Is jy taai genoeg?

Oktober 29, 2008

Die van ons wat nie kan/wil emigreer nie as gevolg van finansieële redes, nasietrots of net pleinweg harkoppigheid het ‘n verantwoordelikheid. Dit is ons verantwoordelikheid om elke dag te doen wat ons kan ter bevordering van die land waarin ons bly sowel as onsself, ten spyte van al die uitdagings. Want die mate van ‘n man/vrou is nie in die dinge wat hy/sy doen as almal kyk nie, maar in die dinge wat hy/sy doen as niemand kyk nie.

Afrika is ‘n tawwe plek, dis leeuwêreld hierdie. Is jy taai genoeg om langs my te kom staan en te begin werk vir ‘n toekoms vir ons almal in die land? Is jy taai genoeg om aan te hou probeer ten spyte van alle uitdagings? Is jy taai genoeg . . .

Johny Clegg – Tough Enough

LOMHLABA UNZIMA, LOMHLABA
[ this world is a harsh place, this world ]
Picture the end of a cycle
here’s the fire from heaven
There’s a tired planeet closing down
no more news at eleven
somewhere the last of a species has died
somewhere a child is born
when I hold you, I tremble inside
can we ride out the storm?
Are you tough enough — can you take the strain?
Are you tough enough — to
walk in the burning rain
Are you tough enough — can you take the change?
Are you tough enough — baby just say!
Chorus:
Into the heart of the human dream
into a strange new world
remember me under the Tree of Man
where I first heard your words
gonna make it through, I can feel it
What we need is a miracle
what we need is some time
what we need is an angel of Mercy
in this life
Are you tough enough — can you take the heat?
Are you tough enough — to walk
in the burning street
Are you tough enough — can you take the change
Are you tough enough — baby just say!
Chorus…
There’s your mama and your papa
waving good-bye in the cold moonlight
in their eyes the confusion of a world gone by
and you hold me tightly as we step out
into the morning light
and I know you are thinking that
for something to be born
somthing has to die.
Chorus…
Vele vele we mama kunjalo
[ It is true, it's obvious. Mama,
it is just as you say ] .

J.


^%^$#% Maandag!

Oktober 28, 2008

Daar is nie genoeg woorde (sleutels) op die keybord om my dag van Maandag te beskryf nie. Boy, what a day!

Die storie begin so:

Op 23 Oktober – die 1ste dag van my eksamen en Lyfie se verjaarsdag – gaan Moeder na ‘n internis toe, verwys deur haar huisdokter (agv haar borspyne en kortasemrigheid). Sy moes 3 maande vir die afspraak wag so besig is die ou. Moeder se sussie vergesel haar toe. Na die derde uur in haar afspraak in, raak ek al hoe meer bekommerd – ek bedoel, daar is net soveel om te sien! Die dr. spesialiseer in kardiologie, hipertensie en nog so ‘n paar ander vloekwoorde.

UIteinde van die saak is dat sy toe geskeduleer word vir ‘n angiogram met moontlike stent-plasings vir Maandag-oggend (gister).

Die vak wat ek gister sou skryf, val toe geheel-en-al deur die planke wat voorbereding aanbetref, wat beteken dat ek van Vrydag-aand tot Maandag-middag gehad het om deur die werk te kom en iets te onthou. Omdat ek toe nou so onrustig oor Moeder was en al hoe meer stres, kry ek niks in my verdomde brein in nie. Fokkol, nada, zilch, buggerall. Saterdag-middag kuier ons toe by Jaco se oom (minus ‘n regter been) en omdat niemand anders opdaag vir enige besoektyd nie, kuier ons toe tot 8 uur. Sondag-oggend is ons toe uit vir ‘n belated birthday brekvis vir Lyfie.

