Veels geluk Ma

Baie geluk met die verjaarsdag *Ma.

Ek onthou dit soos gister, jou kop so bietjie skeef gedraai terwyl jy een van jou gunsteling sêgoed aan ons kinders oordra. “. . .My kind, as is verbrande hout. . .”

Maar as jy vandag nog hier was sou jy kon help met die besluite wat ons moet maak. Ons mis jou.

Jaco & Krista

*Grietha Maré - Gebore 12 Mei 1949 - Oorlede 17 Maart 2000

9 Responses to “Veels geluk Ma”

  1. Krista Says:

    Ai Ma-Grietha, is al soveel jare verby . . . *sug*

  2. BB Says:

    ( ( ( J & K ) ) )

  3. Jo-Ann Schou Says:

    Ek dink aan jou….

  4. Yvonne Says:

    Dit is goed as iemand hulle ouers met soveel liefde kan onthou.

  5. Koeksuster Says:

    Julle is geseend om mooi herinneringe te he!!

    R

    (PS . Enige nuus?? Ek vrek nou van niskierig!)

  6. Pikkelik Says:

    Dan besef ek net elke dag meer hoe dankbaar ek moet wees vir my ouers wat nog leef en nog BY my bly. ((((((Krista en Jaco))))))

  7. Riaan Oosthuysen Says:

    “If” is vir my ‘n werklikheid. Dit is soos gister wat ek nog my ma onthou. Die tye wat ek sondagmiddag na ete ‘n “power nap” op die bank geneem het en dan verder gekuier het en gekuier het. Ek onthou soos gister die kere wat ons almal saam op die bed sit en kuier het.

    Dit wag goeie tye, maar ek wil vandag vir Dawid en Bettie salueer. Julle het as nuwe ouers in my lewe gekom. Julle het my eenvoudig aangeneem as julle eie. Julle inspraak in my lewe is meer werd as die beste edelsteen.

  8. Wipneus! Says:

    Ek stem julle is gelukkig om mooi herinneringe te hê. (((Jaco en Krista)))

  9. Jasper Says:

    Sy sit nou rustig met ’s stukkie black forest en ‘n traan in haar oog van blydskap vir die mooi gebaar..

Leave a Reply