Wosonki en kie gaan maar bitterlik stil wees met rukke so oor die volgende paar weke. Ons lewens is op hierdie stadium ‘n logostieke nagmerrie, en ons bankrekening is tot rampgebied verklaar.
Dit is tog snaaks hoe al die besittings wat jy met soveel sorg en ywer versamel somtyds die vermoë het om jou lewe in ‘n nagmerrie te verander sodra die delikate balans versteur word.
Laasweek se Nelspruit uitstappie, en meer spesifiek die ontydige en onbeplande ontmoeting met die voorkant van ‘n bakkie het die balans van ons bestaan versteur, en nou is die hel los. Die bakkie moet gediens word voor ons met vakansie gaan, die kar se versekeringseis moet afgehandel word sodat die kar herstel kan word terwyl ons met die bakkie op vakansie is, maar tot ons vakansie begin het ons nog albei voertuie nodig. Muffin die resiesbulldog het haarself beseer en moes vanmore in onderstepoort opgeneem word vir ‘n klein operasie. My inboksie loop oor van sakies wat my aandag verg, skoonma hulle is weg see toe met vakansie en ons sit met die hele huishouding. Die baas probeer sy bes om my so te oorlaai met werk dat ek nie kan verlof neem nie, my glyconutrients word more afgelewer en moet getoets en betaal word, . . . (diep sug) . . . en al waaraan ek kan dink is dat daar nog net 5 dae oor is voor ons verlof begin.
Derhalwe skuld ek onder andere dievolgende mense verskonings
Chaos – sorry. Ek ignoreer jou nie, ek wil baie graag met jou notas vergelyk. Miskien is dit weer tyd vir ‘n ou brekfissie of so?
Wipneus en Teddy, baie lekker om julle te ontmoet Saterdag. Anja en Didi, Koeks en Johan – goed om julle weer te sien. BB, jou lyrics is steeds amazing. Moenie moed verloor nie, onthou die crowd was nou nie wat jy kan reken as ideaal nie, but you will get there. Jammer ek was op my eie planeet. Ek skuld julle and I will make it up to you.
Jaco
Junie 30, 2008 at 1:56 nm |
Sterkte vir julle…. Aarde ek wil ook my bedanking indien…. ek’t genoeg gehad van die grootmenswêreld… Nog darem net 5 dae vir julle!
Junie 30, 2008 at 2:46 nm |
Sjoe, fokkit is die enigste woord waaraan ek nou kan dink. Sterkte is ongelukkig ook die enigste hulp wat ek kan bydra…maar ai, as daai vyfde dag eers aanbreek!
Junie 30, 2008 at 3:13 nm |
This too shall pass, of so sê hulle.
Junie 30, 2008 at 3:35 nm |
V-A-S-B-Y-T-! As julle weer kyk, is al die drama agter die rug, en dan huppel julle weer vorentoe!
Junie 30, 2008 at 3:36 nm |
“Muffin die resiesbulldog… ” kannie help om te smile oor daai prentjie nie!
Nog net so bietjie uithou, dink net, volgende week hierdie tyd….
Junie 30, 2008 at 4:05 nm |
Die gluconutrients is al genoeg om enige bankrekenig leeg te maak!
Voorspoed, die stormwinde gaan gewoonlik ook lê.
Junie 30, 2008 at 4:26 nm |
Sterkte Jaco, een van die dae gaan dit beter!
Dit was vir ons net so lekker om julle te ontmoet!
Ek het lekker gesmile, mens se besittings veroorsaak soms ‘n nagmerrie!
Dit kos jou ook nog ‘n fortuin om hierdie besittings te verseker, want of hulle steel dit onder jou oë uit of die bakkie ry nie soos jy wil hê hy moet ry nie, hy foeter al verkeerde kant toe…. net om homself te beseer. Dan moet jy weer ‘n klomp geld uithaal om jou besitting te herstel. Mens kan nie wen nie.
Dis amper rustyd, byt nog net so klein bietjie vas!
Junie 30, 2008 at 8:35 nm |
Liewe aarde …. Jaco ek stem volkome saam. As mens op verlof gaan is dit altyd een of ander krises wat eers uitgesolteer moet word. Ek haat dit natuurlik op onder soveel druk verlof te neem.
Vrou spot altyd met my, want ek slaap die eerste paar dae totaal my allie af, maar Boeta as ek daar wakker word, is dit ‘groot gaan’
Byt vas julle twee en gee die reisies-Bull ‘n drukkie van my teef af!
Julie 1, 2008 at 6:48 vm |
Eben, ek dink nie Muffin bat vir die ander span nie, so dit sal ‘n drukkie van jou reun moet wees . . .
Julie 1, 2008 at 8:36 vm |
Oi! Sterkte julle tweetjies! Ons weet julle sal hierdeur ook kom – julle is twee baie sterk kalante!!
Dink aan julle hoor!!
(((((JACO & KRISTA)))))
Julie 1, 2008 at 8:42 vm |
I love you anyway al is jy nie altyd ‘all there’ nie
Julle 2 Allermooistes mean the world to me!! xx
Julie 1, 2008 at 9:34 vm |
Dit was so lekker om julle te sien Saterdag – al die ander dinge is bysaak!!
Ek en Johan het heerlik saam met julle gekuier.
R
Julie 1, 2008 at 11:17 vm |
Sterkte vir julle!
Julie 1, 2008 at 11:44 vm |
Ek sou oorspronklik ook daar gewees het Saterdag maar daar het so ietsie tuis gebeur en ek moes toe maar wegkruip! Dalk ‘n volgende keer!!
Julie 1, 2008 at 1:38 nm |
4 days and counting…hoop die lig is al bietjie helderder aan die einde van daai tonnel! Ek het gecheck, dis nie ‘n trein nie! Dis julle vakansie wat julle soek met ‘n flitslig!
Julie 1, 2008 at 1:46 nm |
Hou moed, verlof is in sig!!