Vertel beter stories

April 29, 2008

Die langnaweek saam met my kollegas van die Kaap het toe heelwat anders uitgedraai as beplan, maar op so ‘n manier dat ons nou elkeen ‘n lekker storie of 3 het om te vertel.

Om mee te begin het hulle vlug sowat een-en-’n-halfuur laat geland, daarna was daar moeilikheid met die voertuig wat bespreek was en ons het by ‘n ander firma reggekom na ‘n soektoeg van omtrent ‘n uur. Nadat die uwe vir 10 minute gesoek het na die handrem (major verleentheid) is ons ongeveer 2 uur uit die lughawegebou weg. Die voordeel is dat kollegas toe eerstehands Johannesburg Vrydagmiddag-verkeer kon beleef, en in Roodepoort ry ons in in ‘n stukkie loadshedding vas. Ontdekkersweg sonder krag op ‘n langnaweek Vrydagmiddag is nogals iets om te beleef. Ten minste verstaan hulle nou hoekom vat dit soms 3 ure vir my om by die huis te kom na ek by ‘n klient was.

Na die Ontdekkersweg-gauntlet, neem ek hulle toe van Krugersdorp af via die R511-afrit oor Pelindaba, Kommandonek en Hartebeespoortdam se damwal na ons slaapplek by ‘n oord naby Rustenburg. Pas na ons afgepak het, het ek ook toe sommer my performance appraisal gehad. Ons het besluit om dit agter die rug te kry so gou moontlik, en wat ‘n bestiering was dit nie! Na aandete by die goorste restaurant wat ek nog ooit beleef het, het die vrouens loop lê terwyl ons drie manne ‘n slaapdoppie loop drink het. Nommers twee en drie slaapdoppie het ek op uitgesit en ook maar goed so. Teen twaalfuur het ons ook maar gaan inkruip. Toe verander die naweek heeltemal.

Twee-uur is daar ‘n dringende klop aan ons kamerdeur. Daar is moeilikheid by die huis en die baas en sy vrou moet dringend terugvlieg Kaap toe. Ons spring in die kar met my agter die stokke en laat waai terug Johannesburg toe. Die baas los my toe by die huis, nadat ek vir Lyfie 3 uur in die môre moes wakker bel om die hekke oop te sluit en haar natuurlik die skrik van haar lewe gee in die proses, en hulle twee ry self verder van daar af. Ek vat presies 1 uur slaap en ry met my eie kar terug Rustenburg toe om die kollegas op te laai agtuur vir hulle uitstappie Sun City toe. Die keer met Lyfie stewig ingeburger, hoewel bietjie leepoog, in die passasiersitplek.

Sun City is maar nog steeds dieselfde as laaskeer en bitter duur, maar kollegas se oge het uitgehang soos hulle kyk. Die toertjie Predator World toe was vir ons die hoogtepunt. Daar kan jy leeus, luiperds, cheetah’s, tiere, hyena’s, rooikatte en nog ‘n bondel kleiner spesies van naby beskou, en selfs met die leeuwelpies speel of jou foto saam met ‘n luislang laat neem. Ongelukkig lank na donker eers teruggery van Sun City af na die oord toe waar ons slaap. Ek beveel dit nie aan nie, daai pad is ‘n nagmerrie ten beste in die donker. Met ‘n kloppende hoofpyn omdat jy die vorige nag feitlik niks geslaap het nie is dit die goed waarvan horror flieks gemaak word. Maar ons het die 100km op een of ander manier afgelê.

Sondagmôre opgepak en teruggery na my tuisdorp toe en vir kollegas die nodigste besienswaardighede gewys. Oorgeslaap by die Farm Inn waar die gesteun van die leeus jou dieper onder die beddegoed laat inkruip. Gisteroggend vir Lyfie by die werk afgelaai en toe die kollegas teruggeneem lughawe toe. Die langnaweek sonder Lyfie word toe ‘n 3 dag vakansie met Lyfie. Bargain!

Het ek genoem dat ek die naweek ‘n performance appraisal gehad het? Kom ons laat slapende honde eerder lê. Komende langnaweek gaan ek rus, niksdoen en nogmaals rus. Hierdie toergids- en designated driver-ding is vreeslik uitputtend.

