Julle is die eerste paartjie wat ons ken wat alles in 3 dae afhandel: trou op die Vrydag, baba-dogtertjie op die Sondag! (Ek dink nie dis wat bedoel word met ‘n honeymoonbaby nie!)
Anja en Didi se Peanut (sy was veronderstel om ‘n seuntjie genaamd Dian Josh te wees, aldus die laaste sonar, so sy het nog nie ‘n ander naam nie) is vandag net na 15h00 gebore in die Bela Bela hospitaal. Twee maande te vroeg en wikkel die skaal op 1.69 kg. Volgens wat ons gehoor het, sal Peanut in die hospitaal vertoef tot sy 2 kg weeg, so jy moet drink suster, drink! Suig, nie blaas nie . . . !
Ons gaan heelwaarskynlik Maandagmiddag deurry Warmbad toe as daar dalk van julle is wat ‘n groete-wens of so wil saamstuur.
Welkom in ons wêreld Peanut! Baie geluk weereens Anja en Didi. As hierdie gelukkige gebeurtenis ‘n voorspelling van julle lewenspaadjie saam is, dan het julle geen moeilikheid nie.
Tannie Krista & Oom Jaco
PS: Hierdie is (nog) nie ‘n comeback ala Damario nie! Maar die nuus was net te goed om nie te deel nie.

Bygedra deur wosonki