. . . en in die blou hoek . . .

Junie 30, 2007

storm.jpg

Kramer vs Kramer . . . this weekend . . . eish . . . !


. . . ek kan . . .

Junie 29, 2007

superman.jpg 

Praat ons so met mnr op die SSSB-chat en die idee vir hierdie post kom by my op: wat ek alles kan doen. My hande staan vir niks verkeerd nie. As ek nie weet hoe nie, vind ek uit. Hier is ‘n paar van die snaakse/anderste dinge wat ek kan doen:

  • Ek kan boer: koeie melk, varkhokke skoonmaak, ploeg en eg, botter maak, boorgatpomp en -pype uittrek en weer sak, turksvye met toiletborsels en wasgoedseep was om die goggas af te kry, varke met skropborsels en besems lekker skroppe gee.
  • Ek kan sement meng (met graaf of menger), gate grou, stene pak, verf, globes vervang en muurproppe aansit
  • Ek kan kook, bak, afstof, was en stryk
  • Ek kan suksesvol babysit sonder dat die huis afgebreek word en sieketrooster vir siek mans speel (fuss net baie, dit werk!)
  • Ek tree op as vroedvrou vir wosonki’s in kraam wat nie self kan regkom nie en staan elke 2 ure op om die baby’s bottel te voer omdat die mamma nie genoeg melk het nie
  • Ek tree as vrederegter in die kinders (lees budoggies vs res van die wosonki’s) se fights op en byt bakleiende honde wat klem-in-die-kaak gekry het op hulle koppe sodat hulle moet los (en breek in die proses ‘n tand)
  • Ek kon Stoffel se briekblokkies self vervang (stukkende vel-af kneukels en al)
  • Ek tree op as greasemonkey- of handyman-assistent as Jaco iets ontwerp of bou of mechaniek
  • Ek gee goeie rugkrappe en massages (loop een van die dae kursus om dit amptelik te doen)
  • Ek hou my man gelukkig (die meeste van die tyd)
  • Ek is ‘n goeie vriendin vir Denise en hopelik ook vir Frans
  • Ek is ‘n goeie peetma vir Albie en Zee (natuurlik sluit dit bederfies in)
  • Ek bloei behoorlik! (daar is altyd pleisters op my vingers – veral as ek naby messe en stowe was) en andersins . . .
  • Ek kan kalanders (miet) kweek vir navorsing, gif spuit, bolwurms voer en rooispinmyte onder tabakblare tel
  • Ek kan op silo’s loop (al trek my O-ring sulke krampe en probeer hy agterbly)
  • Ek kan belastingvorms voltooi en uitwerk
  • Ek kan payroll doen en IRP5’s issue
  • Ek kan vorms voltooi sonder dat dit my ‘n halwe dag neem (wink-wink liefie)
  • Ek kan alles doen – if I put my mind to it!

Hierdie is net ‘n paar van die anderster goete wat ek kan doen/al gedoen het. Ek is nou so moeg nadat ek hierdie lysie deurgelees het, ek gaan nou sommer terugklim in die bed . . .

Lekker naweek.

Jane-of-all-trades, master of all

(krista)

PS: Denise is nie die enigste Superwoman nie, ons doen net verskillende goete. 8-)


‘n Belofte is ‘n belofte. . .

Junie 28, 2007

Ek wou eintlik oor die aangenamer dinge in die lewe geskryf het vandag, soos boeke en musiek en flieks, maar ‘n uitstappie in die verkeer wat ‘n halfuur moes geneem het en ontaard het in ‘n een-en-’n-halfuur nagmerrie, het my van plan laat verander. My moermeter loop diep in die rooi, en voor ek die hond skop en my vrou slaan moet ek ‘n uitlaatklep kry. Ek byt baie hard op my tong om dit nie te doen nie, maar ek weet dit is vergeefs. So as effe kru taalgebruik jou ontstel, kom liewer Maandag terug as ek daai mooi possie oor musiek en boeke opgesit het. Of more as Krista weer vir ons iets skryf. Op daai manier bly ons hopelik vriende.

Tog te jammer dat die mense van wie of met wie ek nou gaan praat waarskynlik nie hier lees nie. Ek hoop nie so nie, want ek wil nie sulke mense ken nie. Raait so here goes! Ek is ‘n redelike groot individu, en ten spyte van my klein hartjie het ek ‘n blitsige en violent humeur, en ek is die ongeduldigste mens wat ek ken! In kombinasie is dit blykbaar nogal skrikwekkend, vertel mense my.

