Ek onthou nog daai aand meer as sewe jaar gelede soos gister. Die aand toe jy my aangeneem het. Oom Jurie het ons vertel dat die huis waar jy bly nie wosonki-vriendelik is nie en dat die groot honde met jou baklei. Toe oom Jurie ons vertel jou baas wil jou nie eintlik hê nie en skop jou soos ‘n sokkerbal in die gang af was die koëel deur die kerk, jy moes by ons kom bly.
Op die aand het oom Jurie met jou in sy arms ingestap en jou in die kombuis neergesit. Natuurlik het al die ander kinners onmiddelik nadergehol om te kom kennismaak en briefies lees, tot jou groot onsteltenis. Jy het net daar omgevlieg en aan’t hardloop geraak. In die eetkamer het ek jou voorgelê en opgraap voor die agtervolgende pak nuuskieriges. Jy het soos ‘n wafferse pappegaai jou pad oopgeklou en gegrawe tot jy mooi netjies op my skouers te staan gekom het. Met ‘n finale grom in die rigting van die starende gesiggies doer onder het jy my met daai swart albasterogies bekyk en die boodskap was duidelik: “jy is nou my pappa en my beskermer en basta!”
Toe op erfenisdag, gebeur die ding wat elke wosonki einenaar vrees. Skielik kan jy nie meer gemaklik op die banke wip nie. As jy hardloop sleep jou een agterbeen. Ons het jou onderstepoort toe geneem waar hulle jou ondersoek en die ergste bevestig het. Jy moes ‘n rugoperasie kry, so gou moontlik. Synde dat dit ‘n vakansiedag was kon dit nie daar gedoen word nie en moes die operasie uitkontrakteur word aan ‘n veearts in die omgewing.
Foonoproepe is gemaak en die kwotasies het begin inkom R8000, R11000 . . . Daar was geen manier wat ons daarby sou bykom nie. Ons het maar gevra dat hulle jou oornag hou en kyk of daar enige moontlikheid is om die operasie inhuis te doen waar dit effens goedkoper sal wees. Jou ogies het die storie vertel toe ons ry. Daai ogies wat ten volle vertrou dat jou baas jou einas sal beter maak.
Maar teen R8000 was daar geen manier wat ons dit sou kon bybring nie, en om jou die leiding te spaar sou ons jou moet laat slapies. Niemand het daai aand baie goed geslaap nie. Genadiglik het die goeie nuus die volgende dag gekom dat hulle die operasie wel inhuis by onderstepoort kon doen teen ‘n prys wat ons kan bybring, alhoewel dit steeds vrekduur was.
Morele dilemma: Die dag toe ek jou as troeteldier in my huis ingebring het, het ek dit op myself geneem om jou te versorg tot aan die einde van jou dae, omdat jy nie in staat is om dit self te doen nie. Die operasie wat jy moes kry was egter so duur dat ek dit nie sou kon bekostig nie, en jou sou moes laat slaap. Ek sou waarskynlik baie lank daarna nog sleg gevoel het daaroor.
Hoe ver is jy bereid om te gaan vir jou diere se gesondheid?
Jaco

October 6, 2008 at 9:24 am |
More Wosonkies,
Julle is ware Wosonkie-hero’s. Ek dink die meeste van ons sal ons kniee deur kruip vir ons diere-kinders. Ons s’n het ons al net so baie geld gekos. Van vishoeke insluk, katgriep, n hart-murmer, longontsteking en elke ding tussen in, verstaan ek presies wat jy se. Wanneer is genoeg genoeg en hoe gaan jou hart dit hou as jy vir hom moet se jy kan nie meer nie. Die gevolg is dat ons altyd skuld het by die Veearts, maar hoe gaan jy vir daai ogies en daai stertjie vertel dat jy dit nie meer kan doen nie. Dis dan jou kind!!
October 6, 2008 at 11:09 am |
Damn dis verskriklik…. eerlik het ek nog altyd gesonde honde gehad… Miskien het die feit dat ek ‘n ‘pavement special’ bo ‘n opregte diertjie verkies iets daarmee te doen. Maar ek raak so lief vir my diere, ek is oortuig en sal sonder kos gaan om hulle gemaklik te sien….
October 6, 2008 at 1:01 pm |
Ek moes al vier van my “kinders” so deur die jare laat uitsit, weens ouderdom. Hulle was gelukkig altyd baie gesonde honde en het nie veel van ‘n veearts gesien behalwe om gesteriliseer te word nie. Toe ek egter die laaste een moes laat uitsit het ek besluit dat die pyn en selfverwyt net te veel geword het en het ek nie weer ‘n dier aangeskaf nie. Dalk is ek ‘n lafaard, maar jy raak net te lief vir hulle en soos julle, sê, daardie ogies….!
