En nou wag ons.

May 11, 2008

Krista Het Woensdag middag ‘n telefoniese onderhoud gehad met ‘n firma in Somerset Wes wat skynbaar ernstig belangstel om haar dienste te bekom. Na aanleiding daarvan moes ons ‘n besluit maak of ons sou wou Kaap toe verhuis al dan nie, sou Krista ‘n werksaanbod kry.

Wat intussen gebeur het. . .

Donderdagmiddag bel die firma in die Kaap weer. Hulle wil vir Krista aangesig tot aangesig sien. Kan hulle vir haar ‘n vlug bespreek? Vrydag douvoordag is Krista hier uit lughawe toe, om die mense in die Kaap te loop sien vir ‘n onderhoud, dit nadat ons feitlik nie Donderdagaand geslaap het nie soos ons die ding bespreek en ondersoek en uitmekaargeryg het.

Ons het besluit dat ons wel na die Kaap gaan verhuis sou Krista ‘n werksaanbod by die firma kry.
Nou wag ons om te hoor of sy suksesvol was al dan nie. Ons altwee se senuwees is rou.

Maar al kry sy dan nou nie hierdie pos nie, sal ons aanhou soek in die Kaap synde dat ons besluit het ons trek.

Jaco