. . . does your nursery rhyme? . . .

December 28, 2007

babies_66.gif

Wonder ek so by myselwers, waste rol speel nursery rhymes vandag nog? Ek kan hierdie 3 hier onder onthou soos ek dit by my ouma geleer het:

* * *

Jack and Jill went up the hill,

To fetch a pail of water;

Jack fell down and broke his crown,

And Jill came tumbling after.

Up Jack got and home did trot,

As fast as he could caper;

Went to bed to mend his head,

With vinegar and brown paper.

* * * En * * *

Georgie Porgie, pudding and pie,

kissed the girls and made them cry;

When the boys came out to play,

Georgie Porgie ran away.

* * * En * * *

Little Miss Muffet
Sat on a tuffet,
Eating her curds and whey;
Along came a spider,
And sat down beside her,
And frightened Miss Muffet away

Leer jou kinders rympies by die skool of leer jy dit self vir hulle? Het jy dit op skool geleer of dalk ook by ouma? Weet jy enigsins waarvan ek nou praat? Dink jy dis hoegenaamd die moeite werd om jou kinders rympies aan te leer?

Ek sou beslis myne rympies wou leer - in Afrikaans en Engels. Ek kan egter geen Afrikaanse rympies uit my jongdae onthou nie. Ek het in die Laerskool in die koor gesing en ons het ook die spraakkoor-ding gedoen. Vir my is rympies dieselfde as sing - dit het sy eie ritme en enigiemand kan dit doen (almal kan nie sing nie). Ek gaan terstond ‘n rympie boek aanskaf en solank begin leer! En weer die Groot Verseboek afstof en deurblaai.

Krista


Skaapboud vir Boendoe

December 25, 2007

legoflamb.jpg

Dit is Dinsdagmôre 25 Desember 2007, dit is kwart oor twee in die oggend, dit is Kersfees. Geseënde Kersfees!

Sinterklaas het ure gelede al die kerskouse volgestop en soos gewoonlik het hy weer totaal oorboord gegaan. Die swartsakke vol geskeurde geskenkpapier buite die agterdeur staan as stille bewys daarvan. Liefie se dikgehuilde ogies en traanstrepe oor haar wange in skrille kontras met die gegiggel van opgewonde kinders. Kontant het ons nog ietsie oor, emosionele krediet het sy limiet bereik. Geen meer aankope asseblief.

My en liefie se Kersmaal met vriende het in ‘n totale ramp verander as gevolg van ‘n lelike misverstand. Ons hoop. Ons is te bang om te vra. Skoonma, dierbare ou siel wat sy is, het ons onder haar vlerk geneem, saam met al die ander wesies en verstotelinge van die familie. Hulle sal nou-nou hier wees, net na kerk. Ek en liefie sal solank tafel dek, dit sou in elk geval ‘n uiterste geval van skynheiligheid aan ons kant wees om skielik Kersoggend te wil kerk toe, synde dat ons nog net vir begrafnisse in die kerk was hierdie jaar.

So Boendoe, en wie ook al hulle pad hierheen vind op hierdie heuglike dag. Sit gerus aan, hier is altyd plek vir nog ‘n verdwaalde siel. Hier is skaapboud en varkboud, slaaie ook! Poeding en roomys, en gedokterde vrugtekoek met koffie vir na middagslapie. Kom sit gerus aan, vertoef ‘n wyle, deel met ons jou hartseer, jou hoop en jou drome.

Dit is Dinsdagmôre 25 Desember 2007, dit is kwart voor drie in die oggend, dit is Kersfees. Geseënde Kersfees!

Jaco.


Musiek van die 80’s

December 21, 2007

Hoekom vra jy? Want en kan!

Synde dat dit kersfees is, raai bietjie wat is die liedjie. Ek gee jou ‘n hint . . . ♪pa rumpa pa pum♪

En wat van die een? Het iemand anders al van die band gehoor?

Ietsie meer laf seg jy? Ok wat van die nommertjie

Mag jy ‘n giggelgeel Vrydag beleef.

Jaco


Pragtige fotografie

December 20, 2007

Volg die skakel na die webwerf hieronder vir die mooiste landskapfoto’s wat jy aan kan dink.

http://www.outdoor-photos.com/

Eendag as ek al daai plekke gesien het op die foto’s, en self sulke mooi foto’s kan neem, dan kan ek maar doodgaan.