EK spring toe verwoed aan die werk (baie te laat, ek weet, ek weet) en leer wat ek kan. Later sien ek ek kom nie deur die werk nie en spot toe ‘n paar vrae. Maandag-oggend 5:30 sit ons toe af hospitaal toe, ekke met die boeke onder die arm (want ek sal mos kans kry by die hospitaal om bietjie te leer). Boek by die hospitaal in, kom in die saal aan by die snaakste rooikop nurse wat ‘n baie groot bek, ek bedoel mond het. En sy’s werklik snaaks! (Sy noem al die mans “boet Fasie” en giggel lekker as sy hulle moet skeer. Sy het die atmosfeer verlig en almal aan die giggle gehad. Natuurlik baie goed vir my voorneme om te leer, nê?

Moeder is net voor 11 uit die teater uit, darem met goeie nuus: geen blokkasies in die are nie, maar die dr. wil spesiale plate van haar longe neem. Boetie kom neem toe oor 11 uur en ek vat toe die pad skougronde toe. En ek leer. En leer. En maak rympies. En leer. Om die storie kort te maak, ek het toe van die vrae kon doen, maar het die pot geheel-en-al mis gesit met die fokken lang vraag van 25 punte wat ‘n 1/3de van die vraestel tel. Nie eers effens geraak nie, sommer die hele kakhuis kleinhuisie misgesit!!!!!!!!

Vlie toe daar op met ‘n moerse spoed toe die eerste uur verby is (Ek skryf nooit langer as ‘n uur aan enige vraestel nie, maar dis ‘n kwessie vir ‘n ander keer) omdat ek nou vir Buti moet gaan aflos by moeder omdat hy ook dinge het om te doen. Klim in die kar en . . . fokkol niks! Die donnerse kar wil nie start nie. Hy draai, maar verder niks. En ek is so haastig, my hol ek vreet sulke happe uit die spons, maar fokkol niks! En dit na ‘n kak vol naweek, fokkol min slaap en ‘n uiters kak slegte vraestel!

Nou staan die saak so: Koos het reeds sy 3 waarskuwings weggehad, en hy is vertel dat as hy my weer gaan drop, dit die streep sal trek. Ek het hom toe gister mooi vertel van intrades, vuurhoutjies, diefstal en so meer. En gedreig en geskop en gebid en tot 100 getel en gegrens en . . . en toe maar vir Lyfie gebel. Lyfie vertel toe vir my hy kom, Buti laat weet hy kan nie te lank bly nie, ek voel ek moet plan maak. Ek try ‘n uur lank . . .

Lyfie was seker so 6 blokke van my af, toe start die fokker bliksem! Kan jy dit in jou lewe oorvertel?!?!?!?. Ek laat weet vir Lyfie hy moet maar nog steeds kom sodat ons kan karre omruil sodat ek vir Moeder by die hospitaal kan gaan haal. Ek bel intussen vir Buti en vra of hulle nie tog maar vir Moeder kan huis toe bring nie synde dat sy naby aan ontslaan is en hy stem toe in. Toe moet ek mos nou weer vir Lyfie bel om vir hom te sê hy moet omdraai, ek kom met die kar huis toe. Oh my word! Daar beleef Lyfie toe ‘n gemoedsbekakking van epidermiese proporsies episode en sit die foon in my oor neer.

En dit was toe nou die laaste strooitjie op ‘n holruggeryde kameel se vrag! Toe doen ek wat ander vrouens doen en wat ek absoluut verpes om te doen: ek bars in trane uit! Damn!

Die episode is toe darem uitgesorteer toe ons by die huis kom – daar is weer vrede in die Fillistynse woestyn. Koos weet hy’t my by die short-and-curly’s beet omdat ons nie op hierdie stadium kan bekostig om hom in te ruil nie. Maar ek kry darem so ‘n bietjie genoegdoening as ek die Wiele-supplement van die Beeld hardop lees waar hy kan hoor en al die ander rygoed daarin in kleur-en-geur bewonder!

Wat ‘n dag!

Ek hoop die res van my week lyk beter . . .

Krista


Music tames the savage beast

Oktober 26, 2008

Die man se musiek praat met my. Al sedert ek my verstand gekry het. Dit is grotendeels hierdie musiek en die invloed wat dit op my het wat my vertel dat ek hier hoort. Afrika is my huis.

