. . . nog 8 . . .

lippe.jpg

Okey-dokey, my 8 dingetjies:

1. Ek vrek oor diere, veral baby-animals. Ek kan nie natuurprogramme op TV kyk waar die natuur sy loop neem sonder om te huil nie. Ek blaai verby koerantbladsye waarop foto’s van diere-mishandeling is. Ek vrek veral oor woeffers se lippers . . . hehehehe!

2. Ek kan ploeg, melk, boorgatpype uittrek, varke was, hoenders pluk, ens.

3. Ek het nie ‘n persoonlikheid gehad tot net na matriek nie (en ek dink ek ontwikkel nog steeds). Toe ek eers my eie geld verdien, het ek teen my pa (psigopaat) begin opstaan. Ek het net na skool deur ‘n boheemse fase gegaan waar ek lang lappe aan my gehang het en nooit sokkies van dieselfde kleur gedra het nie. Ek het ook by die werk rondgeloop met die verestowwer onder my arm. As die mense dan wou weet hoekom, het ek hulle ewe kalmpies mee gedeel dat dit vir intelligente geselskap was. Ek het gedigte geskryf onder die naam sasius . . . . hiehiehiehie . . . Ek is BAIE opinionated en raak maklik geirriteerd. Ek is ook vreeslik ongeduldig. Ek ontwikkel Tourette’s as ek agter die stuurwiel inklim . . . aldus Anja (!) – ek hou nie van tyd mors in die verkeer nie en ry dus om te kom waar ek wil wees.

4. Ek het netbal gespeel vir die A-span tot in Std 9 en sou vir die 1ste span gespeel het as my pa nie geweier het dat ek aan netbal deelneem in my matriek jaar nie.

5. Ek het op 17 ‘n klein katjie doodgery toe ek die bakkie uittrek op die plot oppad na ‘n netbalwedstryd toe. Ek het die hele dag lank gehuil.

6. Ek het watervrees. Ek hou nie van diep water nie en veral nie troebel waters (pun intended) nie. Ek kan nie verskriklik goed swem nie, net genoeg om my kop bo water te hou.

7. Ek en Jaco het in matriek begin uitgaan en het BAIE uit- en opgemaak in die storm- en drang jare. Ons is deur albei sy ouers se dood, my ouma en oupa s’n, my pa s’n, sy sussie se (beplande) ongehude swangerskap, my boetie se motorfiets-fase waar hy die grootste crap gekoop het en altyd gerescue moes word van waar hy langs die pad gaan staan het. BAIE sakke sout opgeëet. En albei ten goede verander en aangepas, ek dink. Hy is my asem.

8. Ek is disleksies. Ek giggel vir slogans soos “Dyslexics untie”. Ek kan nie ritme hou sonder om deurmekaar te word nie. Ek ruil werkswoorde en selfstandige naamwoorde in dieselfde sinne om. Ek lees syfers agterstevoor. Ek kan nie trappe klim sonder om aan die reelings vas te hou en/of dat my voete deurmekaar raak en ek eers moet gaan stilstaan en uitsorteer nie. Ek raak maklik verward . . .

And that’s all that I’m going to say about that!

 Krista

PS: Ek is eintlik baie skaam . . . /me boor met toon in grond . . . .

15 Responses to “. . . nog 8 . . .”

  1. Skim Says:

    O Griet! en daar toor ons die perd.

  2. BB Says:

    Jy’t vergeet om te sê dat jy eintlik ‘n moerse dierbare ding is…
    Ek is mal oor die héle package Vriending!! x

  3. Tersia Says:

    Jys baie oulik, net jammer ons sien mekaar nooit! Ek wil nog die blog-opleiding-dingby jou kom aanleer! Mis julle, hoop ons sien julle Saterdag by die kragapie show. Al is dit net vir daardie lekker groot koffie!
    Liefies

  4. oopkop Says:

    Jy het BESLIS nou ‘n persoonlikheid! Hoe huil ek nou alweer oor Hy is my Asem. Beautiful.

    O ja, en waar is jy skaam? ;)

  5. Dellie Says:

    ‘n Vrou met vele talente! I like!

  6. Jaco Says:

    Boheemse fase seg jy liefie? Whahahahaha.

    Zaan Stapelberg het niks op jou gehad nie, mal soos ‘n haas sê ek julle. Ek behoort te weet, my bynaam op laerskool was nie verniet maljan nie!

  7. BB Says:

    Moet ek eksepsie neem teen die ‘kragapie’ bewoording of moet ek ‘n Plattstetjie op myself trek en my huil wegsteek tot wanneer en waar dit my pas?? ;)
    /me snoer die mond en maak nota om by Plattste te hoor hoe sy dit doen…

  8. René Says:

    BB is reg – alweer – soos gewoonlik! Jy is ‘n dierbare “ding”! G’n wonder Jaco is so lief vir jou nie! En vir iemand wat haar werkwoorde en selfstandige naamwoorde omruil, is jy pretty goed met die blogging hoor!!

  9. Koeksuster Says:

    Ou Biebels, moenie worry nie, soms se ons voor ons dink – ne Tersia.
    Dis net liefde en spiere daai vriendin.

    Marat, ek mis julle, ons moet kuier.

    Rachelle

  10. sonstudio Says:

    Hoe lekker lag ek nou vir daai verestowwer onder die arm!

  11. Rustig Says:

    Like daai verestoffer een. Dit wys net jy is moerse slim en intelligent. Mense met “flaws” is baie nice mense en “real”.

  12. KruidjieRoerMyNie Says:

    Kewl. Jy HET toe tyd gemaak om vir ons ‘n ou lysie te gee. BANJA dankie en groete aan jou verestowwer maatjie…

  13. sonkind Says:

    Ek hou van die verestowwer een en ek kan met jou identifiseer oor die Tourette’s in die verkeer! :-)

  14. boendoe Says:

    Ag, ek dink jy’s opvreetbaar cute!

  15. Tersia Says:

    BB, dis maar net ‘n gesegde! Dis so lekker om die een wat hier in ons huis so oefen, so te terg!
    Bedoel niks daarby, die lywe, klein broekies en bultspiere kan nogal aanskoulik wees!

Leave a Reply