Wat ek moes geleer het op skool!

Toe ek in 1991 uit matriek stap was ek ‘n hooggeleerde man, ek was die man, die baas van die plaas. ‘n Kwessie van dae daarna was ek diep ontnugter deurdat ek eintlik niks  – of ten minste bitter min – van waarde geleer het gedurende 5 jaar se intensiewe hoërskool onderrig nie.

Ek het byvoorbeeld Wiskunde geneem. Ek kon ingewikkelde vergelykings rakende allerhande letters van die alfabet oplos bv. 2y = xa. Vind die waarde van a. Maar ek het nooit geleer hoe werk kredietkaart- of verbandrente nie. Nooit geleer van begrotings nie. Raai watter inligting gebruik ek die meeste?

Ek het Biologie geneem en ons kon die sprinkaan in detail teken, maar ons het nooit geleer hoe om ‘n eenvoudige brandwond, sny- of skaafplek te behandel nie. Ons het nie geleer wat om te maak as jou kind waterpokkies of masels of pampoentjies kry nie, nie eers wat die simptome van bg. siektes is nie. Ons het nooit geleer watter inspuitings en inentings jou kinders moet kry nie. Alles myns insiens belangriker inligting as die liggaamsdele van ‘n sprinkaan!

Ek het 3 tale geneem – Afrikaans, Engels en Duits, maar die heel basiese dinge kan ek nie sê in een van die ander 9 landstale nie. Ek het Natuur- en skeikunde geneem, waar ek die chemiese reaksie tussen chloor en water kon neerskryf, maar ek weet nie wat om vir ‘n kind te doen wat jik gedrink het nie.

Ek het beroepsvoorligting ontvang, maar ek was absoluut clueless rakende watter beroep ek wou volg. Wat ek eerder moes geleer het was hoe ‘n mediese fonds, kort- en langtermynversekering werk.

En my persoonlike gunsteling. Ek was nie een van die “slim” kinders nie – dus was ek nie toegelaat om rekenaarwetenskap te neem nie. Maar geen firma funksioneer sonder ‘n rekenaar nie. Hoe dan nou gemaak?

Toekomsgerigte onderwys moes die probleem oplos, maar van wat ek verstaan is dit erger chaos as voorheen. Is ek die enigste een wat voel dat ons en ons kinders nie behoorlik voorberei word om die nitty gritty’s van dag tot dag bestaan te bowe te kom nie?

Jaco

11 Responses to “Wat ek moes geleer het op skool!”

  1. BB Says:

    Hmm – laat mens dink nê… maar daar is ook in hierdie geval two sides to the coin – en mens moet probeer om nie al die tekortkominge in mens se basiese opvoeding (en daarmee bedoel ek nou nie maniere nie!) voor die deur van die onderwysstelsel te lê nie. Dit is ook ‘n groot deel van die verantwoordelikhede van ouers. Ek ‘tick’ die dinge wat jy noem so een vir een af – my ouers het ons al van vroeg in die laerskool by die budgeting betrek. Ek moes come hell or high water op my ma se aandrang ‘n first aid course doen in St 6 – en het van St 7 af vakansies wat ons nie weggegaan het met voorstelle kom oor waar ek myself sou besig. So het ek o.a. by ‘n veearts, in die destydse Marifont hospitaal, by die ou de Vries ambulansdiens, ‘n kleuterskool, ‘n bloemiste, ‘n koffiewinkel, ‘n besigheid wat rame maak ens ens ge’werk’. Ek het my lewensredder kursus in St 8 gedoen en tot ‘n kriekettelling-houer eksamen afgelê. Tot ‘n paar jaar gelede gereeld telling gehou by klubs en ook heelwat groter wedstryde.
    Ons sakgeld is in ‘n bankrekening inbetaal en ons moes maar sien kom klaar – jy’t net een keer per maand geldjie gekry – en dit het letterlik alles ingesluit wat jy moontlik nodig mag gehad het. My broer het gereeld kom leen – maar hy het terugbetaal – met rente!! Jinne, ek wil nou nie jou spasie steel met my relaas nie, maar behalwe vir die feit dat ek beslis saamstem oor dinge soos die taal kwessie (en ek het in ‘n stoere duitse huis grootgeword) het ek nog altyd daarop aangedring dat my ousie en my eks se werkers met die kinders slegs in hulle taal praat – en hulle kan vir jou ‘fanagalo’ soos enige mynwerker ;o).
    Die duitse regering het ‘n wonderlike stelsel al vir jare in werking. St 7 maak jy akademies klaar met mainstream skool. Dan besluit jy of jy eendag wil swat – indien wel voltooi jy nog 4 jaar akademie voor universiteit – die ander kinders beweeg oor na beroepspesifieke skole (handwerkers, hotel, ens) – (jy kry tot 2 jaar skoolopleiding vir verkoopsmense!)
    Wat my terugbring by die ouers… ou Narcie – jy sal verbaas wees oor hoeveel jonger generasie ouers deesdae tot van die skool verwag om hulle kinders basiese maniere aan te leer – vir watter verwronge redes ookal. En daarmee saam al hulle ander verwantwoordelikheid ook op die skool of die gemeenskap afskuif.
    Geen hoeookal toekomsgerigte stelsel sal die rol van die ouer ooit kan vervang nie.
    BBx

  2. Da Mario Says:

    Nee Jaco, jy is defnitief nie die enigste ene nie.

    En kom nou moreaand weer O’Hagens toe? ;)

  3. sonkind Says:

    Al die goed wat jy hierbo genoem het, het my ook maar nêrens gebring nie. Die feit dat ek Wiskunde gehad het, het wel baie deure vir my oopgemaak, maar eintlik moes ek maar net logies kon redeneer en vandag werk daar mense saam met my met stats Grade en hulle kan verdomp nie logies redeneer nie!