En as die Desember reëns kom en die bliksemstrale klief deur die lug en die aarde skud met die gerammel van donderweer, dan is dit goed om te weet dat jy kan staatmaak op die liefde van gewone mense.

Jaco


Ekskuus meneer?

Oktober 24, 2008

Kan iemand dalk die volgende vir my verduidelik – in gewone Afrikaans?

* uitgesproke torakale spondilose met prominente kifose is teenwoordig.

* die hartskaduwee is 50% van die kardiotorakale indeks.

Is dit goed of sleg?

Krista


My Lyfie, my ding . . .

Oktober 23, 2008

Dit voel so al asof my woorde leeg raak as ek vir jou wil skryf hoe lief ek vir jou is. Asof die reuke verdun en die kleure verflou.

Blou is net nie meer blou sonder jou nie. Ek hou BAIE van blou . . .

Ek sal nou maar hierby volstaan, my hart is vol van wat ek voel, maar my woordeskat is leeg . . .

Jy hou my hart in die palm van jou hand.

Lief jou

Krista


Oor sangers, afrikaners en naamsveranderinge

Oktober 22, 2008

Ons Afrikanervolkie kan darem maar ‘n ding holrug ry. Ek begin regtig dink dat dit geneties in ons in geprogrammeer is om te wroeg oor goed. Vat nou maar die sage met neef Hofmeyr. Dit hou net aan en aan en aan tot jy naderhand daarvan wil kots. En as jy gedink het ek gaan my selfopgelegte stilswye oor die kwessie verbreek . . . wel, dan is jy op die verkeerde plek.

Nog een van die Afrikaner se ou holrugperdjies is die taal, en meer onlangs ook naamsveranderinge. Kyk, ek weet boggerol van politiek af nie, en ek wil ook nie die inskrywing oor politiek maak nie, maar synde dat die punte wat ek wil aanraak teen die agtergrond van die politieke arena afspeel gaan ek net ‘n stukkie beeldspraak gebruik om te verduidelik hoe ek dinge sien. Die Afrikaner staan in die middel van ‘n nou bruggie gemaak vir een. Reg teenoor ons maar oppad in die teenoorgestelde rigting staan die huidige regering en sy ondersteuners. In orde vir enigeen van die twee groepe om by hulle bestemming te kom moet daar een van twee dinge gebeur.

  • Een van die groepe moet retireer van die bruggie af en dan wag dat die ander groep verbykom voordat eersgenoemde verder op sy pad gaan

OF

  • Daar moet besluit word op ‘n gesamentlike roete en almal moet dan daarheen beweeg, wat natuurlik ook beteken dat een van die groepe moet omdraai, oftewel ‘n drastiese rigtingverandering maak.

Ek wil graag ‘n totaal aweregse idée voorstel. Is dit nie dalk net moontlik dat ons as Afrikaner op hierdie stadium so onseker is oor ons toekoms en plek in hierdie nuwe plek wat hulle noem die reënboognasie, dat ons hand en tand enige voorstel sal beveg doodeenvoudig vir die rede om nie te lyk asof ons ‘n verslane nasie is nie? Ek weet dit is ‘n absolute mors van geld en hulpbronne, maar is die vlaag naamsvernaderinge regtig so erg? As jou dorp se naam verander het van Pretoria na Tswane, het die mense wat daar woon verander? Hoe het die lyk/ruik/voel van die plek verander? Het die tyd nie gekom om onbenullige argumente soos wat die naam van ‘n straat/dorp moet wees te laat vaar ten gunste van sake soos armoede, misdaad en werkskepping nie? Het dit nie tyd geword om op te hou vingers wys en te sê “kyk wat doen hy” en te begin kyk wat jy kan doen om by te dra nie? Net omdat die naam van ‘n plek verander het, beteken mos nie dat die geskiedenis ook skielik verander het nie? Ons as volk het baie om te bied, die van ons wat uit die pre ’94 era kom dalk nog meer as die jongeres. Kom ons gooi ons ervaring en kennis agter ons eie regering in, instede daarvan om die regerings anderkant die water te ondersteun. Ons hoef nie saam te stem nie, maar ons kan sekerlik saamwerk? Is dit werklik so ‘n verregaande idée?