Jaco


Now is the hour

April 24, 2008

Die dag het aangebreek, my maag is in knope, my nekspiere dreig om my kop deur my skouers te trek, ek het ‘n spanningshoofpyn from hell. Dis performance appraisal tyd, en daar is komplikasies.

Vanmore moet ek my kollegas uit Kaapstad op die lughawe loop haal. Die baas, sy vrou (die rekenmeester) en my twee ander kollegas wat saam met my ons firma uitmaak. Die baas het dit goed gedink om almal vir die naweek Gauteng toe te bring vir so ‘n bietjie spanbou, die uwe is designated driver en toergids. Kollegas is albei ongetroud en sonder enige significant others, en hulle was nog nooit hier nie. Vir hulle die avontuur van die jaar. Die baas het darem vir vroulief kon saambring, synde dat sy die besigheid se rekenmeester is. Die uwe: stoksielvingeralleen. Was dit nie vir die ontydige toergidsjoppie nie, het liefie my vanaand na ‘n Johnny Clegg konsert geneem. Die lewe is darem partykeer sooooo onregverdig . . .

Ewenwel, van die lughawe af so ‘n vinnige draai deur Gomorrastad. Stop in Roodepoort sodat die ander kollegas kan oe en aa oor die huisprojek waar ons firma een van die borge van Riaan “Nutsman” Venter was. Dan Rustenburg toe via Hartebeespoortdam waar ons vanaand oorslaap.
Moreoggend Sun City toe waar my kollegas losgelaat word om hulle eie ding te doen terwyl ek en die base my prestasie (of gebrek daaraan) oor die laaste jaar bespreek en ek my kniegies deurkruip vir ‘n paar bokke ekstra in die tjekkie elke maand. Ek moet ook met breedvoerige verduideliking die baas ‘n antwoord gee op ‘n aanbod wat hy my in November laasjaar gemaak het. Ek dink dit is hierdie antwoord eerder as enige prestasie wat die deurslag gaan gee oor ‘n verhoging al dan nie, en ek vermoed my antwoord gaan nie die een wees wat die baas wou gehad het nie.

Sondag keer ons terug Pretoria toe sodat ek die maats al die ou toeriste plekkies kan wys. Ons slaap oor by die Farm Inn voor ek hulle weer Maandag by die lughawe besorg vir hulle vlug huis toe.

Wat ‘n vermorsing van ‘n goeie langnaweek. Whoopyfreakingtwang! Ek vat nie eers ‘n kamera nie.

Jaco


Brandewyn laat my staan.

April 24, 2008

The cause of, and solution to all of life’s problems, lies at the bottom of the bottle.

Ek doen hierdie inskrywing juis die dag na die bloggers byeenkoms (ons het nie bygewoon nie want ek boikot die venue waar dit gehou is). Die deelnemers is vandag of heeltemal te broos om hulleself aan my te steur, of broos genoeg om ‘n antwoord te regverdig. Ek is nie heeltemal seker watter een ek verkies nie.

Meeste van ons het onsself al op een of ander stadium in ons lewens totaal misgedrink, hetsy met opset of heeltemal per ongeluk. Sommige van ons doen dit steeds gereeld, meeste vat ‘n doppie binne perke sosiaal en ander het nog nooit. Dit is eersgenoemde twee groepies wat ek vandag wil bestorm. Nie om aanstoot te gee nie, allermins om vingers te wys, eerder eerlike nuuskierigheid oor ‘n verwante onderwerp.

Ek skryf vanuit die posisie van iemand wat sosiaal ‘n bier of 3 sal vat, met spesiale geleenthede ‘n bottie rooies sal platspeel en amarula en dies meer geniet as snaaksigheid per geleentheid. By ons hou ‘n bottel goeie whiskey meer as ‘n jaar! M.a.w jou gewone (below) average Joe wat drankgebruik aanbetref. Toe ons jonger was het ons albei heelwat meer doelgerig omgegaan met ons alkoholverbruik, maar ons het so half daaruit gegroei en kuier deesdae net so lekker op skoon koeldrank en koffie.

My vraag dus: het mense verleer hoe om doodgewone gesprekke te voer? Tot so ‘n mate dat enige sosiale geleentheid met groot hoeveelhede alkoholiese verversings gepaard moet gaan om ‘n sukses te wees. Het ons vir mekaar so onuitstaanbaar geword dat jy eers ‘n paar drinks in jou gaai moet hê voor jy kan sosialiseer? Of is ons dalk die odd ones out?

