jou liefde maak my wandel
in eeue se bosreuse se gesels
om in die stilte en die water
my siel te voed
jou liefde maak my sweef
in altyd se duine se fluister
om in die warmte en die wind
my gees te streel
jou liefde maak my sluimer
in verewig se berge se rots
om in die vasheid en sterkte
my wese te anker
sonder jou
is ek leeg
is ek niks
is ek nie
kan ek nie
K
Junie 17, 2008 at 9:39 vm |
Dis beautiful.
Junie 17, 2008 at 9:43 vm |
Dit is werklik baie mooi geskryf!
Junie 17, 2008 at 11:45 vm |
Dis so mooi! Jy maak my sommer weer tranerig!
Junie 17, 2008 at 12:46 nm |
Dankie Lyfie. Dit gaan ‘n ver pad om ‘n stukkende ego te las en die swart depressiewolk effens ligter te maak.
Maar dink jy nie dat jy my net so nou en dan van daai pedestal moet afhaal en my die kop goed was dat ek weer ‘n slag afkom grond toe nie. Soos dit is dink ek ek is superman, maar elke keer as ek probeer vlieg val ek myself desmoers. En jy weet hoe broos is ‘n man se ego . . .
Junie 17, 2008 at 1:22 nm |
Ai ai Jaco ……
Junie 17, 2008 at 1:30 nm |
Jy KAN vlieg, my lief . . . sprei net jou arms wyd . . .
Ek sal altyd daar wees om jou te vang . . .
Junie 17, 2008 at 2:57 nm |
Dit is so mooi Krista.
Junie 17, 2008 at 7:48 nm |
Mooi.
Junie 17, 2008 at 7:54 nm |
((((Krista en Jaco))))
Junie 17, 2008 at 8:53 nm |
Baie mooi!
Junie 17, 2008 at 9:37 nm |
Sjoe, julle twee verdien wraggies alles wat mooi en goed is. Pragtig.
Junie 17, 2008 at 11:00 nm |
Ai Krista, jy het darem mooi geskryf jong.
Jaco, ek stuur bietjie Superman pleisters
Junie 18, 2008 at 7:31 vm |
Hmmm – jy moet met my kom collaborate!!
/me soek altyd inspirasie hier – nog nooit leë hande hier uitgestap nie – dankie! xx
Junie 18, 2008 at 8:10 vm |
Sjoe, my eerste gedagtes was dat BB dit moet toonset! Ek kan dit hoor in ‘n song.
Junie 18, 2008 at 9:20 vm |
…en dan het ons die 2 Allermooistes in trane DMI??
– dis dié één teken dat ek iets vir iemand iewers beteken. Verwronge idee, ek weet, but that’s me
But I looooooooove it as ek mense tot trane kan roer
Junie 18, 2008 at 3:00 nm |
@ BB, seker solank dit trane oor die mooi, en nie oor die snaaks is nie! hehehe
Junie 19, 2008 at 3:52 nm |
Baie mooi, die liefde is darem maar ‘n lekker ding