Dubbele gelukwense, Anja!

Julle is die eerste paartjie wat ons ken wat alles in 3 dae afhandel: trou op die Vrydag, baba-dogtertjie op die Sondag! (Ek dink nie dis wat bedoel word met ‘n honeymoonbaby nie!)

Anja en Didi se Peanut (sy was veronderstel om ‘n seuntjie genaamd Dian Josh te wees, aldus die laaste sonar, so sy het nog nie ‘n ander naam nie) is vandag net na 15h00 gebore in die Bela Bela hospitaal. Twee maande te vroeg en wikkel die skaal op 1.69 kg. Volgens wat ons gehoor het, sal Peanut in die hospitaal vertoef tot sy 2 kg weeg, so jy moet drink suster, drink! Suig, nie blaas nie . . . ! :wink:

Ons gaan heelwaarskynlik Maandagmiddag deurry Warmbad toe as daar dalk van julle is wat ‘n groete-wens of so wil saamstuur.

Welkom in ons wêreld Peanut! Baie geluk weereens Anja en Didi. As hierdie gelukkige gebeurtenis ‘n voorspelling van julle lewenspaadjie saam is, dan het julle geen moeilikheid nie.

Tannie Krista & Oom Jaco

PS: Hierdie is (nog) nie ‘n comeback ala Damario nie! Maar die nuus was net te goed om nie te deel nie.

65 Responses to “Dubbele gelukwense, Anja!”

  1. Zee Says:

    Jaco, stuur asb my gelukwense aan Anja en Didi. Dit wil mos gedoen wees! O, kan nie wag vir die eerste foto nie!

  2. Wipneus! Says:

    O ja definitief: ek en Teddie se baie geluk!!! met die troue en die baba!

  3. Sonkind Says:

    Asseblief, stuur my gelukwense ook – en vra sommer vir Peanut hoe het sy almal so lekker geflous dat hulle gedink het sy het ‘n stertjie ;-)

  4. maxie Says:

    Veels geluk, Anja en Didi!

  5. reisiger Says:

    Ag dis wonderlike nuus!! Sê baie geluk vir Anja en Didi!

  6. Eben Says:

    Baie baie geluk Anje en Didi!!! Mag sy net liefde en genot in julle lewens bring!!

    Neeee maggies Jaco, jy kan my nie alleen los tussen al die vrouens nie. Ek en jy loop darem al ‘n paadjie saam :wink:

  7. flippiefanus Says:

    :lol: Sy begin baie vroeg om haar ma en pa om die bos te lei, ne. Veels geluk aan Anja en Didi.

  8. Adrie Says:

    Baie geluk aan Anja. Ek hoop sy het nog nie mal gegaan met blou nie. Mag die doggie hulle groot vreugte in die toekoms verskaf.

  9. Nelba Says:

    Ag vreeslik geluk! Ek tjank sommer.

  10. carina Says:

    Ag te sweet! Ek is sommer jaloers!

  11. boendoe Says:

    Wonderlik! Baie geluk!

  12. wag-ʼn-bietjie Says:

    Sjoe! Veels geluk julle twee!

    Dian is ‘n mooi naam, maar so ook is Dia vir ‘n meisiekind.

    . . .

    Aren’t Babies Grand

    They don’t have any teeth

    And they don’t have much hair,

    They can’t talk at all,

    They can’t walk anywhere.

    They sleep all day long

    And stay up the whole night,

    They yell every time

    Things don’t suit them just right:

    But with all the worry

    They cause you , by heck,

    They do make a home-

    (Yeah they make it a wreck)

    And they make you so happy,

    So proud and so glad

    Isn’t it wonderful

    Being mother and dad!

    (author unknown)

  13. Krista Says:

    Die meeste van die goed wat Anja reeds gekry het, is blou. Haar ooievaarspartytjies sou in die komende maand of 2 plaasgevind het, so sy was nie eintlik voorberei op Peanut wat 2 maande vroeg opgedaag het nie.

  14. Neil Kroese Says:

    ek het iemand geken wat op die vrydag ‘n gesametlike baby shower / kitchen tea gehad het, saterdag getrou het en sondag gekraam het….

  15. Riaan Oosthuysen Says:

    Baie geluk

  16. Koeksuster Says:

    Baie dankie Krista dat jy my op hoogte gehou het van gebeure gister. Jy is voorwaar n vriendin duisend!

    En ken Johan sal by An en Didi gaan kuier die oomblik wat hulle terug is, miskien moet ons sommer n ooievaars tee reel vir wanneer hulle terug kom. Dis nie ons skuld dat die ooievaar se horlosie nie gewerk het nie.

    Laat weet, intussen, as julle haar en Didi sien vandag, gee groot drukke en baie liefde van die Potgieter gesin asseblief.