Jaco


Korrupsie het 2 kante

April 22, 2008

Eintlik moes ek meer moeite gedoen het met hierdie inskrywing, maar dit is laat, dit is koud en ek wil eerder loop lê. So hier is my totaal on-nagevorsde uit-die-heup-skiet opinie.

Ons almal weet of ten minste vermoed dat dat heelwat korrupte amptenare in hoë posisies in ons ou landjie sit. Maar wie is die ander partye in hierdie algemeen korrupte verhoudings. Myns insiens, internasionale korporasies en selfs regerings.

Voorbeeld: Suid Afrika verander sy standpunt by die VN veiligheidsraad feitlik oornag na ‘n besoek deur die Franse president. ‘n Dag of wat later word grootskaalse hulp met die energiekrisis deur Franse ingeneurs aangekondig. Hou in gedagte dat ‘n Franse maatskappy midde in ons wapenskandaal staan.

Voorbeeld: Die laaste minuut kansellasie van multimiljoen randse eko-toerisme ontwikkelings in die Oos-Kaap ten gunste van mynbedrywighede deur ‘n Australiaanse maatskappy.

En so kan ‘n mens sekerlik aangaan as jy net bereid is om bietjie navorsing te doen. Dink byvoorbeeld daaraan hoe konflik diamante uit Sierra Leone en Congo steeds skynbaar wettig op die wêreldmark verskyn, dink aan die soeke na oliebronne versteek onder die skaars bedekte klug van WMV’s wat die oorlog in Irak is.

Die “ultimate corruptors” sit in glasgeboue in beskaafde plekke soos New York, London en Tokyo. Dit is geensens in hulle beste belang om stabiele en verantwoordelike regerings in die mees mineraalryke kontinent op aarde te hê nie, want dit sal hulle noodsaak om markverwante pryse daarvoor te betaal.

Alhoewel malBob se metodes dalk bevraagteken kan word, het die ou despoot dalk ‘n punt beet in sy veroordeling van alle dinge westers. Dis jammer die wurms het sy brein gevreet, hy was dalk een van die eerste Afrika leiers wat opgestaan het teen minder as edel bedoelings deur eerste wêreld korporasies en die lande wat hulle verteenwoordig.

Jaco


Hêppie Hêppie!

April 22, 2008

Wosonki is vandag presies 1 jaar gelede gebore.

♪ Veels geluk liewe bloggie . . .♪

Of moet ons eerder sê: Innige meegevoel, jou arme blog?

Jaco & Krista


We just want your money, honey, we don’t want your love . . .

April 20, 2008

Ons dink al sedert laat verlede jaar aan die kinders in die kinderhuise en om ‘n bydrae te maak. Toe ons wakker skrik, was al die kerspartytjies reeds gereël, die persente gekoop, ens. Deur DGS se inisiatief het die meeste van ons wat in hierdie kringtjie blogs lees, ‘n geldjie inbetaal vir hulle uitstappie rondom Kersdag – dis nou vir almal wat gebly het.

Nou is Kersfees verby en ons is baie in ons skik met onsself. So wat nou? Gaan ons weer wag tot Desember om al die weeskinders te help? Nee. Die winter is oppad en nou is die tyd om weer te help.

My gekose middel van kommunikasie met hierdie organinsasies is e-posse, synde dat ek dit dan altyd aan my Lyfie ook stuur sodat hy kan sien waarmee sy vrouvolk haar besig hou in haar spaartyd. En hulle so gemaklik hulle e-pos adresse op hulle webbladsye plaas by “Kontak ons”, sou mens dink dat hulle daarop sou reageer. Al is dit net ‘n f/o. As jy nie reageer op e-posse nie, hoekom het jy die funksie op jou webblad? MOET jy hulle bel?

My gewete het my aanhou pla en ek besef dat daar baie meer is wat ek kan doen. Ek het dus einde verlede jaar ‘n e-pos na Kideo-home in Centurion gestuur om te hoor wat ons kan doen om te help. Geen reaksie. Ek het verlede week ‘n e-pos aan Jakaranda-kinderhuis gestuur waarin ek verneem na hulle behoeftes. Omdat die kleintjies veral my na aan die hart lê, wou ek aanbied om vir hulle verjaarsdagpartytjies te sponsor of wintersklere te koop. Maar ek het bygevoeg dat ek oop is vir enige voorstelle. Geen reaksie.

