Ekskuus?
May 1, 2008Ek lees vanoggend in die beeld dat die voorlopige likwidateur van Nationwide wil hê dat mense wat bespreekte kaartjies gehad het hulle per vonkpos moet kontak sodat hulle as skuldeisers geregistreer kan word.
Nou verskoon my onkunde, maar is almal wat bespreek het se name en kontaknommers nie reeds in nationwide se besprekingsstelsel opgeneem nie? Dit behoort met die druk van ‘n knoppie uitgedruk te kan word. Of is daar ‘n ingewikkelde regsverduideliking daarvoor?
Dit wil my net voorkom dat in hierdie sirkus waarin ons woon, relatief eenvoudige probleme soos bg. oormatig gekompliseer word deur totale gatkant-vorentoe benaderings, kommissies van ondersoek, onbeholpe amptenare en plein korrupsie.
Kômmin sense is dood, lank lewe kômmin sense!
Jaco
Posted by wosonki