WTF?????????????
Eskom kondig aan dat daar nood loadshedding onbeplande onderhoud op die netwerk gaan plaasvind van vannaand (Donderdag) af. Nê? Laat ek net die p**ph*l-woord van my voorkop af vee.
As daar dan so ‘n groot tekort aan krag bestaan, hoekom is daar gerugte dat Eskom Duvha kragstasie in Witbank gaan toemaak/afskakel? Daar werk volgens die Eskom-website 900 mense daar. Het ons dan nie die krag nodig nie?
Kan iemand dit asb aan my verduidelik?
Krista

May 22, 2008 at 8:23 pm
Hulle hoop eenvoudig op BBB - Bullshit baffles brains. Laat my weet as jy ook uit vind wat nou werklik die waarheid is.
May 22, 2008 at 11:50 pm
Ek vra ook WTF? Nee jong hulle dink alweer nie, of hulle dink soos p**ph*lle. Hoop dit gaan al beter met jou Liefie se siekte.
May 23, 2008 at 8:31 am
Ja, wie sal ooit wat wat daai spul dink??
May 23, 2008 at 8:47 am
Ek het nou die dag gehoor dat daar nooit ‘n ‘tekort’ aan krag was nie. Teveel mense het net op verlof gegaan en die skeleton staff kon nie by alles uitkom nie, onder andere die aflewering van KWALITEIT steenkool het agterwee gebly. Of dit waar is weet ek nie!!
May 23, 2008 at 9:37 am
Hier by ons het loadshedding nog nooit opgehou nie. Elke Dinsdag vir die laaste drie weke was ons krag van 09h00 tot 17h00 af, omdat hulle aan die ‘lyne gewerk het’. Jy is reg, hulle dink ons is po*ph*lle!!!!
May 23, 2008 at 10:40 am
Ai tog, wat gaan van ons word?
Ons is soos sampioene - word in die donker gehou en &*&%&* gevoer!
May 23, 2008 at 2:08 pm
stupidity boggels the mind