Dubbele standaarde?

Die afgelope paar maande gebeur dit nogal gereeld dat bekende (mans) persoonlikhede die Sondagkoerant se voorblaaie haal as gevolg van die een of ander seksskandaal. Ongeveer ‘n week of wat later haal die storie dan die koek-en-trane tydskrifte gevolg deur om die beurt opvolg artikels in die koerante en tydskrifte van nog (vroulike) geraamtes wat uit die kas tuimel. Ons almal ken al die modus operandi, niks nuut of snaaks nie. Die volk is verdeeld, tee word geskink, gedrink en gegooi, die Bol(huis) word gepass en die hare waai.

♪ was jy ooit al daar op Loftus,
as dit vol is en dit rof is ♪

‘Skies ek dwaal alweer so bietjie af. Dis ‘n rumoer en ‘n geswets en ‘n gestoei en  . . . wel jy kry die prentjie.

Ewenwel, ek het reeds in vorige inskrywings en kommentaar genoem dat ek iemand (man of vrou) wat sy/haar lewensmaat verneuk as moreel korrup beskou. Call me old school, maar dit word nie gedoen nie. Hê ten minste die respek en die cahones om jou huidige huwelik/verhouding te beëindig as dit dan nou werklik nie meer gered kan word nie voordat jy ‘n nuwe verhouding aanknoop.

My standpunt daarop het nog geensins verander nie, en ek sê dit met die uitsluitlike doel om dit duidelik te maak dat ek niemand probeer verdedig of verontskuldig hier nie.

Dit bring my dan by die punt van hierdie hele relaas, die (manlike) persoonlikhede midde in die hele moddergeveg word ernstig uitmekaargetrek met die venote in die oerwoud-owerspel-speletjie natuurlik heel voor en al te gretig om te onthul as die prys reg is.

Ekfokkenskuus????? Hoe bedoel mejuffrou/mevrou dan nou? Toe daar gespijker is en jy was (in jou mening) die enigste ontvanger was jy maar te gewillig om saam te spijker, ten spyte van die feit dat jy weet die man is getroud en dat jy maar net die skelmpie is. Toe jy agterkom jy is nie meer die enigste skelmpie nie, toe hardloop jy koerante toe en verkoop jou storie.

Is dit net ek, of is hier so ‘n effense geurtjie van dubbel standaarde hier? It takes two to tango afterall. Of is dit maar eenvoudig net bewys van die ou gesegde van “a woman scorned”

And that is all I have to say about that, maar dit is lank nog nie al wat oor die onderwerp gepraat sal word nie.

Nou, liewe leser, kom ons spreek ‘n paar werklike issues aan. So gedink, nou kan jy ‘n speld hoor val. En dit, dit is die werklike tragedie hier.

Insallah,

Jaco

6 Responses to “Dubbele standaarde?”

  1. Jenny Says:

    AMEN!
    AMEN!
    AMEN!
    And that’s all i’m going to say about that!

  2. BB Says:

    Jip! Die enigste ‘other woman’ in ‘n getroude man se lewe behoort sy ma te wees… Ek het een klein probleempie met: “…beëindig voor jy ‘n nuwe verhouding aanknoop??” – weet jy dat die meeste huwelike eintlik heel honky-dory vaar TOTDAT iemand sy/haar vinger in daai pie indruk?? Die meeste mense wat sê dat hulle huwelik 100% onherstelbaar was reeds vóór hulle in ‘n verhouding betrokke geraak het, praat opperste str*nt.

  3. boendoe Says:

    Ag, ek wil niks hieroor se nie. Die hele storie gee my sommer ‘n gatkramp, pardon the language.

    Wat ek wou se, en ek het lekker hieroor gegiggel, een van my soekterme gister was – hou vas-

    jaco eet snot

    :shock:

  4. Paula Says:

    Stem saam!

  5. Kokkewiet Says:

    AMEN!!!!

  6. demoerin Says:

    Wat staan ons te doen met die Proteas se swak onlangse vertonings? En van die os op die jas… ai die global warming darem maar, wat gaan ons doen?

Leave a Reply