” Vir die eerste keer het ek soos ‘n indringer gevoel, ‘n sieklike voyeur wat deur die bure se vensters loer . . .” So skryf die Amerikaanse joernalis Jim Hooper in sy boek oor Koevoet kort nadat twee lede van Koevoet wat Jim geken het in ‘n Swapo hinderlaag gesterf het.
George Maru sê in hierdie skrywe “Die vraag oor waarom ek blog het my wel aan ‘n ander, verwante vraag laat dink. Hoekom lees jy hier?” Onwillekeurig is die eerste ding wat toe by my opkom juis bogenoemde aanhaling van Jim Hooper.
Daar is baie soorte blogs, sport, aktuele sake, humor ensomeer. Die groep waaronder ons blog waarskynlik die beste sorteer is persoonlike blogs, oftewel dan dagboeke van dinge in ons dag-tot-dag bestaan wat ons bereid is om met vreemdelinge te deel. Dit is slegs hierdie segment van die blogosfeer waarop ek nou wil fokus. Nou wonder ek ook, wat maak dat jy hier lees? Wat maak dat ek iemand anders se dag-tot-dag bestaan sit en lees sonder dat ek die persoon al ooit met ‘n oog gesien het?
Kom ek maak ‘n onderskeid tussen 2 tipes leser. Die eerste tipe is die persoon wat iets op ‘n vreemdeling se blog lees wat tot hom/haar spreek en dan ‘n kommentaar los. Deur kommentaar te lewer verklaar die leser eerstens sy/haar teenwoordigheid en tweedens sy/haar beskikbaarheid om ‘n virtuele interaksie aan te knoop.
Die tweede tipe leser is die persoon wat naas sy/haar IP adres en/of ‘n trefslag op een of ander teller geen teken laat dat hy/sy daar was nie. Ek is ook dikwels skuldig hieraan.
Vraag: as jy herhaaldelik die inhoud van ‘n blog lees sonder om kommentaar te los, is jy ‘n voyeur, is jy net bleddie nuuskierig, of maak jy jouself soos ek wys dat jy nie wil betrokke raak/inmeng/steur nie?
Jaco
Mei 5, 2008 at 7:36 vm |
Ek het nou ‘n lang relaas geskryf en uitgevee – dit was langer as jou inskrywing
– ek sal myself maar ‘tag’ met die een en self daaroor skryf, ok?
) – julle is down-to-earth-right-decent-piepols, ‘whatcha-c-is-whatcha-get’ en op-die-man/vrou-af, meesal enlightening, skerp-funny en op dié manier kan ek julle amper elke dag ’sien’ en ek comment juis omdat ek wil hê julle moet weet ek was hier. x
Hoekom lees ek spesifiek julle? Want ek is lief vir julle. Ek voel ek sien mense soos julle gans te min – mense soos julle voed my (op ook, ja
Mei 5, 2008 at 7:44 vm |
Ek gaan baie eerlik wees Jaco… Ek lees elke inskrywing van jou en Krista, want ek hou van julle as mense en ek hou van wat julle skryf. Julle is eerlik en skryf uit die hart uit. Ek lewer egter selde kommentaar, want as ek op almal se blogs gaan moet kommentaar lewer en die ander se kommentaar volg, gaan ek NIKS anders gedoen kry in ‘n dag nie. Ek is op ‘n hele paar blogs ingeteken op Bloglines en spoedlees sommer net baie keer gou deur al die nuwe inskrywings. Daar is ‘n paar blogs wat ek ook soos jy voel, ek nie wil steur nie. Vir my voel dit of party ‘n kliek vorm. MAAR ek moet ook dadelik byvoeg dat ek maar ‘n bietjie van ‘n “loner” is, ek het een of twee baie goeie vriendinne en dis dit. Ek is ‘n introvert – dus is ek in elk geval nie hierdie vreeslike sosiale tipe nie. Ek wens party maal dat ek meer “outgoing” was. Maar as ek so gaan probeer wees, gaan dit nie meer EK wees nie. Ek weet nie of ek bloot uit nuuskierigheid ander se blogs lees nie. Ek dink dis maar net vir my interessant om te lees wat ander mense maak “tick”. Ek leef my baie in en ek wil nie dweperig klink nie, maar ek lag saam met dié wat lag en ek huil saam met dié wat huil al is dit partymaal net by myself. Ek weet dus nie of ek jou vraag beantwoord nie, maar dis hoe ék daaroor voel…
Mei 5, 2008 at 8:50 vm |
Dr Phil reken mense begin dikwels ‘n ding doen vir een rede, en hou aan om dit te doen vir heeltemal ‘n ander rede.
!) julle blou spoor gevolg… toe vind ek daar twee mense wat min of meer relate met waar ek vandaan kom. Ons woon in min of meer dieselfde omgewing, gaan na dieselfde plekke toe, het dieselfde beef met daardie plekke etc etc.
