Oor kettingbriewe en ander e-pos gemors. .

July 31, 2007

Ek het al voorheen hieroor iets te sê gehad, maar synde dat dit vir my so groot pyn in die stert is gaan ek weer ‘n ietsie plaas. Ek plaas die oorspronklike sonder enige kosmetiese werkies, so lees maar rondom die swetstaal!

En ja, ek deel die skrywer se sentimente 100%.

make-my-day.jpg

“. . . Hello, my name is Billy and I suffer from guilt for not forwarding 50 billion fucking chain letters sent to me by people who actually believe if you send them on, a poor six year old girl in Scotland with a breast on her forehead will be able to raise enough money to have it removed before her redneck parents sell her to a travelling freak show.

And, do you honestly believe that Bill Gates is going to give you, and everyone to whom you send “his” email, $1000?

How stupid are we?

Ooooh, looky here! If I scroll down this page and make a wish, I’ll get laid by a model I just happen to run into the next day!

What a bunch of bullshit.

Maybe the evil chain letter leprechauns will come into my house and sodomize me in my sleep for not continuing a chain letter that was started by St Peter in 5AD and brought to this country by midget pilgrim stowaways on the Endeavour.

Fuck ‘em!!

If you’re going to forward something, at least send me something mildly amusing. I’ve seen all the “send this to 10 of your closest friends, and this poor, wretched excuse for a human being will somehow receive a nickel from some omniscient being” forwards about 90 times.

I don’t fucking care.

Show a little intelligence and think about what you’re actually contributing to by sending out these forwards. Chances are, it’s our own unpopularity.

The point being?

If you get some chain letter that’s threatening to leave you shagless or luckless for the rest of your life, delete it.

If it’s funny, send it on.

Don’t piss people off by making them feel guilty about a leper in Botswana with no teeth who has been tied to the arse of a dead elephant for 27 years and whose only salvation is the 5 cents per letter he’ll receive if you forward this email.

Now forward this to everyone you know. Otherwise, tomorrow morning your underwear will turn carnivorous and will consume your genitals.

Have a nice day.
Billy
P.S: Send me 15 bucks and then fuck off . . . “

Get my point????
Jaco


. . . onder jou uit . . .

July 30, 2007

doodloop.jpg

So vinnig word die grond onder jou voete uitgeruk en beland jy in wat vir jou na ‘n doodloopstraat lyk. Ek was Woensdag laas by die werk, Donderdag was Oupa se begrafnis en Vrydag moes ons sy boedel aanhangig maak en sy besittings uitsoek. Die laaste taak is nog nie afgehandel nie (oupa was ’n master-gatherer).

Toe ek vanmore by die werk emails check, het ek ontstellende nuus gekry. Marie is geretrench by haar huidige werk sodat hulle die aankoper- en krediteure-posisie kan saamsmelt en dadelik laat gaan. Hulle het haar darem 3 maande se salaris gegee, maar nou moet sy ander werk kry! Sy’t ‘n dogter in graad 9 (ek dink - nie oor die dogter nie, maar oor die graad waarin sy nou is), sy betaal nog aan haar huis en kar af . . . ‘n enkelouer.

Marie is die sout van die aarde. Sy sal alles doen, sonder om te kla. Sy help by die kerk met kos uitdeel, is diaken(es?) en is altyd bereid om iemand te help. Marie het ook die laaste tydjie voor sy dood baie by PSO gekuier en Katryn ondersteun.

Ek ken Marie al van 1992 af en het saam met haar gewerk van 1996 af. Sy is goed met wat sy doen en baie veelsydig. So as iemand van julle weet van ‘n krediteure-posisie, laat weet maar, dan stuur ek haar CV (verkieslik in Pta). Ek weet presies hoe sy voel omdat ek ook al daardeur is. Die beste is om so gou as moontlik weer werk te kry.

Dit slaan net my asem weg as sulke dinge so vinnig kan gebeur. Die een oomblik loop alles glad en jy doen vooruit beplanning, die volgende oomblik is daar nie meer vaste grond onder jou voete nie. Marie, ek dink aan jou en kyk uit . . .

 Krista


T.G.I.F. en ander nuttelose observasies.

