Al weer Sondagaand…..soveel om te sê en so min lus! Ek plaas dus maar een of 2 kort gedagtes en ‘n gediggie……sal weer gedurende die week iets plaas met bietjie meer lyf!
Saterdag-oggend loop ek vroeg die Kolonade in vir ‘n koek en koffie saam met my beste maaitjie Denise en ons loop toe in hierdie ouens vas: ID-a-Kid. Gaan kyk gerus self by www.id-a-kid.co.za. Ek dink dit is ‘n baie goeie konsep en iets wat almal wat kinders het, behoort na te kyk – veral noudat kinders so wegraak.
Nou op ‘n ander noot: hierdie afgelope week is ons weer herinner aan hoeveel dinge daar is wat jou aandag kan “dilute” en dat jy dalk belangrike mense in jou lewe afskeep. Hopelik het jou ander helfte ook die vrymoedigheid om jou aan te raak en terug te “nudge” op die regte pad.
Die huwelik (of ‘n verhouding) is soos ‘n Ford kar - as hy stop, moet die bonnet dadelik oop en moet hy “getune” word. Dit vat harde en konstante werk om ‘n suksesvolle verhouding glad te laat verloop en te sorg dat die stormwaters nie die bootjie omgooi nie. Niks behalwe moeilikheid gebeur vanself nie. Ek hoop jy is suksesvol daarmee – in alle verhoudings.
Soveel maande, soveel dae
met wintersdae tussenin
soveel dae, soveel ure
met somersdae binne-inoordryf ek as ek jou
beskou as my begin
verklein ek as ek jou
beskou as my eindekan ek iets sê van dit wat
tussenin was:
hoop vertwyfeling
liefdedroëe rowwe pad met wintersbome
nat plat pad met groen lewe
deur alles is jy daar
met my
by my
in myek het jou lief
Sterkte en groete aan almal wat laf is.
K,

Mei 7, 2007 at 10:14 vm |
Baie mooi gediggie!!!
Lekker dag
Rene xxx
Augustus 9, 2009 at 4:34 nm |
Hi. die fototjie wat gebruik is, is my hondjie, Zina… sy is nou amper 4 jaar oud en is oulik verby. Baie mense sal seker se dat dit hulle fototjie is. Dit is nie ‘n leun nie, ek het verskeie fototjies wat kan bevestig dat sy, Zina (‘n Pretorianer) is. Ek het die fototjie (net nadat sy afgeneem was met die kammera, die dag toe ons haar gekry het)aan vriende ge e-pos om te spog oor ons nuweling in die huisgesin. Zina is half wors half Jack-Russel, ons het twee jaar later eers vir haar ‘n jonger sussie (Kaileena)op gespoor in Parys – Vrystaat – van die selfde ras(mengsel). Die menseltjie tussen wors en russel gee hulle ‘n super oulike persoonlikheid – nie SO parmantig nie, met ‘n titseltjie meer energie. Zina se ginsteling maaltyd is … natuurlik HOENDER. Zina was al twee keer see toe en ‘n volgende see vakansie is aan die beplan. Zina was ses maande oud op haar eerste see vakansie. Sy is GEK oor die see, ver stap en tennis balle, tennis balle en nog tennis balle. Sy is die best skoot hondjie – le nou juis op my skoot soos ek nou sit en tik. Hoop julle geniet haar foto baie. Tanya. tanyabrts34@gmail.com
Augustus 9, 2009 at 4:40 nm |
Dankie Tanya, dat jy laat weet het. Dis die cuteste foto!