Hier is 2 beloftes van my af, gelewer op ‘n publieke forum . Vir die wat my persoonlik ken, julle sal weet dan ‘n belofte van my die naasmoontlikste ding aan ‘n verbond van God is. Jy kan dit in die bank sit.

  1. As jy ooit eendag van agter af in my vasry en jy het nie ‘n baie goeie verskoning nie, gaan ek jou bliksem. Ek gaan jou nie slaan, foeter of regsien nie – ek gaan jou bliksem! Die rede hoekom ek jou gaan bliksem, is omdat jy freakin bewusteloos is. As jy stadiger ry het, jou volgafstand hou en voor jou in die pad kyk, is daar geen rede hoekom jy in onskuldige mense moet vasry van agter af nie. Jy is die rede hoekom ons deur ons nekke betaal vir versekering, jou poephol! Na ek jou gebliksem het sal ek met ‘n smile die R500 skulderkenningsboete vir aanranding betaal.
  2. As ek ooit die voorreg het om agter die stuur van my F250 bakkie te wees in ‘n verkeersknoop, en jy foeter aan die linkerkant op die geelstreep of skouer verby, beter jou ma op sterwe lê of jou vrou in kraam wees. Andersins gaan ek jou in jou moer ry. Ek gaan daai F250 se staalbuffer teen jou kar vasdruk en met al die krag wat ek uit daai masjien kan uithaal, gaan ek jou in jou moer ry. Daarna sal ek jou kar se verf van my buffer afskraap en jou net daar los. Jy kan in die ry staan soos die res van ons, jou sleg donner. Waar het jy jou motor gekoop dat jy vrywaring van die wet geniet?

As jy een van mense hierbo is, kyk uit vir my. I am coming for you, and hell is coming with me! As jy soos ek probeer om ‘n wetsgehoorsame burger te wees en in vrees en bewing elke aand by die huis kom as gevolg van die wetteloosheid op ons paaie – los jou naam en telefoonnommer. Ek mag jou dalk bel vir borg!

Gatvol die Uwe

Jaco


Die beste dinge in die lewe is verniet

Junie 27, 2007

Hoeveel keer het jy nie die woorde gehoor nie. Het jy al ooit werklik daaroor sit en dink? Wat was jou gevolgtrekking? Ek het nou die aand op die vliegtuig daaroor gesit en dink, en my nederige opinie was, ja wragtag – dit is waar, die beste dinge in die lewe is verniet!

Dink nou maar aan daai plekkie in die middel van jou rug wat aanhoudend jeuk. Geen geskuur teen deurkosyne vat daardie jeuk weg nie, maar as mamma haar warm handjie hier onder jou hemp inwurm en met ‘n bietjie aanwysings daardie jeuk raakkrap. Hemels!
$$Ka-ching$$ – koste: niks, aziko, mahala, gratis en verniet.

Wat van ‘n nies, of dalk ‘n windjie passeer (bo of onder). Ek dink ‘n ordentlik uitgevoerde nies is die naaste ding wat jy aan ‘n orgasme kan kry. Of om luidkeels (buite hoorafstand natuurlik) ontslae te raak van daai wind wat hier onder jou ribbetjie sit.
$$Ka-ching$$ – koste: Puur verniet

Wat van ‘n sonsopkoms, of ‘n sonsondergang. Miskien is die eb en vloei van die oseaan meer jou ding? Of dalk Berge? Plante miskien, of die sterrehemel op ‘n donker plek.
$$Ka-ching$$ – koste: No Charge!

As Zee of Albie kraai van die lag wanneer jy raspberrys op hulle mae blaas, of ek en mammatjie lag dat die trane rol vir ‘n grappie wat net ons verstaan, terwyl ander mense ons so effens verward aanstaar.
$$Ka-ching$$ – koste: Weereens verniet!

Ek reken dit is waar. Die beste dinge in my lewe is verniet. . .het jy ook iets wat verniet is?

Jaco


‘n Seuntjie, ‘n maatjie en ‘n plan!

Junie 26, 2007

jaco2jr.jpg


Die vriendelike seuntjie op die foto is die uwe op ouderdom 2 en ‘n half jaar. Geneem in  die jaar van onse Vader 1976. Jis maar ek was cute!Ewenwel, myns insiens is daar net 3 dinge nodig om ‘n seuntjie vir ure lank gelukkig te hou.