October 6, 2008 at 2:25 pm |
Dis ‘n moeilike ene daardie. Ons is baie lief vir ons honki’s, en tot dusver was ons ook gelukkig nog nie in so ‘n situasie waar ons moes kies nie. Hulle kos al klaar baie met al die inspuitings en dinge, en ons wil maar vir Spike laat regmaak.. shjuut, moenie dat hy hoor nie…
en dan vir Rox en Hasie ook, want my hart sukkel om die babies te laat gaan!
Ek dink tog dit hang maar seker van jou finansiele omstandighede af op daardie tydstip. As daardie geld ander noodsaaklik gate moet toestop… ek weet nie. Ek sal die vragie eers kan beantwoord wanneer ons voor daai vraagstuk te staan kom. Wat ek rerig nie hoop gebeur nie!
October 6, 2008 at 6:02 pm |
Ek is akkoord met Dellie – mens weet nie tot jy nie daar kom nie, en selfs dan dink ek dis nog steeds ‘n saak van meriete. Ek dink nie daar is ‘n universele “rule of thumb” wat onder alle omstandighede waar is nie.
Ek is nie ‘n hond-mens soos julle nie, en was gevolglik nog nooit in die situasie waar ek die soort van besluit moet neem nie. Maar ek kan jou sê dat ek die laaste keer wat ek my katte moes wegmaak in ‘n vieslike toestand was.
Ek weet ook net nie of almal so sterk voel oor julle troeteldiere soos julle nie, maar wat jy sê van jy maak aan jouself die voorneme – ek dink nie die DBV sou nodig wees as almal daaroor wou dink en voel soos julle nie!
October 6, 2008 at 6:03 pm |
“…oor HULLE troeteldiere soos julle nie…” sorry, dis ‘n typo!
October 6, 2008 at 6:56 pm |
My Klonkieshond (’n pug en die enigste Klong in die huis) was al oud en sieklik, maar ek het geweier dat hy uit gesit mag word. My pa het hoeveel keer met hom veearts toe gery en dan maar weer omgedraai voordat hy die moed gekry het om Klong te laat uitsit. Dis aaklig en naar…ek was lank kwaad daaroor, maar honde het tog seker net ‘n beperkte lewenstydperk…Sterkte
October 6, 2008 at 8:21 pm |
Julle is goeie mense met harte van goud.
Wat alles in jul vermoë doen vir jul diere.
Dis die sleutel tot jou morele dilemma.
October 6, 2008 at 8:30 pm |
Hi julle twee
Nee, Teddie moet maar ons goed by die pandjies winkel gaan smous as ons nie geld het nie
Grappie
Ek was nog nie daar nie, maar ek sal alles en nog meer in my vermoë doen vir Shane!!
Jonty is te dierbaar, ek is bly alles het toe wel goed uitgedraai!!
(Apie, my pappegaai het 2 maande terug baie siek geword, hy moes in die diere hospitaal bly, dit het Teddie ‘n fortuin gekos. Ek dink nie regtig my arme man het ‘n keuse nie, ek huil vreeslik as my diere siek is)
October 7, 2008 at 4:22 pm |
Eish, dit lyk eina. Sterkte met die besluit.
October 8, 2008 at 12:45 pm |
Dit is inderdaad ‘n moeilike besluit.
October 8, 2008 at 1:16 pm |
Eerste plek welkom terug julle oulik 2 mense!!
Jaco ek sal ver gaan met my diere. Nou net die onlangse dood van vrou se kat met ‘n lekkende hart, was ek bereid om te laat opereer vir ‘n ‘hart-operasie’ Maar dit sou steeds nie haar lewe gered het. So, ou Eben, sal maar die pad stap.
Daardie een middag sit ek in vrede en kyk rugby en die huis waar ek gewoon het in Nelspruit is op verskillende tarasse gebou. Toe speel my honde buite net om af te val teen die rotse af en haar been te breek. Ek moet noem sy was die vorige week by die veeartse vir ‘n lewer probleem en dit het my amper R1200 gekos. Die gespeellery en beenbreuke het my R3900 gekos.
Jammer ek betaal of tref reelings maar my diere is in my sorg geplaas met ‘n doel deur Onse Hemelse Vader …. want hy weet ek sal na hulle omsien.
Sterkte met julle hond …..