July 27, 2007

Helweek 2 van 3 is byna verby, nog net deur vandag kom - dan is dit naweek. Ons gaan fliek tot ons nie meer kan nie, daarna sit en slegword soos ‘n stadsraad werker op ‘n Vrydagmiddag. Toe ek gesê het ek mag dalk die gym besigheid oorleef het ek dalk te vroeg gepraat, ek moes gewag het tot nadat ek my program ontvang het! Die nazi biokenetikus het my lisensie gegee om nou maar op my eie aan te foeter. Maar eish daai program. . . 4 x per week en dit nog met maagoefeninge wat meneer heelal sal laat swaarkry, en ek het al klaar so seer.

Ek kon gister by oupa se begrafnis as ‘n redelike buitestaander sit en die dinge gadeslaan, en daar is nogal ‘n paar dingetjies wat my opgeval het. Eerstens, ek het onlangs 2 begrafnisse van familielede bygewoon in die platteland (Zeerust), en die verskil in kleredrag het my nogal opgeval. By die Zeerust begrafnisse was die mans kleredrag feitlik uitsluitlik ‘n netjiese broek en kraaghemp sonder ‘n das, terwyl gister se begrafnis weer byna uitsluitlik pakke klere met das en sonbril was. Ek wonder of dit ‘n algemene tendens is?

Tweedens . . . kinders. Moet jong kinders na sulke geleenthede toe geneem word? Ek weet nie, is sulke jong kiddies werklik toegerus om daardie algemene smartgevoel by ‘n begrafnis te hanteer? Persoonlik dink ek nie so nie, wat sê jy?

Derdens, mense verwerk darm pyn en smart op allerlei maniere, party is strak en bot, ander snik of huil saggies. . . en dan is daar die een wat al skreeuend langs die oop graf sal neersyg en retoriese vrae soos Waarom???? Hoekom???? uitsnik. Noem my harteloos, maar as jy nie jou sake met die oorledene reg gehad het in die lewe nie, gaan jy waaragtig nie die antwoorde by sy/haar oop graf kry nie. Jy is te laat . . . jammer! Volgens my behoort ‘n begrafnis - hoewel dit ‘n treurige affêre is - ‘n viering van ‘n lewe te wees, en nie ‘n treurmare oor ‘n sterfte nie.

Laastens, respek. Die wortel van die probleem met ons samelewing van vandag is respek, of eerder gebrek daaraan. Toe ek opgegroei het en ‘n begrafnisstoet het aangekom, het my pa van die pad afgetrek en gewag dat die stoet verbygaan - geen polisie begeleiding was ooit nodig nie. As on langs die pad gestap het, het jy gaan stilstaan en ook gewag dat die stoet verbyry. Hoe vinniger ons ons kinders weer respek leer, hoe vinniger sal ons die sosiale verval van ons Suid Afrikaner nasietjie stopsit.

Vreeslose Vrydag en naweek maters

Jaco


. . . RIP, JLP! . . .

July 26, 2007

oupa.jpg

Johannes Lodewikus Pretorius

20 Oktober 1930 - 19 Julie 2007

Vandag lê ons vir oupa ter ruste. Ouma is langer as 5 jaar al weg. Ek hoop sy maak vir hom plek langs haar op die bankie waar sy en die queen-mother sit en tee drink!

Ek sal oupa altyd onthou met sy blokkiesraaisels uit al wat ‘n tydskrif en koerant is, 36 en ‘n 1/2 woordeboeke, 2H porlode en uitveër. Oupa het gerook van hy omtrent 16 jaar oud was en het die karton van die sigaretpakkies gebruik om notas op te maak. ALLES neergeskryf en opgeteken.

Oupa het by President Melkery gewerk van Desember 1967 tot in 2001 (hy het in 1995 afgetree, maar toe die melktenkers in die aande leeggetap tot in 2001). Kyk ek nou sy cv so; dit lyk as volg: briewebesteller (1948), telefonis (’48 tot ‘51),  dinamietfabriek (’52 tot ‘53), assistent in algemene koophandelaar, stoorman, kroegman, masjienoperateur, fabrieksbestuurder tot laastens: Algemene Bestuurder. Oupa was altyd besig. As hy nie gewerk het nie, het hy gevroetel en gepeuter of hy was êrens heen oppad.