  1. ‘n Plan – Seuntjies is planmakers, niks in seuntjieland gebeur sonder ‘n plan nie. Trouens ek is nog steeds ‘n planmaker van formaat. Thys “die bosveldklong” Streicher som dit so mooi op in die lirieke van een van sy liedjies . . . ♪ Jy ken mos ‘n man met altyd ‘n plan, en dan laat hy hom gebeur so elke nou en dan ♪. . . Dikwels is stukkende ruite, gebreekte bene of arms, skrape, gekneusde sitvlakke en erger gekneusde ego’s die direkte gevolg van een van die seuntjie-planne. Want alhoewel die beplanning altyd haarfyn is, is die uitvoering dikwels nie na wense nie.
  2. ‘n Trekwaentjie (verkieslik rooi, want rooi beteken vinnig) om al die nodige proviant en materiale te vervoer wat mag nodig wees in die uitvoering van bogenoemde plan
  3. ‘n Maatjie. Sekerlik die heel belangrikste element, want seuntjies moet iemand hê om te blameer as die plan skeefloop. “Maar pappa, Pietie het ook modder gegooi” Synde dat ek en die maatjie onder streng huisarres was weens beweerde vorige oortredings, en die boerboel effens groter as ek was, moes Doekvoet die gemmerkat maar instaan as my partner in crime. “Maar pappa, Doekvoet made me do it!”

Ek droom van ‘n blondekopseuntjie met ‘n skalkse glimlaggie en kuiltjies in sy wange. ‘n Seuntjie wat met sy vuil groottoon in die stof staan en boor terwyl hy vertel waarom dit die kat se skuld is dat die ruit stukkend is. . . dit alles terwyl pappa gemaak kwaai moet toekyk terwyl hy eintlik stik van die lag!

Ek sal al my aardse besittings inruil vir daai seuntjie . . .

Jaco


Is trurat die nuwe vorentoe?

Junie 25, 2007

Gisteroggend se volgorde van gebeure het my opnuut laat wonder of die nuwe! verbeterde! demokrasie waarin ons leef in werklikheid nie net ‘n kortpad is terug na die steentydperk toe nie.

My Sondagmôre begin met ‘n getoeter by die hek, een of ander besigheidsman wat soek na my skoonma. Skoonma werk vir die dranklisensieraad, en dit is ‘n slegte voorbode as vreemde mense met trane in hulle oë jou by jou huis opklop omdat hulle die regte ding wil doen en hulle lisensies hernu, maar daar is niemand in die staatsdepartement wat by die werk is om te help nie.

Dit is nog ‘n slegter voorbode as jy simpatie het met die staatdiens staking ten spyte van die ontwrigting wat dit veroorsaak. Daar was geen probleem vir die geagte minister van staatsdiens en administrasie om 50% en meer verhogings aan ministers toe te ken nie, hoekom nie 10% aan staatsamptenare nie? Ten spyte van die feit dat sy al sedert 1999 die parlement en die staatamptenare ‘n rat voor die oë draai met haar gladde bek, is sy steeds in haar pos.

Ek was nog besig om die besigheidsman te beduie dat skoonma nog in haar pejakkies is, toe stap die volgende man al nader. ‘n Swartman – netjies aangetrek. Hy het hierheen gereis per trein om geld te kom kollekteer vir werk wat hy gedoen het by iemand se huis, die iemand was nie by die huis soos belowe nie. Dan wonder julle hoekom swartes die wittes so haat. Anyway die geldjie waarop hy gehoop het is nie ontvang nie, al wat hy soek is R8.50 vir treinkaartjie terug huis toe. Ek kry jammer . . . ek gee.

20 Minute later trek ons by die hek uit, net om gekonfronteer te word deur 3 van die vuilste en mees verwaarlose witmense wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Net ‘n ou ietsie vir kos asseblief . . . teen ons eie beterwete gee ons maar geldjie. Gewoonlik sal ons ietsie uit die koskas gaan haal, maar ons is allermins haastig kwekery toe vir tee en ietsie om te eet!