    Daar is egter een belangrike vak wat hulle gerus in skole kan inbring. En dit is die omvang van en die hoe van kinders grootmaak. Die leer dat dit ‘n lewenslange verantwoordelikheid is!

    Ek dink dit is DIE een ding in die lewe waar mense “rush in where angels fear to tread.” Gee vir kinders die projek van ‘n maand sorg vir ‘n regte, egte baba en dan kyk ons weer of daar nog soveel onbeplande swangerskappe sal wees. Ek sien nog gereeld hoe mense so maklik net kinders kry vir heeltemal die verkeerdste redes. DIT maak my kwaad en moedeloos gelyk.

  4. marat Says:

    Ek moet sê huishoudkunde op skool (st 6 & 7) was ‘n grap. Plaas hulle jou leer van kinders en nutrition en cleaning chemicals en petrolbomme en so aan . . . 8-)

  5. René Boshoff Says:

    Ek is nou glad nie in die onderwys nie – maar my skoonsussie en haar man is albei hoërskool onderwysers – en soos dit maar met onderwysers gaan, praat hulle baie van hul werk (hehehe, sy slaat my met haar nuwe Bouer pan as sy dit hoor! – maar dis feite)!

    Volgens hulle bevat die nuwe sillabusse so baie vakke wat lewensoriëntering onderwerpe bevat en kinders word al op laerskool van entrepeneurskap en begrotings en die duiwel weet nog wat alles geleer! Ek loer nou die dag deur skoonsus se graad 8 dogter se skoolboeke en die goete wat sy al in graad 8 leer, het my werklik verstom! Daar is baie van die goed wat ek eers na skool geleer het! So, ek raak heel opgewonde oor die nuwe silabusse, hoewel dit nie vir almal “werk” nie! Maar aan die ander kant, sal “almal” ooit happy wees!

    Feit bly staan, ‘n kind se opvoeding MOET grotendeels by sy huis plaasvind! Jy kan nie van ‘n skool verwag om jou kind maniere te leer nie – want waarom het kinders dan ouers?? Mense skud te maklik die “blame” van hulself af, want hulle het nie meer TYD vir hul kinders nie! Wat vir my sad is, is dat daar miljoene ouers is daarbuite wat dink geld kan als wat krom is reguit maak! Maar al wat ‘n kind op die ou end nodig het, is BAIE LIEFDE EN AANDAG!

  6. Frans Says:

    Krista, jy kon dan die lekkerste koffie tert op skool gemaak het. En ek dog dan dis iets wat jy in huishoudkunde klas geleer het….

    Dit wat ek op skool geleer het, beteken ook nie veel in my beroep vandag nie. Wiskunde en rekeningkunde het wel die grondslae gelê, maar dit is ook maar dit.

    Sjoe… Jaku, jy het hier ‘n punt aangeraak waaroor ons nog baie oor kan gesels.

    Ek moet nou gaan. Sien jou later vannaand.

  7. Jo-Ann Schou Says:

    Die nuwe sillasbus se inhoud is baie meer toepaslik as toe ek op skool was. Ek geniet dit nogal om in my Graad 10 seun se boeke rond te krap. Mens is nooit te oud om iets te leer of net sommer af te stof nie.

  8. Dellie Says:

    Ja nee, ons moes in std 7 aanlegtoetse doen om te sien of ons rekenaarwetenskap mag neem. Volgens die onderwyser was ek nie aangelê daarvoor nie… raai net wat doen ek vandag vir ‘n lewe! Sal nogal like om daai onnie weer erens raak te loop!

  9. Koeksuster Says:

    Jy is in die kol Jaco. As ek maar net met my eerste kind geweet het haar mond is blou oor n wind en nie oor ek haar iets boos gevoer het nie, sou dit pad ook al korter gewees het en die dokters briewe minder.

    Ek dink die onderwys stelsel is totaal ontoerykend – Ek het nou al twee keer matriek geskryf, 17 jaar uit mekaar en maak my reg vir die 3rde keer volgende jaar, maar steeds is die inligting totaal ontoepaslik op die normale lewe. Veral as jy in ag neem dat meeste van hierdie kinders letterlik in n job in moet stap en nie die geleentheid het om te gaan studeer nie – weens menige redes.

    Gee dan liewer vir hulle iets om te gebruik in twaalf jaar as inligting wat hulle absoluut nerens gaan bring nie.

    Saam met Marat wil ek se, ek het vir 5 jaar huishoudkunde en naaldwerk gehad. Ek maak n mean macaroni en kaas en haat enige iets wat lyk soos n naald of gare.

    Go figure.
    R

  10. labmuis Says:

    Dit is tog wel belangrik om ‘n goeie grondslag in ‘n vak te he. Sonder die wiskunde wat jy geleer het, sou jy in elk geval nie verstaan van kredietkaart en verbandrente nie. Miskien is die probleem eerder dat ons nooit die wonderlike toepassing van wat ons geleer het gewys was of ingesien het nie.

    Nog ‘n voorbeeld is geskiedenis, wat by ons ingedril was as ‘n massiewe klomp losstaande datums en gebeure wat geleer moes word vir die eksamen maar absoluut geen nut gehad het om te probeer onthou nie. Natuurlik moet ons die feite ken, net jammer dat ons nie daarmee saam die die implikasies van die geskiedenis geleer het nie, en hoe dit denkwyses vorm of optredes beinvloed nie.

    In hierdie opsig is die Engelse skole se leerplan ons ligjare voor.

  11. chantel Says:

    ek waat gladi watter vakke ek moet vat vir n veearst nie en na watter universiteit ek moet gan ni help m asb

Leave a Reply