Hierdie Tag aan ons gebring met die vriendelike samewerking van Roer
Die jaar toe ons gebore is . . . het die Vietnam oorlog geëindig,
en hierdie album is vrygestel.
(vir die mense van ‘n ander planeet af. Dit is Pink Floyd se Dark side of the moon. Een van rock se ware classics)
Die is een van die instrumentals van daai album af. Sit die luidsprekers lekker hard, die intro is awsome! Enjoy.
Jaco & Krista

Mei 20, 2008 at 6:12 nm |
Ah! Pragtig liedjie.
Mei 20, 2008 at 6:29 nm |
Dit was nou wragtig lekker. Ek kan nie glo watse nice songs ek al met hierdie tag-speletjie gehoor het nie…
Mei 20, 2008 at 11:16 nm |
TOPS! Een van my top 10 groepe! 1973 – hoe is dat ek die oudste b(l)ogger voorkom!!
Mei 21, 2008 at 7:01 vm |
Ek het al Pink Floyd se cd’s! en Roger Waters is seker een van dié beste songwriters of eerder composers ever! Want van sy lirieke lees nou nie juis soos ‘n gedig nie, maar dit werk net so amazingly in die verwerkings. Een van my all time favorites: The tide is turning…
/me gaan die naweek bietjie die cd’s weer deurwerk.
Mei 21, 2008 at 7:02 vm |
LOL@Emil!! ek is net so ‘n kortkoppietjie agter jou
Mei 21, 2008 at 8:26 vm |
Ek hou ook van Pink Floyd, hierdie was ‘n lekker tag speletjie.
Emil ouderdom tel nie meer punte nie…ons praat nou van die appeltjie word soeter soos hy ouer word. Is dit nie wat jy ons geleer het nie?
Mei 21, 2008 at 8:35 vm |
Goodness gracious, julle maak my dag! Beautiful song!!!
Mei 21, 2008 at 9:11 vm |
Emil: Jy is glad nie so oud nie. Ek en Krista is net baie jonger as meeste bloggers
BB: Jy is reg Mens sal ver moet soek om Roger Waters se gelyke te kry
Mei 21, 2008 at 11:54 vm |
shoe en nou lyk dit my ek is die jongste blogger…
Mei 21, 2008 at 1:10 nm |
Die jaar voor ek Sub A toe gegaan het. My eerste kennis van Pink Floyd was met “The Wall”. Ek voel ook so bietjie oud. Sal my blog moet verander na “Rustige Jare”, blog vir mense in hulle goue jare.
Mei 21, 2008 at 3:51 nm |
Dankie tog, ek is al moeg om te dink ek moet almal oom en tannie noem. Mense van nader aan my model! hahaha
Mei 21, 2008 at 3:52 nm |
@ wipneus, weet nie watter appeltjies jy smous nie….word iets nie vrotter as hulle ouer word nie…(koes) hahahaha
Mei 21, 2008 at 4:39 nm |
Great song! Thanx vir die kommentaar op my blog. So, hoe oud het jy gedink is ek??? Ek is maar net nuuskierig!
Mei 21, 2008 at 5:42 nm |
Stem saam – baie nice musiek. PF mag maar musiek maak!
Jaco het seker gedink jy’s al anderkant veertig!
Mei 21, 2008 at 7:28 nm |
/me dink Pink Floyd is die beste band in die geskiedenis van rock. Maar Dire Straits verdien beslis ook ‘n eervolle vermelding.
Mei 23, 2008 at 5:02 nm |
Ek het, met die soeke na die skoonheidskoningin van 1967, besef 41 jaar is laaaank terug in die verlede. Musiek uit daai jaar soos die fenominale Whiter Shade of Pale en House of the Rising Sun (alles by verre beter songs as Bohemiam Rhapsody
) klink nie so oud nie omdat ‘n mens dit deur die jare saamdra – maar kiekies van ou Mej Suid Afrika’s
http://emiljung.co.za/?p=309
Mei 24, 2008 at 11:05 vm |
Ek het gaan soek en toe kry ek wraggies hierdie “vinyl” in onse collection wat stof vergarder. Ek wens ek het geweet hoe om die “vinyls” op CD te sit, daar is darem maar ‘n hele paar wat van HIERDIE jonges nie sal ken nie