My kiekies is bewyse.

Raai waar was ons hierdie pasafgelope naweek. Foto geneem vanaf Schanskop.

Ons was hierdie pasafgelope naweek hier. Foto geneem vanaf fort Schanskop.

Die bronsbeeld van die vrou en kinders (gegiet in 1939) begroet jou aan die bokant van die trappe.

Die bronsbeeld van die vrou en kinders (gegiet in 1939) begroet jou aan die bokant van die trappe.

Afbeeldings van bekende boere hou wag oor die 4 hoeke van die monument.

Afbeeldings van bekende boere hou wag oor die 4 hoeke van die monument.

Fort Schanskop word natuurlik ook bewaak

Fort Schanskop word natuurlik ook bewaak

Al die pad verplaas vananaf die middestad, hervat man en bul hulle jarelange kragmeting in hulle nuwe woning voor die erfenissentrum.

Al die pad verplaas vananaf die middestad, hervat man en bul hulle jarelange kragmeting in hulle nuwe woning voor die erfenissentrum.

Allerhande juweeltjies soos dié, word langs die wandelpaadjies raakgelees.

Allerhande juweeltjies soos dié word langs die wandelpaadjies raakgelees.

Praat van juweel. Die uitsig is asemrowend. Soos die kraai vlieg is die uniegebou 5.6km weg, en ek kon steeds hierdie foto neem op 'n deinserige dag sonder telefoto lens.

Praat van juweel. Die uitsig is asemrowend. Soos die kraai vlieg is die Uniegebou 5.6km weg, en ek kon steeds hierdie foto neem op 'n deinserige dag sonder telefoto lens.

Waaroor dit alles gaan. Want ons is nie verwoesters nie, maar bouers. En hierdie gebou staan as stille testament van hierdie feit. Ons vir jou.

Waaroor dit alles gaan. Want ons is nie verwoesters nie, maar bouers. En hierdie gebou staan as stille testament van hierdie feit. Ons vir jou.

31 Responses to “My kiekies is bewyse.”

  1. BB Says:

    History – may it never have been in vain… dit, op ‘n serious note – ek kan nie oorbeklemtoon dat dit sooooooo allerbelangrik is dat ons en ons kinders die storie(s) ken; mag ek my verstout om te sê dat die Afrikaner gerus bietjie kan terugkyk na die trots wat daar eens lank lank gelede in ‘n boerehart geklop het en dalk bietjies begin delf om dit weer te vind – en dit help nie om liedjies te sing wat sê: “Ek gaan nie langer jammer sê” of trane in die oë kry oor “De la Rey” terwyl jy brannas in die regter hand en die linkervuis omhoog in Firkin staan – en jy weet steeds nie wie dit was nie en wat op dees aarde hy eintlik vir jou en jou nasate beteken (het) nie… en so kan ek aangaan, maar dis nie my blog dié nie… maar ek is baaaaaaaie chuffed dat julle daar was!!

    Hoe’t my tannie Philippa altyd geseg: “History is Herstory too…” ;)

  2. carina Says:

    Dit is so ‘n mooi monument. Ek is mal oor jou foto’s! Dit laat die 15 jaar wat ek laas daar was krimp.

  3. demoerin Says:

    Kiekies bly maar cool. Ek is sommer jaloers want my uitstappie is toe Sondag in die wiele gery! NOU wil ek eers gaan! Ons vir jou Suid-Afrika! Heeeehaaaa!

  4. Roer Says:

    Pragtig. “Want ons is nie verwoesters nie, maar bouers.” Sal bitter graag my kinders eendag wil vat. Dankie vir die kiekies.

  5. Dellie Says:

    Nice fodies! Hoe het jou bene toe die trappies hanteer?

  6. Skoenlappr Says:

    Deeeeeeeeeeeeeeeeee-laaaaaaaaaaaaaaaaaa-Rey DelaRey!! Sal jy die boere kom lei ….

  7. Sammi Says:

    TE mooi – ooeee!! Ruk aan mens se hart – en dankietog dit staan nog – miskien kan julle daar in Gauteng nog sulke juwele hier plaas en ons hieronder gaan soek – so tussen ons sal ons darem lekker prentjiestories kan maak.
    Skoenlappr – :lol:

  8. Pikkelik Says:

    Pragtig, ek wil ook bitter graag nog gaan en my kinders vat… Eendag….

  9. White Knight Says:

    Dagse Jaco
    Jy is beslis beter as ek dan. Voortrekker monument beslis weer, maar nog glad nie by die Vryheidspark nie. Geen begeerte om daar te gaan nie.
    Jy darem die Perdry en Ossewa ook geniet by die Monument :wink:
    Groete

  10. Jaco Says:

    @ Dellie . . . ek trap hulle dat hulle huil! As my voorvaders in sulke lendelam waentjies oor die drakensberge kon kom, dan kan ek seker ‘n paar trappies baasraak ;-)

    @ Ridder . . . Toe ek daai ponietjie bestyg toe loop sak sy diff tot op die grond en dit was dit. Ek traai toe maar die ossewa, maar met die opklimslag sit ek toe 6 van die voorwiele se speke murtu. Na ons dit gefieks het, toe staak die osse na 150meter. Blykbaar iets van voortrekker os unie en ekstra heavy loads of so iets. :mrgreen:

  11. Smurf Says:

    Hallo julle, eerste keer wat ek hier kom inloer! sal weer ‘n draai kom maak.

