Januarie 27, 2009
Soos ek voorheen genoem het, het Lyfie vir haar twee rooitaal blogs gestig waarop sy haar verlore/goed weggesteekte skryftalent weer gaan begin uitleef. Of altans dit wat ek hoop, want as sy dan as gasskryfster hier iets kom los, dan kry ekke ‘n hele hoop hits (’skuus, trefslae )
Sy het my gevra om net so bietjie terug te hou op die vrystel van die skakels, synde dat die een blog nog spiksplinternuut is en eers ‘n inskrywing moes kry.
Maar nou, sonder verdere verwyl, hier is Lyfie se ander blog skakels:
http://unpregnantmother.wordpress.com/
http://madcowmania.wordpress.com/
Toe loop speel nou. Oom Jaco moet pak sodat hy moremiddag op die Kaap kan loop neerbliksem vanuit die lug.
En as julle nog nie genoeg gespeel het nie, gaan loer sommer daar by BB ook, sy het merske groot nuus!
http://blogbb.wordpress.com/2009/01/26/nuusflits/
Jaco
13 Kommentaar |
Algemeen, Blogs wat ons lees, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 27, 2009
Ek hou van roetine. Roetine is veilig, roetine is my vriend. Ek hou daarvan om elke more dieselfde ontbyt op dieselfde tyd te eet, dieselfde tyd gym toe te gaan. Alles mooi op sy plekkie en op sy tyd.
Nou het dit weer tyd geword om Somerset Wes aan te doen sodat die nodige beplanning vir die jaar wat voorlê gedoen kan word. Selfs daarvoor het ek ‘n roetine. Ek vlieg altyd van ORTambo af met die eerste (red eye) vlug in die oggend, ek bly in dieselfde gastehuis as ek daar aanland en ek is terug by die huis voor die naweek.
. . . nie die keer nie! Ek vlieg vanaf Lanseria, 5 uur Woensdagmiddag. Ek loop bly in ‘n nuwe gastehuis en ek kom eers Saterdagmore terug. Dit is hopeloos te veel opwinding vir my om te hanteer op een slag.
Ek is of erg volkak, of obsessive compulsive, of albei. Maar die saak freak my nog meer uit as gewoonlik. Maar die kalf is in die put, en hy moet daaruit. Ek wonder nou net, as roetine so ‘n groot invloed op my psige het – en dit nogal oor iets so simpel soos vlieg – watter ander aspekte van my lewe is vals en slegs gebasseer op roetine en gemak? Then again, maybe we should not go there.
See ya on the other side.
Jaco
13 Kommentaar |
Depressie, Gesondheid, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 26, 2009
WL W: -0.8
WL T: -18.6
I never thought I would be happy with such a number, but all things considering it is freaking awesome.
Jaco
Leave a Comment » |
Gesondheid, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 26, 2009

Gewoonlik sorg die volmaan vir konsternasie in ons huis deur so ‘n effense buierigheid, huilerigheid en beneuktheid te veroorsaak. Net liggies, niks moerawies nie(!?!?!).
Ek dink egter dat die naderende eclipse gepaardgaande met nuwe “nottevok”-pilletjies doen veel erger skade as die grootste volmaan in die geskiedenis van die mens tot dusver.
Wat ookal jy doen, moet nie ingee nie! Hou vas aan jou sanity! Dis baie beter om “episodes” te voorkom as om na die tyd die nadraai daarvan te moet hanteer!
Krista
10 Kommentaar |
Krista sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 21, 2009
Jeez, ek weet my wyfie-lyfie se motto is wees eerder jammer vir iets wat jy gedoen het, as om jammer te wees vir iets wat jy nie gedoen het nie. Maar flippenhel, ek spandeer darem ongelooflik baie tyd deesdae aan jammer wees. Ewenwel, ek is jammer. Ek het net gou die winkels se deure toegemaak vir ‘n dag of so sodat ek die plek net ‘n vars lagie verf kan gee. Soos julle kan sien is dit niks drasties nie (sulke drastiese ingrypings maak my bang). Dankie in elk geval vir al die posduiwe. Dit is terselfdertyd ‘n lekker warm gevoel om te weet jou afwesigheid word opgemerk asook so ‘n hol kol op jou maag om te weet jy is nie meer anoniem nie, en ‘n mens voel amper jy het nou half hierdie ongevraagde verantwoordelikheid om jouself en jou aksies te moet verduidelik.
