Om ‘n pienkvoet aan te neem al dan nie.

Ons (onsuksesvolle) pogings om swanger te word is teen die tyd al alombekend, maar so rukkie gelede het ons ‘n ondervinding gehad wat ons beide in ‘n allemintige knoop gehad het. Vanuit die bloue lug is ons genader deur iemand wat ons skaars ken om hulle toe nog ongebore babatjie aan te neem. Wat ookal hulle redes was is nie hier ter sprake nie. Wat wel ter sprake is, is dat in die lig van ons omstandighede dit iets was wat ons ernstig moes oorweeg, en glo my ons het.

Vir 2 of 3 dae lank het ons nagte om redeneer, begrotings opgestel, vergelykings tussen voor en nadele getrek, dagmoeders en kleuterskole nagevors, die hele kaboedel. Maar op die ou einde moes ons die mamma laat weet dan ons slegs aanneming sal oorweeg as laaste opsie as en wanneer ons self nie meer ‘n kans het om swanger te raak nie. Die hele episode het egter ‘n paar morele kwessies vir ons oopgekrap wat steeds bly spook.

Eerstens, veronderstel die aannemings geleentheid was inderdaad ons laaste kans om ‘n pienkvoet te he? Hoe simpel gaan ons nie lyk dat ons die geleentheid van die hand gewys het nie? Tweedens, dit moes ‘n ongelooflike hoeveelheid moed van die mamma geneem het om ons so te nader, net om haar hand in die as geslaan te kry. Die feit dat daar nog bitter min kontak daarna was, maak ons ongelooflik sleg voel.

Ons het werklik bietjie leiding nodig oor hoe om die situasie te verwerk. Enige idees?

Jaco

31 Responses to “Om ‘n pienkvoet aan te neem al dan nie.”

  1. meermin Says:

    Ek kan maar net vir julle baie baie sterkte!! Julle behoort te weet van die vrou in DAAN DE WET NEL RYLAAN naby Winternest stasie wat baba’s huisves, soms weggooi baba’s. Gaan loer in by haar, sy is Rina Malan mens lees gereeld van haar in RECORD. Sy is naby die A P K Kerk, en het so groot bord op, naby haar hekke is so groot swart tyre.

    • Zelda Says:

      Waar presies is hierdie plek, ek en my man is opsoek na ‘n blanke baba dogtertjie om aan te neem. As ek die dorp en straat naam het sal dit regtig baie help.

  2. Tersia Says:

    Ek kan net vir julle bid. Maak dit ook ‘n groot saak van gebed! Baie sterkte, lief julle!!

  3. boendoe Says:

    Ag, Jaco. Ek dink daai mamma voel ook maar erg verlee. Jy moet onthou, dit het dalk moed van haar kant geverg, maar sy sou dit nie gedoen het as sy nie 100 % oortuig was dat jy en Krista die beste ouers vir haar bloedjie sou wees nie. Dis ‘n tricky een. Hoe gee enige ma haar kind weg en kyk nog die wereld in die oe? Dis dalk hoekom daar nie juis kontak daarna was nie/

    Maar ek voel dit aan my water dat julle eie pienkvoet nog gaan kom.

  4. Koeksuster Says:

    Laat julle harte julle lei. Daar is baie meer aan n “gut-feel” as wat n mens besef – It’s God’s way of making his voice heard in a loud world.

    Ons bid – elke dag- vir julle eie pienkvoet!

    R

  5. RB Says:

    Dit is voorwaar ‘n moeilike besluit en ook vir die mamma wat besef dat sy dalk nie self opgewasse is nie (wat ookal haar redes).
    Sterkte!!

  6. Rustig Says:

    Jaco ek dink dit is ‘n groot kompliment as iemand sommer so na julle kom en so iets vra. Dit wys net die persoon weet dat sy julle kan vertrou en haar klein ding in goeie hande sal wees.
    “Life is a gift from God” Niemand kan vir julle die besluit neem nie, maar ek glo julle sal weet wat om te doen. Sterkte!

  7. Paula Says:

    Ek bid dat God julle sal lei in Sy wil en dat julle daarin sal berus.

  8. Dellie Says:

    Dis ietsie wat julle net self oor kan besluit. My beskeie mening? Julle het SOVEEL liefde wat julle WIL gee vir ‘n pienkvoet – gestel julle neem wel enetjie aan, en na ‘n paar jaar kom julle eie ene – ek dink nie julle sal onderskeid tref tussen hulle nie. Dit sal net julle gesinnetjie meer volledig maak. ‘n Kind is ‘n gift wat vir mense soos julle gegee moet word. Mense wat ‘n pienkvoet SO graag wil hê. Julle harte sal wel die regte besluit neem.