 Jaco


Vertoef ‘n wyle en geniet die uitsig

December 18, 2007

sunset.jpg

Dit was ‘n jaar vol uitdagings, volgepak met triomf en tragedie, en afgewissel deur oomblikke wat jou asem wegslaan.

Met 2008 wat soos ‘n donker wolk op die horison lê is dit my wens dat al gaan jy nie op daardie seevakansie hierdie jaar nie, al bly jy tuis of nog erger, al werk jy, dat jy die tyd sal vind om te stop en die belangrike dinge in die lewe te waardeer.

Gaan kyk hoe sak die son, selfs beter gaan kyk hoe kom die son op. Ruik die blommetjies. Sit met jou voete in ‘n waterstroompie. Sê vir daardie spesiale mense in jou lewe hoe jy oor hulle voel.

Mag die groot dae wat voorlê vir jou en jou geliefdes ontelbare seëninge inhou, en mag al jou drome vir die jaar wat voorlê verwesenlik word.

Jaco, Krista, Jonty die wosonki en Muffin die budoggi.


Hier is nog lewe.

December 14, 2007

bustedknuckle.jpg

Repair and despair under one roof! Nou daar is iets wat ek verstaan. Hehehe.

Beide die wosonki en die budoggi ly onder ‘n erge graad van einde-van-die -jaar-malligheid. Daar moet 2 keer sovel werk gedoen word as in ‘n gewone maand, maar in die helfte van die tyd en met die helfte van die personeel.

Ons gaan nie weg nie, hel ons is nie eers bietjie af oor die groot dae nie, maar as gevolg van bogenoemde malligheid sal die blog seker so ‘n bietjie verwaarloos word oor die volgende week of 3.

Is ons die enigste gelukkige wenners, of is daar nog siele daarbuite wat in dieselfde bootjie sit?  Ek is moeg, sielsmoeg en liggaamlik moeg, en wens so ons kon net vir ‘n week of 3 bietjie gaan rus. Cheer my op en vertel my wat se lekker dinge jy met jouself gaan aanvang.

Jaco


. . . Chocoholic . . .

December 11, 2007

chocslut.jpg

My naam is Krista en ek is ‘n sjokoladeslet. Almal saam: Hi Krista.

Ek is seker julle het al almal gehoor dat sjokolade jou “happy-go-lucky”-hormoon (serotonien) trigger. Wel, ek is die wandelende (lees rollende) bewys daarvan.

My cravings is nie altyd dieselfde nie. Sekere tye van die maand as die hormone soos wille werewolf-krimpvarkies los rondhol, is die cravings erger en meer intens. Me ♥’s tjoklits!

Dit kom en gaan in siklusse en is nooit dieselfde nie. Ek wil nog eendag vir Cadbury vra om vir my ‘n vars mega-Sweetie Pie te maak so groot soos ‘n bord. Maar dan moet julle my maar net daar kom toe gooi, ek sal dit nie oorleef nie.

Lindt-tjoklits is nektar van die gode. Dis soos narkose wat jou van onder af bo-val, ‘n golf van ekstase en pure bliss wat oor jou spoel. Die onwillekeurige kreune wat uit jou keel ontsnap, klink baie na die kreune wat . . . nee, toemaar, verder sal ek nou maar nie gaan nie. Ons werk hier met kos! (amper skryf ek my eie hygroman! hehehehe!)

Ons het die naweek die volgende slogan op ‘n t-shirt by die vlooimark raakgeloop: “dip me in chocolate and feed me to the lesbians” . . . of so iets. Al wat ek kan onthou is die “dip me in chocolate”-deel. O vrek, dit klink lekker! Nou wonder ek . . . watse tjoklits, watse geur, met of sonder neute (Lyfie like van neute), sal ek puffed rice oor gooi? Sal ons dit diabetiese tjoklits maak sodat dit nie soveel van ‘n impak op die dieet maak nie? Sal hy stil lê? (hehehehe) Gaan dit kielie?

/me hol gou winkel toe virri tjokkie . . .