Ek kry half die gevoel (correct me if I’m wrong), dat hulle baie graag jou geldjies wil hê, maar nie jou persoonlike bydrae nodig het nie. Nie jou tyd, jou expertise en jou welwillendheid nie. Net jou geld. EN ek weier om geld in ‘n bodemlose put te stort. Ek het nie baie nie, so ek wil graag sien wat dit koop.

Nou, my vraag: hoe raak jy betrokke by veral kinderwelsyn as hulle nie eers jou e-pos beantwoord nie? Is daar reeds te veel mense betrokke wat tyd en bystand bydra en het hulle dan eerder jou geld nodig? Was daar in die verlede te veel mense met verkeerde bybedoelings wat betrokke wou raak en verkies hulle dan eerder om sulke situasies te vermy deur net geld te wil hê? Is daar genoeg mense wat kos, klere en benodighede skenk?

Is dit selfsugtig om die happyness op kindergesiggies te wil sien as jy vir hulle persentjies/kos/klere gee? Ons het nie duisende rande wat rondlê en baas soek nie, daarom sou ons verkies om van onsself te gee. Te babysit as die huisouers dalk wil uitgaan. Te help verf en regmaak en mooi maak en bietjie liefde en aandag aan die kinders te gee. Of is dit nie nodig nie?

Moet ons liewers nie ons bydraes aan die kinderhuis gee nie, maar dalk eerder ‘n gesin uit Wolmer/Danville/JanNiemandpark neem en hulle probeer help? Help werk kry/soek, die kinders se skoolgeld betaal, kos koop?

Of matig ek myself nou verskriklik aan deur te wil dink ek kan ‘n bydrae maak? Of moet ek eerder vra: waar begin ek? Enige idees?

Krista


Antiklimaks (Operasie Opknap 2)

April 17, 2008

Soos belowe, was ek skuins na 8 uur gistermôre op die telefoon na die firma wat die teëlwerk hier by my gedoen het se kantoor. Ek het my saak gestel, en toe reggemaak om te baklei. Dit was toe nie nodig nie.

Binne ‘n halfuur nadat ek gebel het was die kontrakteur(s) hier om self die probleem te bekyk. Hulle het met my saamgestem dat dit ‘n swak stukkie werk was. Ek het al drie dinge op my lysie gekry:

Antwoorde: Die manne het my reguit en eerlik verduidelik wat fout gegaan het sonder om hulleself te probeer verontskuldig.

‘n Verskoning: Beide die Firma met wie ek die kontrak aangegaan het, en die kontrakteur het verskoning aangebied vir die gemors wat hier aangegaan het.

Daadwerklike aksie: Die kontrakteur het dadelik 4 mense gaan haal en al die probleem teëls opgelig, skoongemaak en weer herbevestig met vars teëlsement (op sy onkoste natuurlik)

Ek is nou doodtevrede. Ek staan self in die konstruksiebedryf en ek verstaan dat dinge gebeur. Dit is jou reaksie daarop wat jou integriteit as boukontrakteur bepaal. En ek sal nou name noem. Handyman Group (Montana), respek aan julle oor die manier waarop julle my klagte hanteer het. Ek beveel julle graag aan. Vanmôre net na 8 sal ek weer op die telefoon wees, dié keer om die nodige bedankings te doen.

Hierdie ervaring het weer 2 aspekte van my bedryf onderstreep waaroor ek al lankal ‘n ou ietsie wou skryf. Eerstens die verhouding tussen kontrakteur en gebou eienaar en tweedens die verhouding tussen kontrakteur en sy werknemer. Miskien moet ek my vinger trek en begin daarmee, wyl dit nog vars in my geheue is.

Terloops, ek het vanmore ‘n lang e-pos aan die ander firma gestuur wat my nog steeds nie gebel het vir ‘n afspraak nie. Die ding het teruggekom gemerk “mailbox full”. Ek het intussen die selfde e-pos reguit na die baas gestuur. Ek gaan eers hierdie firma alle redelike kanse gee om hulleself te verduidelik, indien ek geen reaksie kry nie sal ek hulle (gebrek aan) diens aan die groot klok hang. Wat is ‘n redelike tyd om te wag?

