January 31, 2008
Sommer omdat ek lus voel vir laf wees. My 1ste sperdatum vir die jaar 2008 is gemaak - op tyd! Wat is jou droom voertuig/voertuie?
Maandag
Maandag verkeer is ‘n beer. Hierdie outjie sal al jou probleme oplos, maar ek moet jou waarsku - hou maar jou beursie wyd oop vir diesel. Waar is daai bleddie kaper nou?
Dinsdag
Wat kan ek sê, jy kry Ford manne en jy kry Chef manne. Ek is mal oor die klank van ‘n behoorlike V8. Roep my maar kômmin . . .
Woensdag
Want mens moet darem so nou en dan werk ook. Pretoria Noord - Randburg in onder 15 minute. Daar kan wragtag geen beter manier wees om by jou meetings uit te kom nie. Besides, die view is asembenemend!
Donderdag
Wat van ‘n potjie golf? Nou kyk, golf IS my handicap. Synde dat my golfvaardighede veel te wense oorlaat kan ek ten minste ‘n grand exit maak. Bewaar die wetter wat my kar raakslaan!
Vrydag
As jy so baie balle soos ek slaan oor 18 putjies sal jou arms ook hopeloos te seer wees vir self bestuur. So vrydag word ek bestuur. ‘Nuff said.
Saterdag
Inkopies om te doen. . .in winkelsentrums . . . met parkeerterreine vol kamikazi drywers. Do you feel lucky, punk? Ek spoeg op ‘n Hummer.
Sondag
Het ek al genoem ek is mal oor die klank van groot enjins? Hehehe. I guess I did! Kombineer dit nou met die wind in jou hare (terwyl jy nog hare het!) . . . lekkerrrrrrrrrrr.
Jaco
11 Comments |
Algemeen, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 29, 2008
Ek het te veel goed wat in by kop maal, soveel so dat ek nie lang genoeg kan stilsit om een gedagte te deurdink tot by sy logiese ontknoping nie. Hier is ‘n paar van die geurtjies van die oomblik:
- As JZ wel staatspresident word, gaan sy linkse alliansiemaats druk op hom sit om die land te hernoem na Peoples Republic of South Africa? Synde dat ons besig is met sinnelose naamsveranderinge.
- Gaan ek vandag elektrisiteit hê?
- As Denise en Frans wel Kanada toe emigreer, gaan ons nie daai bleddie oulike 3 peetseuns van ons erg mis nie? Wie gaan ons dan bederf?
- Gaan ek vandag elektrisiteit hê?
- Hoekom is huise in Graafwater en Moreesburg so goedkoop teenoor die res van die Weskaap? Spook dit daar? Of is dit dalk ‘n dump vir Koeberg se kernafval?
- Gaan ek vandag elektrisiteit hê?
- Hoekom is dit so maklik om dik te raak, en so moeilik om weer skraal te raak. Is dit nie die natuur wat vir ons iets probeer sê nie.
- Gaan ek vandag elektrisiteit hê?
- Hoe eet worshondjies blokkies met net een kiestand en 2 oogtande?
- Gaan ek vandag elektrisiteit hê?
- Hoekom is daar nie 2 werksdae en 5 dae naweek nie? Wie moet mens omkoop om dit te verander?
- GAAN EK VANDAG ELEKTRISITEIT Hê?
Ciao, ek moet die worshonde terugneem tandarts toe vir hulle opvolgbesoek.
Jaco
7 Comments |
Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 28, 2008
Nee dit het niks met die kroonjuwele uit te waai nie. Hierdie griffel is na aanleiding van hierdie post http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/01/26/ek-wonder-vandag/ Die lighartige possie wat ek wou doen moet maar oorstaan tot more.
My vrou sê feitlik elke dag vir my dat sy bang is, dat sy nie meer hier wil bly nie. Ek sê elke dag vir haar dat ek dit nie kan doen nie, ek kan nie ontwortel en na ‘n vreemde land toe emigreer nie. Maar na dese het ek skelmpies begin loer na ‘n baie goeie inligtingstukkie wat een van die kletsvrinne wat reeds in Australië woon vir my aangestuur het.
Hoekom nou skielik? Eenvoudig. Soos ek nou al telkemale hier verkondig het, ek is seriaas old school. Daai belofte wat ek 3 jaar gelede hierdie maand voor God en die gemeente afgelê het, julle weet dié een van jou vrou liefhê, respekteer, BESKERM, VERSORG ens. ens. Nou ek neem daai belofte redelik ernstig op. Vir my omsluit dit die kern van man- en eggenote wees. Maar ek ondervind erge struikelblokke.
Eerstens is my kapasiteit om my vrou te VERSORG ernstig ingekort deur regstellende aksie. Tweedens, en baie meer seer, is dat daar bitterlik min is wat ek kan doen om my vrou te BESKERM as sy in die more by die hek uitry. Veronderstel sy kom iets oor, word ‘n slagoffer van misdaad, ek weet nie of ek die verwyt en die stille beskuldiging in haar oë sal kan verwerk nie. Daardie wete dat ek iets kon doen deur haar na ‘n land van veiligheid te neem, maar ek het nie.
Twee van die pilare waarop ek my manwees gebou het wankel, ek voel asof die nuwe! verbeterde! Suid Afrika my man- en menswees van my gesteel het. Ek is verward. Ek weet werklik nie meer waarheen nou nie. Maar ek kan nie meer van my vrou hoor “liefie ek is bang” en niks doen nie.
