I ♥ how you ♥ me

Ek dink dis waaroor ek die malste is van jou, my lief: ek is absoluut gaande oor die manier waarop jy my liefhet.
Ons is al amper 17 jaar bymekaar – partykeer voel dit soos ‘n dag, ander dae soos ‘n leeftyd. Ons is nou 3 van die 17 jaar getroud, en ek kan nie glo hoeveel ons verhouding verander het nie. Ons het heeltemal weg beweeg van “ek” na “ons” sonder om dit eers te beplan (en ek – control freak, onafhanklik, eiewys – mind nie eers nie!).
Ek kon nie dink dat daar iewers iemand op hierdie aarde sou wees wat my so goed sou ken en verstaan nie. Iemand wat tot in my binneste kan sien en nie al gillend voet in die wind slaan nie. Iemand wat my liefhet soos ek is en nie omgee dat ek NIE ‘n size 34, blond, obsessive-compulsive-cleaner is nie.
Jy, my lief, is uniek. Jy is ‘n enigma. Jy’s beter as James Bond. Jy kan meer doen as MacGuyver. Jy’s meer effektief as die A-Team. BAIE meer secretive as Magnum PI. Dodeliker as Airwolf. Funnier as Johan van der Walt, Barry Hilton & Casper de Vries saam. Sexier as Bruce Willis.
My hartjie smelt soos warm tjoklit wanneer ons in ‘n mall loop en jy my hand soek. Wanneer jy jou hand op my been sit in ‘n restaurant. Wanneer jy bereid is om 4:45 op te staan om my werk toe te vat nadat ek my rug seer gemaak het en sou sukkel om te bestuur – en die aand weer gaan haal. Wanneer jy jou paaseiers met my deel omdat dit “goed is vir rugpyn”. Wanneer jy depressed is omdat nog ‘n baba-kans verby is wanneer die bitch met die rooi Harley kom kuier.
Ek wens ek kon vir jou meer gee.
Krista
May 15, 2008 at 6:15 am
Dankie my Lyfie, jy weet net hoe om salf op ‘n man se ego se smeer.
Jy is alles en soveel meer as waarvoor ek ooit kon hoop, en ek sal jou liefhê solank as wat ek asem het.
May 15, 2008 at 6:16 am
(((Krista))) Hou moed julle. (((Jaco))) (Ek weet, makliker gesê as gedaan).
May 15, 2008 at 8:47 am
Ai, julle 2 Allermooistes: Be Blessed!! xx
May 15, 2008 at 9:32 am
Mag julle nog honderd jaar saam wees! Wanneer vier ons dit? Ek mis julle! Seen en tonne liefde!
May 15, 2008 at 9:32 am
Nou loop die trane!!
Julle hoort bymekaar. Gee tyd, dinge val in plek wanneer julle dit die minste verwag!
May 15, 2008 at 10:13 am
…ek het nie woorde nie…
May 15, 2008 at 10:47 am
♥ A Match made in heaven…. ♥
May 15, 2008 at 10:57 am
Wow, geniet mekaar, geniet die lewe, en geniet dit saam.
May 15, 2008 at 11:46 am
Ag hoe romanties! Al my “kwaaigeite” vlieg sommer by die deur uit, as ek sulke mooi dinge raak lees!
Mens moet nooit ophou hoop nie…
Ek hoop saam julle vir ‘n “baba kans”
May 15, 2008 at 11:52 am
Dis so mooi om te sien hoe lief julle vir mekaar is. En hou moed, daai pienkvoet sal kom!
May 15, 2008 at 9:07 pm
Sweet.
May 16, 2008 at 9:00 am
Wil julle twee duifies nie ‘n boek skryf nie?
May 16, 2008 at 9:22 am
René: Waaroor nogal?
May 16, 2008 at 9:38 am
Julle kry dit altyd reg om my so bietjie te laat huil.
May 16, 2008 at 4:58 pm
Wat ‘n mooi liefde. Hugs julle.
May 16, 2008 at 7:46 pm
Julle laat my skoon skaam voel dat ek my liefie nie meer waardeer nie. Julle tweetjies verdien alles wat goed is! Byt vas, soms gebeur dinge wanneer ‘n persoon dit die minste verwag. Volgens vele dokters was ek onvrugbaar. En skielik was ek swanger. Ek ken nie jul geskiedenis nie maar byt net vas.