Toe ek vanmore my inboks oopmaak, sien ek ons blog is deur Dellie getag. Dit beteken dat jy 8 feite oor jouself moet publiseer wat die ander kubermaters moontlik nie geweet het nie, en terselfdertyd moet jy weer ‘n paar niksvermoedende slagoffers uitsoek en tag. Die sonstraaltjie in my lewe het sommer vinnig laat weet sy is te besig, so hier sit ek dus met die warm patat.
Hier gaan ons . . .
- Nadat ek uit die weermag uit gekom het, het ek deur ‘n effense rebelse fase gegaan waar ek o.a. ‘n behoorlike “mullet” gegroei het. Ek meneer konserwatief! Behalwe vir een of twee ander foto’s pryk ek en my kraagkroon trots in my ID boekie as stille aantuiging van die “sad confused little boy” wat ek was.
- Op die 10de Maart 2006 het ek ek bg. sonstraaltjie ophou rook. Net so. Klaar. Ons het vir ‘n maand daarna nog Zyban pille gebruik net om oor die ergste te kom, maar dit was hoe ek my 60 per dag verslawing geskop het. 19 weke gelede het ek weer by ‘n gimnasium aangesluit om die res van my lyf reg te ruk, synde dat my longe weer funksioneer. So vêr, so goed!
- In die dae voordat ek myself so erg laat gaan het was ek nogal ‘n ywerige drawwer. Ek het gereeld aan marathons en halfmarathons deelgeneem. Selfs op die korter afstande was ek witwarm, al moet ek self so sê. My beste tyd vir die 2.4km in die weermag was 6min:33sek, met stewels, browns, bakleibaadjie, R4 en staaldak! Ek het meestal die entjie afgedraf in onder 7 minute.
- My neus was al 14 keer gebreek, en ek moet rekonstruktiewe chirurgie ondergaan om die skade reg te maak, maar ek is te vrekbang. Het ek al genoem dat daar niks is waarvoor ek banger is as hospitale nie?
- Agter my hoogs vlambare humeur en kortaf houding het ek eintlik ‘n baie klein hartjie. Maar ek steek dit baie goed weg. En as jy vir iemand vertel gaan ek jou moet seermaak!
- Ek haat dit met ‘n passie om voor ‘n gehoor te praat. Ek is totaal en al ‘n introvert en menssku. Die aand voordat ek ‘n opleidingssessie moet aanbied, of ‘n voorlegging doen, kan ek glad nie slaap nie. Ek werk myself so op dat dit voel of my nekspiere my kop tussen my skouers wil intrek.
- Ek het bakbene. My afrigter in die weermag het altyd gesê my bene is so krom dat wanneer ek reguit hardloop, lyk dit asof ek sidestep! My LT het weer met elke parade net sy kop geskud, my sooooo op en af beskou en dan gesê “. . . My fok Maré, jy sal ook nooit ‘n vark kan vang nie! . . .”
- In die dae toe ek nog kerk toe gegaan het, en betrokke was by die kerk se jeug, het ek elke jaar die stofsuier van die jaar toekenning ontvang. Ek was altyd honger, en het alles verslind waarop ek my hande kon lê. Tot redelik onlangs toe was dit glad nie ‘n probleem om 1kg medium rare steak vir hoofgereg by ‘n restuarant te bestel nie. En dit saam met voor- en nagereg!
So daar is dit nou, die hele waarheid, direk uit die perd se bek. Rachelle, Anja, Da Mario, René – julle is getag. Doen die regte ding.
Jaco
November 27, 2007 at 10:51 am |
Ek like hierdie speletjie! Bakbene ne.
Wanneer hoor ons 8 interessante dingetjies oor Krista?
November 27, 2007 at 10:52 am |
Ag nee shit!!
November 27, 2007 at 10:56 am |
Hoe breek mens jou neus 14 keer??
November 27, 2007 at 11:11 am |
Hey, dis onregverdig!! EK’t dit so paar maande terug gedoen!!
…maar sal weer.
November 27, 2007 at 11:27 am |
Ek sal vreeslik graag die foto in jou ID boekie wil sien!
November 27, 2007 at 11:37 am |
[...] veronderstel om danksy Jaco 8 dinge hier te skryf wat julle in alle waarskynlikheid nie van my weet nie, en wat ek nie omgee [...]
November 27, 2007 at 11:38 am |
Dis gedoen!!
Go check:
http://dmario.wordpress.com/2007/11/27/freaking-tags/
November 27, 2007 at 11:46 am |
Kry vir julle!!!!!!!!!!
November 27, 2007 at 12:33 pm |
Roer:
Vra jy haar maar. Ek voel nie vandag lus vir neusbreek nr. 15 nie
Boendoe:
So een of twee keer doen jy iets rerig onosel, die ander 12 keer deur rugby te speel asof jy onsterflik is. So basies jy doen iets rerig onosel!
Dellie:
Ek kan jou wys, maar dan sal ek jou moet vermoor!
November 27, 2007 at 1:24 pm |
[...] 27 11 2007 Ek is deur Jaco EN Da Mario ge”tag” om 8 goed oor myself te ‘onthul’. Ek het al [...]
November 27, 2007 at 2:35 pm |
En hoekom sal jy nou varke wil vang, né!
November 28, 2007 at 7:52 am |
Jaco, ek dink gladnie jy het ‘n kortaf houding nie!!??