Ons het gister weer by Oom D op Springs gaan kuier. Ja, ja, Spanner City – daar waar so baie myners en Spories bly. En tussen-in, heelwat ordentlike mense, mense van ons volk en familie.
Oom D kry Donderdag komende sy laaste chemo vir hierdie rondte. Daarna moet ons maar sien. Die scary deel: as jy onverwags op/omkyk in oom D se rigting, sien jy vir MaM – geen hare, moesies op die kop, selfde mond, selfde gesig. En jou asem steek in jou keel vas en jy wonder of daar mix in jou koeldrank gegooi is toe jy nie gekyk het nie. Boetie en sussie – selfde gesig, selfde pad. Ai.
Oom D doen goed, pas aan, cope soos hy nog altyd met elke struikelblok gedoen het – jy laat sak jou kop soos ‘n stormram en loop die issues plat. Die lewe gaan aan . . . maak nie saak wat jy daarvan dink nie.
Dis baie lekker om die familie so saam te sien en te beleef. Dis scary om te dink in die normale loop van omstandighede is hulle volgende en dan’s dit jy en joune. Hulle ouers is nie meer daar nie, hulle self word net al hoe ouer . . . tyd staan stil vir niemand nie.
Vandag voel ek broos . . .
Krista
Maart 23, 2009 at 10:08 vm |
( ( ( Vriending ) ) )
Maart 23, 2009 at 12:26 nm |
Ongelooflik om te dink hoe tyd net nie stilstaan, sodat jy jou asem kan kry nie. Alles bly loop en aangaan en jy staan in ‘n doolhof en gil ten hemele dat alles net moet stop…vir ‘n oomblik….jou kop voel dronk en jy het nie beheer nie.
Maart 23, 2009 at 1:39 nm |
Natasha Richardson se dood was my skokkend. Sy was jong, mooi, ryk, beroemd…en tog is sy ook dood na ‘n ’stupid’ ongelukkie. En toe kyk ek nou die aand ‘Jackie en Hilary’ en daar voel ek nog broser. Scary gevoel.
Maart 23, 2009 at 4:27 nm |
Springs. Mynwêreld. My wêreld.
Maart 23, 2009 at 7:09 nm |
Jinne,ek kan dink dit is aaklig om deur so iets te gaan. Baie sterkte vir julle. Ryk Neethling se suster, Elsje, werk saam met my. Sy is nog in haar twintigs maar het al drie keer kanker gehad en oorwin. Dis ‘n aaklige stryd maar dit kan gewen word.
Mooi bly
C.
Maart 23, 2009 at 8:40 nm |
Sterkte…
Kanker, veral, is ‘n pes en dit bly maar moeilik om so met jou eie sterflikheid gekonfronteer te word, veral as dit met jou eie broers en susters gebeur/gebeur het.
Too close to home.