Voor ek begin, laat ons sommer by voorbaat die volgende uit die weg ruim: ALMAL laat van tyd tot tyd ‘n ou windjie. As jy een van daardie neus-in-die-lug-tipes is wat weier om te erken dat jy ook soms poep, moet dan nie verder lees nie en gaan poep verder om die hoek.
Vir my bestaan ‘n poep uit 3 dele:
- Veilig/onveilig (moet ons jou in die tuin met die hosepipe afspuit of was hy droog?)
- Klank (hoe klink jou poep?)
- KLANK (huur jou vrou/man jou aan Afghanistan uit as hulle biological warfare gasvervaardiger of ruik joune na laventel?)
My saak vandag is met no 2 = Klank.
Afhangende van hoe jy sit en hoe jy knyp, klink dit wat by jou onderkant uitkom, nie sommer dieselfde nie. O ja, en WAAR jy sit (tuis of openbare troon) maak ook ‘n verskil.
Ek het al die volgende waargeneem:
Hy kan laat los word soos ‘n mishoring sodat hy bulderend in die gang afstorm en hoef(poep)spore op die plafon los (alles in een go).
Of soos die sokkerondersteuners uitasem op die vuvusela’s blaas om genoeg wind bymekaar te kry om darem ook gehoor te word.
Hy kan natuurlik ook so geknyp word dat hy nie ontsnap nie en dus opborrel na jou brein toe sodat jy vir die res van die week kak gedagtes ontwikkel.
Of klink soos ‘n masjiengeweer se ratta-tattatt en almal om jou slaan dekking om uit die koeëls se pad te kom.
Fyn en op ‘n hoë noot soos lug wat uit ‘n ballon gelaat word laat my altyd giggel.
So natuurlik en tog so sosiaal onaanvaarbaar . . .
Winderig Maré
Junie 22, 2008 at 8:12 nm |
Gie gie …… weet jy wat laat my soms wonder? Wanneer het jy die eerste keer ‘n poep gelos voor jou vrou of geliefde!! Dis vandag sommer alledaags …. maar wat het gebeur dat jy meer selfvertroue gekry het om dit sommer openlik te doen
Ek jok NIE … maar dan kuier ek ‘n naweek by my skoonouers en los daar die alle verskriklikse, volksvreemde poep in die kamer, dan hol ek uit en gee my vrou al die skuld wat dood rustig le en slaap. dis onnodig om te se dat sy woedend is vir my, maar alle vingers wys na haar!!
Junie 22, 2008 at 8:24 nm |
Junie 22, 2008 at 9:30 nm |
Goeie vraag wat jy daar vra Eben…
Baie snaakse inskrywing hierdie… (maar ek poep nooit nie… gie gie gie)
Junie 22, 2008 at 9:59 nm |
Ek het nou SO gelag dat Liefie sy playstation gelos het (en dit wil nogals gedoen word!) en kom saamlees het!
Dit is skreeusnaaks, dankie!
Junie 23, 2008 at 6:42 vm |
Nooit nie NetJane??
Het jy nie iewers ‘n sussie wat rondloop in die heelal??
Junie 23, 2008 at 6:47 vm |
O jaaaaaaaa Jaco/Krista, en moet die met julle deel …. Kyk my suster gee nie ‘n duiwel om of sy ‘n ligte eennetjie los …. tot baie groot verleentheid van my vrou. Dis as so dat Marilee (my vrou) nie meer saam haar winkel toe wil gaan.
Wat gebeur die een dag is hulle kuier vir ons in Nelspruit en Marilee en sy is na die plaaslike Spar. Daar loop hulle deur die rakke tot by die vleis afdeling, maar Marilee loop so tree of twee vooruit. Sussie los so geoefende een en roep na Marilee en se sommer hard aan haar ” …. Marilee dink jy regtig ons moet van die hoender koop, ruik bietjie iewers is van die vleis af” Onnodig om te noem Marilee was hoogs ‘verontwaardig!!” ….
Junie 23, 2008 at 7:42 vm |
Eben, as ek in die winkel my ma aan die arm vat en sê: “loop vinniger”, dan moet sy weet daar was ‘n poep wat homself nie laat vasknyp nie!
Dan sal ons later terugkom as daar dalk iets in daardie rakke was wat ons wou gehad het!
To err (fart) is human!
Junie 23, 2008 at 8:16 vm |
Ek bly saam met 4 mans in die huis…. say no more!!
Junie 23, 2008 at 8:30 vm |
Whahahaha,
*snork* *poep* *snork* whahahaha.
Ek bly ook in ‘n uiters ‘gasvrye’ huis!!! Is dit nie ironies hoe ‘n mens ‘n babatjie aanmoedig om te burp en te poep nie, net om hulle weer te vermaan om ‘askies mense’ te sê!!! Hierdie inskrywing laat my aan een van Leon Schuster se movies dink, kannie onthou watter een nie, toe Willie Esterhuizen die enorme poep in die vliegtuig gelos het vir ‘Volk en Vaderland!’ .