By elke robot in Zambesilaan staan iemand – selfs tot 3 mense – elkeen met ‘n bordjie wat sy eie sad storie uitspel. Die aalmoesvraers en straatsmouse kompeteer vir jou aandag. By die kwekery vra die motorwag beleefd of hy maar na jou motor kan kyk. As jy terugkom en jou motor steeds op dieselfde plek vind gee jy maar ietsie uit pure verligting.

Nog nooit vantevore was ons strate so vol mense wat doelloos rondstrompel op soek na iets te ete of ‘n warm plekkie om te slaap nie. Nog nooit vantevore kon jy iets vernoem, of hernoem as jy dit nie geskep het nie. Bou verdomp ‘n nuwe lughawe of kragstasie en noem dit wat jy wil. Nog nooit vantevore is die moord op ‘n baba as ‘n minder ernstige misdaad beskou nie.

Nog nooit vantevore het ‘n nasie – en nou praat ek van alle Suid Afrikaners – staan en toekyk hoe ‘n spul ruggraatlose geldwolwe in pikkewynsuits ons almal se toekoms opf. . . ehm. . .foeter nie. Die wat nog bietjie het word gedwing om te sorg vir die met niks, terwyl die regering kliphard probeer om van jou wat nog iets het ook een van die met niks te maak. Intussentyd word hulleself en hulle trawante net al ryker. . .

Dink jy nie ook daar is iets verkeerd met die prentjie nie? As jy wel ook so dink, wat doen ons daaromtrent?

Jaco


. . . maak jy musiek? . . .

Junie 22, 2007

circle.jpeg 

Ek luister vanmore oppad werk toe na die cd “Country Tuis” met Rhinestone Cowboy deur Steve, The Gambler deur Theuns Jordaan, You’re my best friend deur Mathys Roets. En weereens tref die impak van musiek op my lewe my. Ek kan NIE sonder musiek nie. Of ek nou radio of cd luister, neurie of sing (nie dat ek regtig kan nie), daar is altyd musiek om my.

Dit verander my moods, dit kalmeer my en partykeer sweep dit my op. Dis so lekker om deur die verkeer te jaag op maat van “Beautiful Marches” op top volume (ek moes aansoek doen om ‘n seisoen-spoedkaartjie, maar dis ‘n ander storie). Music takes me places . . . :-D Music makes me free . . .

 Jare terug toe Jaco nog in die weermag was, het ek ‘n plaat gehad van die soundtrack van “Born on the 4th of July” met Tom Cruise. Dit was die mees disturbing musiek wat ek nog in my lewe gehoor het. Van die snitte is so donker en disturbing, jy soek onwillekeurig die minora-blade om ‘n einde aan alles te maak. Partykeer moet mens na sulke musiek luister – dit maak ander deure oop . . .

Ek hou oor die algemeen nie van “happy” musiek nie – Patricia Lewis of Amore styl. Ek neig meer na die manlike kunstenaars en die meer sad musiek. Steve, Mathys, Kevin (Leo), Alan (Ladd), Theuns (almal local) - die ouer mans wat somtyds ‘n regte “crooner” sing. Jaco hou meer van aktiewe musiek: rock en swaar metale. Maar ons luister oor die algemeen saam – hy verdra myne en ek syne.

My eintlike punt is: ek het ‘n moerse bewondering vir mense wat NUWE musiek maak. OMF, how the hell do you do that? Daar is miljoene songs en melodies wat hulle spesifieke noot-volgorde handhaaf. Dis maklik om nuwe woorde vir bestaande songs te skryf – bietjie verbeelding en effort en siedaar! Maar nuwe musiek – laat my bekkie oophang in amazement en absolute wonder . . . Dis vir my die 1ste wonderwerk in die wereld – ons het nog nie kinders nie, so ek is seker dit sal afskuif 2de plek toe as ons swanger raak.

I salute you (oftewel die wat ek ken wat dit doen) Steve en Koos en BB. YOU are my heroes! Mag julle note nooit opraak nie . . .

♪♪♫♪♫Lekker naweek en mag joune ook vol musiek wees! ♫♪♫♫♪

Krista


Sommer net glimlag

Junie 21, 2007

Ek vlieg vandag Kaap toe vir besigheid, en synde dat ek nog gisteraand voorberei het, het ek vandag niks aardskuddend om met julle te deel nie. Geniet julle naweek en sien julle Maandag weer. Krista sal seker môre ietsie plaas, maar ek weet ook nie, sy is bietjie af die week.
Hier is maar intussentyd ietsie vir die lagspiere, met vergunning van die (onbekende) skrywer.