Dis amper soos tjoklit-porn. Jy wil nie kyk nie, maar jy’s nuuskierig. Daar’s ‘n nuwe variasie/geur/maak op die rakke en jy wonder . . . sal jy dit probeer? Dit maak jou lus. Dit skreeu vir jou van die rakke af: “Vat my en maak my joune. Ek wil jou slaaf wees. Ek wil gelek word. Ek sal jou happy maak soos geen ander tjoklit nog kon nie. Kyk, ek is groter en size does matter! Koop my! Koop my! Koop my!”

Meeste van die kere staan ek sterk. Maar ek kan mos nie ‘n gegewe tjoklit in die oë kyk en weier nie? Dit het dan nie ‘n keuse gehad nie en die noodlot het dit dan so bestem . . .

Ek het intussen besluit “death by chocolate” is glad nie ‘n slegte manier om te groet nie - nie baie gesond nie, maar ons almal is een dood skuldig. As ek kan kies, sal dit aan die hand van tjoklits wees (eerder as om gekaap, vermoor, verongeluk, siek te wees).

Ek beperk nou die tjoklit-binge tot special occasions of werklik-broodnodige-moodlifter-episodes (soos tydens my malkoei-doodbloei-tye of as Lyfie bietjie vies is vir my . . .) I know it’s not good for me, but it helps . . .

So, ek is ok daarmee om ‘n sjokoladeslet te wees . . . ek dink nie ek sal weer CA (chocoholics anonymous) bywoon nie.

Krista

PS: Hier iewers is nog ‘n verlate Lindt-balletjie met my naam op . . . . come out, come out, wherever you are . . .


7 Dinge wat ek geleer het hierdie naweek

December 10, 2007

1. Ek is glad nie ‘n romantikus nie. Om die waarheid te sê, ek is totaal onbeholpe en uit my diepte uit. I suck at being a romantic. Sal dit nie weer probeer nie. Ek hou van nou af eerder by dinge wat ek ken, fixing things and lifting heavy objects.

2. Gepraat van. Liefie reken my pogings tot meubel restorasie en algemene verftegnieke is nie heeltemal op standard met winkel gekoopte goed nie. I guess I will just have to try harder then!

3. Van liefie gepraat. Om enigsins te dink dat jy die vroulike weergawe van Homo Sapiens kan verstaan is absolute wensdenkery. Miskien het dit iets te doen met punt een hierbo. We fear that which we don’t understand.

4. Ek is ‘n redelik handige domestic. Met mop en stofsuier is ek onverbeterlik. My strykyster vaardighede laat steeds veel te wense oor, maar ek dink dit is eerder as gevolg van ‘n absolute renons in stryk eerder as onvermoëe om te leer. Ek blameer my luitenant in die weermag. In die Nuwe! Verbeterde! reenboognasie moet jy altyd iemand blameer. As tuinhulp is ek bruikbaar met randsnyer, grassnyer en algemene hande arbeid, maar as jy wil hê iets moet groei, moenie dit naby my bring nie!

5. Ek kan nie spel om my lewe te red nie. Liefie kom elke môre nadat ek ‘n possie op die blog gelos het, en kom maak my spelling reg.

6. Skoonma is besig om dit erg te verloor. Ek weet sy lees hier, so ek hoop sy neem dit ter harte en oorweeg aftrede.

7. Sometimes life’s a cast iron bitch, but mostly it is just fucked up.

Ek kort ‘n lang vakansie.

Jaco


Wat doen jy om nie mal te word nie?

December 7, 2007

creativity.jpg

Kom ons wees nou maar eerlik, bitter min van ons doen werklik wat ons passie is. Ons doen wat nodig is om ‘n dak oor ons koppe, kos op die tafel, klere aan die lyf en brandstof in die tenk te sit.

Dit is Donderdagmiddag 13:30 in Pretoorsdorp. Vroeg in Desembermaand. Buite woed een hewige donderstorm. Jy het vandag nog skaars jou kop opgetel, soos soveel ander dae sedert Junie, maar jy is amper op skedule. Ten minste lyk dit of jy tog daardie paar daggies tussen kersfees en nuwejaar gaan kan ontspan. Dan gebeur dit! Skielik is die liggies af! En jy weét! Jy begin die koste van die verlore data sedert die laaste rugsteunkopie bereken. Op ‘n paar minute na presies 20 ure.