    Maak nie saak hoe nie, ek sal nog steeds volunteer om kousies te brei – onthou, ek brei baie ekonomies – dit rek vir jare saam met elke was! :wink:

  9. elmien Says:

    My gebede is met julle!!! Sterkte!

  10. Pikkelik Says:

    Ek weet en glo dat julle dit vooraf ‘n gebedssaak gemaak het. Dan weet julle mos dat julle reg gedoen het… En dit verseker ek julle, as dit beplan is dat julle ‘n babatjie moet hê, biologies of aangeneem, sal dit op die REGTE tyd gebeur. Bly maar net op julle kniegies en vertrou julself en jul Vader. Sterkte… (ek kannie brei nie, ek sal dit vir Dellie los, maar ek het nog baaaaie hand-me-downs… Laat weet net, ek gooi dit innie pos!)

  11. Zee Says:

    Jaco en Krista,

    Ek dink julle sal wel die regte besluit neem, en soos Dellie hierbo sê, as daar wel later ‘n klein mensie kom, sal julle geen onderskeid tref tussen hulle nie….

    As ek julle was sou ek dit doen, veral omdat ek weet dat jy wel hierdie mensies kan lief hê asof dit jou vlees en bloed is.

    Baie sterkte vir die regte besluit wat julle wel sal maak!

  12. demoerin Says:

    Al wat ek kan sê is vertrou julle instinkte. Die eerste gedagte of besluit is dikwels die regte een. Jinne tog, lyk my julle wil nou oor al die hekkies op een slag spring….een op ‘n slag mense! Ek raak sommer moeg vir julle part. :lol:

  13. Wipneus! Says:

    Ek stem saam Rustig, wat ‘n mooi kompliment, dat die mamma haar baba aan julle wou gee.

    Maak nie saak wat julle besluit nie, ek weet julle gaan baie goeie ouers wees.
    Sterkte met julle besluit!

  14. Pagoda32 Says:

    Hey Jaco

    ‘n Kind is ‘n lewenslange commitment. Dis gewoonlik iets wat mens uit die oog verloor wanneer die nood druk en mens ten alle koste ‘n klein baba van jou eie wil he. Ek dink julle het fantasties gedoen deur die geleendheid van die hand te wys. Koeksuster is reg…luister na jou gut-feel.

    Daar is iets wat my sou pla as julle dit sou doen, en dis die feit dat julle die ma ken en dat sy sou weet wie julle is en waar haar kind is. Niks sou haar stop om sommer so eendag daar uit te val en ‘n teetjie te kom nuttig nie. En dit terwyl jy juis die confusion vir die kleinding so min moontlik probeer hou. Welgedaan…

    As mens nou rerig oor daai kerf beweeg waar dinge nou baie beroerd beginne lyk, dan neem jy aan, van ‘n plek wat geensins kontak hou met die oorspronklike ouers nie.

    Net ‘n ander tip…los jou budgets uit die verhaal uit. Kinders het ‘n “knack” om ‘n gat in jou budget te slaan en terselfdertyd weer op ander gate in die budget toe te stop. Jy’t reeds genoeg vir ene, kan jou amper ‘n brief gee.

  15. alta Says:

    Jaco en Krista,
    Ek wil net ietsie sê en dan bly die besluit nog steeds jul eie. Ek het ‘n vriendin gehad wat ook soos julle nie kon swanger raak nie en toe besluit om ‘n baba aan te neem.
    Omtrent ‘n jaar daarna het sy swanger geraak en geboorte gegee aan ‘n pragtige dogtertjie.
    Dokters reken dat die oomblik toe sy die baba in die huis het, dit haar aandag om swanger te raak verlei het en die angstigheid was nie meer daar nie.

    Net miskien!!

  16. Eendjie Says:

    Wow! Ek sou daai aanbod aanvaar het sonder om eens twee keer te dink!! Maar mense verskil, dis julle lewe en julle besluit. Sterkte.

  17. René Says:

    Jis dis ‘n moeilike ding die! Ek dink nie mens sal OOIT finansieel reg wees vir ‘n kind nie, tensy jou naam Brad Pitt en Angeline Jolie is – op die ou end “cope” mens net! Vir my is dit baie belangriker om emosioneel reg te wees vir ‘n baba!