“Last weekend at Larry’s Pistol & Pawn Shop I was looking for a little something extra for my wife Toni. What I came across was a 100,000-volt pocket/purse-sized taser. The effects of the taser were supposed to be short lived, with no long-term adverse affect on an assailant. The idea is to allow my wife– who would never consider a gun —–adequate time to retreat to safety. ———–WAY TOO COOL!!

Long story short, I bought the device and brought it home. I loaded in two triple-a batteries and pushed the button. Nothing! I was disappointed. But then I read (yes, ‘read’) that if I pushed the button AND pressed it against a metal surface at the same time; I’d get the blue arch of electricity darting back and forth between the prongs and I’d know it was working.
Awesome!!! (Actually, I have yet to explain to Toni what that burn spot is on the face of her microwave). Okay, so I was home alone with this new toy, thinking to myself that it couldn’t be all that bad with only two triple-a batteries, right?!! There I sat in my recliner, my cat Gracie looking on intently (trusting little soul) while I was reading the directions and thinking that I really needed to try this thing out on a flesh and blood moving target. I must admit I thought about zapping Gracie (for a fraction of a second) and thought better of it. She is such a sweet cat. But, if I was going to give this thing to my wife to protect herself against a mugger, I did want some assurance that it would work as advertised. Am I wrong?

So, there I sat in a pair of shorts and a tank top with my reading glasses perched delicately on the bridge of my nose, directions in one hand, and taser in another. The directions said that a one-second burst would shock and disorient your assailant; a two-second burst was supposed to cause muscle spasms and a major loss of bodily control; a three-second burst would purportedly make your assailant flop on the ground like a fish out of water. Any burst longer than three seconds would be wasting the batteries. So, I’m sitting there alone, Gracie looking on with her head cocked to one side as to say, “don’t do it,” reasoning that a one-second burst from such a tiny little ole thing couldn’t hurt all that bad. I decided to give myself a one-second burst just for the heck of it.

I touched the prongs to my naked thigh, pushed the button, and HOLY MOTHER OF, WEAPONS OF MASS DESTRUCTION . I’m pretty sure Jessie Ventura ran in through the side door, picked me up in the recliner, and body slammed us both on the carpet, over and over and over again.
I vaguely recall waking up on my side in the fetal position, with tears in my eyes, body soaking wet, both nipples on fire, testicles nowhere to be found, with my left arm tucked under my body in the oddest position, and tingling in my legs. You should know, if you ever feel compelled to “mug” yourself with a taser, that there is no such thing as a one-second burst when you zap yourself. You will not let go of that thing until it is dislodged from your hand by a violent thrashing about on the floor. SON-OF-A-… that hurt like hell!!!

A minute or so later (I can’t be sure, as time was a relative thing at that point), I collected what little wits I had left, sat up and surveyed the landscape. My bent reading glasses were on the mantel of the fireplace. How did they get up there??? My triceps, right thigh and both nipples were still twitching. My face felt like it had been shot up with Novocain, and my bottom lip weighed 88 lbs.

I’m still looking for my testicles!!
I’m offering a significant reward for their safe return.
Still in shock,
Earl.


Nasionale diensplig…tragedie of triomf?

Junie 20, 2007

Roer-My-Nie. Hierdie een is vir jou en vir al die wat al die vraag gevra het. Was alles die moeite werd? Was dit werklik die moeite werd om ons seuns weg te stuur Angola toe en townships toe en om vreemdelinge terug te verwelkom? En ook om somtyds vergeefs te wag op diegene wat nooit weer gaan huistoe kom nie.

Dit is ‘n vraag wat myns insiens geen regte of verkeerde antwoord het nie. Menigde boeke het al die lig gesien wat albei kante van die saak met ewe sterk argumente bepleit. Nasionale diensplig is iets wat elke wit jongman wat vandag 30 jaar en ouer is moes deurmaak. Ons ou landjie was in ‘n voortdurende staat van konflik, en in die finale analise is dit die menslike element wat oorlog sulke aangrypende media maak. Dus sal jy hierdie vraag aan ‘n honderd mense kan vra, en tweehonderd antwoorde kry. Derhalwe is die beste wat ek kan doen my persoonlike opinie.

