Nê?

Daar is dit toe nou so. Hier dog ek nog altyd kultuur is wat jy daarvan maak! Wys jou net!

As ek met my karaktereienskappe van ondermeer deugsaamheid, stiptelikheid, hardwerkendheid, syfervaardigheid, common sense, meticulousness en al my BAIE kennis nie gaan inpas in julle company culture nie, dink ek nie ek wil vir julle werk nie. Miskien is dit ook maar beter so. Alles gebeur mos met ‘n doel - net jammer hindsight is 20/20 vision.

Bietjie minder stres vir die oomblik - alhoewel ons nog ‘n issue het om deur te trap.

EN ek skryf my 1ste eksamenvraestel vir hierdie semester hierdie Vrydag. Soos gewoonlik het ek nog nie ‘n boek oopgemaak nie! Damn! Ek belowe kliphard dat ek volgende keer vroeg gaan begin leer om nie weer so gevang te word nie. En elke keer skuif iemand die datums op en draai die horlosie vinniger en as ek my oë uitvee, is ons alweer daar!

Verskoon my dat ek net gou myself teen die muur vasslet . . . .

/me trek dadelik die boeke nader . . .

Krista

 

20 Responses to “Nê?”

  1. Jo-Ann Schou Says:

    Sterkte met die studies. Jammer om te hoor van die uitslag. Ek wag self.

  2. BB Says:

    Vriending: jy kan uit verskeie hoeke hierna kyk - maar dit kom vir my uiteindelik hierop neer: If they didn’t see their kind of culture in you - then their kind of culture might just maybe not be your kind of culture - en dan moet jy besluit of jy ultimately die personal sacrifice sou wou gemaak het om daardie ‘culture’ jou eie sou wou maak… hmmmm - as al jou goeie eienskappe nie swaar genoeg weeg nie, dan wil jy wragtig nie daardie sacrifice maak nie, dink ou blonde ekketjie maar net. :mrgreen:
    Sometimes we look at losses and don’t see them as potentially timely saving graces,
    x

  3. BB Says:

    Daai groen gesiggie lyk nou erg selfvoldaan, en jy wéét dis nie die bedoeling nie - eintlik moes dit gewees het :???: - maar dan weer half-en-half wou ek net nog die ou eiertjie lê:
    Vir nou en vir eers is ek bietjie verlig en half bly dat julle nog ‘n rukkie langer hier gaan wees: Want sien, jy, my Vriending, het ‘n spesiale plekkie in my hart - coz you certainly fit into my culture!! xx

  4. Krista Says:

    /me boor mettie toon innie grond . . .

  5. reisiger Says:

    Jammer oor die teleurstelling, maar wie weet, dalk wag daar iets beter vorentoe vir jou! Sterkte in elk geval vir Vrydag se vraestel!!

  6. Jenny Says:

    Jammer oor die job, Krista, maar ja, dalk is dit nie ‘meant to be’ nie. Jy klink darem nie te ‘af’ daaroor nie.
    Sterkte vir die eksamens, my beurt begin volgende week!
    Jaar na jaar wonder ek ook hoekom ek nie maar vroeer harder begin werk het nie… maar ja, hindsight is 20/20 ne!
    Good luck met die swottings, sal aan jou dink terwyl ek my eie skouer aan die wiel steek!

  7. Adrie Says:

    Sterkte Krista met die eksamen.

    Doen wat ek gedoen het - maak vriende wat hulle asse afswot. Ontmoet ‘n uur of twee voor die eksamen en laat hulle jou vertel wat jy moet weet. Dit kan darem 50% gee en wat meer het jy nodig?

  8. Pikkelik Says:

    Skies oor die jop, en sterkte met die eksamen! :roll:

  9. Wipneus! Says:

    Ag alles gebeur met ‘n doel Krista, daar gaan ‘n beter jobbie op jou pad kom…watch this space….
    Lekker swot! Laat Jaco verversings aandra…. soos bv warm milo, ‘n sjokelade ens :lol:

  10. netjane Says:

    Sterkte met die nuwe job soek, sterkte met die eksamen! Ek stem saammet BB oor die “culture” ding- ek sou dit net nie so mooi soos sy verwoord het nie, sommer net gesê het “hulle gatte man!”

  11. Zee Says:

    /me hoop jy het darem al die boeke nader getrek. Sterkte Krista!

  12. Koeksuster Says:

    So ek word die geleentheid gegee om julle wysheid nog bietjie naby te he!!

    /me so very very Happy!!

  13. Krista Says:

    :lol:

  14. Chaos Says:

    Halfhartige laggie daardie - maar nietemin - keep ur chin up ol’ gal!

  15. Roer Says:

    Ai tog, ek het al begin petrol geldjies spaar.

  16. Riaan Oosthuysen Says:

    Daar is iets beter vir jou in stoor. Lekker swot. Sterkte.

  17. platterfuss Says:

    sterkte…

    Ek het al perfekte telefoniese interviews gehad met beloftes… Dan sien hulle jou en jy is te lank, kort, vet, maer! Die een ou het my vertel ek lyk te veel soos sy ex vrou!

  18. Tersia Says:

    Baie sterkte! Onthou alles gebeur met ‘n doel! Die winter is op hande, dalk moet ons solank iewers ‘n sop en sjerrie beplan…… wat van so ‘n kaggeltjie daarmee saam….!!

  19. demoerin Says:

    Leer maar eerder, onthou, In hindsight we are all geniusses!! Sal weer kom inloer.

  20. Gert Gariep Says:

    Dalk is hulle kultuur een van hoog raak op dagga en met aliens praat.
    Sterkte met die swot.

Leave a Reply