Jaco
21 Comments |
Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 25, 2008
Ek bekyk die voorprente van die nuwe fliek The Bucket List so en dit het my laat dink aan dinge wat ek nog wil doen. Nie voor ek die emmer skop nie, maar hierdie jaar nog . . .
Hierdie jaar:
Ek wil ’n nuwe vaardigheid (skill) aanleer asook ‘n nuwe rekenaarprogram.
Ek wil my eie besigheid oopmaak/begin - hoe klein ook al.
Ek wil beplan aan ons Feb 09 Kaap-vakansie van 3 weke.
Ek wil volhou met my oefenprogram en nuwe eetpatrone.
Ek wil die beste vrou vir my man wees.
Ek wil my graad klaar maak in die 2de helfte van die jaar en dus ook so ‘n papiertjie met ‘n tjap op aan die muur kan hang. Al beteken dit nie veel nie.
Ek wil die beste vriendin/luisteraar/biegmoeder/voorbeeld/raadgewer wees wat ek kan wees.
Ek wil graag vir my man die babatjie gee waarna ons harte so smag. (BB het my gisteraand in trane gehad, maar meer hieroor later. Dis bietjie te emosioneel op hierdie stadium.)
Ek wil so baie goed doen hierdie jaar, ek is al klaar moeg!
Krista
14 Comments |
Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 24, 2008
Ek vrek oor roadtrains, eendag as ek groot is gaan ek Australië toe emigreer om te gaan roadtrains ry. Of ten minste langs die pad sit en luister na die brul van daai monster kenworth enjins. Ek het die kuberruim platgeloop op soek na ‘n prentjie vir my volgende OOB poging, en hier is hy!
“♪ . . . holden wrecks and boiling diesels,
steam in forty five degrees . . .♪”
Ek het 05:30 vanmore ‘n afspraak met my biokinetikus by die gym gehad, en kyk net wat sien ek buite. Dit was volmaan en ek het alles gemis want dit was bewolk die hele tyd. Aaaaaaahoooooooowwwlll. Geen wonder ek is so hups nie!
Op die foto kan jy net-net op die rand van die ligkol die halo om die maan sien.
Wag la’ek loop werk. Superheroes kry ook net nie rus nie!
Ciao
Jaco
11 Comments |
Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 23, 2008
Nee dit het niks te doen met daai man nie!
In die Maré clan het gister soos volg verloop:
- Die “original” wosonki is veearts toe om sy tande te laat skoonmaak. Hulle moes ‘n hele paar tande trek o.a. sy boonste paar oogtande. Ek reken synde dat hy nie werklik meer sal kan byt nie, hy nou die vyand se groottone sal blou pruim. En die rekening was net R1700, nog steeds ‘n hoop geld maar heelwat minder as waarvoor ons onselwers voorberei het.
- My lyfie het vir my ‘n mooi kort gediggie geskryf (sien gister se possie). Dankbaar liefie, so voel ek oor jou ook!
- Hier was geen kragonderbrekings nie, en ek kon ‘n voldag se werk inkry.
- Ek het die reënmeter gaan leegmaak. Ons het nou 190mm reën in 5 dae hier ontvang.
- Ek het in die afgelope 3 nagte sedert Sondag 14 uur se slaap gehad, ‘n nuwe rekord.
Die week gaan ‘n goeie een wees, ek voel dit so aan my bas. Lekkerrrrrr!
Ciao
Jaco
8 Comments |
Algemeen, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 22, 2008
My woorde fluit soos die wind oor ‘n Coke-bottel bek
dit kan nie die dop of die derms oordra
van dit wat ek vir jou voel nie
my lief
12 Comments |
Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 21, 2008
Nicholas Gouws (geb 31 Des 07)
Welkom Nicholas!
Ons hoop dat die wêreld aan jou net soveel vreugde sal gee as jy aan die wêreld om jou. Ons wens vir jou is ‘n vreugdevolle, gelukkige en lang lewe. Ons hoop dat jy jou boeties Albert en Zander net so lief sal hê soos ons het. En jou plekkie in ons harte is reeds ten volle gevul. Nooit weer sal Oujaar vir ons net die einde van nog ‘n jaar beteken nie, dit sal nou die begin van nog ‘n jaar vir jou wees!
Welkom klein Nicky. Baie geluk aan jou mamma en pappa met nog ‘n pragtige seun.
Oom Jaco en tannie Tikka (dis hoe Zander my tans noem) hehehe . . .
6 Comments |
Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 18, 2008
Vinnige update: Eksdom het gister dit 4 uit 4 gemaak vir kragonderbrekings die week. 12 ure se “billable time” in die donker gat van loadshedding af. Bliksems.
Na aanleiding van http://diegestorwesoldaat.wordpress.com/ se eksperimente met out of bounds image editing het ek ook so bietjie daarmee geen speel in my slaaplose ure. Hierdie is my eerste 2 plegings.
Rou en rof maar ek kan net verbeter. O ja, die model is muffin, ons budoggi en die land se enigste resies bulldog.

Ciao
Jaco
16 Comments |
Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 17, 2008
Platkuif en Vonkeldoos, daai twee vriendelike ouens by http://www.bosparra.com/ het besluit om ons nederige virtuele kombuisie hulle blog van die week te maak. Gaan lees gerus hier http://www.bosparra.com/wasonki/ wat ons alles te sê gehad in in ons “interview” met hulle. Dalk verras ons jou nog!
Dankie ouens, ons is geëerd. Julle doen reuse werk vir Afrikaanse blogs
Jaco en Krista
7 Comments |
Jaco sê, Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki