‘n Familielid het my gevra om hom te help om ‘n dakkie oor die stoep van hulle meenthuis in Roodepoort op te rig. Hulle het die plekkie gekoop as belegging en huur dit tans uit. Toe die vorige huurder verhuis was dit die ideale geleentheid op gou weer ‘n slag die plek op te knap voordat die nuwe huurders okupasie neem.
Hulle het aanvanklik die persoon wat soortgelyke dakkies by ander eenhede in die kompleks opgerig het, gevra vir ‘n kwotasie. Maar nadat die persoon se kwotasie opgeskiet het van ‘n aanvanklike R6500.00 na kort duskant R8000.00 in die kwessie van ‘n week, het die familielid besluit om dit self aan te pak (met my hulp natuurlik).
So in 2 dae (Saterdag en Maandag) van die afgelope paasnaweek, en vir minder as R4000.00 (die helfte van die ander ou se kwotasie) is dit wat ons vermag het. Ek is nogal trots op myself.

Satermiddag is dit waar ons halt geroep het.

Die uwe doen gou die laaste van die opruimwerkies.
Jaco

March 27, 2008 at 10:11 am |
/me is baaaaaaaaaaaaaaaaie trots op haar lyfie . . . .
March 27, 2008 at 10:17 am |
Ja, maar kan jy dans soos hy??? WAAAAHAHAhahaha!! LOL!!!
Jinne, maar daai afdak lyk sommer heel professioneel!! en dis wat ek laaiks! niks aanmekaargeflansde selfhelp-joppie nie.
/me maak nota: kry quote by die Narcie: 1 butcher’s blok, 1 afdak en ehhhhhhhmmmm… (ja ok so sue me, maar as ek ‘n handy man opspoor go ek for the kill, want Helge het twee linkerhande en 10 duime – ok,ok i hart van goud weeg darem ook iets
March 27, 2008 at 10:28 am |
Sjoe, ek het gewonder wie sal ons kom help as ons op daardie stadium is…… Jy kan dan sorg dat die hout meubels se lam pote weer regkom, Krista, ons sal vir jou ook ‘n job kry en….BB,ons sal daardie eksotiese disse try en moenie dink dat ons daardie sterk man nie kan gebruik nie….!
March 27, 2008 at 11:08 am |
Stem saam met BB, ek soek ook n quote vir ‘n houtblok tafeltjie, en ek sal maar laat weet sodra ek reg is vir die afdakkie daar by my.
Jaco, jy kan baie trots wees op jou self, dit lyk regtig of ‘n professionele instansie die dakkie opgesit het!
March 27, 2008 at 12:21 pm |
Dis nou ‘n ordentlike stukkie werk.
March 27, 2008 at 1:41 pm |
Whahahaha BB, very funny! Nee ek kan nie dans soos Riaan nie. Ek kan nie dans nie punt.
I guess the point I’m trying to make is that DIY does not mean inferior quality. Om die waarheid te sê, my tuisgemaakte pogings is in meeste gevalle net so goed of beter as die aanbiedings van die “professionele” instansies. And it keeps me sane.
March 28, 2008 at 8:24 am |
Inderdaad ‘n netjiese stukkie werk Jaco! Jy kan trots wees op jul handewerk! Is dit nie ‘n amazing WOW gevoel as mens so-iets aangepak het en jy staan terug om die eindproduk te aanskou – en dit was boonop ‘n moerse sukses – nie!?
March 28, 2008 at 9:44 am |
Jy is moer oulik.
March 28, 2008 at 3:29 pm |
[...] Nutsman, eat your heart out! [...]
March 28, 2008 at 4:00 pm |
Ek beny julle ouens wat so prakties is. Wel gedaan.
March 28, 2008 at 9:55 pm |
Mooi man! Wat doen jy volgende naweek? Nie dalk lus vir ‘n road trip Kalahari toe nie…??
March 29, 2008 at 9:19 am |
Ag, ek mis julle! Hierdie naweek is dit weer die karretjie se African Cup! Kobus werk al van vroegdag af daar! Dalk moet julle Sondag kom loer as jul wil, dis off road. Koedoespoort se sportgronde in East Lynne langs die snelweg.
March 29, 2008 at 7:39 pm |
Ek kan nie glo daai ouens wou R8000 gehad het vir so afdak nie!
Goed gedoen man!
March 29, 2008 at 9:41 pm |
Ek vra altyd vir Mykop of hy nie by ons wil piece-job nie, maar lyk my ek kan nou vir jou ook vra!
March 31, 2008 at 9:17 am |
Splinters, sweet en vuil hande. Wat is dan beter!
Dalk was die prys R8 000 omdat dit langnaweek was en die ou gehoop het julle maak ‘n ander plan?
Netjiese stukkie handewerk Jaco & kie.
March 31, 2008 at 4:45 pm |
Naaaiiis. Jy’s te oulik en ‘Lyfie’ kan maar trots wees.
May 24, 2008 at 11:15 am |
Mmmm, ek het iets in die pyplyn vir jou Jaco, miskien sal jy dan my en BB se afdakkies kom bou!!!
May 24, 2008 at 10:48 pm |
[...] May 24, 2008 Posted by Zee in Snaaks, Sommer net. Tags: Nutsman, Sommer net trackback Jaco van Wosonki het nou die dag vir ons gewys hoe dit gedoen word om ‘n afdak te bou. Ek het gesien daar was [...]