. . . Nelspruit’s a bummer . . .

%W#!$*!@^%#$!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lyfie was vroeg vanoggend in ‘n ligte fender-bender betrokke in Nelspruit. Nie veel skade nie (dis nou op Lyfie), maar Koos het bietjie seer gekry. Hy is besig om die wheel-strut en bande laat vervang en R2000 later behoort hy reisvaardig genoeg te wees om by die huis te kom.

Ek vermoed hy was bietjie bang om my te bel en te vertel daarvan. Of miskien was hy verlig dat hy so vêr is en dus buite bereik . . . :wink:

Maar belangrikste van alles is dat Lyfie veilig is, en Lyfie is oppad huis toe. EN dis nog net 1 week voor ons verlof begin! Jiiiiiiiiiiippiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeeeeeee! :grin:

Krista

18 Responses to “. . . Nelspruit’s a bummer . . .”

  1. rb Says:

    Was dit nou bietjie feesgangers?
    Bly om te hoor hy is ok.

  2. Krista Says:

    RB, ek hoop nie so nie. Dit was darem vroeg oggend en nie naby enige koppie nie . . .

  3. Paula Says:

    Ek is bly hy het ongedeurd daarvan afgekom!
    Sterkte!

  4. Koeksuster Says:

    Ag, ek is bly hy het niks oorgekom nie.

    Laat n mens nou al die pad Laeveld toe moet neuk om n ongeluk te he. Daar is soveel opportunities right near home…

    r

  5. demoerin Says:

    Goed hy is ok! Hy moenie die feesgangers probeer uithaal nie! :lol:
    Blah, blah, blah oor die vakansie!

  6. boendoe Says:

    Aaag, shame, man! Bly hy is okay. En whe!! My honeymoon begin ook oor ‘n week… :wink:

  7. Wipneus! Says:

    :shock: Gelukkig is hy veilig Krista!! Toemaar hang aan, oor ‘n week het julle lekkerrr verlof, lekker rus, die “lazy life” :razz:

  8. Pikkelik Says:

    Oor ‘n week is julle met verlof en wonder julle hoe op aarde alles darem in so ‘n kort tydjie kon verkeerd gaan. Julle sluk julle Coke, lag julle asems uit en lê styf in mekaar se arms en dank die Vader dat julle weereens vir mekaar gespaar is… Sterkte daaikant!

  9. BB Says:

    Oops!! Eina! Dis lekkerrrrr om so uit te sien as liefies op pad huistoe is, nê… (en lepellê met ‘n warmwatersakkie is maar nie dieselle nie, of hoe Vriending?!) :mrgreen: x

  10. Da Mario Says:

    As ek so kwaai vrou gehad het sou ek bly gewees het die ou ongelukkie het iewers anders gebeur!! ;)

  11. Krista Says:

    DM, ek is nie kwaai nie, ek vat nettie k@k nie! GROOT verskil! :wink:

  12. meermin Says:

    Bly hy is darem ok! Lekker naweek vir julle.

  13. Sonkind Says:

    As my Liefie my runxie stamp, dink ek nie hy sal huis toe kom nie :lol:

    Bly om darem te hoor jou Lyfie is veilig en Koos lyk ook nie te sleg nie!

  14. Sonkind Says:

    As my Liefie my runxie stamp, dink ek nie hy sal huis toe kom nie ;-)

    Darem bly om te hoor jou Lyfie is ongedeerd en Koos lyk ook nie te sleg nie!

  15. alta Says:

    Ja toe vryf nou daai verlof ding goed in!! :D

  16. René Says:

    Pheewww – ek is bly Jaco is oraait!!

    Was dit nou nodig om vanoggend oor verlof te praat? Ek sukkel nog om aan te pas na ons kort wekie se verlof, dit was sooooooo lekker om net niks hoef te doen nie en tyd saam te spandeer!!!!!!

  17. demoerin Says:

    Verlof klink vir my op die oomblik soos die soektog na die holy grail…. ‘n wonderlike belofte iewers daar in die toekoms….

  18. Eben Says:

    Liewe aarde mense !!! Nou waar in Nellies Jaco!!!

Leave a Reply