Maar soos ek so lief is om te sê, alles het ‘n prys. Bo en behalwe en desnieteenstaande die lagie verf is daar nog twee ander klein veranderingtjies aan die blog. Die eerste is dat daar van nou af hier en daar ‘n possie in die rooitaal mag opduik. Moet nou nie loop skrik en my voor die blog taalkomissie sleep as ‘n joiner nie. Ek dink maar net beter op Ingils, veral op meer tegniese griffels. Ek belowe jou die taal- en spelfoute is ewe erg in abei tale en dat ek die Engelse taal net so erg sal vermink soos wat ek met die Afrikaanse taal doen.
Die tweede is dat ek van nou af die oorgrote meerderheid inskrywings hier sal maak. Wyfie-Lyfie het mos deesdae haar eie Ingilse blog en meng nie juis met haar kommin Afrikaner hubby hier aan die verkeerde kant van die spoor nie. Sy sal darem nog redelik gereeld (as ek hard genoeg nag) ietsie erg sarkasties-snaaks hier kom griffel as gasskryfster.
Oor 6 slapies onderneem ek my eerste Kaap trippie vir die jaar. Hierdie jaar is nou offisieel in volle swang.Hieeeeeeeehaaaaaaaaa!
Catch you on the flip side
Jaco
17 Kommentaar |
Algemeen, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 20, 2009
GV W: -1.2
GV T: -17.8 = 34% Uiteindelik!
S.N.A.F.U.
8 Kommentaar |
Gesondheid, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 19, 2009

Brisingr! wat vuur beteken in die ou Noorse taal en ook die titel van (wat ons gedink het) die derde en laaste boek is in Christopher Paolini se heritage reeks. Eragon (wat ook ‘n fliek is) en Eldest was die eerste twee boeke. Dit is intussen aangekondig dat die reeks ‘n vierde boek sal hê
Sien die saak staan so, die boek is laat in Septembermaand vrygestel, en omdat dit Lyfie se verjaardag is in Oktober, het sy die boek as deel van haar verjaarsdaggeskenk gekry. Maar toe moes sy eers eksamen skryf, en weer die eerste twee boeke in die reeks lees om haar geheue te verfris (sjaaim sy raak oud die ou ding – haar fogettery is defnitief improving). Alhoewel ek gebrand het om die ding te begin lees sou dit vir tannie Emsie Schoeman (die etiket tannie) sleg onstel het. Mens koop mos nie vir iemand ‘n geskenk dan gebruik jy dit self nie (behalwe as jy natuurlik van die oosrand kom
Ewenwel, lyfie het die naweek uiteindelik klaar gelees, en nou is dit uiteindelik my beurt om dit te lees.Vir die volgende week of wat sal die gras maar ongesny moet gaan en die karre vuil bly. Lekkerrrrr!
Ek moet sê, vir iemand wat nie regtig van fantasie hou nie het ek nogal erg verslaaf geraak aan dié reeks.
Jaco
4 Kommentaar |
Boekwurm, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 16, 2009
Kyk, as ek nou regtig doodeerlik met myself moet wees, dan sal ek moet erken dat as dit nie was vir finansiële oorwegings nie ek lank ook annerland toe sou getrek het. Maar ek het nie, so hier sit ek nou saam met 4 miljoen ander vaalgatseggies in ‘n plek wat my teenwoordigheid verduur maar wat my nie regtig hier wil hê nie. Dit gesê ek is nou hier, hetsy deur armoede of patriotisme of ‘n kombinasie van albei. Nou moet daar maar die beste van ‘n slegte saak gemaak word.
Eerste op die agenda is my reg tot veiligheid, en synde dat die blouligbende in die parlement wat agter hulle eie tienvoet-mure skuil my nie kan of wil beskerm nie, moet ek dit self doen. Nou ‘n mens begin maar by die “normale” (en ek skryf dit in aanhalingstekens want dit is so abnormaal as kan kom) goed soos hoë heinings (met lectric bo-op natuurlik) diefwerings en veiligheidshekke. Dit word opgevolg met jou tweede laag van sekuriteitsfirmas, paniek-knoppies en alarms. Daarna gooi jy nog ‘n paar hoogs opgeleide-, uiters bedonnerde tannekaste ook in die storie in.
Raait! So hoe score ons? Heinings, hekke en diefwering – check. Sekuriteits firma en alarm – norrevok, ek vertrou daai ouens net so min soos karwagte. Hoogs opgeleide bytmasjiene – met klein kiddies wat kom kuier? Ek dink nie so nie. Duidelik is dit tyd vir plan B.