Eerstens, elke jongman se ervaring van nasionale diensplig hang tot ‘n groot mate af van die houding waarmee hy dit benader het. Teen die risiko om te veralgemeen, die Waterkloof seuns het oorwegend weermag gehaat, omdat hulle wreed uit hulle gemaksone’s van hand en voet bedien word geruk is, terwyl die gewone middelklas en armer seuns se ervaring van weermag eerder die van een groot avontuur was. Ek moet skaamteloos erken ek was een van laasgenoemde. Ek was “army bedonnerd”, op skool het ek elke winter skoolvakansie kadetkampe bygewoon om rang te verwerf. Ek was vir 3 jaar in die skool se drilpeleton, in my 3de jaar was ek peletonleier by die drilkompetisie en uiteindelik die skool se RSM in matriek. Ek het onvoorwaardelik uitgesien daarna om weermag toe te gaan! Ek het my uniform en kentekens met trots gedra, ek het selfs my pa se begrafnis in volle uniform bygewoon. Myns insiens was dit die grootste eer wat ek aan hom kon betoon.

Tweedens, die aanwesigheid van outokratiese dissipline in die militêre opset, tesame met die totale afwesigheid van enige inmenging of hulp van buite, het my op ‘n persoonlike vlak toegerus met die lewensvaardighede wat ek sou nodig hê om die struikelblokke wat op my gewag het te oorkom. In weermag terme het ek vasbyt geleer.

Derdens, in jeugweerbaarheid op skool en in die daaropvolgende militêre opleiding, is dit jou op die hart gedruk dat jy hier is ter beskerming van jou land en sy mense teen die rooi gevaar. Ek het dit toe geglo, en ek glo dit vandag nog. Ek glo dat elke limpet myn, elke AK47 en tokarev pistool wat ons opgespoor en vernietig het, die lewe van ‘n Suid Afrikaner êrens gered het. Ek glo dat die politieke klimaat in S.A. heeltemal anders daar sou uitgesien het as die Kubane en Russe toegelaat was om vryelik in Angola en S.W.A. te opereer. Ek was 3 jaar te laat om in Angola te veg, maar ek sou met ‘n blye hart gegaan het. My ouer neefs, my pa en ooms het almal hulle deel gedoen. Ja daar is manne dood, ja daar is manne vermink, ja baie van ons – ek inkluis- het vir jare na ons weermagervaring allerhande lelike newe effekte gehad. Slaaploosheid, nagmerries, agressie, noem maar op. Die term PTSD het eers baie later in gebruik gekom. Ouens het sommer kortweg “bossies” geraak. Dit ten spyt, verbeel jou Suid Afrika vandag soos ‘n tweede Sarajevo – dan vra jy jou die vraag af of dit wat ons nou het werklik so sleg is.

Ja ek word soms bitter oor die manne wat die hoogste prys betaal het vir ‘n land wat nou aan die eertydse vyand behoort. Van hulle was my vriende ook, almal van hulle het geliefdes êrens agtergelaat. Ek voel soms skaam oor dinge wat moes gedoen word, al het dit die grense van menslikheid oorskry. Ek wonder soms of enige 19 jarige aan die  rou werklikheid van geweldadige dood behoort blootgestel te word, en ek besef dat op 19 jou kapasiteit om die vuilwerk gedoen te kry baie groter is as op 30. Waar jy instorm op 19 sal jy dalk daardie oomblik te lank huiwer op 30. Maar ek weet dat ek by die weermagkamp se hekke ingestap het as ‘n seuntjie, en ek het ‘n man uitgestap. En dit kan niemand ooit van my af wegvat nie, en dit maak dit vir my die moeite werd. Sal ek weer gaan as ek geroep word? In a heartbeat!

Jaco


A trip down memory lane . . .

Junie 19, 2007

Met groot opgewondenheid neem ek vir Krista Vrydagmiddag Witrivier toe sodat ek haar kon wys waar ons ou weermagbasis is. Dinge het egter bietjie verander sedert ek daar was 15 jaar gelede, en eers met die derde poging het ek die korrekte afdraai gekry na Dingwell basis toe, gesetel in die vallei knap duskant Witrivier.