  12. boerinballingskap Says:

    Ek beaam BB se kommentaar. Pragtige foto’s – jy kan gerus meermale die vrug van jou kamerawerk hier plaas!

  13. netjane Says:

    Ek moet weer ‘n draai gaan maak – dreig al lank. Dankie vir die fotos.

  14. berdine Says:

    *versugting*..die fotos is mooi en mens voel sommer jou afrikanerskap in jou opwel…

    bly jy het dit geniet. dit is en bly ‘n lekker gevoel as mens die dag die moeite doen om die monument te besoek.

  15. Emil Says:

    Ek is maar versigtig vir onkundige trots. Tereg moet ons terugkyk met trots, maar nooit weer sonder verantwoording teenoor ons mede-bewoners in hierdie land nie. Die krampagtige vasklou aan ‘n unieke identiteit, verstout ek my om te sê, kan dalk ons ondergang beteken. Ons moet eenvoudig besef waar ons inpas, en dis eerder tussen die geskiedenis as in die geskiedenis self, net nog ‘n episode of hoofstuk in hierdie land se wording! Saam met mense soos Shaka, Adam Tas en diesmeer.

    Dit bygesê, Watermeyer was ‘n ongelooflike volksdigter!

    Pragtige, pragtige foto’s, al klink dit soos ‘n weersprekendheid. Ek hoop julle verstaan!

  16. boendoe Says:

    Ek wil bietjie van Emil verskil. As mens NIE weet waar jy inpas in jou land se geskiedenis nie, dobber jy rond, onseker. En ek wonder, HET ons nie half vergeet van ons geskiedenis nie? Al wat ons die laaste 14 jaar hoor is “siesa, skaam julle” en “apartheid”. Ons was veel meer as dit.

    Dankie, julle foto’s is pragtig. Soos Bib se, wys gerus meer.

  17. boebelaberry Says:

    Hello, ja ek lees raak dat daar baie soos ek is wat dreig om die krose monument toe te vat en te gaan wys. Ek weet net nie so lekker van al die trappe nie, maar gelukkig is hulle baie jonger as ma. Die foto’s is baie mooi. Dankie daarvoor.

  18. Paula Says:

    Pragtige fotos!

  19. Kokkewiet Says:

    Baie mooi foto’s. Dis beslis een plek waarheen ek my kind wil vat!!!!

  20. alleman Says:

    Emil ek weet darem nie of hier onkundige trots is nie. Om “ons is nie verwoesters nie, maar bouers” te skryf is ‘n positiewe iets. Ek dink nie dis reg dat ons nog steeds elke keer op die vingers getik word as ons ons monde oopmaak nie – dis amper asof dit bloot ‘n gewoonte raak – iets wat SUid-Afrikaners (baie Afrikaners ingesluit) ritueel met Afrikaners doen.
    Ek het ook voorbehoude oor “trots” by enige groep, maar hierdie is nie vir my die tyd en plek om daarop in te gaan nie.

  21. demoerin Says:

    Ek dink die trots gebonde aan die geskiedenis is net JUIS die hoeksteen wat ons nodig het. Om terug te dink aan wat daardie mense vermag het, behoort ons net aan te spoor om HARDER te werk aan ons plek in die huidige Suid-Afrika.

  22. parkes1 Says:

    Pragtige foto’s!!!

  23. Emil Says:

    Boendoe – ek dink nie ons verskil nie. Ons moet juis die geskiedenis onthou, nie die dinge van apartheid nie, maar die dinge van Afrikaner (African) wees.

    Afrikaans het nie met apartheid gekom nie. Dit was nie in 1940 eensklaps daar nie. Of in 1960, of selfs in 1994 nie. Dit het saam met Jan Van Riebeeck geland, saam die Setlaars en die Hugenote en selfs saam die insypelings van die Noordelike volke. Dit wat ons vandag is, kan nie los wees van dit wat vooraf gebeur het nie. En kan beslis ook nie meer eenkant staan nie. Ek pas gemaklik tussen alles in tussen die geskiedenis.

    Ons is tussen die ander geskiedenisse, en dis tog ook inpas, nie waar nie? Al wat ek bekommerd oor is, is dat ons ons eie geskiedenis bo die van ander wil stel, terwyl dit eintlik verweef is. Dit is nie meer uniek nie, veral nie ten koste van ander nie. Waneer mens dit besef, glo ek, is alles skielik so eenvoudig.

    Alleman, die Duitsers word nou nog om die vingers getik oor hulle nasionale strewes. Maak ons nie dalk te veel daarvan nie?

