Nutsman, eat your heart out!

March 27, 2008

‘n Familielid het my gevra om hom te help om ‘n dakkie oor die stoep van hulle meenthuis in Roodepoort op te rig. Hulle het die plekkie gekoop as belegging en huur dit tans uit. Toe die vorige huurder verhuis was dit die ideale geleentheid op gou weer ‘n slag die plek op te knap voordat die nuwe huurders okupasie neem.

Hulle het aanvanklik die persoon wat soortgelyke dakkies by ander eenhede in die kompleks opgerig het, gevra vir ‘n kwotasie. Maar nadat die persoon se kwotasie opgeskiet het van ‘n aanvanklike R6500.00 na kort duskant R8000.00 in die kwessie van ‘n week, het die familielid besluit om dit self aan te pak (met my hulp natuurlik).

So in 2 dae (Saterdag en Maandag) van die afgelope paasnaweek, en vir minder as R4000.00 (die helfte van die ander ou se kwotasie) is dit wat ons vermag het. Ek is nogal trots op myself.

kappe.jpg
Satermiddag is dit waar ons halt geroep het.

opruim.jpg
Die uwe doen gou die laaste van die opruimwerkies.

onder.jpg
Netjies man, netjies!

Jaco


. . . liewe, lawwe versie . . .

March 26, 2008

dachshund.jpg

Jy’s my man van staal
My generaal
My totempaal
Die een wat my kom haal

My motorfiets
My winkelswiets
My F1-kar
My sirkusnar

My jellytot
My blou
My noodstop
My nou

My winterwind
My hartekind
My somerson
My rooi ballon

My anker
My held
My ridder
My geld

My nutsman
My weet-ek-kan
My oseaan
My wil-bestaan

My groene bos
My het-jou-lief
My koppie-los
My hartedief

My olke-bolke
My feëverhaal
My stormwolke
My opbetaal

My lysie-maak
My lekker-slaap
My poeding-smaak
My opgeraap

Jy is my alles, my lief
njannies . . .


Frustrasie.

March 25, 2008

Dit is wat gebeur wanneer jou regte lewe met jou virtuele lewe inmeng. Ek is so vol idees en planne en goed wat ek wil skryf ek kan bars.

Helaas, tussen my programmeerder wat my (alweer) in die steek gelaat het, Krista se eina wat my noodsaak om haar werk toe en terug te neem aangesien sy sukkel om self te bestuur, my hulp aan ‘n familielid en nog so paar ander verassings wat my ou Ierse pel Murphy vir ons saamgebring het, het die langnaweek totaal onder ons uitgehol, en die week volg vinnig dieselfde paadjie.

Lyfie het darem gelukkig ‘n paar Lindt hasies aangekeer, en blykbaar help dit vir die eina.

O ja, het ek genoem dat daar ‘n ovulasie plaasgevind het gedurende die naweek. Ag wel, daar is seker maar altyd volgende maand. Scheisse!

nonews.jpg


. . . Geseënde Paasfees . . .

March 22, 2008
easter.gif

My boodskap: onthou dat Hy ook vir jou aan die Kruis gesterf het en daarom is jy ook die moeite werd. Jy mag ook ‘n gelukkige en vervulde lewe hê!

Ek hoop die Paashaas bring vir julle baie, baie sjokelade-eiers!

So, bo en behalwe dat ons Menseregte-dag en Goeie Vrydag op 1 dag het (en later vergoed gaan word daarvoor), is dit laaaaaaaaaaaaang naweek! Jaco is weg om sy oom te gaan help dak opsit, ekke gaan nou winkels toe op soek na so ‘n enetjie:

lindtbunny.jpg

of 2 of 3 . . .

Krista


Ek wonder?

March 20, 2008

Ten spyte van die feit that it hurts like hell wanneer ek dink, kan ek dit nie help nie. Ek is van nature nuuskierig en ek wonder oor goed.

Soos ou knersis alreeds opgemerk het, as jy kommentaar wil ontlok is dit ‘n lelike no-no om in ernstige blogsirkels grappies en dies meer te copy en paste. Blog inskrywings moet jou eie oorspronklike werk wees. Dit is net so ernstige sonde om jou tale te meng (wat ek natuurlik nooit sal doen nie!). Ek dink ek het nog een ontdek. Meeste bloggers (en al die blog bydraers) lees ander blogs as vorm van ontspanning, hulle wil oor die algemeen nie betrokke raak in issues van meer ernstige aard nie. In elk geval nie in ons hoekie van die kuberruim nie.

Soos gewoonlik is ek nou weer anders en stroom-op. Ek is ‘n information junkie, ek wil alles weet. Wanneer ek vermaak wil wees gaan kyk ek ‘n Casper of Barry Hilton show of ek  kyk parliament live op TV.