Nou plan B by ons is uiters luidrugtige brakkies wat jou kan waarsku as iets nie pluis is nie, en jou tyd gee om die skietgoed bymekaar te maak. Tot nou toe het dit goed gewerk, dit is nou tot die kartel . . .ek bedoel regering besluit het om die wettige wapeneinenaars te probeer ontwapen met die nuwe wapenwet. Vir ‘n rukkie het ek regtig dit oorweeg om die bleddie goed terug te gee omdat ‘n nuwe lisensie so ‘n beslommernis is. Gelukkig het ek anders besluit, ek het tog die reg om myself te verdedig of hoe?
So vir die volgende paar weke is dit operasie wapenlisensies in die wosonki huis, want die bleddie sperdatum is skielik op ons. So van die os op die jas, wat dink julle van vuurwapens en vuurwapen eienaarskap? Nie jaggewere nie maar wapens vir selfverdediging.
Jaco
13 Kommentaar |
Algemeen, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 14, 2009
Dit is die titel van Johan Bakkes se nuutste reisboek wat ek sopas klaar gelees het. Ek moet seker eerder sê oom Johan, of dalk prof Bakkes uit respek vir die man wat hy is. Dié bebaarde reus het darem die gawe om lekker met my kop te toor.
Dit is nou die tipe ou wat van Johannesburg na Pretoria via Kaapstad sal ry, met alles behalwe die N1! En dit is juis hierdie filosofie van “the road less traveled” wat in sy skrywes vir my die bekoring inhou.
Oom Johan, prof Bakkes, mag jou wanderlust nooit opdroog nie en jou boeke net dikker word. Dankie vir die lees.
Jou oopbek aanhanger
Jaco
12 Kommentaar |
Boekwurm, Jaco sê |
Permalink
Bygedra deur wosonki
Januarie 13, 2009
Die spannetjie van Roosdorings en toe later die Hawemeester het my aan die dink gesit oor hierdie onderwerp. Dinge wat ek/ons gedoen het maar nie meer doen nie, hetsy van ouderdom, van banggeit, van veranderde omstandighede of van pure pretensieusheid. Ek gaan nou nie noodwendig die ding in enige chronologiese volgorde aanpak nie, ek sal eerder lukraak soos ek van iets onthou ‘n stukkie daaroor griffel.
Ek moet sê een van die heel eerste dinge wat by my opkom as die gesprek in daai rigting neig, is inryteaters. Of drive-in soos ons dit maar almal genoem het. Elke keer as ek in Zambesiweg afry verby die rye en rye huisies waar Wonderboom-inry eens was dan onthou ek weer die lekker tye. Nie net by Wonderboom nie maar ook by die ander: Uitspan, Wonderboom2 (toe dit nog aan die anderkant van die Wonderpark Winkelsentrum was), Zwartkops en Lynnwood.
My eerste herhinneringe aan inryteaters is ek in my suster in ons pajamas agter in die stasiewa. Ma het altyd padkos gepak, wors, frikadelle, eiers, hoenderboudjies, koeldrank en sweeties. As die geleentheid werklik spesiaal was, het ons gaan kitskos koop by die winkeltjie by die inry, of lekkergoed by die ooms wat met sulke skinkborde tussen die karre rondgeloop het. Die klankbaan het jy ontvang via so ‘n krapperige luidspreker wat op paaltjies gehang is. Jy het dan langs die paaltjie gaan stop en die luidspreker aan jou motorvenster gehang. Ek dink een van Lyfie se eerste ongelukkies was juis toe sy in trurat een van die luidsprekerpaaltjies bokveld toe probeer ry het. Sy het seker nie van die fliek gehou nie!
Toe ons self al ‘n bietjie groter was, was dit groot pret om saam met ‘n paar pêlle te gaan fliek. Gasbraaiers om ‘n worsbroodjie of ‘n stukkie vleis op te offer, en daarna krismisbed tussen twee karre terwyl ons die fliek kyk. Die klankbaan was toe al beskikbaar op ‘n FM stasie op die motorradio, en die paaltjies wat so voor ‘n mens inhardloop lankal verwyder.
Somtyds het ons alleen gaan fliek, maar dan moes ons altoos met ‘n later geleentheid teruggaan om die fliek te loop sien. Oor die hoekoms en waaroms sal ek nou nie uitwei nie. Die wat weet, wéét, as jy weet wat ek bedoel!
Ek mis die drive-in erg. Goeie, skoon familiepret. Om nie eens te noem dat drive-in ook die ontstaan van menige familie was nie
Jaco
P.S. My Lyfie sê sy mis my ook nog, maar haar korrel raak al hoe beter.
17 Kommentaar |
Jaco sê, Onthougoete |
Permalink
Bygedra deur wosonki