hulle moet gedurende die dag sy suikertoets en steek sy vingers vol gate. Nie saggies nie, woes! Al woorde wat hy nog kan uitkry is: goed (as jy hom vra hoe dit gaan en hy verstaan jou) en eina. Ek kan dit nie hanteer nie. Hy kry sy kos deur ‘n voedingsbuis en die slym op sy longe word deur die fisio uitgesuig (dan word hy naar, maar is te swak om uit te hoes of op te gooi). En nou praat hy nie meer nie . . . skud net sy kop . . .

Ek kan nie mense sien ly of seer hê nie. Ek sukkel . . .

Ek kan cruelty nie face, hanteer of verstaan nie. Dit maak van jou soveel minder mens . . .

Dis al.

K.


Maandag Chaos….

Mei 28, 2007

Glad nie ‘n naweek om te onthou vir die Maré clan nie. Krista se eksamen Vrydag was ‘n totale mors van tyd (sê sy). Ons het darm vir Anja hoor sing, al is dit net op CD. Dit sal tel as my hoogtepunt vir die naweek.

Saterdag kon ons nie vir die peetseuns kuier nie as gevolg van die feit dat ek nog siek is en hulle ook net op pad is na herstel. Totale ontrekkingssimptome. Die rugby was redelik boring na die S14 finaal, maar dit bly lekker om die pommies slae te gee.

Gister feitlik nie die moeite gedoen om op te staan nie. Ek voel vanmore effe beter, het begin hoes. Krista kla van lyfseer. Sy lyk soos ‘n spook. Omdat ek nie kon slaap nie, het sy ook nie. Ek voel soos ‘n boks oor ek dit aan haar doen.

Ek lê en wonder vroeg vanmore wat sal ek doen as Krista nie meer daar is nie. Ek meen ek kan kook en stryk en al daai domestic goete, maar ek kan nie wag dat sy by die huis kom sodat ek met haar kan gesels nie. Alles wat ek sien en ervaar wil ek met haar deel. Ek dink as sy iets moet oorkom sal ek dalk net totaal die spore byster raak.

Ek dink ek moet my medisyne inname verminder – ek vermoed ek yl!

Jaco


Boer maak ‘n plan…en slim vang sy baas (boer?)

Mei 25, 2007

Nou kyk die storie werk so: Toe vader tyd se horlosie verby die 30 jaar begin stap, sê die boertjie vir homself “myself, jy sal moet vrou vat!”. Nou boertjie is nou nie juis supermodel gehalte nie, en knaend gekortwiek deur ‘n humeur met ‘n kort lont. Planne moes beraam word.

Na ‘n osbraai wat 3 dae en 3 nagte geneem het is die plan toe gesmee. Daar sou ‘n advertensie in die landbouweekblad geplaas word. Die advertensie lees toe as volg:

Stewige boerkêrel met hope persoonlikheid soek saggeaarde vroutjie wat kan kook. Moet eie bakkie besit. Stuur foto van bakkie!

Hieronder volg die foto van Krista se inskrywing.




bakkie.jpg

Sy het natuurlik loshande gewen. Na die seremonie toe die lebola-bakkie oorhandig moes word, toe is hy glad nie meer so groot nie. Eish photoshop is ‘n bliksem. Sedertdien kon ek nog nooit daarin slaag om my vrou te uitoorlê nie!

Lekker naweek vir julle almal

J.


Jy sê wat…?

Mei 24, 2007

Laat iemand net weer vir my sê ek is vet!

garfield.jpg

Ons almal raak swaarder soos ons ouer raak, want daar is al hoe meer en meer inligting wat ons inneem. DIT WIL Sê: Ek is nie vet nie. Ek is net moer intelligent, al die inligting het net afgesak na die res van my liggaam, omdat my kop nie alles kon inhou nie.

Dit is my storie en ek bly daarby!


Die waarheid oor siek mans.

Mei 23, 2007

fokkietoggie.jpg 

Dit is waar, sonder twyfel en sonder teenstand. Mans is groot babas as hulle siek is. Ek is ‘n groot baba as ek siek is. Punt. Ek wil nie die risiko loop om te veralgemeen nie, dus sal ek hier net my eie redes aanvoer. Die ouens wat saam met my stem - beaam dit, die ouens wat nie saamstem nie - gee my ‘n beter rede en ek gebruik dit!

Ek dink myself as ‘n groot sterke derduiwel, ‘I can fix things and lift heavy objects’. Ek is in beheer. ‘n Simpel dingetjie soos griep maak dat ek daardie gevoel van in beheer wees verloor, ek is swak ‘and my mind wanders all over the show’.

Wanneer dit gebeur keer ek in my gedagte terug na my ‘primal instinct’ toe. Waarheen het jy gehardloop as jy jou kop gestamp of knie nerf-af geval het as kind? As jy hartseer of onseker was? Na mamma toe natuurlik. Mamma sal dit beter maak. Mamma weet hoe.

Dit is presies wat ek vandag nog doen, ek gaan na Krista toe. Krista maak dit beter. Eenvoudig né?

Jaco


. . . vandag . . .

Mei 22, 2007

geen-kommentaar.jpg

Geen kommentaar. Ek hoop jy kry ten minste warm – ek vrek van die koue!

K.

PS: Ek en Jaku is albei vrot van die verkoue. Jaco moet training gee vanmore en ek moet vandag en more laat werk sodat ek kan studieverlof kry Donderdag en Vrydag.

PPS: Ek het nie gisteraand geswot nie, so ek vorder nie veel nie.


Snatching defeat from the jaws of victory.

Mei 21, 2007

Wow! Wat ‘n naweek. Na so ‘n naweek sien mens uit daarna om Maandag te loop werk sodat jy effe kan rus.

Vrydagaand by nuwe vriende gekuier – tot laat. Saterdagmore lekker ingelê, so teen 11 uur ‘n brunch deurgedraf. Ek het Spud klaar gelees, en toe die wedstryd….

Dit was seker slegs die 2de of miskien dalk die 3de wedstryd wat ek begin tot einde kyk die jaar. Ons het al vir mekaar begin vertel hoe die haaie verdien het om te wen, toe kom daai drie. Eish…my swakke hart en roue senuwees! Jammer haaitjies. Het julle al gesien die absolute gekkemalligheid wat in Pretoria se strate aangaan as die bulle silwerware gewen het? Mense staan voor hulle huise op die sypaadjies en waai vlae, ander ry op en af in die strate met toeter en geskreeu. As die ou dorpie se mense ook maar so passievol was oor belangrike sake…Anyway ek het gepleit vir ‘n tense harde wedstryd, en die het ons gekry. Kom ons gaan haal daai ander koppie in Frankryk! Go Bokke!

Saterdagaand by ou vriende gekuier, belangrike besluite is gemaak. Ek sê niks, maar ek is self nou hewiglik opgewonde.

Sondag so-te-sê die 2de running of the bulls gehad vir die naweek. Ons is na die homemakers expo toe by die Pta skougronde. Daar was soveel mense dat jy jouself skaars kon roer, wat effe die ondervinding bederf het. Die paar goedjies wat ons wel gesien het waarin ons belangstel, is ver bokant ons begroting. But one can only dream….

Die oefenfase van operasie lyf regruk is uitgestel met ‘n paar dae totdat ek oor my verkoue is. Krista skryf Vrydag eksamen, ons sal seker panic stations bereik so teen Donderdag.

Memo to self: I am so far behind, I will not be able to die soon.

Mag julle ‘n fantastiese week beleef.
J.