Dubbele gelukwense, Anja!

September 14, 2008

Julle is die eerste paartjie wat ons ken wat alles in 3 dae afhandel: trou op die Vrydag, baba-dogtertjie op die Sondag! (Ek dink nie dis wat bedoel word met ‘n honeymoonbaby nie!)

Anja en Didi se Peanut (sy was veronderstel om ‘n seuntjie genaamd Dian Josh te wees, aldus die laaste sonar, so sy het nog nie ‘n ander naam nie) is vandag net na 15h00 gebore in die Bela Bela hospitaal. Twee maande te vroeg en wikkel die skaal op 1.69 kg. Volgens wat ons gehoor het, sal Peanut in die hospitaal vertoef tot sy 2 kg weeg, so jy moet drink suster, drink! Suig, nie blaas nie . . . ! :wink:

Ons gaan heelwaarskynlik Maandagmiddag deurry Warmbad toe as daar dalk van julle is wat ‘n groete-wens of so wil saamstuur.

Welkom in ons wêreld Peanut! Baie geluk weereens Anja en Didi. As hierdie gelukkige gebeurtenis ‘n voorspelling van julle lewenspaadjie saam is, dan het julle geen moeilikheid nie.

Tannie Krista & Oom Jaco

PS: Hierdie is (nog) nie ‘n comeback ala Damario nie! Maar die nuus was net te goed om nie te deel nie.


Blogbattical

September 4, 2008

Wosonki en kie gaan so bietjie “rus” vir ‘n dag, of ‘n week, of ‘n maand, of twee, of drie. Lyfie wil so bietjie aan ‘n nuwe projekkie werk en sy moet aan die gang kom met haar leerwerk. Ek wil so bietjie gaan oefen aan ‘n nuwe lewensmantra. In die lig van onlangse gebeure wil ons ook net so bietjie besin oor die rigting en inhoud van die blog.

Natuurlik sal ons nog ons gunsteling blogs lees en kommentaar lewer waar en soos moontlik.

Good thing is, life handed us so many lemons we will be able to sell lemonade when we get back.

See ya around.

Jaco en Krista


Madagascar 2!

September 4, 2008

♪ I like to move it, move it . . . ♪

♪ He likes to move it, move it . . . ♪

♪ She likes to move it, move it . . . ♪

♪ We like to move it, MOVE IT! ♪

Out soon! Ek kan nie wag nie!

Krista


. . . sharing . . .

September 2, 2008

Ons het Saterdag-aand Wall-E gaan kyk. Die fliek was nie wat ons verwag het nie, maar dit het my tog aan die dink gesit. Nooit gedink ek sal simpatie vir ‘n robot hê nie en dan nog saam hartseer kan wees . . .

Die gedagte wat by my vasgesteek het, is die volgende:

Maak nie saak hoe veel of hoe min besittings jy het, hoe waardevol of waardeloos hulle is nie; as jy nie iemand het om jou besittings of ondervindings mee te deel nie, beteken dit nie regtig iets nie . . .

Daarom sê ek sommer nou byvoorbaat al “baie dankie, my lyfie, dankie dat jy my gekies het om jou lewe te deel” (al is jy hoe vol k@k!), ek is steeds dankbaar om ‘n deel daarvan te wees!

Krista

PS: Hoe meer “besittings” jy het, hoe meer k@k het jy. Ons wag net vir die rede en die quote van die workshop af, dan vertel ons julle alles . . . (ons weet nog nie wie om te donnil nie!)


Living with a depressed Tasmanian Devil . . .

September 1, 2008

No, not this cute one we all know:this one:

The true, one-and-only Tasmanian Devil!

You know you’re in for a ride if the devil you live with, comes down with a bout of depression. If it is due to any of the following reasons, you’re in a lot of shit:

  • money problems
  • health issues
  • work related stress
  • hormonal inbalance/shortage/overproduction
  • lunar madness syndrome

The only advice I can give you:

:wink:

Krista