October 8, 2008 at 4:42 pm |
Jel, Jaco, jy beskryf dit so mooi, jul liefde vir mekaar, ek’s baie bly dat julle nie daardie besluit moes maak nie.
Hoe ver sal ons gaan, gits, maar soos julle, sover mens kan bekostig. Ons diere is natuurlik die Engelsman se ondergang, want hy weier om hulle by enige iemand te los, so reis laatlam en ek maar altyd alleen.
October 8, 2008 at 10:12 pm |
Jonty is baie gelukkig om so n pappa en mamma te hê!!!
Ek dink as ‘n mens regtig lief is vir jou diere sal jy soek totdat jy ‘n uitweg vind. Ek was ook die keuse gegee so jaar terug om ‘n ou optel mungrel se beentjie te laat regmaak teen ‘n aardige bedraggie of hom mank te laat loop die res van haar lewe. Vandag is ek glad nie spyt ons het dit laat doen nie veral as ek sien hoe sy en Zeethan so lekker saam rondhardloop!!
October 9, 2008 at 11:26 am |
Was die post nou veronderstel om my te laat grens? Of het ek dit verkeerd gelees??
All the way vir daai diertjies. Hulle is vir ons gegee om na te kyk. Daarom moet ons dit goed doen. Julle seeninge sal kom omdat julle ‘n Opdrag uitvoer. En geen geld kan daai lyfie in jou arms se gevoel namaak nie.
xxx
October 9, 2008 at 11:50 am |
Skoor: As jy dan ‘n traan moet stort, laat dit een van blydskap wees. Mamma en Dedda het die laaste sente uit die spaarvarkie gewurg en Jonty het sy rugoperasie gehad vier dae voor die post geskryf is. Die operasie was ‘n sukses en Jonty is weer ‘n happy en besige wosonki.
As for die morele dilemma. Daar is nie meer een nie. Solank as wat daar geld is sal die honde die behandeling kry wat nodig is. Punt.
October 10, 2008 at 2:15 pm |
Jip – and that’s the way it is and that’s the way you are – and that’s a good thing if you ask me. You’ll be AMAZING parents one day. And I’ll be a witness to that – ok, ok – dis nou AFTER the birth
Oja, en ek luuuuuuuuuuuuuurrrrrrrrrvvvvvvvvv julle! x
October 10, 2008 at 2:33 pm |
Sjoe, ek dink Maxie is reg. Julle doen alles in julle vermoë vir julle dierekinders en almal is dit eens: Julle is wonderlik. Ons een kat het ons al kumulatief duisende rande uit die sak gejaag. Sy het egter nou net mooi 10 jaar langer geleef as wat sy moes. En sy het ons so baie geleer wat ons die afgelope paar jaar kon toepas. Moed, veggees, hoop en die feit dat volmaaktheid nie belangrik is nie. Hoofsaaklik dat daar Iemand is wat ons almal in Sy hande hou. Dis egter ongelooflik moeilik om besluite te neem wanneer mens weet : Nou KAN ek nie… Bly dinge het goed uitgedraai.
October 10, 2008 at 2:46 pm |
Ag liewe jaco en krista, vir die eerste keer sedert ek blog, is daar trane vandag in my oe met die lees van die roerende storie en die belofte wat julle gemaak het om na die wosonki te kyk. ek weet nie wat om te se nie. julle is goeie mense.
ek is so jammer ek sien dit nou eers raak.
kan jule afbetaal? ‘n reeling maak.
ons het al duisende rande spandeer en gee nie om nie. soms is dit moeilik.
maar ek kan nie vir julle se wat om te doen nie en verstaan dit is moeilik. MAAR wat ookal gebeur, onthou julle is amazing ouers vir julle diere. baie liefde.
October 10, 2008 at 2:49 pm |
Ek persoonlik sal alles doen om my honkie te red, tensy die aanbeveling van meer as een dr is dat ek sy lyding uitrek deur hom aan te lewe te hou. Maar as daar hoop is sal ek betaal. Maar dit is ek. ((J&K))
October 10, 2008 at 3:03 pm |
@ Rosie. Dit is min of meer ons uitgangspunt ook. As daar hoop is sal ons betaal. Die outjie se rugbesigheid het ongelukkig gekom om ‘n tyd waar ons spaargeldjies erg boomskraap is as gevolg van ‘n hele reeks onvoorsiene uitgawes. Maar Visa en mastercard laat jou afbetaal
October 13, 2008 at 4:47 pm |
Ek dink aan julle, ek veral worsies se ruggies kry maklik seer. Ek ken ook vir mnr.visa wat jou laat afbetaal