Killer Biscuits?

Wat ‘n week! Praat van emosionele wipwaentjie (dit klink nou alteveel na Wippie se kar) kom ons hou eerder maar by rollercoaster. Vir oulaas is Lyfie gou Pretoria skougronde toe om haar eksamen te gaan probeer deurkom op blinde geluk en ‘n paar “spot” vrae, en ons senior progammeerder het gister besluit om te bedank (terloops enige gesoute Delphi programmeerders daarbuite wat soek om ‘n ektra geldjie te maak?)

Maar hey, glimlag ‘n bietjie. Dis Vrydag, en nie ‘n oomblik te vroeg nie! Lees die beriggie hieronder en “crack a smile” saam met my.

Jaco

15 Responses to “Killer Biscuits?”

  1. reisiger Says:

    Whahaha… Dis darem maar jou naam met ‘n plank slaan!! Shame… arme Lisa! :lol:

  2. BB Says:

    Heng, ek kan at the best of times ook half moronies of “not all there” wees, maar dié girl vat die koek… *gmpf* @ shot in the head… selfs ek weet dat as hulle jou in die kop skiet jy nie meer vir jouself sal kan dink nie, at least seker nie: “Oh hell, I’ve been shot in the head!!” :roll:

  3. Jenny Says:

    Jaco, uhmmm…. weet nie van die gesout-deel nie, hoe klink zero experience… darem delphi gepass en als…

  4. BB Says:

    Now thát was moronic, BB - al moet ek dit dan self sê :blush:
    /me prays: “Oh Lord, help me keep my mouth shut sometimes…”

  5. Jenny Says:

    O ja, en STERKTE KRISTA! my beurt kom volgende week! Ek hou duime vas!

  6. René Says:

    Sterkte Krista - ek het vir jou ‘n skietgebedjie opgesê!! :mrgreen:

  7. Dellie Says:

    Whahaha! Ai, ons arme blondes! :lol:

    Sterkte Krista, ek dink aan jou! :wink:

  8. Da Mario Says:

    Just amazing…. :lol:

  9. demoerin Says:

    hahahaha, net wat mens nodig het op ‘n Vrydag!

  10. kaalvoetinireen Says:

    Daar’s geen medisyne nie!!! ;-)

    Ek het wel eenkeer op Mythbusters gesien hoe hulle die storie uittoets en hulle het die myth gebust en gese dis heel waarskynlik nie moontlik vir die blik met deeg om te ontplof, selfs by die hoe temperatuur wat binne ‘n kar bereik kan word wat in die son staan nie. Whatever the case may be…dit bly funny!

  11. Pikkelik Says:

    Ag aarde tog!! :lol:

  12. Wipneus! Says:

    Kyk dis nou iets wat maklik met my kan gebeur, as iets my agter teen my kop met ‘n slag slaan, sal ek ook gedagtes ontwikkel… ek sal nou net nie doodstil gaan sit nie, ek sal groot oog en deurmekaar die straat inhardloop en skreeu…ek is geskiet, ek is geskiet….. help, help ….. :lol: (mind-u ek sal seker ook nie sommer dink ek is geskiet nie, ek sal meer dink daar het die een of ander gogga wat te veel hormone in het, in my kop vas gevlieg…en dit sal nog ‘n erger storie afgee)

    Krista ek hoop dit het goed gegaan!

  13. rosalindfranklin Says:

    Dit is nou flippen snaaks, so in my kraal van wat snaaks is. Lekker af. Al is dit die tipe ding wat my seker ook sal oorkom.

    Dankie, baie dankie. Ek het nou kliphard en heeeeeerlik gelag. Die grap van die week, ROFL!!!!!

  14. Riaan Oosthuysen Says:

    Dit was snaaks. Ek het eenkeer by ‘n ou wat gehijack is gehoor dat hy die sleutels gevat het en weggegooi het en toe begin hardloop het. Die volgende oomblik het hy ‘n skoot hoor klap, sy bene was onmiddelik lam en terwyl hy in stadige aksie grond toe val speel sy lewe voor hom af, heeltemal oortuig hy is geskiet. Na hy so ‘n rukkie gelê het, het hy besef hy is nie raakgeskiet nie. Nogal snaaks hoe ons brein ‘n situasie kan skep.

  15. Die Gestorwe Soldaat Says:

    Whahahahahahahaha! Oh goodie! Wat kan ‘n mens sê?!

Leave a Reply