Die Tswane metroraad het gister ereburgerskap van Pretoria aan Madiba oorhandig. Ook maar goed hulle het besluit om die oorhandiging in Houghton te doen, want geen selfrespekterende mens wil dit naby ons rommelbesaaide stad waag nie. Vullis in die meeste strate is meer as ‘n week laas verwyder, en mens loop letterlik kniediep in die gemors op party plekke. As ek lid van die metroraad was, skaam ek my oë uit my kop uit.
Ek was eintlik van plan om ‘n lang relaas te skryf oor vakbonde en massa aksie ensomeer, maar ek het besluit om my te bepaal by goed waarvan ek iets weet.
Miskien net dit. Die onlangse gebeure by Pilansberg het bewys dat Suid Afrika nog myle verwyder is van ware demokrasie, en die rede daarvoor is weereens onderstreep deur die munisipale werkers unie staking in Pretoria.
Respek.
Voordat Suid Afrikaners nie respek leer nie, gaan ons nie êrens kom nie.
Jaco
May 14, 2008 at 9:12 am
‘n MOERSKE sies….
May 14, 2008 at 9:21 am
Vriending se nuwe favorite woordjie: ‘culture’
- that’s what it is.
Ek seg terwyl ek in my handsak grawe: “Goodness sir, that’s a terrible cold you have!! Could I offer you a tissue??”. Hy wip vir hom, ruk sy deur oop en trek daar weg. Jaaaaaaa, tog! Red ‘n volk!!
‘Hulle’ gee nie om nie - regtig nie!
Klein insident gistermiddag in ons parkeer terrein:
Ek is op pad kar toe, kry een van ons grootkoppe naby sy kar (Toyota Fortuner - leather seats - die works) - daar staan hy en blaas sy neus in die blombedding uit!!
Ek wonder net soms hoekom ek altyd geglo het dat ‘kultuur’ ‘n beskrywing is wat mens in ‘n positiewe lig sien. Of is daar ‘n ander woord? Want ek sukkel om dit so te noem… mentality dalk?? Custom?
Maar eintlik is dit friggin’ hilarious, is dit nie?? Dis om van te huil so snaaks is dit: ereburgerskap van Pretoria in JHB ontvang… WAAAAHAHAHA
May 14, 2008 at 10:23 am
Jaco ek wou ook hieroor skryf, ek het gister verby ons stortings terrein gery. Die hekke is toe, die vullis buite is heup hoogte tot amper in die straat vir 1 blok ver op die sypaadjies “gedump”. Boonop grou al wat leef en beef in hierdie swart sakke en sodoende veroorsaak hulle nog ‘n groter gemors. Hoe hulle die storie gaan skoon kry, weet ek sowaar nie.
BB ek ken van hierdie neus uitblaas in blombeddings en op sypaadjies dit stoot my mo*rmeter tot ver oor die rooi. Maar hulle maak broek los ook sommer net waar hulle wil. Dis so vieslik! Geen respek vir ander wat in daardie gemors moet loop nie. Sies!
Ons land is inderdaad nog jare weg van demokrasie, hierdie is ‘n sirkus!
May 14, 2008 at 10:56 am
lol@BB Bwahahahaha!!!!!!!!
Jaco, wat vertel jy my nou… Waar’s die dae toe ek elke middagete saam met my kollegas by oom Paul op die gras kon sit en ‘n toeba nuttig. Veilig en netjies was dit. (Ek het om die draai gewerk by Justisie). Ag nee, dis hartseer verby. As ‘n mens nie respek het vir jou omgewing nie (om mee te begin), dan lyk dit seker maar so.
May 14, 2008 at 11:12 am
Sies, maar ek moet ook sê hier op die platteland lyk dit GLAD nie beter nie. Die munisipale werkers hoef nie te strike nie, hulle is permanent op strike! Hulle doen so min as moontlik net om die dag om te kry!!!
May 14, 2008 at 11:49 am
Ai, respek seg jy. Wens mens kon dit saam met die free condoms uitdeel. Baie teer sakie hierie, veral as jy nie weet wat dit beteken nie, want dit gaan darem veel verder as jou medemens, mededier…..ja selfs tot die medenatuur. Ons kan seker hierby trots ook voeg. Genoeg babbel vir nou, sal weer kom inloer.