. . . sharing . . .

Ons het Saterdag-aand Wall-E gaan kyk. Die fliek was nie wat ons verwag het nie, maar dit het my tog aan die dink gesit. Nooit gedink ek sal simpatie vir ‘n robot hê nie en dan nog saam hartseer kan wees . . .

Die gedagte wat by my vasgesteek het, is die volgende:

Maak nie saak hoe veel of hoe min besittings jy het, hoe waardevol of waardeloos hulle is nie; as jy nie iemand het om jou besittings of ondervindings mee te deel nie, beteken dit nie regtig iets nie . . .

Daarom sê ek sommer nou byvoorbaat al “baie dankie, my lyfie, dankie dat jy my gekies het om jou lewe te deel” (al is jy hoe vol k@k!), ek is steeds dankbaar om ‘n deel daarvan te wees!

Krista

PS: Hoe meer “besittings” jy het, hoe meer k@k het jy. Ons wag net vir die rede en die quote van die workshop af, dan vertel ons julle alles . . . (ons weet nog nie wie om te donnil nie!)

10 Responses to “. . . sharing . . .”

  1. boendoe Says:

    Eish, jy kan dit weer se. Ek voel soos ‘n verlore melkbottel sonder my ander helfte. :sad:

  2. kaalvoetinireen Says:

    Dit was ‘n oulike movie…

  3. BB Says:

    Ek is net baaaaaie bly ek staan nie in daai ‘to-be-donnilled’-queue nie :mrgreen:

  4. Roer Says:

    Dit is ‘n baie oulike fliek. Het lekker traan gepik.

  5. Dellie Says:

    Ek wil dit ook graag gaan kyk, en nou is ek erg nuuskierig. Wonner of dit nog wys hier by ons?

  6. Koeksuster Says:

    Die besitting storie is baie waar. Hoe meer jy het, hoe meer stress jy oor goed wat nie saak maak nie.

  7. demoerin Says:

    ….en tog wil ons net altyd meer hê. So ons laai self dan al hoe meer kak op ons waentjies.
    Vriend se dogtertjie het ‘n Wall-E robotjie. Dit is ‘n BAIE lekker speelding!

  8. Superwoman Says:

    Dankie vir julle twee dat ons met julle ons drie kosbaarste besittings (met en sonder k@k) kan deel en julle hulle onvoorwaardelik liefhet! En dankie ook vir ons besonderse en unieke vriendskap wat ons met mekaar kan deel.

  9. flippiefanus Says:

    Ek het Wall-e vreeslik baie geniet. Dit het nogal ‘n besondere sosiale kommentaar wat dit maak. Een van die flieks wat ek op ‘n stadium op DVD wil besit.

    Dit help om baie rond te trek as mens te veel besit want dan het dit ‘n neiging om mens te forseer om van die goed ontslae te raak.

  10. Die week in ‘n neutedop….. « Demoerin’s Klasak Says:

    [...] ons nou geld uitgee, wonner ek waar kom die smag na die materiële vandaan? Dit is seker maar waar dat hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê…en hoe meer kak laai [...]

Leave a Reply