Is opvoeding werklik in ons regering se belang?

Die afgelope week of twee het ‘n vlaag van patriotisme jeens ons landjie hier op ons hoekie van die blogosfeer opgelewer. Die emosie het intussen bietjie bedaar en ek kon bietjie verder dink oor die taak wat vir ons voorlê. En ek vermoed ons is in baie diep doo-doo.

Ek kan die storie baie beter praat as wat ek hom kan skryf, so verskoon as ek met tye so effens van die pad afdwaal. Neem ook asseblief kennis dat hierdie stuk geensins gegrond is op enige formele navorsing nie maar slegs my persoonlike opinies en persepsies weergee, met ander woorde in kort “don’t quote me on this”

Eerstens misdaad. Ongeveer 50 moorde per dag vind in Suid Afrika plaas. Daar is die plaasboer, die sakeman in Waterkloof en nog een of twee moored op wittes wat op die Beeld en Burger se hoofblaaie uitbassuin word. Beteken dit moontlik dat die ander 40 – 45 moorde (oftewel 80 – 90%) wat nie gerapporteer word nie is moorde op anderskleuriges? Nie dat 1 moord ooit goedgepraat kan word nie. Wat ek probeer ondersoek is die persepsie. Die persepsie onder blankes bestaan dat ons stelselmatig uitgemoor word, en dat swartmense totaal nonchalant daarteenoor staan. Ek glo dat die werklikheid eerder iets in die lyn is van dat die volle waarheid van wat in ons land aangaan nou eers werklik die deursnit vaalgesiggie bereik. Die weermag en polisie was nog al die jare die buffer tussen die iddiliese lewe in die suburbs en die harde werklikheid in die townships. Die towships waar ‘n lewe niks werd is nie. Ek herhaal weereens dat die moorde glad nie geregverdig kan word nie, maar probeer verstaan dat dit nog altyd daar was, dit is net nou baie nader aan jou persoon.

Nou, velkleur ten spyt is basiese menslike behoeftes oral dieselfde. Mense wil kos hê om te eet, beskerming teen die elemente ens. In ‘n moderne samelewing beteken dit dat jy moet werk hê. En om te kan werk bekom tussen miljoene ander net soos jy moet jy opleiding hê. En daarin dink ek lê ons as Afrikane se grootste probleem opgesluit.

My redenasie is soos volg. Menslike natuur dikteer dat jy jouself by mense sal skaar wat soos jy is. In ‘n verkiesing sal wittes vir “wit” partye stem ensovoorts. Absoluut niks met rassisme uit te waai nie. Verder sal mense oorwegend binne hulle volksverband bly, Zoeloes sal vir Zoeloes stem ens. Steeds geen probleem nie. Synde dat die Zoeloe nasies by verre die grootste bevolkingsgroep in Suid Afrika is, hoe het dit dan gekom dat Suid Afrika deur Xhosa’s regeer word. Die antwoord is maklik. Intimidasie, breinspoeling en opsweping. Manne soos DGS sal jou alles daaroor kan vertel, van hoe 10 manne met AK’s oornag ‘n skare van 10 000 bymekaar kan maak wat bereid is om te brand, plunder en klip te gooi. In Afrika (en ander 3de wêreld plekke) is dit die gekose metode van oorreding. Dit is die rede hoekom die selfde swartman saam met wie jy opgegroei het, die een kan wees wat toekyk hoe jy gemartel word. Plaas jouself in hulle skoene, wie gaan jy voor luister – die ou wat jou dalk so paar dwarsklappe gee of die ou wat jou en jou gesin sal uitwis as jy nie maak soos hulle sê nie. Intimidasie werk vandag nog net so goed soos altyd. Die enigste manier om ooit daarby verby te kom is opvoeding op ‘n massiewe skaal. Slegs sodra genoeg mense opgevoed en dus sinvol werksaam is, sal ‘n mens kan begin om die effek van intimidasie teen te werk. In Suid Afrika kan ons dit dalk binne die bestek van een of 2 generasies regkry.

Maar. Opvoeding op so ‘n skaal kan slegs van die hoogste vlak gedryf word. Die regering. Die koste daarvan vir die regering is dat hulle die houvas op die mense kan verloor, dus hulle gemaklike goewerment joppies kan verloor. Opgevoede geleerde menses al nie al die nonsense wat vir hulle opgedis word vir soetkoekies opvreet nie.

Dink jy nou nog steeds dat onderwys en opvoeding werklik in die regering se beste belang is? Die skaal kan enige kant toe val, en die enigste manier om te verseker dat dit na die regte kant toe gaan is deur ekonomiese druk. En die ekonomiese mag word uit investeerders se hande geneem teen ‘n radikale tempo deur die invloed van SEB, regstellende aksie ensovoorts.

So in opsomming. As die regering besluit dat massiewe en volhoubare opvoeding nie in hulle beste belang langtermyn is nie, kan ek en jy maar ons goedjies pak en loop. Wat en of ons iets kan doen om die situasie te verbeter, daarvan is ek nie seker nie.

Jaco

14 Responses to “Is opvoeding werklik in ons regering se belang?”

  1. Roer Says:

    Ek stem saam dat opvoeding en opleiding ‘n groot probleem is, maar ek het ‘n groot probleem met jou intimidasie teorie. Van al ons sake is daar weining beskuldigdes wat aan een of ander geheime organisasie behoort wat met AK47’s teen die misdadigers se gesinne se koppe staan en hulle afpers om te moor of een of ander derglike misdaad te pleeg anders sterf die misdadigers se gesinne of wie ookal. Met die uitsondering van die Kaapse gangsters (inisiasie rituele ens) was en is meeste van hierdie misdade gepleeg oor boosheid en ek praat van moord, verkragting, ens. Nie goed soos petty theft nie. Niks meer, niks minder nie. Dis maar wat ek dink.