    Ek sê ook nie hierdie is onkundige trots nie. Dis ‘n riem om die hart dat mense nog hierdie geskiedenis meelewe. Ek is net versigtig vir hoe ‘n ieder en ‘n elk daardie trots interpreteer. ‘n Simbool beteken vir baie soveel anders.

    Om terug te dink aan wat hierdie mense vermag impliseer diepe verantwoordelikheid oor die ware implikasies van nasionale strewes. Hoekom nie ook strewe om Suid-Afrikaans te wees nie, waarvoor ek my eintlik beywer? Wat nou weer ook nie beteken dat ek die Afrikaner geskiedenis kan ignoreer nie.

    Ons moet debateer, maar ek wil nou ook nie die Wosonki’s se inskrywing onreg aandoen nie.

  24. Sammi Says:

    Emil,
    Die dag wanneer ons almal kan sê: Ek is ‘n Afrikaans-sprekende OF Zoeloe OF Xhosa OF Engels-sprekende Suid- Afrikaner, slegs daardie dag sal mens werklik deel wees van ‘n trotse SA uitspraak, sonder die uitsluiting van sekere bevolkingsgroepe. Mens kan dit slegs doen as mens waardig aanvaar word, desnieteenstaande jou agtergrond of kultuur. Maar ek hou tog so van Skoor wat vertel dat indien mens nie jou eie agtergrond en kultuur kan aanvaar en verstaan nie, mens netsowel in ‘n proefbuis geskep kon word.
    Daarom is dit vir my belangrik dat ons nooit moet vergeet wat ons as Afrikaners uitgerig het nie, en laat ons vir eers die 40 jaar van apartheid eenkant hou, want soos jyself erken – die geboorte van Afrikaners loop ‘n baie langer pad as dit.
    Dis soos om alle Duitsers tot vandag toe nogsteeds as Nazis uit te kryt…en weg te neem van die feit dat hulle een van die mees gesofistikeerde industriële nasies en lande gebou het.

  25. alleman Says:

    Emil die manier hoe die Duitsers gedurig oor die vingers getik word oor hulle verlede is nie vir my aanvaarbaar nie, want dis hoofsaaklik die Engelse wat dit doen – dieselfde Engelse wat in ontkenning leef oor die gruwels van hul eie verlede, en wat nog steeds ander lande aanval en betrokke is by neo-koloniale avonture soos omkopery van en titels vir Afrika-leiers om hulle belange te dien.
    Die waarheid is dat die Duitsers vandag ‘n vreedsamer nasie is, baie minder besoedel, beter is daarmee om hulle met hul eie sake besig te hou, en eties gesproke net eenvoudig beter lyk as die Engelse.

  26. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld Says:

    [...] jou stempeltjie op mense se voorkoppe. Daar is absoluut niks fout om jou kinders te leer van die Afikaner se geskiedenis nie. Of om jouself weer bietjie te gaan herinner nie! Daar is ‘n trotse [...]

  27. Emil Says:

    Alleman en Sammi, daar raak julle aan ‘n waarheid. Maar dit gaan tyd neem, en vir ‘n wyle nog gaan ons Afrikaners ongelukkig nog onder die juk van ons voorouers worstel. Maar dis darem nie alles onheil nie. Dit is my beskeie mening dat dit steeds goed gaan met die meerderheid Afrikaners. Ons voordele van ‘n vorige bestel maak ons onmisbaar, en globale werkers. En net dalk, weer eens ‘n beskeie mening, maak ons te veel van die kultuur ding. As ‘n indiwidu kan ek ewe maklik volkspele meedoen asook na ‘n imbongi luister.

  28. BB Says:

    Ich bin ein Afrikaner!! :mrgreen:

  29. Mavis Says:

    dankie my basie dankie viva skree Mavis eish my country is banja mooi

  30. Smurf Says:

    Die fotos is so mooi en dit laat ons so trots voel op wat die voortrekkers vermag het, maar wat gaan ons nalaat in ons deel van die geskiedenis vir ons nageslagte? Waar ons nou in die geskiedenis staan sien ek niks om op trots te wees nie, een goeie ding is dat apartheid is afgeskaf en daarvan aan verder? Soos dit vir my nou lyk gaan al hierdie mooi dinge op die fotos ook eendag nie meer bestaan nie. Dit maak mens eintlik ontsettend hartseer om na die fotos te kyk en te wonder wat gaan daarvan word.

  31. Bywoner Gouws Says:

    Bywoner Gouws is besonder trots om sy volk se geskiedenis en staan nie terug vir aanvalle teen sy geskiedenis nie. Soos met die slag van Bloedrivier sal ons die aanslag teen ons Afrikanerdom afweer!

    Die foto’s maak my die geklap van swepe hoor, die opgeskopte stof ruik, en die stink sweet van die osse waardeer! Wonderlik. Dankie vir die bewusmaking, draadsitters, hensoppers en volksveraaiers ten spyt!

    Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof, van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel.

Leave a Reply