So nou wonder ek, elke persoon op my blogroll het een of ander beroep of skill. By elkeen van hulle (julle) kan ek iets leer en hopenlik hulle (julle) by my. As elke blogger 1 post per week/maand afstaan aan ‘n stukkie nuttige inligting oor sy professie, dan kan ons mos almal iets leer of hoe. Dis nou almal behalwe my vrou en my jongste broer, hulle weet klaar alles. Ek bevoorbeeld kan iets post oor hoe om die hoeveelheid sement uit te werk as jy wil pleister of bou, m.a.w inligting wat enige mens dalk in die loop van sy lewe kan nodig kry.

Ek wonder net of so iets ‘n bestaansreg het op die blogosfeer?

fixanything.jpg

Jaco


Is opvoeding werklik in ons regering se belang?

March 18, 2008

Die afgelope week of twee het ‘n vlaag van patriotisme jeens ons landjie hier op ons hoekie van die blogosfeer opgelewer. Die emosie het intussen bietjie bedaar en ek kon bietjie verder dink oor die taak wat vir ons voorlê. En ek vermoed ons is in baie diep doo-doo.

Ek kan die storie baie beter praat as wat ek hom kan skryf, so verskoon as ek met tye so effens van die pad afdwaal. Neem ook asseblief kennis dat hierdie stuk geensins gegrond is op enige formele navorsing nie maar slegs my persoonlike opinies en persepsies weergee, met ander woorde in kort “don’t quote me on this”

Eerstens misdaad. Ongeveer 50 moorde per dag vind in Suid Afrika plaas. Daar is die plaasboer, die sakeman in Waterkloof en nog een of twee moored op wittes wat op die Beeld en Burger se hoofblaaie uitbassuin word. Beteken dit moontlik dat die ander 40 – 45 moorde (oftewel 80 – 90%) wat nie gerapporteer word nie is moorde op anderskleuriges? Nie dat 1 moord ooit goedgepraat kan word nie. Wat ek probeer ondersoek is die persepsie. Die persepsie onder blankes bestaan dat ons stelselmatig uitgemoor word, en dat swartmense totaal nonchalant daarteenoor staan. Ek glo dat die werklikheid eerder iets in die lyn is van dat die volle waarheid van wat in ons land aangaan nou eers werklik die deursnit vaalgesiggie bereik. Die weermag en polisie was nog al die jare die buffer tussen die iddiliese lewe in die suburbs en die harde werklikheid in die townships. Die towships waar ‘n lewe niks werd is nie. Ek herhaal weereens dat die moorde glad nie geregverdig kan word nie, maar probeer verstaan dat dit nog altyd daar was, dit is net nou baie nader aan jou persoon.

Nou, velkleur ten spyt is basiese menslike behoeftes oral dieselfde. Mense wil kos hê om te eet, beskerming teen die elemente ens. In ‘n moderne samelewing beteken dit dat jy moet werk hê. En om te kan werk bekom tussen miljoene ander net soos jy moet jy opleiding hê. En daarin dink ek lê ons as Afrikane se grootste probleem opgesluit.

My redenasie is soos volg. Menslike natuur dikteer dat jy jouself by mense sal skaar wat soos jy is. In ‘n verkiesing sal wittes vir “wit” partye stem ensovoorts. Absoluut niks met rassisme uit te waai nie. Verder sal mense oorwegend binne hulle volksverband bly, Zoeloes sal vir Zoeloes stem ens. Steeds geen probleem nie. Synde dat die Zoeloe nasies by verre die grootste bevolkingsgroep in Suid Afrika is, hoe het dit dan gekom dat Suid Afrika deur Xhosa’s regeer word. Die antwoord is maklik. Intimidasie, breinspoeling en opsweping. Manne soos DGS sal jou alles daaroor kan vertel, van hoe 10 manne met AK’s oornag ‘n skare van 10 000 bymekaar kan maak wat bereid is om te brand, plunder en klip te gooi. In Afrika (en ander 3de wêreld plekke) is dit die gekose metode van oorreding. Dit is die rede hoekom die selfde swartman saam met wie jy opgegroei het, die een kan wees wat toekyk hoe jy gemartel word. Plaas jouself in hulle skoene, wie gaan jy voor luister – die ou wat jou dalk so paar dwarsklappe gee of die ou wat jou en jou gesin sal uitwis as jy nie maak soos hulle sê nie. Intimidasie werk vandag nog net so goed soos altyd. Die enigste manier om ooit daarby verby te kom is opvoeding op ‘n massiewe skaal. Slegs sodra genoeg mense opgevoed en dus sinvol werksaam is, sal ‘n mens kan begin om die effek van intimidasie teen te werk. In Suid Afrika kan ons dit dalk binne die bestek van een of 2 generasies regkry.