Jy probeer die bloed stop wat uit die wond in jou voorkop stroom soos jy jou kop herhaaldelik op die lessenaar se blad gestamp het. Daarna probeer jy , met bloed wat steeds tussen jou vingers deursypel, om vir buurvrou te verduidelik waar sy oor die muur loer dat nee, hier is nie huismoles nie, jy het maar net so geswets omdat jy nou net al jou werk sedert wat jy op die projek gedoen het sedert Maandag, verloor het. Nee rerig tannie, jy is alleen hier, met wie sal jy dan nou huismoles hê?

Die wond op jou voorkop het ophou bloei, jy het meeste bloed van die sleutelbord afgekry, en die krag is weer aan. Jy trek die rugsteun dryf nader en oorskryf die korrupte data met werkende maar weekoud data. Dan begin jy maar weer, soveel vir ‘n paar af dae tussen kersfees en nuwejaar. Hierdie sal die 6de jaar in ‘n ry wees. Maar wat maak jy? Werk is werk.

En toe kom die antwoord na my toe. En dit is nie 42 nie. Ek is ‘n “creator”, alhoewel ek nie kreatief is nie. Ek moet my daaglikse sweet konkreet sien, ek sukkel met abstrakte. Dit is hoekom ek laasweek depressief was, want ek het lanklaas met my ou F250 bakkie se enjin gepeuter, ek het lanklaas met my kraggereedskap gewerk. Ek het lanklaas kon terugstaan en sê “daar is hy, ek het hom gemaak”

Ek weet nou wat my drukklep laat oopmaak. Wat is joune?

Jaco


Koop my iets mooi’s vir Kersfees?

December 6, 2007

santa.jpg

En my bitchfest rol aan. Stop my voor iemand seerkry!

Voor ek egter verder gaan moet ek eers vir my liefie-sonstraal-in-my-lewe baie geluk sê, sy het al 3 haar Unisa vakke waarvoor sy 2de semester ingeskryf het, geslaag. Die een vak nogal ge-cum ook! Nog net 7 vakke lyfie, vasbyt die einde is nou in sig!

Raait terug na my kraplappie (dankie Ding!). Feesseisoen, elke klein seuntjie en dogtertjie en menige nie-so-klein seuntjie en dogtertjie se droomtyd van die jaar. Al die familie en vriende, al die kos en geskenke. Maar ook, die samedromming by winkelsentrums, die slagting op die paaie, die selfmoorde en die klappers! Dan kort na nuwejaar, die realiteit van te veel verpligtinge en te min geld.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Heimlik is ek dalk ook ‘n bietjie van ‘n Kersfees freak. Dalk omdat ek as klein seuntjie dit nie gehad het nie. Maar is dit werklik nodig om in ‘n reeds oorvol winkel die laaste 3 jaar se skindernuus op te vang met ‘n vriend/ex kollega/familielid waar julle mekaar toevallig reg in die middel van die gang raakgeloop het?

Is dit nodig om jou kind te verskreeu, en hom/haar aan die arms rond te pluk omdat hy huilerig is? JY! Meneer of mevrou het die kind in die speelgoedrakke ingeneem, natuurlik wil die kiddie aan alles voel en vat, en alles hê, dit is ‘n kind for goodness sake!

Is dit nodig om tussen 01 Desember en 02 Januarie die padreëls en gewone bedagsaamheid heeltemal te vergeet? Wanneer ry jy met jou bombastiese houding wat soos ‘n mal ding jaag ‘n onskuldige familie in die hiernamaals in?

Is dit werklik nodig om met jou mini 60mm patmor “bomme” my diere en myself tot amper histerie te dryf. En dit op oukersaand! Daarna word dit net al erger tot soveel as ‘n maand na nuwejaar voordat jou voorraad uitgeput is. Nuwejaars kruip ek met my PTSD en my diere ewe diep onder die bed in. Gaan soek ‘n oop veld ver van die woonbuurt af en maak jou oorlog daar. Asseblief? Ek soebat jou?

Is dit nodig om geld te spandeer asof daar geen môre is nie? Waar gaan goeie verstand heen tussen 01 en 31 Desember? Dan kom klop jy aan my deur Januarie want jy het nie geld vir skoolklere, brandstof en kos nie.

Behalwe daarvoor is ek mal oor die kersseisoen.

Jaco