  2. Jaco Says:

    Roer: Ek dink jy verstaan my dalk verkeerd, oftewel ek beskryf nie die teorie goed genoeg nie. Sover dit “gewone” misdadigheid aangaan stem ek 100% saam met jou, dit word nie deur een of ander geheime organisasie aangehits nie. Dit is en bly gewone misdaad met ‘n goeie skkot rassehaat ingegooi. Politieke geweld is myns insiens ‘n hele ander storie, en dit is waarna ek probeer verwys het.

    My verwysing na intimidasie het betrekking spesifiek tot my persoonlike ondervinding in die periode tot en met die 94 verkiesings. Gematigde swartes is deur bendes beveel om aan optogte deel te neem, boikotte is met geweld toegepas en mense is in geen onduidelike terme nie vertel hoe om te stem. Dit het so goed gewerk toe, ek kan nie sien dat daardie praktyke sommer net gestop sou word na die verkiesings nie

  3. Roer Says:

    Gotcha. Ek verstaan. ;-)

  4. BB Says:

    Jy kan opvoed tot jy blou word, Jaco – kultuur en mentaliteit word nie aangeleer nie – wel, beslis nie op ‘n leerplan-metode nie. En selfs as jy dit nou begin toepas – gaan jy nie resultate in een leeftyd oplewer nie. Die wortels is so diep geanker – daardie boompie put meer lewenskrag uit die diepste donker droë Afrika grond as deur ‘n sporadiese reënbui elke paar generasies.

  5. Jaco Says:

    By implikasie sê jy dus ons mors ons tyd BB?

  6. BB Says:

    Jip, skat. Damn sad… but true.

  7. Jaco Says:

    Ok so waar los dit ons 4 miljoen palefaces wat nog oor is hier in die land van melk en heuning?

  8. Nico Says:

    Jinne, Jaco.

    As ons nog net 4 miljoen hier is, beteken dit dat die helfde van ons volk in Londen en al sulke ander plekke sit!

    Ek begin dink ons is die Bittereinders en hulle die Hensoppers!

  9. Nico Says:

    Die ander probleem lê natuurlik daarin by vir wie ons in die volgende verkiesing stem.

    Daar word ‘n grappie vertel:

    Wat doen 2 Engelse as hulle saam op ‘n eiland uitspoel? Hulle begin ‘n kroeg.
    Wat doen 2 Indiërs as hulle saam op ‘n eiland uitspoel? Hulle maak ‘n winkel oop.
    Wat doen 2 Afrikaners as hulle saam op ‘n eiland uitspoel? Hulle begin 3 kerke en 7 politieke partye.

    Dit maak dat die oorblywende Afrikaner of Afrikanergesinde stem “null and void” raak, bloot omdat ons oor bitter min dinge kan saamstem; of as ek dit kan vertaal: Ons is bloot te trots om iets minder te aanvaar as dit wat ons wil hê; te hel met die gemeenskaplike belang.

    Ek weet wragtag nie waar om my kruisie volgende jaar te trek nie; ek is nie lus om vir een van die bestaande partye te stem nie. Moet ek nou ‘n ideologiese slet word en my kruisie op ‘n plek gaan trek omdat al die ander Boere (dink ek) hulle kruisies op ‘n plek gaan trek? Want as ek moet gaan stem vir wat ek glo, gaan ek glad nie stem nie…

  10. Adrie Says:

    Ek moet ook saam met Jaco stem.

  11. nelba Says:

    Interessante pos.

    Iets wat verband hou hiermee is dat ons leiers sedert 1994 sonder uitsondering uit uiters gegoede agtergronde kom. Daar is nie ‘n manier hoe hulle hulle kan vereenselwig met die gemiddelde Suid-Afrikaner nie. Hulle het wel die gemiddelde Suid-Afrikaner nodig om hom/haar te vereenselwig met die leier of dit waarvoor die leier kammakastig staan. Wat NIE “the greater good of mankind” is nie. Verseker.

  12. krista Says:

    :-D

  13. Pikkelik Says:

    Julle maak my bleddie bang! Ek het nog twee babatjies om groot te kry in hierie land. Want trek gaan ek nie! Ek en manlief stres al klaar oor skoolgaantyd. En as jy reg is Jaco, wat gaan daar oor 4 of 5 jaar van die skole oorwees. Gaan dit nog enigsins die moeite werd wees om jou kinders skool toe te stuur. En gaan intimidasie en aftakeling van waardes nie dan aan die orde van die dag wees nie? Is dit nie al klaar deel van die ‘leerplan’ by ons skole nie?…

  14. Tersia Says:

    Ek dink ons voel maar baie onseker oor baie dinge, ons sal MOET saamstaan en vasbyt! Ek weet vir baie is dit nie moontlik nie, maar het ons ‘n keuse?!
    Jaco en Krista, ek was vir net meer as ‘n week afgery van die net! Dit voel of dit vir jare was (een of ander dakkap-ingenieur of ‘n ding het die telefoondraad met sy damn lorrie en dakkappe afgery!) Ek het net nie tyd om die agterstallige leeswerk in te haal nie! Ek het julle gemis, al is daar maar min comments! Geniet julle Paas naweek! Liefies!

Leave a Reply