. . . ek wil . . .

Augustus 31, 2007

windmeule.jpg

Ek wil die wind in jou seile wees

die asem wat jou wiele draai

die water wat jou wortels voed

die een . . .


. . . soms . . .

Augustus 29, 2007

helicopter.jpg

Ek kry soms so lekker as ek my indink agter die controls van so ‘n helikopter. Wat die keuse het van: do or die. Die een wat die knoppies/sneller kan druk/trek, dus . . .

Wat die mense wat dom besluite maak, in die gat kan skiet sodat hulle kan bykom. Wat die mense wat voor my aanpoer, in die gat kan skiet sodat ek kan verby kom en hulle kan maak soos Rockoff . . . Wat mense wat my pla en dom vrae vra voor hulle daaroor gedink het, kan laat verdwyn. You come in peace, you go in pieces . . .

 Miskien pla die volmaan nie net die mans nie . . . . ek voel die werewolf in my yearn vir ‘n sagte stukkie medium-to-rare steak, mac & cheese, lasagne . . . comfort food . . . .

‘Skies, ek gaan gou kyk wat’s op die menu vandag . . .

Krista


. . . Liewe Heksie en ander helde? . . .

Augustus 28, 2007

lieweheksie.jpg

Ek het sopas my pad deur die nuwe Liewe Heksie-omnibus gewerk. Liewe Heksie is boring – vir my op 33-jarige ouderdom, wel. Maar vir die kleintjies lê daar nog legio skatte en giggels saam met Heksie en Blommie en Matewis en hulle avonture voor. En die koningin-by . . . ehm . . . die Feëprinses en Koning Rosebaard . . . ehm . . . Roseboom . . . ehm . . . Rosekrans in Blommeland. Nou weet ek vir die 1ste keer wat Heksie en die ander karakters in Blommeland doen! Dit moes my ontglip het toe ek klein was: hulle groei al die mooi blommetjies in Blommeland voor die blommetjies in ons tuine kom verder bly en mooi lyk! Genuine? Seriaaaas!

Ek het ook Ons Heldeboek gelees van onder meer Wolraad Woltemade en Racheltjie de Beer en Dick King en Jamie . . . nee, Japie . . . nee, Dirkie Uys! En ‘n klomp ander mense van wie ek nog NOOIT in my lewe gehoor het nie. Ek moes seker siek gewees het daai week op laerskool toe daardie deel van die geskiedenis behandel is . . .

Julle mag dalk nou wonder hoekom ek – wat nie kinders het nie – hierdie boeke aangeskaf het? Sodat my kinders iets het om te lees wanneer hulle eendag hulle opwagting maak! Want dele van ons geskiedenis gaan verlore . . . en as dit weg is, is dit asof dit nooit bestaan het nie. (En dit lyk my die Afrikaners was nog altyd gou om te veg as huis of haard bedreig word – met rede dus!)

Ons het die naweek Letters from Iwo Jima gekyk – die ander kant van die storie van Flags of our Fathers – albei flieks deur Clint Eastwood gemaak, en dit deel beeldmateriaal in beide flieks. Ek weet elke storie het 3 kante: joune, myne en dit wat werklik gebeur het. Dus moet jy albei kante van die storie hoor voor jy jou mind opmaak en besluit wie jy glo of aan wie se kant jy is. Want kant kies, dit MOET jy – g’n gedraadsitters in hierdie verhaal nie.

So van die os op die jas: ek hou van Harry Potter . . . ek is soooooooooooooooooooooooo bly hy is toe nie dood nie . . . Ek het elke boek gelees (en ‘n paar al aangeskaf) en elke fliek gesien. Ek wens ek het soveel verbeelding om sulke stories te kan skryf . . . *sug* . . .

Ek reken ek is net besig om te ramble oor die gedagtes wat vanmore in my koppie opspring (It’s ok, they know me here!), so ek sal nou maar halt roep en bietjie arbei vir my daaglikse brood, margarien en Bovril.

Lekker week! Later (wanneer die herinneringe nie meer so vars/pynlik is nie) vertel ek van die GRIEP en wat ek alles in my koorstoestand gegorrel het – ek weet nie of ek moet lag of huil daaroor nie!

