Sies Pretoria!
May 14, 2008Die Tswane metroraad het gister ereburgerskap van Pretoria aan Madiba oorhandig. Ook maar goed hulle het besluit om die oorhandiging in Houghton te doen, want geen selfrespekterende mens wil dit naby ons rommelbesaaide stad waag nie. Vullis in die meeste strate is meer as ‘n week laas verwyder, en mens loop letterlik kniediep in die gemors op party plekke. As ek lid van die metroraad was, skaam ek my oë uit my kop uit.
Ek was eintlik van plan om ‘n lang relaas te skryf oor vakbonde en massa aksie ensomeer, maar ek het besluit om my te bepaal by goed waarvan ek iets weet.
Miskien net dit. Die onlangse gebeure by Pilansberg het bewys dat Suid Afrika nog myle verwyder is van ware demokrasie, en die rede daarvoor is weereens onderstreep deur die munisipale werkers unie staking in Pretoria.
Respek.
Voordat Suid Afrikaners nie respek leer nie, gaan ons nie êrens kom nie.
Jaco
Posted by wosonki