Dit is hoe lank dit gaan neem voor ‘n plek met die naam van China Mart my ooit weer sien. Wat ‘n verskriklike vermorsing van ‘n pragtige Sondagmôre. En vir die wat moet weet, nee, ons gaan nie kerk toe nie, maar dit is ‘n ander storie vir ‘n ander dag.Terug na China Mart. Dit is ‘n plek wat goedkoop Chinese goedere – hoofsaaklik speelgoed en klere – in grootmaat verkoop. Ons is soontoe op aanbeveling van ‘n vriendin, juis met die gedagte om ‘n lekker hoop hout speelgoedjies vir billike pryse te loop aanskaf wat ons aan die familie se kinders sowel as die kinderhuise kan skenk. Wat ‘n teleurstelling!
Op die voorgeskrewe tyd van vertrek sit ons almal getok reg in die kar, dis nou almal behalwe aanstaande skoonsussie. Ek neem jou saam met die grootste graagte, maar sorg dat jy betyds is. As ek die moeite kan doen, kan jy ook. Ek maak ‘n terloopse aanmerking oor laatwees in die kar, skoonma swyg en liefie stem saam.
My moermeter luier nog rustig .
Nadat skoonsussie ons vereer met haar teenwoordigheid, en ons die kar vol brandstof gaan maak het (wat liefie eintlik al in die week moes doen) pak ons die plus minus 100 kilometer aan, rigting suid. Johannesburg toe. Sodom en Gomorra toe. Die snelweg is besig, maar ons vorder goed. Tot so 300 m voor ons afrit. ‘n Metro polisie padblokade, op die verdomde snelweg. Dit vat amper 20 minute om daardeur te kom.
My moermeter is teen die tyd lekker warm geluier, ons stoot die toere aan.
Kry die plek redelik maklik, alhoewel geleë in ‘n area waar ek nie eers my rottweiler alleen sal laat loop nie. Die winkeltjies is klein en beknop, bitter min items is gemerk – jy moet elke keer iemand roep as jy ‘n prys wil weet. Die gangetjies tussen die winkels is net so donker en beknop, die sjinese staan voor hulle winkels in die gange en rook goedkoop stinkende sigarette. Jy word aangegluur asof hulle jou ‘n guns doen om jou hier te laat inkopies doen. Na die derde winkeltjie hou ek op om in te gaan, ek wag in die gang. Die kwaliteit is om die minste te sê, kak. Die pryse nie veel goedkoper as ‘n gewone vlooimark nie. Slegs as jy grootmaat koop kan jy lekker afslag beding.
My moermeter is op “cruise control”
Ek besluit dat ek vir niemand so kwaad is om hierdie rubbish aan hulle kinders (en indirek aan hulle) af te smeer nie. Ons gaan huis toe. Liefie is saam (ek weet steeds nie of sy met my saamstem en of dit die trek op my gesig is wat haar oortuig het nie). Skoonma en skoonsussie snuffel nog rustig. Ons verlaat hulle met die belofte om by die kar te ontmoet, en gaan op soek na ‘n blikkie koeldrank. Geeneen van die kosplekkies het soveel soos ‘n engelse spyskaart of pryslys nie. Ons kry gelukkig ‘n paar blikkies koeldrank en gaan wag in die kar.
Moermeter loop nou diep in die rooi.
Na wat soos eeue voel, daag skoonmamma en skoonsussie op en ons val in die pad. Ek neem ‘n verkeerde draai en eindig in een of ander baie ongure plek op. Krista kry raas oor haar swak navigasie.
Die moermeter gaan in reactor meltdown.
Al die pad terug huis toe swets ek skel ek op alles en almal wat in my gesigsveld kom. Ek sien alles behalwe die 2 bose geeste wat van bo van ‘n brug af sit en aksiefoto’s neem waar ek teen 100 deur ‘n 80 sone zoem. Wie die donner maak in elk geval die spoedgrens op ‘n vierbaan snelweg 80? My passasiers beduie angsbevange vir verbygaande verkeer om hulle te verlos van die malman.
Nooit ooit weer nie.