    Ek gaan nie sê wat julle moet of nie moet doen nie – ek gaan net bid dat jul die regte besluit neem vir alle betrokke partye en dat jul daarna met jul besluit sal kan “cope”!

    Sterkte julle tweetjies!! ((((J&K))))

  18. rosalindfranklin Says:

    Ek het nie die kennis om raad te gee hieroor nie. Ek wil maar net se ek was hier en dink aan julle. Dis ‘n moeilike ene, maar ek glo julle sal weet wat om te doen.

  19. Eben Says:

    Jaco, na Steyn se geboorte, is daar genoem dat ons nie nog kan kinders he, agv vrou se gesondheids toestand. Op ‘n staduim het ek ook begin navrae doen, en my paadjies het gekruis met die mooi kindjie. Ek en vrou het ook maar gestooi in die aande moet ons, of moet ons nie!!

    Ten einde het ons daarteen geskop. Baie mense het aan ons genoem, en asb, dis NIE my siening nie, maar ek deel dit met jou. Gaan die GENE na!! Ekis NIE ‘n kenner in die gebied nie, maar ek het ook al gesien wat gebeur met mense wat kinders aanneem en dan is daar probleme voorentoe agv Gene.

    Maar weer, in meer gevalle is daar weer aanneem konders wat meer omgee vir die aanneemouers as hulle eie kinders en familie!

    Jaco, die keuse is julle s’n, en soos Rene ook noem, geen budget klop ooit met kinders in die omgewing.

    Baie sterkte julle twee

  20. krista Says:

    Update:

    dankie vir al julle raad en kommentaar. Die aanneem van die pienkvoet is nie meer ‘n vraag nie, die swangerskap kon nie voltooi word nie en so is die antwoord wat ons aan die mamma moes gee, uit ons hande geneem.

    Ons het verskriklik baie empatie met die mamma en wat sy verloor het. Al het sy nie kans gesien vir die babatjie se grootmaak nie, is dit nog steeds ‘n verlies en ons het dit aan ons harte gevoel asof dit ons eie was.

    Ons sal egter nie ophou oefen vir ons eie nie! :wink:

  21. alta Says:

    Agge nee. Sterkte aan julle en aan daai mammie. Moet sê sy het ‘n hartjie van goud.

  22. Elmarie Says:

    Jaco & Krista

    Julle pad is n pad wat vir my baie bekend is. Dis is n pad wat hulle op julle knee moet loop. Kom ek vertel julle ons storie.

    Ek en my man is al 10 jaar getroud. Ons het wel uitgevind dat ons nie self sal kan swanger raak nie, so saardie besliut is vir ons geneem. Ons het toe ook gewonder en wel besluit dat aanneming vir ons die regte ding was. Dit was n lang pad. Na 5 jaar jet ons daardie wonderlike oproep van ons aanneem agentskap af gekry en 4 dae voor Kersfees kon ons ons seuntjie gaan haal. WOW. Dit was amazing. Ek dank God elke dag vir hom en ons begin weer die pad loop om vir hom n boetie of sussie aan te neem, maar dit blyk moeiliker as die eerste keer te wees, want die agentskappe doen nie tweede aannemings nie en ons moet nou die privaat aannemings roete volg. Ons bly op ons knee en vra God om dit te seen.

    Ons ken deur die proses verskeie mense wat kinders aangeneem het en hierdie kinders is almal ongelooflik spesiaal en glo my erg bederf! Daar is ook gesinne in hierdie kringetjie wat wel later hulle eie kinders gehad het en vir hulle was dit n wonderwerk om twee pienkvoete te kan he.

    Vir die Biologiese Mamma’s wat hierdie moeilike besluit maak kan ons as Aanneem Mamma’s net se: “Dankie julle is ons super hero’s”

    Ek bid vir julle en ek weet dat GOD in sy almagtigheid julle sal seen.

    Groete

  23. Sarette Says:

    Ek wou net sê dat ek my hoed afhaal vir jul. Ek en my man probeer ook al baie lank en het ook nou op aanneeming besluit. Almal sê vergeet daarvan dit sal kom, maar hoe vergeet jy regtig as jy so baie babas sien om jou. Sterkte vir julle mag God jul lei en beskerm.