Jaco


Persepsie

Oktober 21, 2008

Hierdie inskrywing is bedoel as ‘n aanmaning aan myself. As iemand anders ook baat vind, great!

Neem enige twee mense en gee vir hulle ‘n onderwerp en die kanse is ten minste 50% dat hulle gaan verskil, eenvoudig omdat hulle persepsie van die vraag/probleem anders is. Dan is dit ook so dat hoe nader jy aan die senuweepuntjies beweeg, hoe hewiger gaan hierdie verskille word.

Kom ek beskryf ‘n paar voorbeelde waarvan ek eerstehandse kennis het. ‘n Gesonde mens sê baie maklik vir ‘n pel wat bietjie down is “ toe kom jong ruk jouself reg, geen rede om so te sit en tob nie” Hierdie ou staan op die oppervlak en sien die geleenthede wat die wêreld bied in 360 grade. Vir sy pel wat onder in die donker gat van depressie sit en opkyk lyk die blik op dieselfde wêreld as wat die ou daar bo sien heeltemal anders. Dit is persepsie

Dit is maklik vir ‘n fikse mens om te sê sy oorgewig pel is ‘n lui slob en dat hy sy tekkies moet aantrek en gaan draf om fiks te word. Vir die ou is oefening = gesond. Vir die oorgewig ou is oefening = pyn en ongemak. Weereens persepsie

Vir iemand wat gevestig is in sy/haar geloof, wat dit ook al mag wees, is dit maklik om vir ‘n wankelende gelowige te sê “hey dis maklik jy moet net glo”. Vir die wankeling is dit ‘n konsep wat doodeenvoudig nie sin maak nie. Nogmaals persepsie.

Ek dink al wat ek probeer sê is dat om sterk te voel vir ‘n saak is nie verkeerd nie, om niks te voel vir ‘n saak is ook nie verkeerd nie. Om die wêreld in swart en wit, netjies opgedeel in kompartemente, te sien is ook nie verkeerd nie, alhoewel ek dink dat dit somtyds makliker sou wees om net dinge in skakerings van grys te kon sien. Somtyds moet ons daardie opinie net ‘n oomblik langer vir onsself hou sodat ons kans het om eers moontlike ander persepsies te oorweeg en dan ‘n opinie te formuleer wat vir al die partye sinvol is.

Ek wens ek kon KOMMUNIKEER. Ek hoop daai kopdokter wat ek wil gaan sien kan daarmee help, dit is nou sodra ek verby my PERSEPSIE van sielkundiges gekom het.

Jaco


Die natuur neem sy loop.

Oktober 20, 2008

Toe ek hierdie inskrywing laasweek geplaas het, het ek geen benul gehad van die reaksie wat dit gaan uitlok nie. Praat van jou kop in ‘n spreekwoordelike bynes druk! Maar as jy saam met die groot honde wil hardloop . . . Sedertdien is daar ‘n paar gedagtes verwant aan die oorspronklike inskrywing wat by my spook, en wat ek graag wil probeer verwoord.

Die algemene konsensus uit die kommentaar op die inskrywing wat ek gemaak het oor slegte dinge wat met goeie mense gebeur, is dat dinge soos siekte ens. nie as gevolg van Goddelike ingryping is nie en dat dit bloot die natuur is wat sy loop neem. Gaaf, dit is nogal ‘n antwoord wat ek kan verstaan en mee kan saamleef. Maar dit baan die weg vir iets wat my al lankal krap.

Babas. Dit is redelik wyd bekend dat ons nou al geruime tyd onsuksesvol probeer vir ‘n pienkvoet van ons eie, so ek wil sommer byvoorbaat verskoning maak as die inskrywing dalk nie totaal objektief is nie.

Wanneer iemand die blye tyding kry dat hulle swanger is, word in meeste van die gelukwensings vermeld van hoe ‘n baba ‘n gawe van God is ens, ens. Nou wil ek dit duidelik in my mooiste Afrikaans stel, soos my oupa dit altyd gedoen het. Dit is nou sommer skoon kak. Die wonderwerk van lewe: dit is ‘n gawe van God. Die daad van konsepsie oftewel dan om swanger te raak is net seks. Doodeenvoudig die natuur wat sy loop neem.