Jaco


Verkeerde ou, verkeerde tyd (Operasie Opknap 1)

April 17, 2008

Ek is eintlik ‘n baie vreedsame ou. Ja ek raas en blaas gereeld, maar dit is al wat dit is. Raas en Blaas.

Tot vanmôre. Selfs Job se geduld raak op. Sodra dit 8uur word gaan ek die instansie bel wat gister hierdie stuk teëlwerk in my studeerkamer/kantoor begin doen het. Maar vandag gaan anders wees. Vandag is die raas en blaas op, net kil berekende moerigheid is oor.

Ek soek drie dinge: Antwoorde, ‘n Verskoning, en daadwerklike aksie om die gemors reg te maak. Dadelik.

Tewyl dit gebeur verduidelik ek solank vir die ander firma waarmee ek aanvanklik wou besigheid doen (en wat my nou al sedert verlede Maandag sou bel om afspraak te maak) wat ek van hulle diens dink. Daar sal ek settle vir slegs ‘n verskoning en ‘n verduideliking.

Ek is ‘n nobody in terme van finansiele mag, of kontakte, maar toets my vandag en kyk hoeveel moeilikheid kan ek veroorsaak. Hou hierdie spasie dop.

Jaco


The Headmaster’s Speech

April 16, 2008

Ek hou nie van spoeg en plak nie, maar ek kan doen met so ‘n bietjie positiewe denke soos hierdie. En die man sê wat baie van ons voel (of graag wil voel) oor Suid Afrika.

The headmaster of St Stithians, Dave Knowles delivered the following speech to the boys recently

The Headmaster’s Speech

I wanted to spend some time with you today reflecting on the last two or three months we have experienced as a nation. Some commentators have called this the “post-Polokwane Syndrome”, after the events at the ANC National Conference in December, the outcome of which many have seen as negative.

Added to this negative feeling, has been the electricity crisis, now seen as a result of poor planning by the state and acknowledged as such by President Mbeki in his State of the Nation address in Parliament, where he apologised to the nation.

Also knocking us have been higher world oil prices; higher interest rates in SA and the start of a world wide recession, particularly in the UK and the US with their major housing crisis. Added to these have been the on-going crime situation and negative press articles.

So, it is quite easy to fall into the trap of feeling and thinking negatively about our country.

In 1948, Alan Paton wrote his famous book “Cry the Beloved Country” and that title is perhaps still appropriate today, 60 years on, for obviously different reasons. How do we as passionate South Africans,
react to this mood of despondency?

Well I cannot speak for you or tell you what to think but I can give you my perspective. First of all, I make no apologies for being passionately South African.

Let me share this with you – I was not born in South Africa, I was born in East Africa (I moved here at the age of seven), so becoming a naturalised South African was a choice for me. It was a choice I made in
the mid 1980s – a terrible time for South Africa – the country was in turmoil; we had sanctions; very low economic growth; the country was bankrupt; civil war was looming; there were bombs in schools; riots in
the townships; young men, many of them my peers, fighting and dying on our borders. During that time, I gave up a British passport for a South African one.

Some might call that foolish. So be it.

I have never regretted that decision.

Why not? Not just because South Africa is such a beautiful country – it was because I believed in the people of this country and I believed that God had a plan for us. This was proved right for me when the miracle of1994 happened. And it was a miracle.

All of you sitting here, matrics and younger, were born either in the year Madiba was released, in 1990, or afterwards. And most of our Grade 8s are “born-frees” – born in 1994 or afterwards and what a privilege
that is!

As a passionate South African, here’s what gets me mad:

* The levels of violence and crime that have touched many of us – and many of you sitting here.
* As an adult, on behalf of all adults, I believe that we need to apologise to our youth for not doing more to protect you.
* I get mad when I visit black schools and see how little they have and how poor some of the teaching is.
* I get mad that there is still massive poverty in our country and an Aids pandemic.
* I get mad that there are some instances of incompetence when it comes to areas of social and service delivery.

But being mad about these issues doesn’t make me any less passionate about South Africa.

I especially get mad that some of our leaders lack moral standing – whether they be a judge, the top policeman or the top politicians.