Krista


Kommentaar uit vreemde oorde

Augustus 27, 2007

Dit bly vir my ‘n wonderwerk in die kleine dat inskrywings op jou blog kommentaar kan ontlok van mense wat jy glad nie eers ken nie. Ek wil graag een so voorval met julle deel.

Kort na ons teruggekeer van ons klein vakansie af, ontvang ek hierdie e-pos in kommentaar oor die inskrywings onder weermagstories op ons blog.

“Ek sal dit waardeer indien jy my kan kontak oor die twee stukke wat jy geplaas het oor die weermag en jou gevoel daaroor.”

Hierdie is ‘n uitreksel my epos aan die persoon:
” .  .  . Soos jy kon agterkom het dit meestal gegaan oor my eie wedervaringe in die weermag so na as wat ek kan onthou.
Alhoewel ek dit nie altyd geniet het nie, was weermag seker die beste ding wat met my kon gebeur het, en waar ek vandag is het baie te doen met die grondslag van dissipline en vasbyt wat ek in die weermag gekry het.
So om dit kort op te som, ek was en is steeds pro-weermag.
P.S. Mag ek vra vanwaar die belangstelling? . . .”

. . .en sy antwoord:
” . . . Ek is tans besig om ‘n boek saam te stel oor die weermag. Die rede daarvoor is dat ons tans geen erkenning gekry het vir wat ons gedoen het nie. Die muur van herinnering is maar net een voorbeeld. Die boek is daar om ons kant van die storie te vertel.
Ek sal baie graag jou ervaringe ook in die boek wil plaas. Ek heg ‘n kopie aan van die boek sover.
Verder gaan ek jou ook op die poslys plaas, sodat jy elke keer as daar iets nuuts gebeur ook ‘n kopie kan ontvang. Daar is alreeds ‘n uitgewer wat dalk sal belangstel om die boek te publiseer. . .”

My punt in kort: Ek het toestemming verkry by die persoon om sy kontakbesonderhede te publiseer. So indien jy ook soos ek voel dat ons (destydse SAW) kant van die storie ook behoue moet bly, en jy het ‘n staaltjie/briefie van die huis af/briefie huis toe om te deel, kontak die volgende persoon en vertel jou storie.

Frik Lombard lompies@absamail.co.za

Dankie Frik vir dit wat julle ouens probeer doen.

Jaco


Dit maak my bang

Augustus 24, 2007

Kyk ek is nie ‘n bang ou nie. Maar ek is nou ook nie onverantwoordelik waaghalsig nie, ek sal nou nie met giftige slange loop speel om te wys ek is nie bang nie, ook nie uit ‘n perfek werkende vliegtuig spring nie (die een sal ek doen vir fun). Maar bang? Nee, of altans so het ek gedink.

Die week het ek ‘n paar goed raakgelees op die paar blogs en die een chatroom wat ek besoek. En toe tref dit my soos ‘n voorhamer in die solar plexus – dit maak my bang.

Ek besef nou eers hoe groot persentasie van die mense waarmee ek virtueel omgaan op ‘n daaglikse basis is geskei. Dit wil my voorkom uit ons klein gemeenskappie uit dat ten minste een uit elke 2 huwelike in die skeihof land. Gaan ek en Krista ook een môre wakker word en besef ons het niks meer vir mekaar te sê nie? Dat ons niks meer voel nie? Dit maak my bang.

Dit word erger. Op ten minste 3 geleenthede die week het ek die onthullings van vroue raakgelees wat of deur hulle mans fisies verniel is, of deur hulle huidige man verniel word. Ek het ‘n blitsige humeur, ek slaan per geleentheid die rekenaar se sleutelbord in stukkies, of gooi my gereedskap dat hulle daar trek. Maar nooit het die gedagte by my opgekom om vir Krista fisies aan te rand nie. NOOIT. Maar nou kyk ek na die statistieke, en ja selfs in ons eie familie is daar voorbeelde. Wat as alle mans inhirent sleg is? Wat as ek een môre wakker word en al wat Krista vir my is is ‘n slaansak? Indien dit so is, wanneer? volgende week? -maand? -jaar? Dit maak my bang.

