“Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.”
C. LOUIS LEIPOLDT
Na ‘n afwesigheid van amper ‘n maand en ‘n amperse blog delete weet ek nog steeds nie of ek lus is vir die besigheid nie. Ek is nog glad nie op ‘n lekker plek nie. Maar ‘n belofte is ‘n belofte so hierdie is ons offisiele comeback inskrywing. Voortaan is dit besigheid soos gewoonlik, behalwe vir ‘n paar subtiele klemverskuiwings. Maar meeste “casual” lesers sal nie eers die verskil agterkom nie
Nou dat dit uit die pad is . . . Jip! Dit is weer sulke tyd. Dit is Oktobermaand, die mooiste mooiste maand.
- Somer kom na die suidpunt van Afrika
- Verjaardagmaand vir beide Wosonki’s. Kontant, kredietkaarte en tjeks welkom
- Eksamen maand vir Lyfie – die een is vir graad, 3 Vakke en jy is klaar. GO Lyfie! GO Lyfie! GO Lyfie! GO GO GO! (Stel jou nou voor ek maak sulke roer die pappot bewegings met my pikante lyfie terwyl ek dit dreunsing!)
- Opgradeer maand vir ons selfone, en nie ‘n oomblik te vroeg nie. Ek kyk daai P1 nou al lank . . .
- Dit is die maand waarin ons verloof geraak het
- Ons kar is uiteindlik klaar betaal aan die einde van die maand
Jaco en Krista
Oktober 1, 2008 at 6:51 vm |
Dankie tog hier is weer lewe!!!!!!!! Oktober is gewis die mooiste maand!!!
Oktober 1, 2008 at 7:43 vm |
Sela, Sonkewer! Welkom terug, Wosonki’s!
Oktober 1, 2008 at 8:46 vm |
Dit is n groot vreugde en een van die lewe so grootste plesiere om julle vanoggend “op te lees”. Ek (lees die hele blogosphere) het julle ongelooflik gemis.
Mag hierdie Oktober met al sy verjaardae en sonskyn en piet-my-vroue, vir julle inspirasie gee om ons almal te inspireer met julle menswees.
Rachelle
Oktober 1, 2008 at 8:48 vm |
Og! – dit was die heel eerste toonsetting wat ek as Afrikaanse koorlied in my Hoërskool koor ingestudeer het – I sang tenor
…
Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Oktober is vir my ook BAAAAAAAAAIE special – Helge verjaar so smack-bang tussen my allermooiste Wosonki maatjies – omarm soos ‘n true toebroodjie-vulsel
, soos ‘n jafel LOL… now where was I??
- and lets not forget ons PlattseFuss blogger maatjie aan die einde (30/10) van die mooiste, mooiste maand, nê…
Sien jy nou hoekom is julle my se allermooiste maatjies, hm??? in die mooiste maand gebore?? Coincidence??? I think NOT!!
Oktober 1, 2008 at 8:54 vm |
Man, Oktober is nou sommer mooier noudat julle terug is!
Oktober 1, 2008 at 9:00 vm |
Pssst…Ding se stoep is weer oop…
Krista, dankie vir die gelukwense.
Oktober 1, 2008 at 9:14 vm |
Welkom, welkom!
Sjoe, maar ons het julle gemis!
Krista, sterkte met daai eksamens, vasbyt Girl, die einde is in sig! (wens ek kon dieselfde vir myself sê, maar toemaar, 2010 issie meer ver nie)
Oktober 1, 2008 at 9:35 vm |
Sterkte, vasbyt, geluk, die tjek is in die pos, dis heeeeerlik om julle terug te hê, kyk mooi na mekaar en dis heerlik om julle terug te hê. Het ek gesê dis lekker om julle terug te hê????
Oktober 1, 2008 at 10:10 vm |
Welkom terug – julle is beslis gemis!!
Oktober 1, 2008 at 10:21 vm |
3 Hoera’s!!! Welkom terug… dis nie dieselfde sonder julle stem hier rond nie.
Oktober 1, 2008 at 10:39 vm |
Happy Happy en Sterkte Sterkte soos benodig. Somer het nie ‘n dag te vroeg gekom nie, nou kort ons net die gepaartgaande donderbuie! Ek kan nie wag vir die eerste ene nie, party mense is met die maan gepla, ek is met die bliksemstrale gepla.