Oupa het altyd die hele wêreld en hul maaitjies geken. Hy kon nie onthou wat gisteraand op 7de laan gebeur het nie, maar hy weet presies wie die pandjieswinkel in Bremer str besit het (daar waar die Purple Heart gestaan het wat ma wou koop - wat sy met die boot wou doen, sal nugter weet). Oupa was ‘n eersterangse “gatherer” - sowat van papiertjies, boute en moere, geroeste spykers, stukkies hout het jy nog nie gesien nie. Miskien is dit waar ek my gathering streep vandaan gekry het . . . ;)

Ja, Oupa, vergeet sal ons jou nie gou nie. Ons mis jou al klaar. Ek is net jammer jy moes so ly op die einde en ek kon niks daaraan doen nie. Tot eendag weer . . .

Krista


Allegaartjie.

July 25, 2007

En dit was aand, en dit was môre. Hellweek dag 3. Ons leef nog albei, deur die genade van bo het ons nog nie na mekaar gehap die week nie, deur ‘n absolute wonderwerk het geen lid van die publiek tot dusver seergekry nie. Maar vanmore toe die kêrel ‘n volle uur en veertig minute laat opdaag vir sy opleiding, en my noop om al my afsprake vir die res van die dag te skuif, was daar so bitter amper ‘n messtekery. Moenie met leeu se uhm …goeters… speel nie!

Die gym besigheid maak seer, ek het rerig lanklaas so gepyn. Maar na gisteraand se sessie dink ek egter ek mag dit net-net oorleef! Nog nie geniet nie, maar ten minste oorleef. Stel jou voor, die nazi bio-kinetikus wat die ou man probeer doodmaak, en die ou man wat weier om op te gee. Ek sê julle, my hardkoppigheid gaan nog my dood beteken. EINA.

Ons is besig om bietjie navorsing te doen op “glyco nutrients”, het iemand al daarvan gehoor? Gebruik? Gevolgtrekkings? Laat weet bietjie

Nog 22 dae voor ons met vakansie gaan. Ek tel die ure!

Die song gee my die inspirasie wat ek nodig het om deur die dag te kom. It kinda grows on you.

 

Onverskrokke!

Ons.


. . . straight up? . . .

July 24, 2007

sunflowerbulldog.jpg

Die familie ken my as iemand wat nie soen nie. Ek groet so in die verte, ek waai my hand soos die Queen s’n (nie dat ek my enigsins dinge verbeel nie), maar ek soen wie ek wil . . . Ek gee wel drukkies . . . :-D

Sommige mense het ‘n issue met my omdat ek reguit is. Ek sê ‘n ding om hom klaar te sê sodat ons kan aanbeweeg, ek hou nie van draai al om ‘n ding soos ‘n dronk hoender wat vrot maroelas geeët het nie. Ek doen ook belangrike dinge om dit klaar te kry, want netnou val iets voor en jy kan nie daarby uitkom nie . . .

So as ek voel jy maak k@k droog op ‘n nat sak, gaan ek jou so sê. Of jy nou vir my gaan kwaad wees na die tyd, is jou besluit. Maar jy sal altyd weet waar jy met my staan. Ek sal jou nie in die rug steek nie, ek sal jou nie agteraf beskinder nie en dit wat ek van jou sê as jy nie in die geselskap is nie, sal ek vir jou self ook sê. Dit wat ek dink verander nie as jy nie by is nie . . . Maar ek verwag dieselfde van jou, anders moet jy nie eers probeer om in die “circle of trust” te kom nie . . .

As ek jou ‘n vraag vra, is dit nie met duistere motiewe nie, dis omdat ek genuinely belangstel om die antwoord te hoor. As jy my nie wil antwoord nie, fine . . . sê dan net so. Moenie allerhande ander antwoorde uitdink wat eintlik niks beteken nie.

As jy aan my gat krap en jy’t nodig om bietjie in die bek geruk te word, dan doen ek dit ook met graagte. Cutting down to size . . . they say. En as jy dan met ‘n dikbek wil rondloop, doen dit op ander se tyd, ok? Of slet jouself kop omlaag teen die naaste k@khuismuur vas sodat die dikbekgeit op ‘n ander plek kan gaan sit . . .

As ek werk, werk ek hard. As ek speel, speel ek net so hard. Maar ek meng nie business & pleasure nie. So as ek werk, dan werk ek . . .