  24. Christel Says:

    Hi Jaco,

    Kom nou eers op die artikel af, hoop ek is nie te laat nie. Ons is desperaat vir ‘n klein pienkvoetjie (so desperaat dat ek op die internet soek na mammas!!!), het die mamma al iemand gekry om haar baba aan te neem? Indien nie of as julle weet van iemand anders laat my asb weet?!?! Innige dank! Christel

  25. Krista Says:

    Christel, ongelukkig het die mamma die baba verloor voor dinge te ver gevorder was.

    Miskien moet jy maar kontak maak met die ongehude moeders-tehuise (ek kan nie glo daar bestaan nog sulke plekke nie!).

  26. mariette Says:

    Ek kom vandag toevallig op julle pos af, na ‘n Google search oor “aanneming van babas”. Ons probeer al ‘n paar jaar baie hard om ‘n baba aan te neem en is reeds as geskikte ouers gekeur deur privaat maatskaplike werkers wat aanneming behartig, maar tog geen baba nog….
    In my kas is ‘n sak met baba kleertjies en benodighede vir die dag as die wonderwerk gebeur, en ek haal dit soms uit om na te kyk, sommer uit verlange na ‘n kleinding van ons eie..

    Weet dit klink seker baie reguit, maar ons bedoel dit net uit ons harte uit om te vra:
    Het daardie mamma toe haar baba laat aanneem, en is daar dalk ‘n manier is om haar te kontak..?

  27. Ronelle Says:

    Ek kom ook nou net af op hierdie website. ek en my man s ook al amper 9 jaar getroud en het 7en half jaar terug ‘n miskraam gehad en sederdien nog nie weer swanger geraak nie. ek was al 2 keer vir laporoskopies en hulle het gevind dat ek endometriose het en dat my falopian tubes geblok is. ek gan 3 julie (hierdie vrydag) weer dokter toe vir ‘n 3de opinie.

    ONS SMAG DAARNA OM ONS EIE PIENKVOET IN ONS ARMS TE HOU EN GODVRESEND GROOT TE MAAK.

    ons weet dat God bly getrou en Hy is die Skepper van lewe en elke mens se geboorte is in Sy bekwame hande. so dis pesies waar ons dit los. in God se bekwame hande.

    ons wag (on)geduldig op die Here.

    Dink aan julle almal hier wat ook smag na ‘n kind van julle eie en bid vir julle.

    Alle eer aan God!!!

    Liefde
    Ronelle

  28. Rene Says:

    Ek is bitter graag opsoek na iemand wat my kan help om ‘n bondeltjie liefde en geluk aan te neem?
    kan iemand my dalk help?
    dalk weet iemand van iemand wat eerder wil gaan vir ‘n aborsie, moenie asb ek sal die bondeltjie van God vat en hom as my eie groot maak.
    Ek het reeds ‘n dogter van 5jaar en sy en ek en my man smag met ons hele harte vir ‘n boetie/sussie?
    ASSEBLIEF!!!!!!!!!!!
    Laat weet my asb op: renenel1987@gmail.com

  29. Rene Says:

    As niemand daarmee kan help nie kan iemand my dan enige goeie raad gee van swanger word want ek is moeg om te sukkel.
    Waarheen kan ek gaan vir behandeling en wat gaan dit my kos?

  30. Noelene Says:

    Ons verhaal is baie soos Rene s’n. Ons is 21 jaar getroud, 9 jaar gelede het ons ‘n pragtige babatjie seuntjie aangeneem deur SKDB, maar ons pragtige seuntjie het besluit dis nou tyd vir ‘n baba-sussie. Ons is September 2009 terug na Fem-Spes. Ek het die die soveelste keer ‘n Laparoskopie gehad. Ek het met hoopvolle gedagtes wakker en dokter gevra wat is my kans. Hy het vir ons ‘n bietjie hoop gegee, maar ek het in hart geweet dit kan nie so wees nie, want die vorige kere was die antwoord dieselfde. Jou Fallopius-buise is onherstelbaar beskadig. Twee weke later gaan ek terug vir my opvolg en ja… die antwoord is dieselfde. Hy sê jy kan weer gaan vir Inplanting, maar soos ons van die vorige 3x reeds weet het jy ‘n 50/50 kans. My seuntjie is so opgewonde om ‘n baba-sussie te kry, dat hy al vir haar ‘n naam uitgedink het, vir haar speelgoed koop ens. Ons kan nie terug na SKDB nie, want ons het alreeds 1 aanneming deur hulle gedoen en babas is skaars. ASSEBLIEF!! HELP!! Vertel ons 3 waar kan ons gaan aansoek doen vir daardie pragtige baba-dogtertjie om ons gesin te volmaak.

Leave a Reply