In baie gevalle is so ‘n babatjie nie beplan nie, in sommige gevalle is die ouers nie toegerus finansieel of geestelik om na so babatjie om te sien nie, en in uiterste gevalle is so babatjie nie eers welkom nie en gaan hy/sy ‘n donker en liefdelose wêreld binne.

Hier is wat my pla: Mense – en meer spesifiek die dade van mense – is verantwoordelik vir swangerskappe. Ek kan my nie laat vertel in hedendaagse tye dat mense per ongeluk swanger raak nie. Geboortebeperking is orals en op baie plekke gratis beskikbaar. Moenie kinders baar as jy nie vir hulle kan sorg nie. ‘n Kind wat in die wêreld gebring word waarvoor jy nie kan sorg nie, is nie ‘n gawe van God nie. Hou op om God daarby in te sleep. Hy het nie die kleintjie gemaak nie, jy het, so vat verantwoordelikheid vir jou eie dade.

Jaco.

P.S. Die oorspronklike gedagte agter hierdie inskrywing is nie my eie nie, ek het dit “geleen” by ‘n baie goeie vriendin omdat die kommentaar op ‘n vorige inskrywing die weg gebaan het om dit uiteindelik te skryf. Ek moet sê dat dit baie meer sin gemaak het toe sy dit aan ons verduidelik het, so ek hoop dat hierdie inskrywing haar sal inspireer om die oorspronklike weergawe self neer te pen, of ten minste hierdie gebrabbel so bietjie te korrigeer. Hoe dit ook al sy, dankie dat ek die idée kon gebruik.


In ligter luim

Oktober 17, 2008

Roertjie sê sy het darem nog haar trots om te oorweeg. Iemand wat hulle naam so baie met ‘n plank slaan soos ek het gelukkig nie sulke probleme nie.

So hier is dit dan, my naam is Jaco en ek is ‘n Leon Schuster fan. Hoor bietjie hoe kan die man op afrikaans rap!

Jaco


Verduidelik dit vir my.

Oktober 16, 2008

Ek het ‘n familielid, pas 56 jaar oud geword. ‘n Joviale man met ‘n oop hart en ‘n oop hand. ‘n Man wat in sy lewe nog nooit ‘n vlieg skade gedoen het nie, ten spyte van sy massiewe groote. ‘n Man wat sy lewe lank al 12 – 16 ure per dag werk sodat sy familie niks kortkom nie.  ‘n Man wat my eie broer ingeneem het en grootgemaak het as sy eie nadat ons ma oorlede is in 2000, en nie ek of ons suster by vermoëens was om na hom te kyk en deur die skool te sien nie. ‘n Man wat sy diagnosering van kanker stil gehou het tot na sy dogter se troue sodat sy niks het om oor bekoomerd te wees op haar groot dag nie. In alle opsigte die vergestalting van die goeie ou.

Daardie man se been is gister afgesit as gevolg van die kanker, wat blykbaar so aggressief is dat chemoterapie en bestraling nie effektief sal wees nie.

Ek probeer my lewe op christelike beginsels grond, alhoewel ek nie kerk toe gaan nie. Maar dinge soos hierdie laat my wonder. Iemand wat ‘n opperste skurk is gaan eendag gestraf word, dit is wat die Woord vir ons leer. Wat die lewe vir my geleer het dat goeie ouens soos hierdie familielid van my, en soos Nico, en soos soveel ander goeie mense ook gestraf word.

So presies wat is die nut daarin om ‘n goeie lewe te ly? Ek sal waarskynlik ook gestraf word omdat ek durf vra, maar die vet weet ek verstaan nie. Sal iemand dit vir my verduidelik in terme wat ek ook kan verstaan. En om vir my ‘n bybelversie te gee met ‘n kloppie op die skouer en te sê “God works in mysterious ways” is nie meer goed genoeg nie.

Jaco