To me the issue is not whether they are guilty in a court of law. For me, leaders should not be tainted by even a hint of corruption. Even that hint undermines a leader’s moral standing – and one should do the
honourable thing and resign, in my opinion.

You see, to be a leader means to be a dealer, a purveyor and a deliverer of hope.

And it is our job – yours and mine – to be deliverers of hope. Because we believe in this school that all can and will lead and because I believe in the talent and potential of the young men sitting before me -
I believe in that hope.

So am I optimistic? Yes.

I cannot believe that, after all we have been through as a nation, that a future Zimbabwe scenario is God’s plan for us.

Yes, I am optimistic because I believe that we have the people here in South Africa to overcome these challenges.

Stuart Pennington, author of the book and website “South Africa: The Good News” wrote last week:

“I am in awe of the thousands of South Africans who toil to help the less fortunate.”

I would include in that statement honest policemen, hardworking nurses and teachers and all who work in community service projects, including all of you.

Yes, I am optimistic because I refuse to believe that we can continue to be held to ransom by a criminal minority.
Yes, I am optimistic because we are resilient and tough, as a people and a nation.
Yes, I am optimistic because I believe that the challenges ahead are surmountable, as we wage war against poverty and crime and corruption.
Let’s look at some of the facts not always highlighted by the media.

As we know, the media often focuses on the bad news because bad news sells.

So, when it comes to the economy, let’s remember that economies work in cycles – expansion; higher expenditure, the economy overheats and there is a readjustment (recession) which is normal.

It has happened before in South Africa – and has been worse – and will happen again. In 1989, the SA Government defaulted on its loan payments (i.e. was unable to pay its debts); the stock market crashed and the rand collapsed.

In 1998, interest rates hit 25%.

Are we better off now? – in a lot of ways we are.

* 1980s – 1% growth
* Early 1990s – SA was technically bankrupt – defined as when national debt is more than 3% of GDP – in 1994, it was 9%.
* During the Mandela years, we had 2% economic growth
* For the last seven years – 5%!
* Next year – 4% – despite world wide recession, oil prices, electricity crisis.
* JSE – 2001 – 8000 points and everyone was pleased; 2007 – 30 000 points (although it has lost some growth now)
* Platinum – up R5000/ounce since January
* Here’s a thought – with cuts of electricity, less platinum comes out of ground but what’s left is not going anywhere and while it stays in the ground, the price goes up!

What else is up?

* Business confidence (until January)
* Employment is up
* Number of houses built – up
* Tourists visiting – up
* Car sales:

20 000 per month in 2001 – everyone was pleased!
30 000 per month in 2007

Look at our budget, announced by Trevor Manuel on Wednesday. Tax income has gone from R188bn in 2000, to R660bn in 2007!

At the same time, he has cut personal tax and has not borrowed any money. The Americans are so envious of us.

Individual tax cuts – i.e. money given back to tax payers
2006 R12bn given back to individuals
2007 R8.4bn given back to individuals
2008 R7.2bn – in a supposed-to-be recession
This is a major achievement, particularly as in 2000, there was a R25bn deficit on the budget and for the last three years we have not had a deficit on the budget.

Money for housing for the poor has gone up
2000 R9bn
2007 R51bn
And we have built 2.6 million houses since 1996.

Yes, we have challenges:

Eskom is one of them and there is now a 2c levy on every kilowatt hour.
But think about this

* Electricity was cheap, now we are paying more
* We had electricity cuts before. In 1981, there was no power in the whole country for 18 hours
* We are not the only country to have power cuts – New York; China – over Chinese New Year this year – 12 million people were left stranded.

There are other challenges

* The world oil price has gone from $60 per barrel in 2007 to $90 now and it is not coming down.
* We may be heading for a situation like the UK where they pay R15 per litre.
* HIV/Aids is another major concern, as we see fit to spend R17bn on the World Cup but less on handling this pandemic.

So what am I saying?

Yes there are concerns and challenges BUT there are also many positives. There are no easy answers or solutions and 2008 will be tough. However, we have had it tough before and we handled it and boom years will come again – such as in 2010.

So what do we do?

Emigrate? An option for some I suppose and I am always sad when I hear about people leaving. But where to? Is it guaranteed that it will be all cherries and rose blossoms on the other side of the fence?

Or do we toughen up, get creative and get active, as the “new” South Africans?