Steeds is dit nie die einde nie. Op twee blogs die week lees ek van mense wat geseën is met die wonderwerk van ‘n babatjie, slegs om hom/haar weer te verloor voor geboorte. Ons eie gesmag na ‘n pienkvoet is redelik wel bekend – as so iets met ons so gebeur, of soos in die geval van iemand wat on verlangs ken ‘n wiegiedood, sal ons (lees huwelik) dit kan weerstaan. Sal ons dit kan regkry om nie verwyte na mekaar te slinger nie. Dit maak my bang.

En terwyl ek nou hier sit en tik kom nog ‘n gedagte by my op. Wat van daardie oproep wat meeste ouers van tieners vrees. Meneer jou kind was in ‘n motorongeluk. In my geval nie kind nie, maar vrou. Krista is ‘n goeie bestuurder, maar sy is haastig ook. Ander mense is ook haastig maar nie noodwendig goeie bestuurders nie . . . You catch my drift. Wat as? Erger nog, wat as ek die een is wat moet besluit of die masjiene afgeskakel moet word? Dit maak my bang.

Eintlik lyk dit my ek is maar ‘n bang ou. Is ek die enigste een? Of word die goed nie oor gepraat nie?

Jaco


A typical day . . .

Augustus 23, 2007

06:00

allbran.jpg

07:00 – 21:00

emailjokes_36710_image001.jpg

22:00

fukital.jpg


Prez for a day . . .

Augustus 22, 2007

Ons almal het seker daai dagdroom. Die een waar jy president/voorsitter/baas vir ‘n dag is, en al jou besluite tel. Wel hier is my agenda vir die dag as ek president-vir-’n-dag word.

1. Naamveranderinge – Met onmiddelike ingang word alle naamsverandering gestaak. Naamsveranderinge sal voortaan geskied op die basis van “If you build it, you can name it”

2. Regstellende Aksie – Dit is ‘n konsep wat hopeloos gefaal het. Afgeskaf met onmiddelike effek en vervang met ‘n stelsel van vakleerlingskappe waarby die huidige regstellende kandidaat as “vakleerling” toegeken word aan bevoegde persoon. Die bevoegde persoon lei in werklikheid sy opvolger en/of kollega op oor ‘n periode gelykstaande aan die “opleier” se kwalifikasie. Na afloop van die periode word die “vakleerling” in die posisie aangestel waarna die bevoegde persoon as konsultant behou word om in te staan waar nodig sowel as om ‘n volgende vakleerling op te lei.

3. Polisie – Geld bespaar deur onnodige uitgawes te stop word aangewend om polisiemag te verdriedubbel sowel as om salarisse drasties te verhoog. Ek laat eerder die inwoners van die land in ‘n polisiestaat leef as in anargie.

4. Tronke – Privatiseer al ons tronke sodat dit as besighede bedryf kan word. Laat misdadigers hulle skuld aan die gemeenskap betaal deur bakstene of vensterrame of ander nodige items te vervaardig wat in lae inkomste behuisings projekte gebruik kan word.

5. Finansies – Mens karring nie met iets wat werk nie. Al wat ek van Trevor Manual sal vra is om die moontlikheid te ondersoek om BTW per 1 persent te verhoog. Ek het steeds ‘n probleem daarmee dat persone met hoë salarisse meer belasting moet betaal. Daardie persoon het tog hard gewerk om te kom waar hy is, hoekom moet hy gestraf word daarvoor?

6. Gesondheid – Ontslaan die minister met onmiddelike effek en vervan die pos met ‘n kommitee saamgestel uit afgevaardigdes uit die mediese dissiplines. Soos met polisiemag, verdubbel hospital personeel se salarisse om hulle binne in die land te hou. Stop die invoer van kubaanse dokters – ons het genoeg bekwame dokters van ons eie.

7. Weermag – Bring Nasionale diensplig terug vir seuns en dogters. Maar diensplig soos in die ou dae, waar dit iets beteken het. Ontplooi die seuns na ons grense toe om die instroming van ons buurlande stop te sit, sowel as om te help met natuurrampe ensovoorts. Die dogters word aangewend as hulp by ouetehuise, hospitale ensovoorts.