Geniet julle week verder en dink aan my. Ek is die een wat die bedankings op Donderdag se begrafnis moet doen . . .

Krista


Because I’m a man.

July 23, 2007

Ons het ‘n helse week agter die rug, en een nog erger wat voorlê, op persoonlike- en werksfronte. Maar ek gaan jou nie opsaal met ons probleme nie, dus in die belang van beter Venus-Mars verhoudings, hier is ‘n ou grappie met vergunning van die (onbekende) skrywer. Ek sien hoeka die maan raak weer vol…..ahoooooooooooooooooowl!

This is a public service message for women to better understand men.

Because I’m a man, when I lock my keys in the car, I will fiddle with a coat hanger long after hypothermia has set in. Calling AAA is not an option. I will win.

Because I’m a man, when the car isn’t running very well, I will pop the hood and stare at the engine as if I know what I’m looking at. If another man shows up, one of us will say to the other, “I used to be able to fix these things, but now with all these computers and everything, I wouldn’t know where to start.” We will then drink a couple of beers and break wind, as a form of holy communion.

Because I’m a man, when I catch a cold, I need someone to bring me soup and take care of me while I lie in bed and moan. You’re a woman. You never get as sick as I do, so for you, this is no problem.

Because I’m a man, I can be relied upon to purchase basic groceries at the store, like milk or bread. I cannot be expected to find exotic items like “cumin” or “tofu.” For all I know, these are the same thing.

Because I’m a man, when one of our appliances stops working, I will insist on taking it apart, despite evidence that this will just cost me twice as much once the repair person gets here and has to put it back together.

Because I’m a man, I must hold the television remote control in my hand while I watch TV. If the thing has been misplaced, I may miss a whole show looking for it . . . though one time I was able to survive by holding a calculator. (applies to engineers mainly)

Because I’m a man, there is no need to ask me what I’m thinking about. The true answer is always either sex, cars, sex, sports, or sex. I have to make up something else when you ask, so don’t ask.

Because I’m a man, I do not want to visit your mother, or have your mother come visit us, or talk to her when she calls, or think about her any more than I have to. Whatever you got her for Mother’s Day is okay; I don’t need to see it. And don’t forget to pick up something for my mother, too.

Because I’m a man, you don’t have to ask me if I liked the movie. Chances are, if you’re crying at the end of it, I didn’t . . . and if you are feeling amorous afterwards . . then I will certainly at least remember the name and recommend it to others.

Because I’m a man, I think what you’re wearing is fine. I thought what you were wearing five minutes ago was fine, too. Either pair of shoes is fine. With the belt or without it, looks fine. Your hair is fine. You look fine. Can we just go now?

Because I’m a man, and this is, after all, the year 2007, I will share equally in the housework. You just do the laundry, the cooking, the cleaning, the vacuuming, and the dishes, and I’ll do the rest. Like wandering around in the garden with a beer wondering what to do.

Cheers, en geniet jou week.
Jaco


I’m OK, you’re OK, we’re OK. . .

July 20, 2007

Jy sê: “Môre Jakes, hoe gaan dit?”
Ek sê:”Goed dankie self?”
Jy sê: “Ook so dankie”

Die gesprek speel homself honderde duisende kere elke dag af, maar ek wonder partykeer of dit nie slegs outomatiese antwoorde op outomatiese vrae is nie. As ons vra gaan dit goed, stel ons werklik belang om te weet? As ons sê dit gaan goed, sê ons dit nie maar net omdat dit die verwagte antwoord is nie? Is ons werklik OK?

Kom ek gooi die spreekwoordelike “spanner” in die “works”. Instede daarvan om te vra gaan dit goed?, vra eerder is ek/jy gelukkig? In vandag se tye neem ek aan as jy nie die week ‘n slagoffer van misdaad was nie, jy het nog werk, jou motor se tenk en die koskas is vol, en die kredietkaart is leeg, dan gaan dit goed.

