Oor presies twee weke begin span wosonki se welverdiende (en langverwagte) verlof. Ons sien nogal vreeslik uit daarna, 17 volle dae van leeglê en saamwees. Met hardekoolvuurtjies, rooiwyn en die reuk van bosveld in jou neusgate. Met die koer van tortelduiwe as die son opkom. Die bosveld roep soos Zulu dromme, daardie narkotiese Afrika ritme, doem da da doem da da doem doem da da doem da da doem doem da da doem da da doem.
Terug in die regte wêreld moet daar egter nog eers so paar dingetjies platgespeel word voor ons gaan. Daar is ‘n vierdag trippie Laeveld toe vir my volgende week om bietjie besigheid op te jaag. Lyfie kan ongelukkig nie saam nie, maar op die positiewe kant kant ek darem bietjie by my broer loop inloer – die man raak nou groot ons begin dalk net om regtig te bond nou. Ek vat egter my gunsteling oom, mentor en stand-in pa saam. Soortvan ‘n manne uitstappie. Sjaaim hy is so opgewonde, ek dink hy pak al! En ek kan gaan avo’s kry teen meer billike pryse. Alles en alles sal die uitstappie nie te ondraaglik wees nie, alhoewel ek dit haat om weg van Lyfie te wees.
Voor ek egter kan ry moet ek gou eers vandag die kar se lisensie gaan hernu. Want soos laasjaar het ek gedink die ding verval eers en Junie, terwyl hy reeds einde Mei verval het. Daar is ongelukkig nie pille vir domgeit nie. Maar gelukkig het ek dit raakgesien voor ek gery het, en nie eers as die bloubaadjie my van die pad aftrek nie.
Dan is daar die klein kwessie van hoe om die ure op te maak wat ek verloor terwyl ons op vakansie is, maar ek sal nog bietjie daaroor moet dink.
Vasbyt honkispan, min dae!
P.S. Dellie, het jy gesien hoe mooi het ek ‘n positiewe draai op alles probeer sit? Ek is nogal heel trots op myself.

Junie 20, 2008 at 8:26 vm |
Wonderlik! Ek is net so trots op jou.
Klou maar vas aan die positiewe gedagtes in daai ry by die lisensiekantore…
Junie 20, 2008 at 9:04 vm |
Ek wil ook 17 dae van saamwees hê
– maar dit sal moet wag vir die tyd tussen Kersfees en Nuwejaar en ek sal maar probeer kyk hoe ek 5 dae na 17 laat voel.
Helge sê altyd as ek op ‘n dag ‘n tantrum gooi, voel daai dag soos ‘n week – See, there are ways…
Junie 20, 2008 at 9:42 vm |
Hel dit is depressing om van ander se vakansieplanne te lees! Ek sit hier en ruik daai bosveld! Lekker beplan, partykeer is dit net so lekker soos die vakansie self.
Junie 20, 2008 at 9:52 vm |
Hoe lekker klink dit. Niks so lekker soos ‘n bosveld vuurtjie met al die nag geluide en die skoon oop lug!! Die sterre is so mooi in die bosveld!! Sterkte vir die lisensie kantore!
Junie 20, 2008 at 11:31 vm |
Operasie lisensie suksesvol afgehandel. 45 minute uit en tuis. Ek dink dit moet een of ander rekord wees.
Junie 20, 2008 at 12:27 nm |
Hoera vir positiewe denke! Jy sien, selfs ek het hier gesit en gedink: Jaco gaan sommer vinnig deur daai ry beweeg… Whoo-hoo!
Nou gaan jou naweek ekstra lekker wees. Geniet!
Junie 20, 2008 at 12:30 nm |
Dellie, jy is so pas aangestel as die Afrikaanse blogosfeer se eie Tim Robbins. Whatever jy gedoen het, dit werk.
Die naweek lyk voorwaar belowend
Junie 20, 2008 at 1:07 nm |
Julle twee moet julle vakansie geniet! LEKKER NAWEEK VIR JULLE TWEE!
Junie 20, 2008 at 1:29 nm |
Sjoe, daai vuur lyk lekker. Weet julle hoe bleddie koud en nat is dit in die kaap!? Ek wens ek kan bosveld toe gaan. Geniet dit!
Junie 20, 2008 at 1:40 nm |
Ek is bly oor alles – maar vertel my net wat het jy, of het jy gedoen om binne 45 minute ‘n lisensie te hê?????? Is dit wie jy ken of wat jy ken of eenvoudig jou looks?? (no pun intended krista)????
Junie 20, 2008 at 1:54 nm |
Nee wat ou pikkie. Ek het maar soos al die ander mense in die ry gaan staan, my geldjie betaal toe ek voo kom en my lisensie gekry.
Miskien moet ek net weer noem dat ons praat van die kar se lisensieskyfie, en NIE my bestuurslisensie nie
Junie 20, 2008 at 2:22 nm |
Wat sal ek nie nou wou gee vir so ‘n ou vuurtjie nie…
Junie 20, 2008 at 3:35 nm |
Die bosveld klink vir my na ‘n plan en ‘n half! Lucky fishes!
Junie 20, 2008 at 4:20 nm |
Dit klink so lekker.
Junie 20, 2008 at 5:26 nm |
Die vakansie is op ons. Hoera! Ek sal julle later amptelik ‘n aangename wegbreek toewens.
Junie 20, 2008 at 6:30 nm |
Sterkte vir die week!
Bosveld toe …. dit gaan baie baie lekker wees!
Junie 20, 2008 at 6:34 nm |
Mag julle ‘n heerlike morsige lekker vakansie he!! Ja, ja, ons is almal jaloers!!!
Junie 21, 2008 at 3:54 nm |
Nou waar heen is julle oppad, waaaaai Bosveld …. miskien verras ons almal julle
Junie 21, 2008 at 11:12 nm |
Ek hou van vakansies in die winter. Oorsee ook. Iets in koue laat my ontspan. As ek te warm kry is ek gewoonlik bedonderd ook. Geniet die rus.