8. Behuising – Met die material wat deur die tronke verskaf word en die groot konstruksie maatskappye wat as mentors optree om die mense binne in gemeenskappe op te lei, kan die oorspronklike teiken van 1 miljoen huise per jaar bereik word. Mits iemand die guts he tom dit te dryf.

Phew! Wat ‘n dag. En ek het nie een komitee aangestel nie. Alles is moontlik as die regering van die dag die politieke wil hê om dit te doen. Ons s’n het nie, en ons as landburgers is te slapgat om op te eis wat aan ons behoort.

Nag ou grote


Terug in die rotresies.

Augustus 21, 2007

Ons is terug! Met swaar harte het ons gister die oog vakansieoord gegroet en die N1 huistoe aangedurf, wetende hoekom ons elke jaar weer terugaan soontoe. Die paar daggies weg was terapie vir die siel, maar hopeloos te kort.

Vrydagmôre vroeg uit op die quads saam met ‘n veldgids, en wat ‘n lekker ervaring was dit nie! Die wild is by die tyd so gewoond aan die brom van die motorfietse, hulle kyk skaars op. Al wat jy van skoonma die persheks kon sien is ‘n stofwolk, ‘n hoed en ‘n stel tande. Ek reken iemand het dit gate uit geniet . . . hehehehe.

Saterdagmôre een van ons mede- bloggers en chatters in die Wimpy op die dorp ontmoet vir ontbyt. RB, baie dankie. Ons het lekker gekuier en hoop om gou weer so te maak. Satermiddag laat om ‘n wildrit gegaan met die bostrok (‘n omgeboude unimog lorrie), en nog meer wild gesien as die vorige dag. Bo-op die berg het Willem (ons gids) en sy vrou ons bederf met ‘n koeldrankie terwyl ons kyk hoe die son sak oor die bosveld. Na ons teuggekom het weer die gebruiklike botteltjie of twee roodeberg om die vuur, vleisbraai en kuier.

Hier is foto’s van ‘n paar karakters wat los in die kamp rondloop en die gaste vermaak:

Die outjie lyk verniet so onskuldig. Minute tevore het hy ‘n tros piesangs uit die rondawel gegaps!

aap.jpg

Een van die poumannetjies wys net vir die mak wit tarentale hoe moet ‘n veredos nou eintlik lyk.

pou.jpg

Die meerkatfamilie het elke dag kom inloer vir ietsie te ete.

meerkat.jpg

Saans as jy so teen agtuur se kan opry na die borrelbaddens toe kon jy die duikertjies sien wei op die buitewyke van die rondawels. Hulle is bietjie skaam en wou nie posseer vir ‘n fototjie nie.

Die kameelperd het geduldig gestaan en wag dat ons moet verbyry sodat hy oor die pad kon stap na sy maats die zebra’s toe.

kameelperd.jpg

By die watergat het ons ‘n hele troppie koedoes gekry wat kom suip het. Kyk hoe skaam loer die ooitjie vir ons deur die takke.

koedoe.jpg

Die refleksie van die bome in die watergat soos die son begin sak.

dam.jpg

 Vandag tel ons die koste, Krista het Sondagoggend begin siek word na ons Saterdag tot laat sit en nonsens praat het om die vuur. Die dok het haar afgeboek tot Vrydag met griep. Ek het 3kg gewig opgetel en my liggaamsvet persentasie het met 0.8% gestyg. Eina! Maar as ons die kans kry gaan ons môre weer!

Jaco


. . . gone relaxing . . .

Augustus 16, 2007

geyser.jpg

♪Hi Ho, Hi Ho, it’s off to work we go ♪ . . . NOT!

Die groot dag het uiteindelik aangebreek! Na ‘n frantic gepakkery en feitlik deurnag-gewerkery (die programmeerder het nie die deadline gemaak nie, dus moes Jaco die installasies bou teen die spoed van wit lig), is ons oppad na die warm waters . . . letterlik! Vir ‘n paar daggies se ontspan en kuier en niks doen. It’s been a long time coming . . .

