. . . so waar sowaar! . . .
May 6, 2008Ons het die afgelope paar weke beleef hoeveel van die oumense se gesegdes so verskriklik waar is en kan wees. Dinge waaraan jy nie dink tot dit jou byval nie: ” . . die oumense het mos nie verniet gesê . . .”
Hier is ‘n paar van die ou volksmond-gesegdes wat die afgelope tyd bewys het om waar te wees:
- As armoede by die voordeur instap, stap liefde by die agterdeur uit.
- Vêr van jou goed, na aan jou skade.
- Die wiel draai.
- Die blinde sambok slaan seer.
- Van lekker lag kom lekker huil.
- Die een se dood is die ander se brood.
Ek is so bly daar is nog mense soos Frans en Denise (ons peetkinders se ouers) wat hulle kinders hiervan leer.
Krista

Posted by wosonki