Nee, ek is nie OK nie: ek sukkel om my vrou swanger te maak. Dit saai absolute wanorde in my brose ego.
Nee, ek is nie OK nie: sover werk aangaan het ek ‘n goeie een, dit betaal redelik, ek werk van die huis af, en dit is oor die algemeen iets wat ek geniet en wat die skeppingsdrang in my bevredig. Maar daar is elemente van my werk wat ek haat, en wat maak dat dit waarvoor ek lief is, vir my ‘n beproewing word.
Nee, ek is nie OK nie: ek is te bang om ander werk te soek wat meer betaal sodat ek vir Krista kan sorg soos wat sy verdien om voor gesorg te word. Ek is te gemaklik in my eie comfort zone.
Nee, ek is nie OK nie: Krista se Oupa is vanmiddag oorlede, en al wat ek myself wysmaak is dit is maar beter so, hy het nie meer ‘n kwaliteit lewe gehad nie. Mense wat ek ken, wat naby aan my is, gaan dood, maar daar is ‘n stuk van my binneste wat lankal doodgegaan het wat verhoed dat hulle heengaan vir my meer as ‘n kantlyn nota in my dagbestaan beslaan. Ek het as’t ware ‘n stuk van my siel iewers verloor.
Nee, ek is nie OK nie: ek lyk soos ‘n vark maar ek is na slegs een sessie in die gym gereed om op te gee. My selftrots en my wilskrag is weg.

NEE.EK.IS.NIE.OK.NIE.

Jy sê: “Môre Jakes, hoe gaan dit?”
Ek sê:”Goed dankie self?”
Jy sê: “Ook so dankie”


In die ware gees van glasnost, perestroika , waarheid en versoening

July 19, 2007

potbelliedpig.jpg

 Ek land vanmiddag in Johannesburg na my besoek aan die moederstad (so genoem omdat alles daar 9 maande neem om te gebeur), en as my motor nog daar is waar ek hom parkeer het, moet ek feitlik reguit gym toe ry waar my biokenetikus regstaan om my terug op die spoor van gesonde lewenswyses te sit. Sien, ek is by voornemens om ontslae te raak van my bierpens (wat geensins enigiets met bier te make het nie).

Die saak staan so, ek het bykans 2 maande gelede ‘n uitnodiging van ‘n ander blogger aanvaar om so ‘n bietjie “af te spek”. Dae daarna het ek ‘n vieslike wintersiekte opgedoen wat my 3 weke buite aksie geplaas het. Na afloop van daardie episode is ek toe vort winkel toe om myself te weeg en meet. Eina wat ‘n skok . . . ek het die bewyse geplaas op die “vitalstatistix” bladsy vir die wat die maag daarvoor het. Pun intended! In elk geval, ‘n maand later en van al my mooi beloftes aan myself het net mooi niks gekom nie - so ek het besluit om die profesionele in te roep. Derhalwe my besoek aan die biokenetikus vanmiddag - en vele meer daarna tot ek weer op ‘n skaal kan klim sonder dat die ding skreeu “EEN op ‘n slag asseblief!”

Soos ek voorheen genoem het, my bierpens is eintlik glad nie van alhohol nie, maar van lekker (en baie) eet. Ek is enige sjef se droom, want ek sal verorber wat ookal voorgesit word en terugkom vir ‘n tweede porsie. In my rugbyspeel dae het ek na rugbyoefening in die aand huis toe gery na ‘n stewige bord boerekos (rys vleis en aartappels) wat ma vir my in die louoond gebêre het. Na ete en ‘n stort is ek vort na Krista toe om te gaan vry, maar nie voor ek vir tannie - nou ma - Elize beduie het ek is honger nie, en dan weer ‘n bord kos gekry het! In daardie dae was dit egter nie ‘n probleem nie, die sisteem was in ekwilibrium, em my gewig was nooit minder as 95 of hoër as 105 kg nie. Maar toe besluit ek in 1995 om my tokse op te hang na ‘n reeks beserings. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis. In die 12 jaar sedertdien het ek 42 kg swaarder geword, oftewel 3.5kg per jaar (die vetword ding is nie skielik nie, hy bekruip jou stilletjies!)

In die ware gees van waarheid en versoening wil ek dus my mede bydraers tot my huidige toestand bedank. Moenie verkeerd verstaan nie, ek is nie kwaad vir julle nie, ek het julle bydraes terdeë geniet! En ek sal weer sodra die wegholtrein gestop is. Maar iewers is daar dalk vandag iemand wat effens ondergewig is, of wat wonder waarheen om te gaan vir ete. Hierdie lysie is vir jou!