Junie 23, 2008 at 8:55 vm |
Ja Reisiger,
Ek het twee mans in die huis. Een goed ge-oefen, die ander in “training” – en tussen die twee ek en die girls – dis vreesaanjaend!!!
Dankie Maré’s, dit was nou net die giggels vir n Maandag more.
Junie 23, 2008 at 9:21 vm |
Jy weet wanner jy weet dat jy in ‘n truly committed relationship is? Die dag wanneer liefie nie meer homself verskoon met ‘iets gaan kry om te drink’ of ‘kyk of die woefie toe is’ en uit die bed uitspring om te wind nie – nee wat, daai dag wanneer hy sommer maar ‘let go’ en jy in refleks die duvet tot styf onder jou ken intrek en hy ruk hom af en wil sy g@t aflag daaroor…
*pffffffffffffffffffffft*
Junie 23, 2008 at 9:52 vm |
Het die lekker lag nodig gehad!
Junie 23, 2008 at 11:46 vm |
Wat my stom slaan is dat harde poepe nie so `n erge klank los soos `n stille wat soms deur glip nie. Soos hulle sê: Silent but violent! Hehe
Junie 23, 2008 at 12:07 nm |
Sagte poep ruik altyd. Daai harde een wat voel of jou ribbes en ingewande vibreer ruik gelukkig nooit, alhoewel die hele wêreld weet dat jy gepoep het.
Jaco: Die pos het my dag gemaak.
Junie 23, 2008 at 12:44 nm |
I don’t fart or burp- that is why I bitch, otherwise I’ll explode!
Junie 23, 2008 at 1:05 nm |
Julle moet hierdie spul Koreane beleef! Geen skaamte nie…hulle loop kliphard en poep wanneer hulle wil en so hard as wat hulle wil! Ek wil my altyd doodlag, maar eers doen ek die “veg of vlug” aksie (natuurlik vlug ek) voor ek begin lag!
Almal poep skelm, of jy dit nou wil erken of nie!
Junie 23, 2008 at 1:10 nm |
@ RF..hehehe silent but violent. Ek het nou soooo lekker gelag.
Junie 23, 2008 at 1:12 nm |
Junie 23, 2008 at 1:13 nm |
Ek kon om die dood nie vandag ‘n silwer, never mind goue, randjie agter die wolke sien nie, maar ten minste lag ek weer!
Junie 23, 2008 at 1:41 nm |
Hier is ek weer!!! Whahahahahahahahaha!!!!
Junie 23, 2008 at 3:22 nm |
Lekker windverwaaide inskrywing. BB ek het jou comment geniet!
Junie 23, 2008 at 3:27 nm |
Ek gaan ok niks sê nie. Sal maar saam lag.
Junie 23, 2008 at 3:33 nm |
Jip, ek bly ook in ‘n huis waar die silent killers volop is! Hier kry Snippie altyd die skuld vir die geluidlose killers!
Junie 23, 2008 at 3:38 nm |
Whahahaha! Dankie Wintie, dis nou net wat ek nodig gehad het na ‘n verskriklike dag sover!
Iemand het mos erens ook iets gesê van as jy nie poep nie, hol dit teen jou ruggraat op en sit om in kak gedagtes?
Maar ek poep ook nie… hard nie…
Junie 23, 2008 at 3:50 nm |
O, nou onthou ek, dit was JY wat dit gesê het!
Junie 23, 2008 at 3:53 nm |
Whahahaha – ai, ek skater nou van die lag!!!
As julle nou ‘n poep met ‘n reuk wil ervaar – kry vir jou ‘n Boston Terrier! Goeie donner, daai honde word mos sonder ‘n swaaiende stert gebore, wat die boelzaai natuurlik lekker oop laat, en ‘n poep vrye teuels gee!! Nou het ons twee Boston’s – en ‘n BAIE gerieflike verskoning vir manlief om maar te laat waai! Maar hy fool my nie – sy poepies ruik na parfuum teen daardie twee brakke! Los my natuurlik letterlik met ‘n bitter smaak in die mond – maar soms net soms – nou ja, moet ek ook maar van die “geleentheid” gebruik maak!
Junie 23, 2008 at 4:03 nm |
Whahahaha René, ons het presies dieselfde probleem met die Bulldog. Geen stert om die ding se spoed te breek nie! Maar moenie die worsies weggooi nie, phew! Kompleet soos ‘n mengsel van uintjie en skerjoen wat gelê en gis het.
Mamma reken natuurlik as ek bietjie biltong in die lyf het, dan is die reuk om van dood te gaan. Ek sal nou wragtag nie weet nie, en ek gaan ook nie lank genoeg rondhang om uit te vind nie
Junie 24, 2008 at 8:27 vm |
Lol @ Narrie!
Julie 28, 2008 at 2:36 nm |
[...] 28 07 2008 Krista se inskrywing oor die klank van ‘n poep het my laat dink aan my gasvrye familie. Ek poep nie voor mense [...]
Augustus 6, 2008 at 1:06 vm |
lol, daar in inspireer julle my om ‘n post oor…poep te maak. dankie