Nê?

May 13, 2008

Daar is dit toe nou so. Hier dog ek nog altyd kultuur is wat jy daarvan maak! Wys jou net!

As ek met my karaktereienskappe van ondermeer deugsaamheid, stiptelikheid, hardwerkendheid, syfervaardigheid, common sense, meticulousness en al my BAIE kennis nie gaan inpas in julle company culture nie, dink ek nie ek wil vir julle werk nie. Miskien is dit ook maar beter so. Alles gebeur mos met ‘n doel - net jammer hindsight is 20/20 vision.

Bietjie minder stres vir die oomblik - alhoewel ons nog ‘n issue het om deur te trap.

EN ek skryf my 1ste eksamenvraestel vir hierdie semester hierdie Vrydag. Soos gewoonlik het ek nog nie ‘n boek oopgemaak nie! Damn! Ek belowe kliphard dat ek volgende keer vroeg gaan begin leer om nie weer so gevang te word nie. En elke keer skuif iemand die datums op en draai die horlosie vinniger en as ek my oë uitvee, is ons alweer daar!

Verskoon my dat ek net gou myself teen die muur vasslet . . . .

/me trek dadelik die boeke nader . . .

Krista