Kitskos.
Wimpy - altyd ‘n goeie keuse vir ontbyt. En Wimpy koffie, nou ja…..
Big Al’s Burgers - bestaan die plek nog? Groot burgers vir ‘n groot aptyt.
Steers - wat kan ek sê . . .
KFC - Vergeet van secret herbs & spices. Daai reuk laat my in my spore omdraai om die oorsprong te gaan soek.
Pizza - Enige pizza. Ek dink my pa was ‘n ‘taljanner!

Aansit-etes.
Mike’s Kitchen - daai sjef by Mayville weet darem net hoe om my vleisie te “tan”, maar ek dink al daai 1kg makulu-steaks het hulle merk gelaat!
Spur - ‘n seker keuse op ‘n vreemde dorp
Primi Piatti - die ouens kry met een porsie reg wat bitter min ander met 2 kan doen! Njammies!
La Romantica - jammer die baas van daai plek wil nie sy konsep Transvaal toe bring nie! Wel gelukkig is ek gereeld in die Kaap, meer gelukkig is ek is altyd in Somerset Wes - en saam met Stellenbosch is dit waar die plek takke het. Maar my gunsteling La Romatica bly maar die een in die Paarl.
Dros - die naaste wat ons valies ooit aan La Romantica sal kom

Eervolle vermeldings.
My vrou - enige iemand wat my honger kan stil verdien ‘n pluimpie (so ook my skoonma)
Denise Gouws - vir dieselfde redes as bo
Elke boeremark, kerkbasaar en feestannie wat pannekoek, jaffels en worsbroodjies maak. Ek loop nie so ‘n stalletjie verby nie!

Ek’s honger! Die maer-word besigheid gaan een helse geveg afgee. Kry my jammer?

Jaco


Brief aan my tuinhulp . . .

July 18, 2007

southafr11.jpg 

Edward,

Ek en jy is amper ewe oud en ons het as’t ware op dieselfde plek begin. Sien, soos jy het ek ook ander mense se gras gesny en beddings gespit vir ‘n lewe. Ek was op daardie stadium nog een van die bevoordeeldes gewees, so ek kon begin met ’n flenter grassnyer en ewe flenter bakkie van my eie. Dit en die feit dat my vel wit was, het verseker dat ek werk gehad het. Die R750 per maand wat ek daaruit verdien het was genoeg om my brandstof en boekgelde te delg sodat ek kon gaan studeer. Ek is rerig jammer dat ek die geleenthede gekry het wat jy nooit gehad het nie. Wie weet, as ek jou toe geken het was dit dalk jy - en nie Elias nie - wat vandag daardie onderneming besit het!

Ewenwel. Dinge het intussen verander, of so sê hulle. Suid-Afrika het gestem en skielik was die skoen aan die ander voet. Ek is nie meer baas nie, jy is nie meer k****r nie, en almal sou in rykdom en harmonie saamleef. Maar het dinge in werklikheid verander? Jy werk nog steeds in my tuin, en omdat ek van jou hou, voel ek jammer vir jou.

Hoekom? Sien ek die vraag in jou oë. Doodeenvoudig, ek voel jammer omdat jou demokraties verkose leiers jou en miljoene soos jy, so gruwelooslik in die steek gelaat het.  Julle is omgepraat met mooi beloftes om hulle in te stem, en nou het die regering van jou vergeet. Welkom by demokrasie Afrika-styl!

Kyk nou maar byvoorbeeld die treine waarop jy daagliks moet pendel, sowat van boewery wat op daai treine aangaan, ek is verbaas jy is nie al meermale aangeval en beroof nie! En as die onderwysers staak het jou kinders geen heenkome nie, en julle het nie genoeg geld om alternatiewe te oorweeg nie, dus gaan die siklus homself net weer herhaal oor ‘n paar jaar van nou af. Ek kan sekerlik die hele dag sit en voorbeelde neerpen oor hoe die nuwe demokratiese regering hulle eie mense tekort doen, maar jy weet dit seker tog.

Glo my as ek sê, ek kry jou bitter jammer vir die geleenthede wat jy en jou kinders steeds nie gaan kry nie. Ek reken hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Jaco