. . . fighting the good fight . . .

Almal wat ons ken, weet dat ons nooit baklei nie. NOOIT. OOIT. Ons het wat genoem kan word: . . . “episodes” . . . (almal saam: ooooohhhhhh).

Ons het die stilstuipe beperk tot 3 dae maksimum (as dit dan nou moet!), dan praat ons dinge uit. Daar is nie baklei met vlieënde voorwerpe, skreeuery, vloekery, slanery in ons huis of in ons “episodes” nie. Alles baie civilised. (As ons moes begin goed rondgooi en slaan, het ons dalk nooit opgehou nie) :wink:

Nou is ek nuuskierig: vertel bietjie hoe verloop rusies in jou huis?

Krista

PS: ek sal moet lig loop . . . ek sien juis die maan is weer aan die vol word . . . :grin:

17 Responses to “. . . fighting the good fight . . .”

  1. netjane Says:

    Rusie in die NetJane -Liefie huishouding? Geen rusie nie. ;)

    Ons mag nie kwaad gaan slaap nie. Niemand mag uitstap/wegstap nie, al sit ons op die bank en gluur vir mekaar. Ons het eintlik bitter min enige soort van episode, ek wou al graag goed gooi, maar dis nie eintlik in my persoonlikheid nie. So rusie, as daar is, is heel civilised. In Afrikaans, want dan weet Liefie daar’s moeilikheid. ;)

  2. Nico Says:

    Ek is so dat ek nie moet praat terwyl ek kwaad is nie. Ek MOES wegloop en eers afkoel want as ek my mond oopmaak terwyl ek kwaad is… ai tog, dit was nie mooi nie. So, X-Liefie moes dit maar leer verstaan as een van daai 1000 dinge van my. En sy het, wat ek opreg van haar waardeer.

  3. alta Says:

    My langspier werk dan oortyd!!! hehehehe

  4. alta Says:

    Ai en nou moet ek wag vir die moderation ding.

  5. BB Says:

    Ek het gister my handdoek!!! effe hard op die bed neergesmyt (jip, in ‘n oomblik van wipperigheid) - Helge se reaksie - ek moet my ‘humeur beheer’… What the… :???:
    Ek is ‘n vreeslike extreme enetjie, veronderstel ek… hmm jip, over the moon en six feet under in 14.5 sekondes - stilstuipe is ek beslis nie. Maar net so vinnig as wat ek my dalk vererg, netso vinnig is ek weer ‘goed’. Helge doen die stilstuipe - die sulk-ding - ek sal van my rocker af raak - Ek dink ook nie dis reg nie - daar is seker nie die ideale way om ‘n ‘fight te fight’ nie - but just because ek ‘n ding aanspreek en tantrum en pffffffft uit my system uitkry, maak my nie minder beheersd nie. Daar is niks wat my so trigger soos ‘n dikbek, stilstuipe nie en niks wat hom so trigger soos ‘n tantrum nie… Catch 22?! Ah well, we’re getting better at it - dit gebeur wragtig eenkeer ‘n skrikkeljaar… Hmmmm - 2008!! I should’ve known!!! :mrgreen: - Voel ek sommer weer beter! :grin:

  6. Pikkelik Says:

    Nee wat, ons het in ons jare saam nog nooit so drasties verskil dat ons oor iets geargumenteer het nie! Maar as ek kwaad word, pak en gewoonlik die klerekaste reg, (daar is mos niks in wat kan breek nie) en voor ek weet waar ek is, het ek besef hoe stupid dit was om kwaad te word. Woede is so ‘n afbrekende emosie, Dit is eintlik net ‘n mors van kosbare tyd. :-)

  7. oopkop Says:

    Ek dink nie ek moet eers comment hieroor nie. Die laaste ruk raak ek so moerig vir niks nie en Didi kry dit dan. Hy’s eintlik heel goed daarmee om my vinnig weer op my plek te sit.

  8. Krista Says:

    Ja Anja, ons almal gooi nie met wors nie . . . en dan nog rou wors! :wink:

  9. demoerin Says:

    Sjoe…sugggg. Ek baklei darem nog nie met die spieëlbeeld nie…hehehehe

  10. Dellie Says:

    Ons het eintlik lanklaas ‘n lekker fight gehad… :wink:

    Maar van stilstuipe ken ek ook. Ek kan baie hardegat wees as ek wil. Maar ek gooi net met sagte goed, soos wortelslaai… :lol:

  11. boendoe Says:

    Ek het al ‘n deur met ‘n byl afgekap… Dare I say more?

  12. Tersia Says:

    Ag, ek is die softie! Gaan raak geweldig emosioneel, veral as ek reg aan iets het! Ín ‘n fight is ek nooit reg nie……. ekt al geleer om daarmee saam te leef en net om te draai en te loop….. maar kyk, dan loop die trane! Met elke onregverdige fight sterfg daar so bietjie van die selfbeeld! Ek wens ek kon fight, skop, skiet en sommer ‘n moerse statement maak! Hierdie nederigheid is ‘n nadeel!

  13. Blixer Says:

    Ek glo die man moet altyd die laaste sê hê nl.” Askuus skat, ek was weer verkeerd”

  14. Jaco Says:

    Blixer:
    Vir enige man om ‘n long and happy life te hê is dit die perfekte end van ‘n argument. Tydsberekening is egter van kardinale belang. Sê jy dit te vroeg in die argument reken vroulief klink dit “patronising”. Sê jy dit te laat dink vroulief weer jy sê dit net omdat jy moet.

  15. Blixer Says:

    Jaco- ek sien daar is nog so iets soos ‘n “well trained man”! Soos die Engelse sê timing is everything.

  16. Jaco Says:

    Blixer. Krista verdien al die komplimente vir die training. Ek dink ek was haar moeilikste leerling, dit het haar 17jaar geneem en die werk is aldus haar nog nie klaar nie.

  17. Krista Says:

    Dis juis omdat ego’s, liefde en verhoudings soos kristal is, dat mens versigtig te werk moet gaan. Woorde maak seerder as wat vuishoue ooit kan.

    En die vrouvolk se ego’s is net so maklik breekbaar soos die mans s’n.

Leave a Reply