Maar. Opvoeding op so ‘n skaal kan slegs van die hoogste vlak gedryf word. Die regering. Die koste daarvan vir die regering is dat hulle die houvas op die mense kan verloor, dus hulle gemaklike goewerment joppies kan verloor. Opgevoede geleerde menses al nie al die nonsense wat vir hulle opgedis word vir soetkoekies opvreet nie.

Dink jy nou nog steeds dat onderwys en opvoeding werklik in die regering se beste belang is? Die skaal kan enige kant toe val, en die enigste manier om te verseker dat dit na die regte kant toe gaan is deur ekonomiese druk. En die ekonomiese mag word uit investeerders se hande geneem teen ‘n radikale tempo deur die invloed van SEB, regstellende aksie ensovoorts.

So in opsomming. As die regering besluit dat massiewe en volhoubare opvoeding nie in hulle beste belang langtermyn is nie, kan ek en jy maar ons goedjies pak en loop. Wat en of ons iets kan doen om die situasie te verbeter, daarvan is ek nie seker nie.

Jaco


Oor [TYD]Skrif(te), Tags en huiswerk

March 17, 2008

Meester Johan Swarts het via Netjane laat weet dat die getroue blogstudente bietjie huiswerk moet doen.

Dit is baie maklik, kies jou gunsteling 3 inskrywings vanuit die Afrikaanse blogs wat jy lees (joune ingesluit) sedert 1 Desember 2007, en stuur die opskrifte en skakels daarvan per vonkpos na tydskrif@gmail.com

My drie:
Straatkind (Die gestorwe soldaat)

Good luck bad luck (Ding)

If racism is dead it sure stinks around here… (Duskant Sutherland).

Tag dan 3 ander b(l)oggers om dieselfde te doen.

Sonder enige verdere verwyl tag ek nou vir BB, Stoutsus en Pippa en Nico.

Onthou daar is lyfstraf by meester Johan vir die ou wat nie sy huiswerk inhandig nie!

Jaco


As mamma ons nou sien. . .(Update)

March 17, 2008
muffinbank.jpg

. . . dan kry beide my eie en Muffin die bulldog dogtertjie se gatte slae!

Maar hoe kan ‘n vaderhart daai gesiggie weerstaan? Sjaaim sy kry dan koud pa.
Pa het toe maar 2 duvets oor die bank (waarop Muffin NIE mag slaap nie) gegooi en mooi vir sussie beduie dat mamma nie hiervan hoef te weet nie.

Muffen het belowe sy sal in ‘n klein bondeltjie in die hoekie van die bank lê, dit lyk so bleddie cosy ek join haar sommer!

Jaco

Breaking News Just in - 15:00

Onbevestigde verslae is ontvang dat die  bankslapersvereniging tot 2 lede gegroei het. Die swart kol links is na bewering Jonty die “original” worshond (wosonki) .

bankslapers.jpg


. . . ek wou, maar ek het nie . . .

March 17, 2008
notice.jpg
Ek wou bitchy gewees het oor alles wat ek die afgelope week gesien en gehoor het, maar dis nie in my aard om sommer so uit die heup uit te skiet nie. Wel, nie altyd nie.
:-D
Dus, van my kant af: lekker week vir julle almal.
:-D
Vakansiedae bogger my werk omtrent behoorlik op en dus moet ek dalk vannaand deurnag om seker te maak almal word betaal Donderdag. En dat die wat teen Dinsdag betaal moet word, ook reeds Donderdag deurgestuur word bank toe.
:-D
So, you won’t see me, hear from me, read of me; but I’ll be alive and kicking like always.
;-)
Cheers
Krista

    Lekker verjaar oubaas

    March 13, 2008

    Jy sou vandag 62 jaar oud gewees het, maar jy is bykans 17jaar gelede opgeroep vir hoër diens.

    Ek en jy sou vandag nagte kon omgesels oor alles onder die son, maar jy is nie meer hier nie.

    Jou pragmatiese uitkyk op die lewe sou hierdie wêreld ‘n beter plek gemaak het, sou my wêreld ‘n beter plek gemaak het. Jy was ‘n denker en ‘n dromer, en nou is jou plekkie leeg.

    In die kort rukkie wat jy vir ons geleen is, het jy genoeg gedoen om die grondslag te lê vir die man wat ek geword het. Daarvoor is ek jou ewig dankbaar. En dit is ook my geskenk aan jou.

    Lekker verjaar Pa.

    Ek mis jou

    Jaco