Ek weet nie wat ek verwag het na soveel jare nie, maar dit wat ons gekry het was ontstellend. Geen drade of hekke nie, die gras wat kophoogte op die paradegrond groei, die kaal bouvalle van die HK gebou en die ergste van alles – die klipkroegie wat ek en Visagie letterlik met ons eie hande gebou het, is afgebreek en daar staan nou ‘n plakkershut! Die groot “flattop” acaciaboom waaronder daar briewe geskryf en gelees is, of sommer net gedink is, is lankal vuurmaakhout. Die piesangbome wat ons voor die laning tente geplant het, groei wild en onversorgd. In skrille kontras staan die menasiegebou – ‘n toegeboude sinkstoor – nog net soos ons hom gelaat het, nie ‘n enkele sinkplaat of venster gesteel nie.

Altyd as ek sulke murasies langs die pad sien, dan wonder ek. Mense het daar gewoon, daar is geskiedenis, daar is ‘n storie. Die murasies van Dingwell basis het my laat besluit dat hierdie een se storie sal vertel word. Hier is dan ‘n kort gedeelte uit die verhaal van Dingwell basis soos ek dit onthou.

Dingwell was na die Suidwes oorlog die ontplooinings basis van 4SAI se Charlie kompanjie. Diensplig is afgeskaal na 1 jaar toe, en vir die eerste 6 maande van die jaar, terwyl die nuwe inname opleiding ontvang het in Middelburg, het kampers die fort gehou. Vroeg in Julie is die kampers huis toe gestuur en het die nuwe inname troepe van 4SAI – pas klaar opgelei – hulle intrek geneem. My inname was geensins anders nie.

Ek was deel van die voorspan, ons het so week voor die hoofgroep aangekom, en dit was ons taak om die kamp voor te berei vir die res. Tente is opgeslaan, paradegrond skoongemaak, proviant en amunisie aangery en gestoor en ‘n miljoen ander takies wat moet aandag kry om dit moontlik te maak om 130 soldate vir 6 maande lank te huisves. Vir die volgende 6 maande was ons die “thin red line” Saam met die plaaslike polisie moes ons ‘n area wat strek van Witrivier tot Hazyview, van Hazyview tot teen Krokkedilbrug al teen die wildtuin om tot weer in Nelspruit beskerm. Dit was die tuisland Kangwane. Die land was in “state of emergency” – onthou die was voor ‘94 – en daar was bloedige betogings orals. Ons funksie was beide TEIN stedelik en TEIN platteland, maw ons het betogings opgebreek en terroriste selle in die woonbuurtes gesoek, maar ons het ook die buitewyke patrolleer en wapenopslagplekke en infiltrasieroetes vanaf Zim, Mosambiek en Swaziland gesoek. Die patrollie siklus was gewoonlik 2 weke uit, 1 week in en Dingwell was waar jy jou tyd spandeer het as jy in was.

Ek onthou nog die tent laan, elke peleton het 4 tente – 1 vir elke stick. Peleton 1 se tente heel voor, dan peleton 2, 3 en dan ons – HK peleton – klerke, chefs en drywers (ek was een van laasgenoemde). Korporaal Trichard by peleton 1, Pelser by 2, Taljaard by 3 en Groenewald by ons. Ek onthou vir mal Richter – hy het meer weermagvoertuie ge-US as die res van ons saam, Schonfeld van Ermelo, die 2 Bothas, Gavin en Vlieg en Mens en Visagie en Tiffy. . . en ‘n klomp ander wie se gesigte steeds helder voor my geestesoog staan maar waarvan die name al vervaag het. Dit was die manne wat van Dingwell huis gemaak het.

Saterdagaande is daar gebraai – almal wat in die Basis was kry ‘n vleisie en ‘n worsie, daar word vuur gemaak en gekuier – die weermag se kwota van 2 biere per man word oor die hoof gesien, more gaan ons weer uit op 2 weke patrollie en dan is dit ratpacks en water! Ek onthou die bosbusse as die diere van die dieretuin vuil gelaat is omdat ons eerder wou gaan braai. Ons het van alles in die dieretuin gehad, buffels, ratels, spinnekoppe, mambas, kwêvoels en vistenks. En as jy hom gery het, moet jy hom was, anders vat kpl. Groenewald jou vir ‘n lekker draffie deur die countryside!

Ek onthou die dear Johny’s, die verjaarsdae, die parades, wasdag, patrollie, verlang, moeg, honger, vuil. . . en af en toe die absolute stilte in die kamp as een man nie teruggekom het nie.

Ek onthou jou Dingwell basis, ek onthou die manne wat saam met my daar was. Ek sal julle nooit vergeet nie!