Ons is so hell-bent op vakansie hou, dat niks hierdie vakansie sal spoil nie! Nie die baas, die kliënte, die familie, die bankbestuurder, NIEMAND gaan hierdie vakansie bederf nie. Die enigste nadeel: die wosonki en die budoggie moet by Buti bly . . . hulle kyk ons al klaar met sulke beskuldigende ogies aan . . .

Ons kom eers Maandag terug, so ons gesels dan weer Dinsdag of sodra ons lus is. Lekker naweek.

Krista & Jaco


Aussie Bashing

Augustus 15, 2007

Aussie/Amerikaner/Engelsman bashing, hoekom doen ons dit? Waarskynlik omdat ons effens jaloers is dat hulle (veral die Aussies) oorgereguleerde samelewing beter werk as ons eie vry!, oop! en regverdige! samelewing. As dit genoegsame rede is dan is ek waarskynlik jaloers, en as ek jaloers is raak ek gemeen. Dus hier ‘n paar stukkies eerstegraadse Aussie bashing wat ek op emailjokes raakgelees het.

I, Jaco Maré, would like to apologise in advance to all Australians that might feel offended by the following. Unfortunately I could not help myself. I am a walking example of the taunt that jealousy makes you nasty and nastiness makes you fat. No wonder I look like a beached whale!

Kylie Minogue, Robbie Williams & Elton John were walking over a bridge. Kylie trips, and gets her head jammed between the railings. With a couple of sideways glances, Robbie pulls down her knickers and shags her senseless. He stands back. “Your turn,” he tells Elton. But Elton starts crying. “What’s up?” asks Robbie. Elton sobs, “My head won’t fit between the railings!”

Why do Australians call their favourite drink XXXX?
Because they can’t spell beer.

Why can’t Aussie blokes take their girlfriends to the cricket?
They eat all the grass.

An Australian driving instructor is taking young Bruce out on a lesson in the Outback, when they find the road’s blocked. The instructor says, “Bruce, have you ever made a U-turn?”
Bruce says, “No, but I once made a ram’s eyes water.”

Why did the Aussie break his leg throwing a ball?
He forgot it was still chained to his foot.

What do you call an Australian with a sheep under one arm and a goat under the other?
Bisexual.

Two Australian lads are walking through the bush, when they come across a dingo licking its privates.After watching for a few moments, the first lad says, “Just between you and me, I’ve wanted to do that all my life.”
The second lad says, “I dunno, mate – he looks pretty vicious.”

What do you call an Australian with a champagne bottle in his hand?
A waiter.

Bruce and Sheila have been seeing each other for a while, when Sheila says, “I’ve got something to tell you, Bruce. I’m pregnant and if you don¹t marry me, I¹m going to jump off Sydney Harbour Bridge.” Bruce says, “That’s what I like about you, Sheila. Not only are you a great shag but you’re a good sport too.”

A Jewish bloke, an Indian and an Australian are driving through the Outback, when their car breaks down. They knock on a farmer’s door to see if he can give them beds for the night.
The farmer says, “I only have room for two. One of you will have to sleep in the barn.”
The Jewish bloke says, “OK, I’ll do it.” But five minutes later there’s a knock at the door, the Jewish bloke’s back. He says, “There’s a pig in the barn, I can’t sleep in there.” So the Indian says, “OK, I’ll go.” But five minutes later there’s a knock at the door, the Indian’s back. He says “There’s an un-sacred cow in the barn, I can’t sleep in there.” So the Australian says, “No worries mate, I’ll go.” Five minutes later there’s yet another knock at the door. It’s the pig and cow.

What do you call an Australian in a suit?
The defendant.

A British bloke gets off the plane at Sydney airport and walks through to customs. When it’s his turn to get his passport stamped, the Aussie customs officer rattles off the usual questions, and says, “Do you have any past criminal convictions?” The Brit says, “Sorry, I didn’t think we still needed to.”

A British tourist’s walking through the Outback, when he notices a farmer going at it with a sheep. The Brit calls out, “You know mate, back home, we shear those!” The Aussie farmer looks around angrily and says, “I’m not bloody sharing with anyone!”