Oktober 1, 2008 at 11:21 vm |
HIER IS LEWE!! Dankie tog. Nou is die dag so bietjie mooier. Ek stem Oktober is die mooiste maand!!
Oktober 1, 2008 at 12:23 nm |
FOCLMAO!@pikante lyfie!!
welkom terug! het julle gemis.
Oktober 1, 2008 at 2:18 nm |
Sjoe, mens sou sê ons was lank weg soos julle te kere gaan!
Oktober 1, 2008 at 2:37 nm |
welkom terug! 1stens ek het nie meer geld oor nie so my tjek gaan hop……….. jammer 2dens sterkte met die eksamens wat voorle……… 3dens uhm ek is so bly julle is terug:-)
Oktober 1, 2008 at 3:23 nm |
Sjoe, ekt al gedink julle gaan regtig nooit weer hier kom nie! Bly julle is terug! Geluk met julle verjaardae die 11e en die 23e!
Oktober 1, 2008 at 7:09 nm |
Slaat daai vakke vir ‘n ses girl!
Oktober 1, 2008 at 7:26 nm |
Ek weet wat jy bedoel oor die amper uitvee, en toe het jy daar by my ‘n draai om maak en gese, nee asseblief nie en nou seg/vra ek vir julle twee, semblief nie?
)
Oktober is veronderstel om mooi te wees, maar hier in die kaap reen dit nog en dis koud, lyk my ek sal kersfees nog ‘n sweetpak dra, ‘n rooie.
Oktober 1, 2008 at 11:26 nm |
Krista, baie sterkte met jou eksamens wat voorlê, weet sommer jy gaan briljant doen!!
Mmm, ek wonder wat gaan julle met die extra geldjies doen volgende maand
Oktober 2, 2008 at 9:04 vm |
Zee, ekstra geldjies???? Watse ekstra geldjies???? Ek het daai een gemis!!!!
Ons moet nog begin afbetaal aan die R8500 mechanic rekening vir die einste Koos se head gasket wat gegaan het EN die Wosonki se rugoperasie van verlede week!!!
Oktober 2, 2008 at 9:11 vm |
Hoe gaan dit met die Wosonki met die afrug?
Oktober 2, 2008 at 11:35 vm |
Krista, die kar word klaar betaal die maand!
maar ek sien waar gaan die geldjies heen!
Nou hoe het ek gemis oor die rugoperasie. Hoop dit gaan goed!
Oktober 2, 2008 at 1:22 nm |
Zee, jy verstaan nie, my ding! Die kar se finansieringslening word klaar betaal, ons moet nog begin afbetaal aan die regmaak . . .
Koeks, die wosonki is baie tuff!!!!! Hy weier om op die grond te slaap en hy weier om op ‘n kombersie op die vloer te lê en TV kyk . . . hy luister ook nie na sy ouers nie en hardloop vir ‘n plek en ‘n wen om te gaan pieps of te gaan blaf . . . waar hy eintlik by die trappies afgetel moet word!
Oktober 2, 2008 at 1:24 nm |
jaco kyk na jou rug,,,ter wille van jou oudag, moenie dat tant rosalind nou preek nie.
krista, baie sterkte vir die eksamens!
Oktober 2, 2008 at 1:36 nm |
Ta’ Rosie. Wees maar geduldig met my as ek bietjie starrag is vandag . . . maar waar pas my rug in die biesagheid in?
Oktober 2, 2008 at 2:32 nm |
Dalk terwyl jy die pappot roer?
Oktober 2, 2008 at 3:13 nm |
Oe jinne ek dink ek het nou ‘n lekke blaps gemaak, dis ‘n gil!!!
Ek dog jou rug is geopereer? Iewers het ek iets aan ‘n stert beet.
Oktober 2, 2008 at 3:25 nm |
Oktober 2, 2008 at 5:35 nm |
me
lag vir my eie simpelgeit. stuur ‘n drukkie vir die honkie
Oktober 3, 2008 at 6:56 vm |
Ek is baie bly julle is terug! Sterkte met die eksamens Krista!