In hierdie geval stem ek saam met hom. Ek het julle blog raakgelees lank lank gelede toe SSSB nog ‘n nice plek was. Uit pure nuuskierigheid (ek is ‘n VROUMENS, after all
Mmmm… goeie plan BB, hierdie kan nogal ‘n inskrywing raak. Sal myself ook maar ‘tag’ en die volledige verhaal daar vertel.
Punt is: Ekt julle gevind omdat ek nuuskierig was, en kom terug omdat ek lekker by julle kuier!
Mei 5, 2008 at 11:03 vm |
EK LEES SO LEKKER WANT EK KUIER SO LEKKER HIER! eKS NIE NUUSKIERIG NIE, VERLANG NET SOMS NA GOEIE GESELSKAP! sORRY VIR HOOFLETTERS, HETI BEDOEL OM TE SKREE NIE!
Mei 5, 2008 at 11:04 vm |
Ek is nuuskierig.
Soms lees ek net, en stem moontlik nie saam nie, so ek gaan nie die pot roer nie.
Ek los gewoonlik maar so voetspoortjie agter
Maar ek gaan nog bietjie hieroor dink…. hierdie inskrywing los ‘n paar vrae in my brein…
Maar Jaco en Krista, ek loer nog heel lekker by julle venster in!
Mei 5, 2008 at 11:06 vm |
Ek is een van die wat baie blogs lees maar net hier en daar comment. Ek giggel, huil en raak kwaad saam met baie mense sonder dat hulle eers daarvan weet…
Nou ja, hier is my “comment” op julle blog (een van die wat ek die graagste lees).
Mei 5, 2008 at 2:30 nm |
Want ek is mal oor julle blog. Dis soms diep, soms ernstig, soms funny maar altyd skerp. Hoekom lees ek ander se blogs, Heng mense ek bly in pallamagat, ek is gelukkig as ek elke dag twee ander gesigte sien (Buiten my bediende) en nog gelukkiger as ek met een ander persoon praat (Buiten my familie). Nou lees ek en ek leer en ek lag en huil en word rooi in die gesig en gesels en gesels en gesels… Ek moet bieg, daar is ‘n paar blogs waarvoor ek rerig skrikkerig is, maar hier voel ek tuis. So half soos ‘tussen my mense’….
Mei 5, 2008 at 5:33 nm |
Ek word deur mense, alle karakters en geure, gefasineer. Ek lees dus maar die blogs om te sien hoe mense goed ervaar en wat hulle graag met die wereld wil deel.
Mei 5, 2008 at 8:34 nm |
Dit is insiggewend om ander mense se idees oor die lewe asook hulle reaksie daarop te sien. Dit is partykeer sommer net ‘n lekker gesprek. Ek weet gewoonlik na die eerste paragraaf of ek verder gaan lees. Moet sê ek lees nie sommer as ‘n inskrywing te lank is nie. Ek lees ook baie keer nie al die “comments” nie, maar dit is net omdat dit te veel tyd in beslag neem.
Mei 5, 2008 at 8:47 nm |
Ek kom maar min hier en se ook seker maar min. Om sommige se blogs te lees (joune ingelsuit) is soos om by ‘n vreemdeling se huis op te daag om rigting te vra en dan bly vir die braai wat aan die gang is en lekker saam kuier. Sommige blogs laat jou net inkom en jy kuier lekker.
Mei 5, 2008 at 9:15 nm |
Ek lees BAIE blogs, maar baie keer lewer ek nie kommentaar nie, omdat alles wat ek kan of wou sê reeds deur iemand anders voor my gesê is. Soos nou hier ook. Die redes hoekom ek gereeld hier kom lees, is ‘n kombinasie van wat almal hier bo sê.
En dan hou ek ook van julle blog lees, want mens hoor regtig so min deesdae van mense wat regtig gelukkig getroud is. Ek het dit eers met my tweede probeerslag reggekry. Julle is vir my ‘n voorbeeld. Die manier waarop jy en Krista vir mekaar liefhet en met mekaar praat, sommer soms net hier. Moet nooit ophou lief wees vir mekaar nie.
Ek sou daarvan gehou het om in die regte lewe met julle bevriend te kon wees.
Mei 5, 2008 at 9:29 nm |
Kan ‘n mens ‘n comment los as jy geen insae het oor ‘n topiek nie of net geen aanvoeling het vir wat die persoon skryf nie?
Dit maak in ‘n mate die term voyeur ‘n bietjie los as jy ‘n comment los wat niks beteken nie….
Mei 6, 2008 at 7:56 nm |
Ek los nie altyd ‘n kommentaar nie want ek het nie altyd iets om te se nie, dit beteken nie, ek het dit nie gelees nie.
Ek lees baie blogs en ek le ook baie eiers, maar ek lees ook die ander mense se eiers, dit is soos om ‘n gesprek te lees en ek geniet dit.
Ek voel nie as mens iets skryf is dit soos afloer/voyeur nie, want dit is in die ope. Mens kan net ‘n voyeur wees as die persoon wat jy afloer nie bewus is daarvan nie. En die eienaar van die blog het mos die inskrywing in die ope gestel vir almal om te lees.