    Rachelle

  17. Dellie Says:

    Ag baie geluk! Sommer met albei, en mag Stoffelina vir julle baie vreugde bring! :wink:

  18. Roer Says:

    “What are little girls made of?
    Sugar and spice,
    And all that’s nice;
    That’s what little girls are made of.”

    Lekker pop speel! Dis wonderlikke nuus.

  19. Kokkewiet Says:

    Vat my gelukwense ook saam! Baie geluk Anja en Didi!!!

    O ja, julle het ‘n blog-toekenning gekry (http;//gedagtes.wordpress.com)

  20. BB Says:

    Blessings daar!!
    “A baby may just be one of the greatest gifts God may ever bless you with… what you do with that baby may just be the greatest gift you may ever be able to give Him in return.”
    Gee virrie girl ‘n stywe druk!
    …en nooi my tog asb ook maar vir die ‘belated’ ooivaarstee!!
    Veilig ry julle 2 Mooistes!
    x

  21. skoenlappr Says:

    my baby shower sou op 31 Aug 1996 gewees het op Robertson (150km van die Kaap as – ek sou eers 13 sept gekraam het) … toe moes ons die oggend 8uur deurjaag Panorama hospitaal toe, want my water het op Robertson gebreek daardie oggend!! LOL!!

    Ek het so aan Anja gedink oor die naweek … wonder of dit ‘n voorbode was … dalk is ek met die ‘helmet’ gebore … FOCLMAO!

    Drukkies en soentjies aan Anja en Didi en Peanut!!

    Name vir dogtertjies:
    Nika
    Chloe
    Nicole
    Charmay
    Chanté
    Chandré
    Hester … hehe

  22. Krista Says:

    Die klein peanut se naam is Diané. Dit gaan goed met Anja en die klein babatjie.

  23. skoenlappr Says:

    en jy spreek dit uit: dee-a-ney?

    oulik!

    stuur tog groete …

    is sy nog in die hospitaal?

  24. Bertus! Says:

    Dit moet seker die kortste swangerskap ooit gewees het.
    Se^ asseblief van my af geluk wanneer jy Anja sien.

  25. Krista Says:

    Diané moet in die hospitaal bly tot die kleinste ten minste 2 kg weeg . . .

  26. Suzanne Says:

    Se asb baie baie geluk vir Anja as julle Warmbad toe gaan!!

  27. BB Says:

    A-nee-A!!! COME BACK!!! N O W ! ! ! DADELIK!!!
    It’s time :( !!

  28. boendoe Says:

    Ja-nee, ek reken ook dit was nou lank genoeg. En julle is buitendien getag! So move it, move it!! :evil:

  29. BB Says:

    “♪♫I’d like to move-it move-it♫♪” LOL!!!

  30. skoenlappr Says:

    we like to … MOVE IT!!

  31. boendoe Says:

    So, MOVE IT!!!

  32. Jaco Says:

    Blackmail gaan nie werk nie. Ons sal terugkom as en wanneer die tyd reg is. En die tyd is nog nie reg nie.

  33. boendoe Says:

    Oukeiiiiii, Grompot! :evil:

  34. Jeannie Says:

    Stuur baie groot groete en sommer baie drukkies vir Anja en klein Dianè

  35. BB Says:

    hoe voellit Narcie??? Huh??? hoe voellit om ‘n negosiewinkel te hê op ‘n plaas en allie ousies sit oppie stoepietjie terwyl die sonbesies om hulle ore zzzing en wag dat die baas die deure oopsluit net virre ou twakkie en ‘n wilson toffie??
    Issit ‘n lekker gevoelente??? en nou issit so lekker dat jy dit nog bietjie uitrek…
    dis soos om jou poeding te bêre na Sunday lunch tot al die ander mense hulle sin verorber het – en DAN jou bakkie nader te trek… dis wreed seg ek jou, WREED!! :grin:

  36. boendoe Says:

    :lol: BB!! :lol:

  37. Jaco Says:

    Oh the power trip!
    Die datum is 1 Oktober .

  38. boendoe Says:

    Ek moet my hoed afhaal vir sulke selfbeheersing.

    OUKEI!

    Ek loop nou…

    Rerig…

    Koebaai…

    Tot 1 Oktober dan…

  39. Vir Anja « Dellie se Dinge Says:

    [...] Wosonki’s het die belangrike aankondiging gemaak. Dankie [...]

  40. rosalindfranklin Says:

    Geluk Anja en Didi met die baba-meisie, ‘n pienke is amazing.
    Jammer om te hoor hulle gaan vir die volgende 2 jaar nie slaap nie.

    (en hier is ook ‘n drukkie vir Krista en Jaco)

  41. Wipneus! Says:

    1 Oktober is nog so ver in die toekoms :(
    Ek stem saam met BB, dis vreeslik wreed!! :lol: whahaha

  42. BB Says:

    8 slapies….. and counting :mrgreen:

  43. Jaco Says:

    Het ons nie gesê 1 November nie? :mrgreen:

  44. Koeksuster Says:

    Oi, Jaco word oud!!