Jaco
November 26, 2007 at 7:36 vm |
Ja ou Narcie, daar kom Sondae in ‘n mens se lewe, wat mens laat uitsien na Maandag nê – blou of te not
November 26, 2007 at 7:37 vm |
Oops!! daai Chaos is ekke – BB!! x (so gepraat van blou Maandag – hehehe…)
November 26, 2007 at 8:05 vm |
Sjoe, eks bly ek het nie saam met julle gery nie!
Die week sal dit beter gaan!
Liefies
November 26, 2007 at 8:38 vm |
Al wat ek kan se is SORRY!!!!!!!!!!!!!!!
November 26, 2007 at 9:09 vm |
Moenie worry nie, Denise, dit was glad nie so erg nie!
Jaco is nie baie goed met shopping nie en ook nie goed met traffic nie. Each to his own, I suppose.
November 26, 2007 at 9:36 vm |
Peace
November 26, 2007 at 9:58 vm |
Jaco, het jy dan nou nog nie geleer ‘n man kan in sy dag des lewens nie saam met ‘n vrou gaan shop nie, never mind nog VROUENS?!
November 26, 2007 at 11:45 vm |
Ek is na ‘n ‘china town’ toe gestuur baie lank terug vir my materiaal vir my trourok deur die vrou wat my rok gemaak het. Ook in Johannesburg iewers. Seker maar dieselfde plek. Sy het seker goed bedoel om my soontoe te stuur. Het gesien die arme pop het nie geld vir chantilly lace nie. My ondervinding was min of meer dieselfde en van die goedkoop maar gehalte materiaal wat ek kamptig daar sou kry, was daar niks te siene nie. Al daai moeite, knop in die rug en hoofpyn vir niks. Betaal maar bietjie duurder en kry iets in jou area. Dis nie die sonde (of ‘discount’) werd nie.
November 26, 2007 at 12:14 nm |
My pa doen ok nie die shopping ding so goed nie. Hy verkies om die kar ‘op te pas’ en mense te kyk. As ‘n 2de persoon weer aan my man stamp, is hy moerig en dan gaan ons sommer huistoe.
So ek probeer om saam met my ma te gaan, want dan bly pa in die kar en manlief MOET saam loop om ons op te pas, dan kan hy nie wil ry nie, want skoonma kyk nog!
November 26, 2007 at 1:47 nm |
Oi… hoop dit gaan beter!
November 26, 2007 at 1:58 nm |
The full moon made me do it . . .
November 26, 2007 at 3:39 nm |
Bwahhhaaaaaaaaaaaaa! OMW!!! En daai moermeter het my dag gemaak!!!
Sorry, maar dis hilarious entry!
November 26, 2007 at 4:43 nm |
Shame, dis ook sonde as mens so lekker lag vir ‘n ander een se ellende…’skuus!
November 26, 2007 at 6:36 nm |
Hehe, Jaco. Al my simpatie – ek is een vrou wat nie van winkels hou nie. As ek alles aanlyn kan doen, dan sal ek. Ek rev in die rooi as ek net dink aan winkelsentrums.
November 26, 2007 at 7:01 nm |
Ek het al gehoor van China Mart. Ek wou nooit gaan nie….nou weet ek hoekom. Ek skat jou dood was my brood….
November 26, 2007 at 10:04 nm |
Jy’s getag!
Gaan kyk op my blog…
November 27, 2007 at 10:08 vm |
By ons is die rolle totaal omgekeerd. Ek kan ure deur malls en markte en winkels drentel. BB wil mal word tussen hordes mense, haat shopping, haat die lawaai van sentrums. As sy ‘n broek nodig het klim sy in ‘n aantrekhokkie in en ek moet maar uitsoek en aandra. Ek kan nie die gevoel van verligting beskryf as sy met ‘n glimlag daar uitstap nie! Verkeer – dis ‘n ander storie – sowat van geduld het ek nog nooit beleef nie! Sy reken dis ‘n wilsbesluit. As ek die dag besluit om geduldig te wees, Wil iemand anders mos maar altyd my moermeter toets!