Dis vir my ‘n wonder dat ek vir die volle 14 jaar wat ek op die voorbehoedinspuiting (Depo Provera) was, ek nie mood swings gehad het nie. Ek het selde gehuil. Ek het Atilla the Hun ore aangesit as dit gekom het by “gryp hom aan die hare en ry hom bloots” in alle situasies. En noudat ek al 2 jaar nie meer die inspuiting kry nie, verander het in ‘n wandelende-depressiewe-huilende-bondel-hormone.
Ek het bietjie gaan oplees by Wikipedia en die volgende oor PMS en vroulike hormone gekry:
“PMS is a collection of symptoms. More than 200 different symptoms have been identified, but the three most prominent symptoms are irritability, tension, and dysphoria (unhappiness). The exact symptoms and their intensity vary from woman to woman. Most women with premenstrual syndrome experience only a few of the problems. The following symptoms can also be attributed to PMS:
Abdominal bloating
Abdominal cramps
Breast tenderness or swelling
Stress or anxiety
Aggression
Trouble falling asleep (insomnia)
Joint or muscle pain
Inability to finish thoughts
Headache
Fatigue
Acne
Extreme tearfulness
Unpredictable bursts of anger
Mood swings
Worsening of existing skin disorders, and respiratory (eg, allergies, infection) or eye (bulbar disturbances, conjunctivitis) problems
So, ek is nie besig om mal te word nie. Ek kry AL die bogenoemde simptome. En ek is nie alleen nie. Somehow, dink ek, is daar ‘n glips gemaak in hierdie samestelling van ons natuur en hoekom ons hierdeur moet gaan ter wille van voortplanting. Die risiko faktore volgens die artikel is “increasing age”. So dit gaan erger word? Agvokkietoggie, asseblief nie!?!?!?!?!!!!!!
Kan ons nie maar net ‘n knoppie druk en swanger word nie? Dit sal soveel makliker wees en soveel k@k uitskakel. En soveel onwelkome swangerskappe uitskakel. Mind you, dit moet tog asb nie ‘n knoppie wees wat “per ongeluk” gedruk kan word nie.
Ek (ons) moet dus hiermee cope tot ons swanger word, terug op die inspuiting gaan of menopause inskop. Is ek die enigste een op hierdie depressiewe-huilende-bondel-hormone-planeet?
Krista
P.S. Hierdie was Wosonki se 300 ste inskrywing.

Augustus 18, 2008 at 12:49 nm |
Wow baie geluk met julle 300ste!!!! Ek lees altyd lekker hier!
En ek is nog by die increasing age storie ook…. ja verseker “Agvokkietoggie”
Augustus 18, 2008 at 2:08 nm |
Jy is definitief nie alleen nie, ek kan amen sê op elke liewe enetjie en dalk nog ‘n paar noem.
En dit raak erger?????????????
Augustus 18, 2008 at 2:25 nm |
Help my?! ‘Seblief ? Iemand? Lyfie is vreeeeeslik onredelik as sy so is, en kan nie meer al die bloukolle wegsteek nie. Dit is ook baie koud en alleen om in die hondehok te slaap, veral synde dat die honde snoesig in die bed slaap.
Augustus 18, 2008 at 2:34 nm |
Jou bloukolle of myne?
Augustus 18, 2008 at 2:39 nm |
Myne natuurlik!
Augustus 18, 2008 at 2:44 nm |
Bwhaaaaaaaaaahahahahaha! Ou pissie!
As jy saam met die groot honde wil hardloop, moet jy nie kla as die grassies jou pensie kielie nie!
Augustus 18, 2008 at 2:46 nm |
Ek hoop rerig nie dit raak erger hoe ouer mens raak nie, ek gaan dan voor 30 innie tronk sit. PMS is mos vir Pass My Shotgun.
Augustus 18, 2008 at 3:01 nm |
Krista
Ek weet presies hoe jy voel. Ek het nog nooit voorbehoeding gebruik nie, maar ek oorweeg dit sekere tye (so gereeld as klokslag) dit sterk. As jy my baie goed ken sal jy dit in my blogs kan sien. Elke slag in die afgelope tien jaar wat ek getjank het, was dit in PMS tyd.
Augustus 18, 2008 at 5:00 nm |
Jaco al raad wat ek kan gee is dat as dit weer gebeur, pak jy jou tassie en gaan so bietjei alleen Bosveld toe. Liefie kan bel as die storms verby is. Dan kom jy huistoe en maak die meubels weer reg.
Augustus 18, 2008 at 5:20 nm |
As jy ‘n raad uitvind, laat weet my of my mense, kies self, om hemelsnaam….
Augustus 18, 2008 at 6:15 nm |
Die rede hoekom ek nie kon swanger raak nie, was die inspuiting. Wag tot daai gif uit jou gestel is. Ek sal nooit weer die inspuiting gebruik nie (al wil ek beslis nie meer kinders he^ nie).
Augustus 18, 2008 at 7:57 nm |
Geluk met die 300! ‘n Vriendin in menopause sê dat dit wat ons nou ervaar met PMS, verdriedubbel tydens menopause. En elke dag. Behoed my.
Augustus 18, 2008 at 9:26 nm |
Roer
Eish, almal vertel my altyd die inspuiting is die beste ding ooit.
Augustus 18, 2008 at 10:40 nm |
Nee wat ek kry glad nie PMS nie. My kinders en man sal dit beaam, Anders kry hulle pak.
Augustus 19, 2008 at 12:32 vm |
Baie geluk julle!! En daai PMS, eish!!
Augustus 19, 2008 at 9:23 vm |
Ook maar goed ek het nie gister hier gelees nie, sou seker erens iets in jou possie gevind het om oor te tjank!
Vandag lyk al effens beter.
Krista, ek het die Depo inspuiting vir ongeveer 2 jaar gebruik. Toe ek daarmee ophou, het dit 18 maande geneem voor ek eers weer normaal gemenstrueer het. En ek het vreeslik baie gewig aangesit. Ek stem saam met Roer, gee kans dat al daai gif uit jou sisteem kom, dan kom klop jou pienkvoet dalk vinniger as wat jy dink!
me/ bring ‘n paar choccies om Krista beter te laat voel…
Augustus 20, 2008 at 5:27 nm |
My mansmense loop ook soms woes deur
…. maar gelukkig handle hulle dit soos net mans kan doen