  45. BB Says:

    Nee wat Koeksietjie – ouderdom en windg@tgeit issie dieselle ding nie :mrgreen:

  46. Koeksuster Says:

    Dankie Jaco, dis so goor as ons jullenie eers kan sien nie…

  47. Pikkelik Says:

    O Jitte dat die klein rakker nou nie haar beurt kan afwag nie!!! Sy gaan BESIG wees!! Stuur groot asseblief al my liefde en sterkte vir Anja en Peanut en vat sommer ‘n paar koekies uit die blik saam dat sy vinnig kan vet word!

  48. BB Says:

    … 7… 6… 5 slapies!!!!!!!!!! :mrgreen:

  49. Jaco Says:

    I will do my very best auntie BB . . . gaan ons raas kry as ons huiswerk laat ingee?

  50. Koeksuster Says:

    Julle gaan moet detensie sit Jaco…
    Hierie antie BB van ons is baie kwai.

  51. BB Says:

    Hmmm – ek dink ek gaan jou sommer nou huiswerk gee… hier is die topic:
    “Why I don’t want to be a millionaire.” :mrgreen:

  52. Jaco Says:

    Og! Daai is maklik BB, ek doen di sommer hier.
    I dont want to be a millionaire because you can’t do much with a million. I want to be a Billionaire.
    Huiswerk done.

  53. BB Says:

    Ok Narciepit – hier’s ‘n ander een:
    “Blogging: the difference between a post and a comment” ;)

  54. Jaco Says:

    Hmmmmm. La’ek dink…..
    ‘n Post is as jy lus het vir baaaaaie praat. Dan skryf jy ‘n lang relaas waaroor jy dae lank wroeg en publiseer dit dan op jou eie blog.
    ‘n Comment is as jy net lus het vir bietjie praat. Dan lees jy iemand anders se lang wroeging en los ‘n oneliner om te wys jy was daar :mrgreen:
    En as die post nie match met die comment wat jy wou gelos het nie, moenie worry nie. Vra sommer resepte vir drank mixes of such likes :evil:

  55. BB Says:

    ROFL!!! Shame! hoe moes hy ook nou weet dat PMS & the Meaning of Life nie met drank gaan akkodeer nie :mrgreen:
    Toe, toe – los nou iets meaningful daar by my ook! (hier jaag ek jou counter op en ek het nie eers ‘n oneliner om te wys by my nie!)

  56. boendoe Says:

    Ek HET probeer…maar ek moes net gou kom loer…

    Ten minste is die blog weer oop…

    Waar trek ons nou? 6 slapies? :lol:

  57. BB Says:

    5, Boendoe, NET NOG 5 slapies!!! :mrgreen:

  58. Pikkelik Says:

    Ek’t nopu so lekker gelees aan al die comments ek het skoon vergeet waaroor die post gegaan het!!! :lol: :lol: BB en Boendoe julle verdien ‘n toekenning vir die knaendste mense denkbaar, maar moenie ophou nie, ek sal wragtig nie mind om hulle gouer terug te hê nie!!! :lol: :lol:

  59. BB Says:

    …4…3 slapies!!! ek voel soos ‘n kleintjie wat vir krismis moet wag!! :???:

  60. Koeksuster Says:

    Ja, en krismis kom ook net een keer n jaar … gelukkig het ons nie so lank om te wag vir die Wosonkies om terug te kom nie. Ek sweer dit voel asof ek in Tara is – ek het simptome op simptome … en nie genoeg pille of potion of iets daaraan te doen nie!

  61. BB Says:

    …2……. 1 slapie!!!!!!!!!!!!!

    Knaend… knaender… knaenste
    Boendoe…Koeksietjiekie…BB!!

  62. Jaco Says:

    Well somebody is feeling better today!

  63. Koeksuster Says:

    Hoe gaan met die Wosonki???

  64. BB Says:

    /me check ini spieël… jip nog steeds daai groenerige skynsel ommie kiewe… but wie wil nouook alewig met pienk wangetjies rondloop? Groen pas my soveel beter!! :mrgreen:

  65. boendoe Says:

    Hiehiehiehie…as mens so met die comments af lees, veral hier teen die einde, sou mens sweer Jaco het nog 3 vrouens in sy lewe: die uwe, Koeksuster en BB! :mrgreen:
    Miskien moet Krista nou die klomp stalkers begin verwilder. :lol:

    Nou begin ons seker ure tel, BB? Sal dit nou ‘n geval wees van die dam onner die eend uitruk as ons vra ‘hoe laat?’ Streng gesproke moet hy 12 uur vanaand gepos wees. Dis die begin van die 1ste…

    Sherbit, nou praat ek lekker nonsens! :oops:

Leave a Reply