By “getting creative,” I mean this – there are massive opportunities here and we will be more aware of issues, especially financially and environmentally.

Two thoughts by way of example:

* Next time there is a power cut and you can’t read e-mails, play computer games or watch TV – celebrate – you can instead talk to people
- your family or colleagues.
* With regard to the environment, here is an example of being creative: water availability is always an issue in SA – did you know that the average house has 120 000 litres of water running off its roof every
year in the form of rain water?

By “getting active,” I mean thinking about what we can do – like Trinity House holding their march on Tuesday; or writing letters; or petitions; or getting involved to help fix it.

Here is an excerpt from “African Wisdom” by Lanette Hattingh and Heinrich Claassen entitled The Ostrich Wisdom: Where is your head?

When confronted with a setback you have two choices of action: you can bury your head in the sand like the ostrich and hope the problem will pass by, or you can stand tall and face the problem head on.

“We have one freedom inside us that nobody can take away, the freedom of reaction/attitude in any given circumstance.” (Viktor Frankl, the psychologist & concentration camp survivor.)

Our reaction to a setback will determine if we are going to stay with our heads buried in the sand or look up and do something about it.

When storms of life pour down on you, it’s what happens within you that will determine what happens to you.

You have Mr Positive and Mr Negative doing constant battle in your head. Guess who wins? The one you feed the most! If your head is in the sand you can only see the dark and Mr Negative will thrive. To see the light, you must look up.

“When you are knocked down, be sure to land on your back, because if you can look up, you can get up.” (Nelson Mandela)

If you are an ostrich and have never faced a setback, you need to learn these facts about solving problems first:

* Face it! Confront the problem and get the picture clear.
* Rake it! Work through your denial, aggression or depression around the problem.
* Make it! Look up, stand up and take action.

This is important because just as the sun hardens mud and softens wax, trials can either break us or make us.

Finally, here is my resolve and my truth:-

* To be positive
* To stop whingeing
* To stop blaming
* To ignore the doomsday jokes sent out by people who want you to feel as bad as they do.
* To read the Good News website regularly
* To join the “stop crime, say hello” campaign
* To find goodness in people
* To commit, regularly, to this beautiful country of ours
* To believe in God’s plan for us

I know this – that if I do not work to create the life I want, I will have to endure the life I get.

One final thought:

Matthew Lester writes a column in the Sunday Times Business Times Money. He is Professor of Tax Education at Rhodes University and an advisor to Trevor Manuel.

Yesterday he had this to say:

“South Africa is my life, it always has been and it always will be.”

Amen to that.

A Prayer for the Country (taken off the www.sagoodnews.co.za website)

Our Father in Heaven
You know exactly how much we need You right now
Please let the Leaders of our country act under your influence
We ask that You will hold your hand over us and our country
And bring relief from the crime and other difficulties we are experiencing.
We are proud and privileged to live in this beautiful country
Look after us and bring us peace and prosperity.
Credits:

Stuart Pennington: “South Africa: The Good News”
Matthew Lester: talk at Sandton Convention Centre, 21 February 2008
Dr Lanette Hattingh and Heinrich Claasen: “African Wisdom: 21
Inspirational Lessons for excellent living.”

By Dave Knowles, Headmaster of St Stithians in Johannesburg


ForFuckSakes

April 15, 2008

Ek het ‘n mooi “I’m happy, youre happy we’re all happy” inskrywing gehad wat ek vandag wou doen. Ek gaan dit nie meer doen nie, in elk geval nie vandag nie.

Krista is nou weer siek, en dit net toe ek begin beter voel. ‘n Halfuur nadat sy besluit het om eerder bietjie later te ry eerder as halfses soos gewoonlik, klop skoonma ons op. Daar is nie water nie, die meter is gesteel. Alweer.

Geen water = Geen koffie = geen warm stort.

Vir die stadsraad om die ding te kom vervang moet ons eers ‘n saaknommer by die polisie kry. Die manne in blou was binne minute hier nadat ons hulle gebel het, punte vir die SAPS! Nou wag ons maar en sien hoe lank die mislikepaliteit gaan neem om die meter te kom vervang.

Op dae soos vandag is dit maklik om te sien hoekom ForFucksakes een van my mees gebruikte uitdrukkings is.

Moerrerig die uwe

Jaco