Die aand wat amper nie was nie
Voor ons op die skouer geklop word met die woorde “julle is getag”, laat ons dit maar agter die rug kry.
Die was die dag van die matriekafskeid. Nie die rok of die bypassende strikdas en cummerband was klaar nie. Met ‘n oordentlike skoot rou paniek, baie trane, feitlik geen budget en ‘n goeie maat geluk en ‘n vasberade (skoon)ma is ‘n ander rok bekom en ons was betyds vir die geleentheid. Vir ons het dit gevoel asof die aand ‘n absolute disaster was.
Vandag amper 17 jaar later sien ons weer dié inskrywing agterop die foto toe ons hom wil skandeer.
“20 September 1991
Actually my eyes are blueHe said: it’s like the sky above reflected in my heart “
Ek ek besef weereens: vandag se disasters is more se staaltjies. Die lewe gaan oor gedeelde ervarings, en saam is daar niks wat ons kan breek nie.
P.S. Ek dink dit was ons derde date.
Jaco

May 18, 2008 at 10:24 pm
Ek hou hiervan.
vandag se disasters is more se staaltjies. Almal lag altyd oor rampe agterna.
May 18, 2008 at 10:40 pm
Hiert! Jaco het seker een kyk vir daai rooi lippies gegee, toe’s die koeël deur die kerk. Julle het ‘n besonderse verhaal. Nie almal kan sê hulle was ‘high school sweethearts’ nie. Dis pragtig.
May 19, 2008 at 7:17 am
Dit is só “sweet”!! Lekker herinneringe…
May 19, 2008 at 7:39 am
Vriending!?!? Jy is b-e-a-u-t-i-f-u-l!!! (Min mense wat kan wegkom met rooi oë op ‘n foto en steeds so lyk! - WOW!)

Ek kan dit so haat as iemand tydens ‘n present seemingly bad experience sê: You’re gonna smile or even laugh over this one day… , maar dit is tog so - dis net nie op daardie oomblik so voor die hand liggend nie. Ek reminisce ongelooflik graag - so, baie van my memoirs is al in kleur en geur neergepen vir die (arme??) nageslag.
May 19, 2008 at 8:28 am
Ek stem saam met Adrie. Wat vandag nie lekker is nie lyk more stukke beter.
May 19, 2008 at 8:33 am
Julle het tog ten spyte van, Pragtig gelyk! En ek dink julle het ‘n sprokiesverhouding! Om te kan terugkyk en lag is waaroor die lewe gaan. Kan ek weer sê julle lyk mooi?
(BTW - Jaco, jy lyk ongelooflik baie na my Pa toe hy jonk was, ek dink ons sal familie moet uitlê!)
May 19, 2008 at 9:34 am
Julle tweetjies sorg vir die romanse in ons blog wêreld
Krista hoe het dit met die eksamen gegaan?
May 19, 2008 at 10:16 am
Baie oulike foto! Dit voel nie of dit 17 jaar terug was nie, né? Julle is omtrent bevoorreg om mekaar se eerste en enigste liefdes te wees!
May 19, 2008 at 10:45 am
Dit is so n lekker herinnering.
Ek en Johan het net begin uitgaan met my matriek afskeid en ek kon hom nie saamneem nie. Dit het hom nie gestop om saam met sy groot Wolfhond my arme date by die hek in te wag, die vrees van die Heilige Wit Eland in hom te sit en ons weer hond en al in te wag toe ons 12 uur terug kom by die huis nie. Die arme mannetjie het nie eers die moed gehad om vir my die deur oop te maak nie, en het vir Johan ge-oom voor en ge-oom agter. Toe was ek in n toestand, vandag is dit werklik snaaks.
R
May 19, 2008 at 11:21 am
Aaag, dis te sweet!
het nie ‘n metgesel gehad nie 
My matriekafskeid was nie te aangenaam nie
May 19, 2008 at 11:23 am
/me loves the lipstick.
May 19, 2008 at 11:33 am
Highschool sweethearts. Aaaaahhhhhhhh!
Oulike foto, dankie vir die wys…
Die brawe mense wat al gewys het wag nog vir die ander hier op WP rond wat goed weet van die tag, maar dit stil-stil probeer ontduik!
May 19, 2008 at 11:42 am
Julle is pragtig en wat ‘n vooraf disaster was dit nie, but all end well
May 19, 2008 at 4:35 pm
http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/05/19/tag-watter-jaar-is-ek-gebore/
May 19, 2008 at 9:28 pm
Krista, ek’s mal oor daai oorbelle!
May 20, 2008 at 10:04 am
Ek like ook van vandag se disasters is more se staaltjies. Dinge lyk soms so wild en deurmekaar op die oomblik, more lag ons almal saam daaroor!
May 21, 2008 at 9:25 pm
Jy gaan my nie glo nie, maar ek herken jou gesig op daai foto. Ek was st. 6 daai jaar. Maar ek is bang om die nickname te gebruik waaronder ek oor die algemeen bekendgestaan het… lol.
May 21, 2008 at 9:28 pm
Jy gaan my nie glo nie, maar ek het uiteindelik die gesig en die naam bymekaar! Ek was in st. 6 in 1991. Maar ek is half bang om die nickname waaronder ek oor die algemeen bekend was te noem… lol
May 21, 2008 at 9:34 pm
Nico: Jou nickname kon nie erger as myne gewees het nie. So jy was saam met my suster in std 6? Klein wêreld!
May 22, 2008 at 8:01 am
Mmm… enigste Maré wat ek so vinnig kan onthou wat saam met my op skool was is Melanie - ons het saam bedryfs gehad van st. 8 tot matriek toe. Jy laat my nou ver terug dink, meneer!
As ek reg onthou, vra vir haar of sy nog vir Dishonest John onthou - hy het so Nya-ha-ha gelag.
May 22, 2008 at 1:44 pm
Dis nou iets om in julle harte te koester. Gee bietjie hoop vir my single lewe…